Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tot later
Tot later [boodskap #59303] Do, 28 Maart 2002 20:01 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die plaasvark groet van Jongensfontein, waar ek ongelukkig net vanaand
oorbly. Môre gaan ek Oudtshoorn toe, vir die KKNK (Klein Karoofees)

Ek sal af en toe lees wat julle skryf - ja ek hou julle dop - maar ek sal
waarskynlik eers oor so 'n week weer saamgesels
Re: Tot later [boodskap #59306 is 'n antwoord op boodskap #59303] Do, 28 Maart 2002 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Mar 2002 22:01:12 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Die plaasvark groet van Jongensfontein, waar ek ongelukkig net vanaand
> oorbly. Môre gaan ek Oudtshoorn toe, vir die KKNK (Klein Karoofees)
>
> Ek sal af en toe lees wat julle skryf - ja ek hou julle dop - maar ek sal
> waarskynlik eers oor so 'n week weer saamgesels
>
>
As die vark uitvind wat ek in die volgende paar dae van hom sê
sal ek die skinderbek uitsnuffel, so seker as wat seker seker is.

DD
Re: Tot later [boodskap #59314 is 'n antwoord op boodskap #59303] Do, 28 Maart 2002 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Mar 2002 22:01:12 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Die plaasvark groet van Jongensfontein, waar ek ongelukkig net vanaand
> oorbly. Môre gaan ek Oudtshoorn toe, vir die KKNK (Klein Karoofees)

Ry julle dan op volstruise in na die geleentheid? :-)))
(Ek wonder of iemand gaan verduidelik waarvoor al die K's en daai N
ook nog staan, want ek voel te simpel om te vra. Maar Klein Karoofees
pas nie - selfs nie eens met die Transvaalse aksent nie!) :-))

> Ek sal af en toe lees wat julle skryf - ja ek hou julle dop - maar ek sal
> waarskynlik eers oor so 'n week weer saamgesels

Geniet dit, hoor? Sien uit daarna om te hoor wat julle alles gedoen
het. Hoop jy sal alles vertel...er...wel, miskien darem nou nie ALLES
nie, want ons ken mos nou al vir jou, maar elkgeval....laat ek liewer
stilbly..:-))
Gaan KKNK [boodskap #59337 is 'n antwoord op boodskap #59314] Vr, 29 Maart 2002 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Die plaasvark groet van Jongensfontein, waar ek ongelukkig net vanaand
> oorbly. Môre gaan ek Oudtshoorn toe, vir die KKNK (Klein Karoofees)

Danielle
Ry julle dan op volstruise in na die geleentheid? :-)))

Wouter
Ja , 'n Volla VR6 Ry vinnig, kuier lank tusssenin :-)

Danielle
(Ek wonder of iemand gaan verduidelik waarvoor al die K's en daai N
ook nog staan, want ek voel te simpel om te vra. Maar Klein Karoofees
pas nie - selfs nie eens met die Transvaalse aksent nie!) :-))

Wouter
Hoebedoelmevroudannou? Die Klein Karoofees is 'n fees wat in
die Klein Karoo gehou word. Die amptelike naam is die Klein
Karoo Nasionale Kunstefees, so ons gaan dus KKNK. En ons
praat KKNK :-)

Ek dink die webwerf is by www.karoofees.com of
www.karoofees.co.za. Ek het ongelukkig nie nou 'n verbinding
om te gaan kyk nie. Ek skryf nou (op die N2 naby Mosselbaai),
stuur later (van Oudtshoorn).

Danielle
Geniet dit, hoor? Sien uit daarna om te hoor wat julle alles gedoen
het.

Wouter
Moenie jou asem ophou nie, hoor. Dis 'n FEES en by 'n fees
kry 'n mens maar min tyd vir jou PC
Re: Gaan KKNK [boodskap #59380 is 'n antwoord op boodskap #59337] Ma, 01 April 2002 04:34 Na vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
> Danielle
> Geniet dit, hoor? Sien uit daarna om te hoor wat julle alles gedoen
> het.
>
> Wouter
> Moenie jou asem ophou nie, hoor. Dis 'n FEES en by 'n fees
> kry 'n mens maar min tyd vir jou PC

KinkY: ja, ons verstaan dit maar vertel net soms 'n ietsie van die
baie shows wat jy sien? Toe, se'blief?
Vorige onderwerp: Fok hom ma 8
Volgende onderwerp: Vloekwoorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:06:17 MGT 2024