| Annette resep asb! [boodskap #58907] |
Di., 19 Maart 2002 13:03  |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Annette
het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
verkieslik nie rou eierwit in het nie.
Dankie!
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58908 is 'n antwoord op boodskap #58907] |
Di., 19 Maart 2002 14:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel, al waaraan ek vinnig kan dink is aan 'n soort van vals tiramasu -
Week vingerbeskuitjies in port of soet wyn, en pak dit in lae met geklopte
room en gerasperde sjokolade.
Hoekom moet dit juis Italiaans wees en juis sonder eiwit?
Annette
.za> skryf in boodskap news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
>
> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>
> Dankie!
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58927 is 'n antwoord op boodskap #58920] |
Wo., 20 Maart 2002 01:25   |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
Davie Davis wrote in message
> en Annette de Kok, ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug (veral
> met knoffel en swartpeper - albei my gunstelinge) ontwikkel.
As ek nou vir Annette dalk hier voorspring vra ek nederig om
verskoning.
Davie, wat praat jy nou! My konsumpsie van knoffel en swartpeper is
meer as die van my 3 liter Kombi se petrolkonsumpsie. Hier is vir jou
'n reseppie, wat ek sterk aanbeveel, veral hierdie tyd van die jaar
wanneer die eiervrugte bietjie oud en draderig word.
Eiervrugpatties:
Amper 1 Kg eiervrugte, geskil en in dik skywe gesny
Sout
1 k gerasperde kaas
1 k droë ongegeurde krummels
2 eiers, geklits
1 t pietersielie of enige ander kruie van keuse
2 E fyn ui (meer is beter)
2 knoffels, fyn (meer is baie beter)
1 t sout
½ t varsgemaalde swartpeper (meer is beter)
Olie
Bestrooi die eiervrugskywe met sout, laat staan so 20 min en spoel af
Sny die skywe in blokkies
Bedek die blokkies met water en kook, jonges so 5 min, oueres so 10
min (pasop, dit skuim), dreineer goed deur 'n sif of so-iets
Mash die blokkies (oues moet met met 'n masjien fyngekry word) en laat
goed afkoel anders gaan die eiers stol
Meng alles goed en skep groot lepelsvol in warm olie, druk platterig
Braai altwee kante bruin
Dis veral met die knoffel, peper en kruie waar mens kan toor. Hierdie
is 'n goeie resep. Ek belowe! En die koekies smaak goed warm of koud.
Groete, Drom
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58929 is 'n antwoord op boodskap #58927] |
Wo., 20 Maart 2002 04:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy kan met graagte die resep gee - ek hou baie van knoffel en swart peper,
maar glad nie van eiervrug nie.
Annette
Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203191725.2c3f0a0f@posting.google.com...
> Davie Davis wrote in message
>> en Annette de Kok, ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug (veral
>> met knoffel en swartpeper - albei my gunstelinge) ontwikkel.
>
> As ek nou vir Annette dalk hier voorspring vra ek nederig om
> verskoning.
>
> Davie, wat praat jy nou! My konsumpsie van knoffel en swartpeper is
> meer as die van my 3 liter Kombi se petrolkonsumpsie. Hier is vir jou
> 'n reseppie, wat ek sterk aanbeveel, veral hierdie tyd van die jaar
> wanneer die eiervrugte bietjie oud en draderig word.
>
> Eiervrugpatties:
>
> Amper 1 Kg eiervrugte, geskil en in dik skywe gesny
> Sout
> 1 k gerasperde kaas
> 1 k droë ongegeurde krummels
> 2 eiers, geklits
> 1 t pietersielie of enige ander kruie van keuse
> 2 E fyn ui (meer is beter)
> 2 knoffels, fyn (meer is baie beter)
> 1 t sout
> � t varsgemaalde swartpeper (meer is beter)
> Olie
>
> Bestrooi die eiervrugskywe met sout, laat staan so 20 min en spoel af
> Sny die skywe in blokkies
> Bedek die blokkies met water en kook, jonges so 5 min, oueres so 10
> min (pasop, dit skuim), dreineer goed deur 'n sif of so-iets
> Mash die blokkies (oues moet met met 'n masjien fyngekry word) en laat
> goed afkoel anders gaan die eiers stol
> Meng alles goed en skep groot lepelsvol in warm olie, druk platterig
> Braai altwee kante bruin
>
> Dis veral met die knoffel, peper en kruie waar mens kan toor. Hierdie
> is 'n goeie resep. Ek belowe! En die koekies smaak goed warm of koud.
>
> Groete, Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58957 is 'n antwoord op boodskap #58920] |
Wo., 20 Maart 2002 13:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug ontwikkel.
>
> DD Fyn Proewer (met 'n vrou wat Fyn Dophouer is van my middel)
Die kalorie-waarde van eiervrug is
merkwaardig laag. ( 'n Halwe koppie
rou eiervrug is elf kalorieë, gekook
net dertien kalorieë.)
Ek het 'n resep vir "Eggplant Parmesan" uit ons Kanadese
Moosewood Cookbook, wat nie vereis dat die eiervrug met
olie voorberei word nie (ongelukkig iets wat met meeste
eiervrugte gebeur.) Maar wie wil nou resepte van Tant
Hessie hê. Sy sit mos die hele dag voor die rekenaar en
haar man krepeer van die honger.
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die eier breek, dan maak sy dit weer heel.
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58966 is 'n antwoord op boodskap #58951] |
Wo., 20 Maart 2002 14:40   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n resep gegee - en hoe sal ek met jou stry - roomys gaan goed af met
enigiets - selfs roomys en tamatiesous;))
Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
Dis baaaaaaie lekker.
Annette
Happiness is a State of Mind
Thys de Wet skryf in boodskap news:a79rtj$2mqs$1@news.adamastor.ac.za...
> Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
> gemengde kos nie?
>
> Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
> tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
> beter!
>
> Grappies Kekkel... Anette, laat kom met daai resep van jou. As ek so
> aangaan sal die NG verhonger...
>
> Thys oppie Bos
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c985f17$0$239@hades.is.co.za...
>> Ja-nee-wragtag, ek het sommer onmiddelik nog meer respek vir Annette :-)))
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c9853de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>> Thys de Wet wrote in message
>>> news:a79ble$2l3e$1@news.adamastor.ac.za...
>>>> Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
>>>> maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
>>>> dit in die maag is!
>>>
>>> Dankbaar dat Annette ons kos 'fundi' is en nie jy nie!! ;))
>>>>
>>>> Thys
>>>> "Kekkelbek" wrote in message
>>>> news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> > het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
>>>> > verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>>>> >
>>>> > Dankie!
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #58978 is 'n antwoord op boodskap #58964] |
Wo., 20 Maart 2002 15:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Smeeeeeersousie is 'n bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap verdun
is.
As ek moremiddag my ou snoekie braai sal ek aan julle dink, hoor?
Dis mos nou snoektyd hier innie Kaap!!
Snoek,
Wurgpatat en
Korrelkonfyt op 'n duuuuuk sny bruin brood.
Koningskossies:))
Annette
--
Sakkie skryf in boodskap news:3c989e3a$0$229@hades.is.co.za...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:a79rtj$2mqs$1@news.adamastor.ac.za...
>> Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
>> gemengde kos nie?
>>
>> Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
>> tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
>> beter!
>
> NOU praat ons,veral een wat so stadig gebraai is en met so 'n effe soet
> smeersousie behandel is. ;-b... Kyk nou net hoe kwyl my bek
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #59011 is 'n antwoord op boodskap #58998] |
Do., 21 Maart 2002 04:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
>> Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê ...
> Moes natuurlik resep lees.
Ag, ek is so teleurgestel. Ek
het gedink jy wou my sesp hê.
Ek was nogal so opgewonde dat
jy my sesp wou hê.
Tant Hessie wat gereeld thewe thakke thout opeet.
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #59016 is 'n antwoord op boodskap #58991] |
Do., 21 Maart 2002 04:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Wat van die kaloriewaarde van die kaas?:))
Eerlik nou - hoe smaak die ding net so - plein opgekook in water met niks by
nie?
Ek maak selfs my rattatouille ( sp?) sonder eiervrug - dan smaak dit baie
beter:))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:mljh9ugenpsupdsokakjrbpmipuu6lklut@4ax.com...
> On Wed, 20 Mar 2002 13:48:27 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>
>> Die kalorie-waarde van eiervrug is
>> merkwaardig laag. ( 'n Halwe koppie
>> rou eiervrug is elf kalorieë, gekook
>> net dertien kalorieë.)
>>
>> Ek het 'n resep vir "Eggplant Parmesan" uit ons Kanadese
>> Moosewood Cookbook, wat nie vereis dat die eiervrug met
>> olie voorberei word nie (ongelukkig iets wat met meeste
>> eiervrugte gebeur.) Maar wie wil nou resepte van Tant
>> Hessie hê.
>
> Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê is dit die ou.
> En dankie vir die kalorie uitleg. Dit sal gedruk en in die resepboek
> gebêre word. Ek het so 'n idee gehad dat dit dieet waarde behoort te
> hê. 'n Ander waarheid is egter dat ons dit in diep olie braai.
> Moet nie suinig wees met daardie resep uit die Moosewood Cookbook
> nie asseblief...
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #59074 is 'n antwoord op boodskap #59070] |
Do., 21 Maart 2002 20:51   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mens spot nie met mense wat verkoue het en daarom geen smaak het nie;)))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:01ek9ucch5og682kd36m9ikajhok8fiirc@4ax.com...
> On Wed, 20 Mar 2002 23:29:29 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> "Annette"
>>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
>
> toe Annette en ek vriende geword het, het ek waardering vir haar smaak
> gehad. Na aanleiding van wat hierbo staan is haar smaak nou in trurat.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #59094 is 'n antwoord op boodskap #59086] |
Vr., 22 Maart 2002 06:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Sakkie - pregnante vroue het vreeslike erger luste:))
My besondere lus in daardie tyd was brood, dik met Marmite gesmeer - en
skywe vars koejawel bo-op:)))
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3c9ac3f5$0$226@hades.is.co.za...
> Magtag Annette, is jy pregnant om vir sulke twak lus te word!!!
>
> "Annette" wrote in message
> news:a7a7si$jh1l3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
>> Dis baaaaaaie lekker.
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Annette resep asb! [boodskap #59125 is 'n antwoord op boodskap #59094] |
Vr., 22 Maart 2002 18:42  |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Annette"
> My besondere lus in daardie tyd was brood, dik met Marmite gesmeer - en
> skywe vars koejawel bo-op:)))
> Annette
~~
daai een ook noggie getraai nie, Annette, ek dink jy moet dadelik
'n boek in druk bring, ek sal my bydraes ook dan aanstuur,
karamba!!! sal die een môre oggend probeer
~~~~~~~
|
|
|
|