Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Tom Gouws en Guido Gezelle
Tom Gouws en Guido Gezelle [boodskap #58911] Di, 19 Maart 2002 14:44 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, ek het elke keer nog oor Tom Gouws se gedigte heen gelees. Maar na
jou versoek het ek gaan kyk, en ek moet saamstem - hy het buitengewone
talent.

Die Vlaamse priester-digter Guido Gezelle het in 1857 'n gedig geskryf wat
my altyd bybly. In "Het Schrijverke" staan hy by 'n dam water waarop
waterinsekte (schrijverkes) met hulle dun pote op die oppervlakte van die
water rondhardloop. Hulle bynaam is "skrywertjies" omdat dit lyk of hulle
iets skryf op die water. Maar weens die aard van water kan 'n mens nie lees
wat hulle skryf nie. Die digter peins hieroor en probeer uitvind wat word
daar so aanhoudend en oor en oor op die water geskryf. Dan antwoord een van
die schrijverkes hom: dis die naam van God wat so oor en oor en oor op die
water geskryf word.

Toe ek Tom Gouws se "oogappel" lees, het dit my baie sterk herinner aan
Gezelle.

Hier is albei gedigte. Die ou Vlaams is nie so moeilik om te lees as wat dit
op die oog af lyk nie. Onthou dat die "-ke" uitgang dieselfde is as ons
verkleinwoord uitgang "-kie" of "-tjie".

Gouws se gedig eindig op 'n verrassende, byna skokkende wyse. Amper soos
John Donne se "Batter my heart, three person'd God; for, you".

HET SCHRIJVERKE (Guido Gezelle)

O krinklende winklende waterding
met 't zwarte kabotseken aan,
wat zien ik toch geren uw kopke flink
al schrijven op 't waterke gaan!
Gij leeft en gij roert en gij loopt zo snel,
al zie 'k u noch arrem noch been;
gij wendt en gij weet uwen weg zo wel,
al zie 'k u geen ooge, geen één.
Wat waart, of wat zijt, of wat zult gij zijn?
Verklaar het en zeg het mij, toe!
Wat zijt gij toch, blinkende knopke fijn,
dat nimmer van schrijven zijt moe?
Gij loopt over 't spegelend water klaar,
en 't water niet meer en verroert
dan of het een gladdige windtje waar,
dat stille over 't waterke voert.
o Schrijverkes, schrijverkes, zegt mij dan, -
met twintigen zijt gij en meer,
en is er geen een die 't mij zeggen kan: -
Wat schrijft en wat schrijft gij zo zeer?
Gij schrijft, en 't en staat in het water niet,
gij schrijft, en 't is uit en 't is weg;
geen christen en weet er wat dat bediedt:
och, schrijverke, zeg het mij, zeg!
Zijn 't visselkes daar ge van schrijven moet?
Zijn 't kruidekes daar ge van schrijft?
Zijn 't keikes of bladtjes of blomkes zoet,
of 't water, waarop dat ge drijft?
Zijn 't vogelkes, kwietlende klachtgepiep,
of is 'et het blauwe gewelf,
dat onder en boven u blinkt, zoo diep,
of is het u, schrijverken zelf?
En 't krinklende winklende waterding,
met 't zwarte kapoteken aan,
het stelde en het rechtte zijne oorkes flink,
en 't bleef daar een stondeke staan:
"Wij schrijven," zoo sprak het, "al krinklen af
het gene onze Meester, weleer,
ons makend en leerend, te schrijven gaf,
één lesse, niet min nochte meer;
wij schrijven, en kunt gij die lesse toch
niet lezen, en zijt gij zo bot?
Wij schrijven, herschrijven en schrijven nog,
den heiligen Name van God!"
1857

En hier is Gouws:

Tom Gouws (geb. 1961)

oogappel

onwetend dra ek 'n grot vol diere
in en op my rond. in my hart en niere,
in my neus en keel, weefsel, spiere,
my tande en skaamhaar, Here so knus
intiem huisves ek salig onbewus
amebes en kolonies fungus.
oningelig val ek ten prooi
van die bloedsuier en die vlooi.
dit alles Here, verstaan my mooi,
sou ek kon verduur, selfs miskien
virusse, ingewandewurms, klandestiene
parasiete wat ek nie kan sien
nie; maar ek maak ten sterkste beswaar
teen die myte wat U in my ooglede bewaar
en sowaar onsienlik voor my oë laat paar.
die familie van slang en skerpioen vertrou
U om my onbeskaamd in die oog te hou.
hulle lê lustig eiers soos appels, getrou
aan u gebod om te vermenigvuldig. twee
dae later wemel dit van larwes en leë
kokonne.

met dit alles skrik en my verleë
toe ek insien hoe God my beuselagtighede doog,
die kleinsieligheid van my transformasie, my geloof,
bloot omdat Hy my verduur in die appel van sy oog.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Tom Gouws en Guido Gezelle [boodskap #58913 is 'n antwoord op boodskap #58911] Di, 19 Maart 2002 16:01 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Gloudina, ek het elke keer nog oor Tom Gouws se gedigte heen gelees. Maar na
> jou versoek het ek gaan kyk, en ek moet saamstem - hy het buitengewone
> talent.

Baie baie dankie. Ek wonder of die "villanelle
van die oos-vrystaat -clarens distrik" in die
verseboek is. Dié een het ek. Stuur asseblief nog
ander.
Die gedig van Gouws oor die appel van Sy oog
is skokkend maar ook diep godsdienstig. Dis ver-
basend hoe baie goeie Afrikaanse digters altyd
ook ware diep godsdienstige gedigte kan skryf.
Is "Die Brommer" van Charl-Pierre Naudé in die
Verseboek? Dis nog so 'n gedig. Ek sluit natuurlik
ook daarby in "Blom van die Baaierd" van Opperman.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd " (11) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:56:51 MGT 2024