Tuis » Lekker » Kos & resepte » Wat eet jy - Nie?
Wat eet jy - Nie? [boodskap #58973] |
Wed, 20 March 2002 14:56 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elke mens het mos sy/haar gyte.
Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
Annette:
Afval
Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
Eiervrug
Slakke
Paddaboutjies
Mopaniewurms.
Hond
Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
wil selfmoord pleeg;))
Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
proe
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59080 is 'n antwoord op boodskap #58973] |
Thu, 21 March 2002 22:23 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek eet alles, dink ek. Maar het nog nooit hond op my bord gekry nie. Afval
is heerlik, en beestong in Madeira-sous - mmmmmmmmmmmmmm. Slakke eet ons
ook - ook van daardie groot seeslakke in 'n pikante soppie - ons koop dit by
die see, op die dyk in Oostende. Paddaboutjies het ek al baie geëet, maar
die gereg is 'n bietjie uit. Rollmops is baie lekker - ek eet dit gereeld.
Kat het ek nog nie geëet nie, hoop ek :-). Mense wat dit tydens die oorlog
geëet het, sê dit smaak soos konyn. Ek hou ook van alles wat uit die see kom
en van vleis ook. Maar ek is veral lief vir alle groente.
My man is die kok in huis en hy doen dit skitterend ! Dit het begin as 'n
stokperdjie en nou kook hy elke dag (hy het al afgetree en ek werk nog).
Laat ek nou ophou om oor kos te skryf anders moet ek nog ietsie gaan haal om
te eet en ek wil gaan slaap.
Groete,
Hilda.
"Annette" schreef in bericht news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>
> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
>
> Annette:
> Afval
> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
> Eiervrug
> Slakke
> Paddaboutjies
> Mopaniewurms.
> Hond
> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
> sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>
> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
> wil selfmoord pleeg;))
>
> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
> proe
> Annette
>
|
|
|
|
|
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59106 is 'n antwoord op boodskap #59096] |
Fri, 22 March 2002 12:40 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Met daardie lekker swaar boerebrode as die broodrolletjies;))
Annette
Kekkelbek skryf in boodskap news:3c9ad5f3.0@news1.mweb.co.za...
>
> Bart Nel wrote in message
> news:3c9a554e.0@news1.mweb.co.za...
>> As jy dit dalk doen en 'n aptyt daarvoor ontwikkel, hier is twee worsies
>> langs my wat ek met graagte sal wil aanstuur.....
>> bart
>
> Opdien voorstel: Dink net watter lekker "hotdog" hulle sal kan maak! ;))
>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:a7bos5$4ue$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wel - ek hou ook nie van hond nie. Maar, as dit die probleem sal oplos sal
>>> ek my buurman se rasende brak verslind ...
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 02:58:21 UTC 2025
|