Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » R7 Telkom aanbod
R7 Telkom aanbod [boodskap #57807] So, 24 Februarie 2002 19:53 na volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
môreoggend daarvoor gaan betaal!
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57809 is 'n antwoord op boodskap #57807] So, 24 Februarie 2002 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Feb 2002 11:53:24 -0800, dorin...@ananzi.co.za (Doringrosie)
wrote:

> Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
> daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
> het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
> môreoggend daarvoor gaan betaal!

Dit is dus waarom ek nie vanmôre twee uur selfs jou kon skakel nie.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57818 is 'n antwoord op boodskap #57809] Ma, 25 Februarie 2002 02:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Davie Davis skryf in boodskap news:...
> On 24 Feb 2002 11:53:24 -0800, dorin...@ananzi.co.za (Doringrosie)
> wrote:
>
>> Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
>> daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
>> het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
>> môreoggend daarvoor gaan betaal!
>
> Dit is dus waarom ek nie vanmôre twee uur selfs jou kon skakel nie.

DR: Maar my liewe DD, sou jy dan wou? As jy net kon weet dat ek 'n
selfoon ook het EN dat ek nog 'n ekstra landlyn ook het, nê? Ag, hoe
jammer voel ek nou vir jou . . .
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57905 is 'n antwoord op boodskap #57807] Di, 26 Februarie 2002 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gaan Telkom ooit kompetisie kry? Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
(ingesluit by die huur van die instrument). Met 400 versswartes hier in die
mark (VSA), bel ek selfs SA toe sonder om te worry oor my telefoon
rekening...

"Doringrosie" wrote in message
news:1696cc0d.0202241153.2e20f0f@posting.google.com...
> Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
> daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
> het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
> môreoggend daarvoor gaan betaal!
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57907 is 'n antwoord op boodskap #57905] Di, 26 Februarie 2002 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2002 10:34:11 -0800, "Jan" wrote:

> Gaan Telkom ooit kompetisie kry?

Ek het ook al gevra en gewonder hieroor. Daar is al vir baie jare
hieroor gepraat, maar dit lyk my daar kom nooit juis iets van nie.

> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees

Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
bedrag wissel van staat tot staat)
Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
hulle basiese telefoon huur?

> (ingesluit by die huur van die instrument). Met 400 verskaffers hier in die
> mark (VSA), bel ek selfs SA toe sonder om te worry oor my telefoon
> rekening...

Die goedkoopste opsie wat ek nog ooit gehad het was 'n "special" van
Qwest - 2 maande GRATIS na Suid Afrika en België. Ongelukkig sal ek
seker nie weer so opsie kan kry nie. Die ander goedkoop manier om SA
en ander rugby lande te skakel is deur VIP - dan kos dit 12c per
minuut as ek reg onthou, maar die kwaliteit van die lyne is iets
verskrikliks.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57915 is 'n antwoord op boodskap #57907] Di, 26 Februarie 2002 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2002 14:02:37 -0500, Danielle wrote:

> Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
> hulle basiese telefoon huur?
>

Maar jy weet mos dat $20 nie R200 is nie Danielle. Jy weet mos dat jy
nie so kan redeneer nie. Buitendien betaal Roringdosie en ek R100 per
maand vir ons huur want dit is hie die R7 kontrak lei.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57918 is 'n antwoord op boodskap #57915] Di, 26 Februarie 2002 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2002 22:45:41 +0200, Davie Davis wrote:

> Maar jy weet mos dat $20 nie R200 is nie Danielle. Jy weet mos dat jy
> nie so kan redeneer nie. Buitendien betaal Roringdosie en ek R100 per
> maand vir ons huur want dit is hie die R7 kontrak lei.

Nou vir wat raas jy alweer so met my? Moet ek nou weer in 'n hoekie
gaan sit en sulk? :-)
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57927 is 'n antwoord op boodskap #57907] Wo, 27 Februarie 2002 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2002 14:02:37 -0500, Danielle
served the following to the group:

>> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>
> Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
> Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
> maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
> bedrag wissel van staat tot staat)
> Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
> hulle basiese telefoon huur?
>

ek vir een sal dit lag lag betaal as ek weet dat daar geen hidden cost
is wat vir my wag nie en ek kan bel wanneer en hoe ek wil (local). die
r7 ding is ok maar as ek dit reg het is dit per oproep. om dit te
regverdig gedurende call-more tyd moet jy `n hele rukkie op die lyn
wees. soos dit nou werk is dit goedkoop as jy baaaie lang oproepe maak
maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
r7 ding)

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57930 is 'n antwoord op boodskap #57927] Wo, 27 Februarie 2002 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is doodreg Skippie,

Jy betaal 'n hoër maandelikse huur, en om die R7 opsie mooi te laat werk,
beteken dit jy moet net een laaaaaang oproep maak.

Dan is daar ook nog mense wat ISP's het wat jou diskonnekteer wanneer hulle
so voel, en dan moet jy weer inbel. - teen R7 per slag.

Is hier nie iemand van Telkom of wat iemand ken wat weet wanneer die
opposisie uiteindelik gaan begin opereer nie?
Daar was sprake van Mei hierdie jaar, maar tans is daar 'n helse stilte.

Annette

--
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
message news:b2vo7uoc4q890roguofp1mg7iv3rjpugt3@4ax.com...
> On Tue, 26 Feb 2002 14:02:37 -0500, Danielle
> served the following to the group:
>
>>> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>>
>> Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
>> Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
>> maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
>> bedrag wissel van staat tot staat)
>> Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
>> hulle basiese telefoon huur?
>>
>
> ek vir een sal dit lag lag betaal as ek weet dat daar geen hidden cost
> is wat vir my wag nie en ek kan bel wanneer en hoe ek wil (local). die
> r7 ding is ok maar as ek dit reg het is dit per oproep. om dit te
> regverdig gedurende call-more tyd moet jy `n hele rukkie op die lyn
> wees. soos dit nou werk is dit goedkoop as jy baaaie lang oproepe maak
> maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
> r7 ding)
>
>
> Threeships 'did you see that??' Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57969 is 'n antwoord op boodskap #57927] Wo, 27 Februarie 2002 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 08:35:03 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:

> maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
> r7 ding)
>
>
> Threeships 'did you see that??' Mcduck
> www.mothership.co.za

As ek jou reg verstaan is jy verkeerd. Dit kos nie R7 per oproep nie
maar steeds standaard koste met 'n maksimum van R7. Tien kort oproepe
sal dus nie meer kos vir die sewerander as vir die nie_sewerander
behalwe natuurlik vir plus minus R50 meer aan huurgeld.

Annette, jy noem dat sommige ISP mense afsny na 'n tyd. Maat seker dat
jou stelling reg is. Die default stelling (dink dit is default) is dat
jou modem afgeskakel word na 20 minute van geen aksie. Dit moet jy
verander na nooit outomaties uitsny.

Indien dit klink asof ek Telkom adverteer, hoegenaamd nie! Ek sal na
die opposisie oorskakel selfs vir dieselfde tarief, net omdat hulle
(Telkom) so 'n monopolie het.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57970 is 'n antwoord op boodskap #57927] Wo, 27 Februarie 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 08:35:03 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:

>> Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
>> hulle basiese telefoon huur?

>
> ek vir een sal dit lag lag betaal as ek weet dat daar geen hidden cost
> is wat vir my wag nie en ek kan bel wanneer en hoe ek wil (local). die
> r7 ding is ok maar as ek dit reg het is dit per oproep. om dit te
> regverdig gedurende call-more tyd moet jy `n hele rukkie op die lyn
> wees. soos dit nou werk is dit goedkoop as jy baaaie lang oproepe maak
> maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
> r7 ding)

Aaargh, okay - ek het nie geweet die R7 ding is per oproep nie. :-(
Ja nee, Telkom moet bietjie kompetisie kry.
Gaan daardie DSL wat julle blykbaar binnekort gaan kry, een van Telkom
se aanbiedinge wees, of sal dit darem ten minste 'n onafhanklike
telemaatskappy wees?
Daar moet mos opsies wees om 24/7 aanlyn te wees selfs met die huidige
Telkom monopolie? Is dit nie dalk 'n beter opsie vir julle wat die
Internet baie gebruik nie?
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57974 is 'n antwoord op boodskap #57970] Wo, 27 Februarie 2002 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 12:36:08 -0500, Danielle wrote:
> Is dit nie dalk 'n beter opsie vir julle wat die
> Internet baie gebruik nie?

Beslis Danielle, en ek het gedink dat Telkom met hul onlangse
verhoging die R7 agt of nege sou maak, wat hulle nie gedoen het nie.
Slegs die maandelikse huurpremie is verhoog.
Wanneer ek groot programme aflaai is ek maklik agtien_uur_plus_sessies
oor 'n naweek op Internet, wat my natuurlik sewe rand kos.
Nie lank gelede nie het jy vir my 'n ellelange program oor 'n paar dae
gestuur waar ek weer die voordeel daarvan gehad het.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57977 is 'n antwoord op boodskap #57907] Wo, 27 Februarie 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>
> Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
> Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
> maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
> bedrag wissel van staat tot staat)

Om die waarheid te sê, het ons nie meer 'n landlyn telefoon nie. Ons het
besluit om heeltemal "mobiel" te gaan. Het 'n familie pakket by Voicestream
gekry - 2 cell fone verniet, geen beperking op enige Voicestream tot
Voicestream oproepe nie, geen roaming charges, geen long distance charges,
800 minute in die week, 3600 minute na-ure - alles vir $69. Met die dat ek
$20 op die landlyn spaar, "betaal" ek net $49! (O, en eensklaps is ek
ontslae van telemarketers). Natuurlik sal dit ook nie 'n opsie wees in SA
nie. Cell foon verskaffers mag mos nie met Telkom kompeteer tarief gewys
nie. Soos Telkom mense aan my verduidelik het, het hulle 'n obligasie om
miljoene landlyne uit te rol sodat die massas (wat nie kan betaal nie)
opgekonnekteer kan word. Die projek moet gesubsidieer word deur die hoë
Telkom tariewe wat bestaande verbruikers betaal en hulle kan nie kompetisie
bekostig nie. Kom f***n by!! Die manier om kommunikasie aan die massas te
verskaf is nie deur landlyne nie, maar deur cell fone. Kyk na wat in Sjina
gebeur. Laat die cell verskaffers kompeteer. Laat die massas cell fone
koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....

> Die goedkoopste opsie wat ek nog ooit gehad het was 'n "special" van
> Qwest - 2 maande GRATIS na Suid Afrika en België. Ongelukkig sal ek
> seker nie weer so opsie kan kry nie. Die ander goedkoop manier om SA
> en ander rugby lande te skakel is deur VIP - dan kos dit 12c per
> minuut as ek reg onthou, maar die kwaliteit van die lyne is iets
> verskrikliks.

Ek gebruik VIP al 2 jaar lank as ons SA provider en het nog nooit 'n
probleem gehad met hul lyn kwaliteit nie. Soms (baie min) kry ek 'n beset
toon van hul stelsel. Dit kos 23c per minuut.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57979 is 'n antwoord op boodskap #57977] Wo, 27 Februarie 2002 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 11:46:31 -0800, "Jan" wrote:
> Laat die cell verskaffers kompeteer. Laat die massas cell fone
> koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
> rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
> kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....
>

Ek gebruik altyd PrePaid selfone en jy sal dit interessant vind dat
ons meer vir ons oproepe betaal as die massa wat kontrakte het.
In my vakansiewoonstel het ek ook 'n prepaid (voorafbetaalde?)
telefoon en dit is 'n duur opset ingeslote die feit dat ek op daardie
foon nie fasiliteite het soos tolvrynommers en callmore tyd ens. nie.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57980 is 'n antwoord op boodskap #57977] Wo, 27 Februarie 2002 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 11:46:31 -0800, "Jan" wrote:

> Om die waarheid te sê, het ons nie meer 'n landlyn telefoon nie. Ons het
> besluit om heeltemal "mobiel" te gaan. Het 'n familie pakket by Voicestream
> gekry - 2 cell fone verniet, geen beperking op enige Voicestream tot
> Voicestream oproepe nie, geen roaming charges, geen long distance charges,
> 800 minute in die week, 3600 minute na-ure - alles vir $69. Met die dat ek
> $20 op die landlyn spaar, "betaal" ek net $49! (O, en eensklaps is ek
> ontslae van telemarketers).

En jy gebruik seker ook kabel vir jou internet konneksie? Ek het al
ook daaraan gedink om my landlyn op te gee, maar vir een of ander rede
kan ek dit net nie regkry nie. Sonder die gewone "outydse" telefoon
voel dit net nie reg nie. :-)
Ek het onlangs oorgeskakel na Cingular Wireless vir my sel, wat baie
dieselfde aanbied as wat jy van praat - behalwe dat jy moet onthou dat
ek hier in die "good ol' south" sit en die "good ol' boys" hou ook
maar van hulle monopolieë, so hier is nie juis so groot verskeidenheid
om van te kies nie. Georgia het wel 'n spesiale voorsiening in die
wetboeke gemaak vir telemarketers, en ons kan- teen 'n geringe fooi
jou telefoon nommer laat registreer sodat jy geen oproepe van
telemarketers mag kry nie. Ek was nog net te lui om dit te doen, so
ek suffer maar so in silence en loer net so af en toe na die "caller
id" voor ek antwoord, en gebruik my selfoon meer as 'n motorfoon
(onthou jy nog daai ou groot lompe goed waarmee ons destyd in ons
motors moes rondry?)
Elkgeval...

> Natuurlik sal dit ook nie 'n opsie wees in SA
> nie. Cell foon verskaffers mag mos nie met Telkom kompeteer tarief gewys
> nie. Soos Telkom mense aan my verduidelik het, het hulle 'n obligasie om
> miljoene landlyne uit te rol sodat die massas (wat nie kan betaal nie)
> opgekonnekteer kan word. Die projek moet gesubsidieer word deur die hoë
> Telkom tariewe wat bestaande verbruikers betaal en hulle kan nie kompetisie
> bekostig nie. Kom f***n by!! Die manier om kommunikasie aan die massas te
> verskaf is nie deur landlyne nie, maar deur cell fone. Kyk na wat in Sjina
> gebeur. Laat die cell verskaffers kompeteer. Laat die massas cell fone
> koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
> rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
> kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....

Maak baie sin wat jy hierbo sê.

> Ek gebruik VIP al 2 jaar lank as ons SA provider en het nog nooit 'n
> probleem gehad met hul lyn kwaliteit nie. Soms (baie min) kry ek 'n beset
> toon van hul stelsel. Dit kos 23c per minuut.

Aah, ek het gedink my 12c was te min. :-) Elke keer nog wat ek hulle
sisteem gebruik is dit asof ek in 'n tonnel praat, met vreeslike lang
"lags". Daarom het ek sommer opgehou al het ek nog sowat $30 krediet
by hulle. Ek het maar eers redelik onlangs per toeval van hulle
gehoor nadat ons 'n rugby wedstryd op die Fox kanaal gekyk het, en
hulle advertensie raakgesien het.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57981 is 'n antwoord op boodskap #57969] Wo, 27 Februarie 2002 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie - ek word net maar nooit deur my ISP uit of afgesny nie - ek praat nou
van mense wat by my kom kla oor wat hulle ISP's aan hulle doen:))

Dankie vir die regstelling van die verkeerde aanname - ek sal kyk of ek die
brosjure kan kry en sien hoe ek so 'n verkeerde aanname kon maak.
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:mm5q7uke6sfnmkilq442kqsvvdjk53uhma@4ax.com...
> On Wed, 27 Feb 2002 08:35:03 +0200, Threeships 'did you see that?? '
> Mcduck wrote:
>
>> maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
>> r7 ding)
>>
>>
>> Threeships 'did you see that??' Mcduck
>> www.mothership.co.za
>
> As ek jou reg verstaan is jy verkeerd. Dit kos nie R7 per oproep nie
> maar steeds standaard koste met 'n maksimum van R7. Tien kort oproepe
> sal dus nie meer kos vir die sewerander as vir die nie_sewerander
> behalwe natuurlik vir plus minus R50 meer aan huurgeld.
>
> Annette, jy noem dat sommige ISP mense afsny na 'n tyd. Maat seker dat
> jou stelling reg is. Die default stelling (dink dit is default) is dat
> jou modem afgeskakel word na 20 minute van geen aksie. Dit moet jy
> verander na nooit outomaties uitsny.
>
> Indien dit klink asof ek Telkom adverteer, hoegenaamd nie! Ek sal na
> die opposisie oorskakel selfs vir dieselfde tarief, net omdat hulle
> (Telkom) so 'n monopolie het.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57983 is 'n antwoord op boodskap #57980] Wo, 27 Februarie 2002 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2002 15:40:07 -0500, Danielle wrote:

> (onthou jy nog daai ou groot lompe goed waarmee ons destyd in ons
> motors moes rondry?)

O ja - ek verwys nie na die gades nie.
:-)))
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58022 is 'n antwoord op boodskap #57980] Vr, 01 Maart 2002 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" wrote in message
news:7rfq7u81t5nsildfrfmb5vb236hoj3es1q@4ax.com...
> On Wed, 27 Feb 2002 11:46:31 -0800, "Jan"
> wrote:

> En jy gebruik seker ook kabel vir jou internet konneksie? Ek het al
> ook daaraan gedink om my landlyn op te gee, maar vir een of ander rede
> kan ek dit net nie regkry nie. Sonder die gewone "outydse" telefoon
> voel dit net nie reg nie. :-)

Ja, ons het kabel. Al rede wat ek kon vind om nog 'n landlyn te hê is om
"Pay-per-View" te bestel met jou remote (satteliet TV). Al pay-per-view wat
ek egter die afgelope drie
jaar bestel het was die krieket world cup in 99. Volgende jaar se world cup
sal ek bestel deur een oproep te
maak vir $5 - as ek nie self daar gaan wees om te kyk nie.

>> Ek gebruik VIP al 2 jaar lank as ons SA provider en het nog nooit 'n
>> probleem gehad met hul lyn kwaliteit nie. Soms (baie min) kry ek 'n beset
>> toon van hul stelsel. Dit kos 23c per minuut.
>
> Aah, ek het gedink my 12c was te min. :-) Elke keer nog wat ek hulle
> sisteem gebruik is dit asof ek in 'n tonnel praat, met vreeslike lang
> "lags". Daarom het ek sommer opgehou al het ek nog sowat $30 krediet
> by hulle. Ek het maar eers redelik onlangs per toeval van hulle
> gehoor nadat ons 'n rugby wedstryd op die Fox kanaal gekyk het, en
> hulle advertensie raakgesien het.

Kyk bietjie wat kry ek vandag: http://www.prepaidcall.net/Cards/union.htm.
SA teen 10c per minuut. My
vrou het 'n "kaart" gekoop en bevestigd at dit net 10c is. So waarskynlik
vaarwel aan VIP...
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58023 is 'n antwoord op boodskap #57979] Vr, 01 Maart 2002 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" wrote in message
news:t1fq7uk4doj64lp8p1mrp3sgaos5h0a5rc@4ax.com...
> On Wed, 27 Feb 2002 11:46:31 -0800, "Jan"
> wrote:
>> Laat die cell versswartes kompeteer. Laat die massas cell fone
>> koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
>> rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
>> kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....
>>
>
> Ek gebruik altyd PrePaid selfone en jy sal dit interessant vind dat
> ons meer vir ons oproepe betaal as die massa wat kontrakte het.
> In my vakansiewoonstel het ek ook 'n prepaid (voorafbetaalde?)
> telefoon en dit is 'n duur opset ingeslote die feit dat ek op daardie
> foon nie fasiliteite het soos tolvrynommers en callmore tyd ens. nie.

Prepaid sal waarskynlik altyd duurder wees in terme van eenheidskoste. Met
vrye kompetisie
egter kan die prys van prepaid kaarte daal tot op 'n vlak waar 'n
onkredietwaardige persoon (lw, ek impliseer nie dat dit op jou van
toepassing sou wees nie)
wat nie 'n kontrak kan kry nie, dit kan bekostig. Al betaal hy meer
in terme van eenheidskoste, is hy gekonnekteer. Nou is hy nie.
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58440 is 'n antwoord op boodskap #57905] Ma, 11 Maart 2002 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jan" skryf in boodskap news:...
> Gaan Telkom ooit kompetisie kry? Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
> (ingesluit by die huur van die instrument). Met 400 verskaffers hier in die
> mark (VSA), bel ek selfs SA toe sonder om te worry oor my telefoon
> rekening...

Ek weet nie of die Amerikaanse gebruik die norm is nie.

Waar elders in die wêreld is plaaslike oproepe verniet? Ek het lank
in Frankryk gebly en daar is dit beslis nie verniet nie. Ek skat ook
nie in die res van Europa nie.

Johnnie
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58507 is 'n antwoord op boodskap #58440] Di, 12 Maart 2002 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Kanadese se plaaslike oproepe is glo verniet.
Annette

Johnnie skryf in boodskap news:142e7623.0203110332.7fc59304@posting.google.com...
> "Jan" skryf in boodskap news:...
>> Gaan Telkom ooit kompetisie kry? Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>> (ingesluit by die huur van die instrument). Met 400 versswartes hier in die
>> mark (VSA), bel ek selfs SA toe sonder om te worry oor my telefoon
>> rekening...
>
> Ek weet nie of die Amerikaanse gebruik die norm is nie.
>
> Waar elders in die wêreld is plaaslike oproepe verniet? Ek het lank
> in Frankryk gebly en daar is dit beslis nie verniet nie. Ek skat ook
> nie in die res van Europa nie.
>
> Johnnie
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58553 is 'n antwoord op boodskap #58507] Wo, 13 Maart 2002 03:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gin wonner dat Antie Tottie so oppie net lê nie ........

"Annette" skryf in boodskap news:a6l3vo$e8g0h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die Kanadese se plaaslike oproepe is glo verniet.
> Annette
>
>
> Johnnie wrote in message
> news:142e7623.0203110332.7fc59304@posting.google.com...
>> "Jan" skryf in boodskap news:...
>>> Gaan Telkom ooit kompetisie kry? Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>>> (ingesluit by die huur van die instrument). Met 400 versswartes hier in die
>>> mark (VSA), bel ek selfs SA toe sonder om te worry oor my telefoon
>>> rekening...
>>
>> Ek weet nie of die Amerikaanse gebruik die norm is nie.
>>
>> Waar elders in die wêreld is plaaslike oproepe verniet? Ek het lank
>> in Frankryk gebly en daar is dit beslis nie verniet nie. Ek skat ook
>> nie in die res van Europa nie.
>>
>> Johnnie
>
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58556 is 'n antwoord op boodskap #58553] Wo, 13 Maart 2002 04:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Gin wonner dat Antie Tottie so oppie net lê nie ........

Vir jou informasie, ou Jonas, ons
gebruik nie telefoonlyne vir ons
Internet-konneksie nie.

Gloudina
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58598 is 'n antwoord op boodskap #58556] Wo, 13 Maart 2002 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 13 Mar 2002 04:35:26 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Jonas wrote:
>
>> Gin wonner dat Antie Tottie so oppie net lê nie ........
>
> Vir jou informasie, ou Jonas, ons
> gebruik nie telefoonlyne vir ons
> Internet-konneksie nie.
>
> Gloudina

Let op jou taalgebruik Gloudina
en noem dit Internet verbinding.
Konneksie en verbind [boodskap #58623 is 'n antwoord op boodskap #58598] Do, 14 Maart 2002 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Konneksie of verbind?

In Kanada is hess en kie
nie geworrie oorrie fone nie
hul konnek sommer met die kabel
dan's dit minder 'n geskinder
soos destyds in Babel

O wee O wee
"Nommer asseblief"
geld vir hul nie meer

en Telkom Tel
net tuis in SA
hoe Kom die oproepe
deur
Callmore, R7-weekend
en wat nog meer
elke jaartjie
da' pitaal ís mee'

In goeie afferkaans
praat ons nog van
verbind met internet
'n konneksie klink
soms erg verdag
ampers soos
koppelary of wat

maar hess-se-mense weet mos nie
meer van karre
met 'n koppelaar ry
Hess, sê tog gou vir ons
jou wa van vuur
waarmee jy ottowaans
bestuur
ry jy met
"stok-skuif-stick-shift"
of sommer net
gewoon
outomaties?
Of maak die gedagte van bestuur
jou stokstyf?

Thys oppie Bos nog steeds...

>> Internet-konneksie nie.
>>
>> Gloudina
> en noem dit Internet verbinding.
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58652 is 'n antwoord op boodskap #58623] Do, 14 Maart 2002 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Konneksie of verbind?
>
> In Kanada is hess en kie
> nie geworrie oorrie fone nie
> hul konnek sommer met die kabel
> dan's dit minder 'n geskinder
> soos destyds in Babel
>
> O wee O wee
> "Nommer asseblief"
> geld vir hul nie meer

Thys, daar is nog meer mense om my
wat met telefoonlyne verbind is aan
die Internet as met kabel. Sommiges
het "High Speed Internet Connection"
deur byvoorbeeld Bell Canada, en hulle
het dan 'n aparte lyn, anders betaal
jy minder en dit gaan oor jou basiese
telefoonlyn, en niemand kan jou dan
bereik as jy op die rekenaar is nie.
Die High Speed Telefoon verbinding
is omtrent net so duur soos die kabel-
verbinding.
Kabel-verbinding is ook nie maneskyn
en rose nie. Elke nou en dan is daar iets
fout en ons kry vir ure nie byvoorbeeld
e-posse nie. Dan sweer ons ons gaan terug
na Bell.

Gloudina
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58653 is 'n antwoord op boodskap #58623] Do, 14 Maart 2002 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> maar hess-se-mense weet mos nie
> meer van karre
> met 'n koppelaar ry
> Hess, sê tog gou vir ons
> jou wa van vuur
> waarmee jy ottowaans
> bestuur
> ry jy met
> "stok-skuif-stick-shift"

> of sommer net
> gewoon
> outomaties?
> Of maak die gedagte van bestuur
> jou stokstyf?

Thys, die gedagte aan bestuur maak my
stokstyf. Ek hernu elke jaar my lisensie,
maar bestuur al seker tien jaar nie meer
nie. Ek het grootgeword in 'n familie waar
twee van my ma se broers in motorongelukke
dood is en het 'n effense phobia vir kar-
bestuur opgetel.
Snaaks genoeg, meeste mense om my, veral
die jongeres, koop nie meer outomatiese karre
nie. Ek kan nie verstaan hoekom nie. Ek weet
hulle is gewoonlik goedkoper, maar dit kan nie
die rede wees nie.

Gloudina
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58708 is 'n antwoord op boodskap #58653] Vr, 15 Maart 2002 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Ek dink hulle't agtergekom dat handrat motors se brandstof verbruik is baie
laer as outomatiese motors.

Maar ek het dit nogal amusant gevind toe ons daar was en as ons gashere
agterkom dat ons 'sticks' kan bestuur, dan't hulle gedink ons is iets van 'n
ander planeet af...
Ek moet darem ook erken toe ek die eerste keer met ons vriende daar
(Collingwood, Ontario) se Dodge bakkie gery het, ek met my linkerhand wou
ratte oorskakel, i.p.v. met die regterhand...

Thys oppie Bos waar 5-op-die-vloer nog koning is...
skryf in boodskap news:3C90BCE1.2000003@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> maar hess-se-mense weet mos nie
>> meer van karre
>> met 'n koppelaar ry
>> Hess, sê tog gou vir ons
>> jou wa van vuur
>> waarmee jy ottowaans
>> bestuur
>> ry jy met
>> "stok-skuif-stick-shift"
>
>
>
>> of sommer net
>> gewoon
>> outomaties?
>> Of maak die gedagte van bestuur
>> jou stokstyf?
>
>
>
> Thys, die gedagte aan bestuur maak my
> stokstyf. Ek hernu elke jaar my lisensie,
> maar bestuur al seker tien jaar nie meer
> nie. Ek het grootgeword in 'n familie waar
> twee van my ma se broers in motorongelukke
> dood is en het 'n effense phobia vir kar-
> bestuur opgetel.
> Snaaks genoeg, meeste mense om my, veral
> die jongeres, koop nie meer outomatiese karre
> nie. Ek kan nie verstaan hoekom nie. Ek weet
> hulle is gewoonlik goedkoper, maar dit kan nie
> die rede wees nie.
>
> Gloudina
>
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58719 is 'n antwoord op boodskap #58708] Vr, 15 Maart 2002 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Ek moet darem ook erken toe ek die eerste keer met ons vriende daar
> (Collingwood, Ontario) se Dodge bakkie gery het, ek met my linkerhand wou
> ratte oorskakel, i.p.v. met die regterhand...

Jy is gelukkig dat julle vriende in Collingwood
het. Ek hou van daardie deel van Ontario. Dis
naby die Bruce Peninsula. Was julle al daar?
Reg aan die punt is Tobermory, waar mens boot-
toere kan neem. Aan die begin van die skier-
eiland op die regterkant is daar 'n sandstrand
(Sauble Beach) wat net eenvoudig jou asem
wegslaan. Myle en myle van sandstrand. Jy verbeel
jou jy is op die Boland se sandstrande.

Gloudina
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58720 is 'n antwoord op boodskap #58652] Vr, 15 Maart 2002 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand my sê hoe dit sit met ADSL in SA? Ek het altyd teen 46
000bps gekoppel aan die internet, nou's dit 10 000 000bps - oor
dieselfde telefoonlyntjie, en dan kan ek nog bel ook terwyl ek op die
internet is. Vir die eerste keer in my lewe het ek geen behoefte om
vinniger te kan surf nie - of is dit nou branderplankry, Thys?

Moet sê dat ek ipv R120 nou R800 per maand betaal vir my lyn. Maar die
internet oproepe hoef nie meer betaal te word nie. Laas wat ek gehoor
het, was selfs ISDN nie bekostigbaar in SA nie. Hier's dit maar 'n
fraksie duurder as 'n analoog lyn.

Max
__________________________________________________________

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Konneksie of verbind?
>>
>> In Kanada is hess en kie
>> nie geworrie oorrie fone nie
>> hul konnek sommer met die kabel
>> dan's dit minder 'n geskinder
>> soos destyds in Babel
>>
>> O wee O wee
>> "Nommer asseblief"
>> geld vir hul nie meer
>
>
> Thys, daar is nog meer mense om my
> wat met telefoonlyne verbind is aan
> die Internet as met kabel. Sommiges
> het "High Speed Internet Connection"
> deur byvoorbeeld Bell Canada, en hulle
> het dan 'n aparte lyn, anders betaal
> jy minder en dit gaan oor jou basiese
> telefoonlyn, en niemand kan jou dan
> bereik as jy op die rekenaar is nie.
> Die High Speed Telefoon verbinding
> is omtrent net so duur soos die kabel-
> verbinding.
> Kabel-verbinding is ook nie maneskyn
> en rose nie. Elke nou en dan is daar iets
> fout en ons kry vir ure nie byvoorbeeld
> e-posse nie. Dan sweer ons ons gaan terug
> na Bell.
>
> Gloudina
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58826 is 'n antwoord op boodskap #58719] Ma, 18 Maart 2002 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Ons was so 10 dae daar in Collingwood. Vanaf Midlands die 1000 Island
cruise geneem. Pragtig, en daai sandstrand by Osaga Beach... Glo 16 myl van
skoon wit sandstrand. Blykbaar die langste varswater sandstrand in die
wêreld? Mens dit laat jou regtig aan die Boland dink. Net jammer die berge
is nie altyd daar nie.

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3C9207EF.5000007@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> Ek moet darem ook erken toe ek die eerste keer met ons vriende daar
>> (Collingwood, Ontario) se Dodge bakkie gery het, ek met my linkerhand wou
>> ratte oorskakel, i.p.v. met die regterhand...
>
>
> Jy is gelukkig dat julle vriende in Collingwood
> het. Ek hou van daardie deel van Ontario. Dis
> naby die Bruce Peninsula. Was julle al daar?
> Reg aan die punt is Tobermory, waar mens boot-
> toere kan neem. Aan die begin van die skier-
> eiland op die regterkant is daar 'n sandstrand
> (Sauble Beach) wat net eenvoudig jou asem
> wegslaan. Myle en myle van sandstrand. Jy verbeel
> jou jy is op die Boland se sandstrande.
>
> Gloudina
>
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58827 is 'n antwoord op boodskap #58720] Ma, 18 Maart 2002 06:55 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat Max van die tegniese vermoë van die draad se kapasititet vra jy my
verniet. Ek's een van daai: As dit werk werk dit. Hoe vinniger hoe beter.
Maak nie saak hoe nie... En ja surf bly surf, want branderplankry in my
kantoor? vergeet die die golfies (watter) is maar flou...

Thys oppie Bos aan't hardloop na 'n volgende komitee...

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0203150731.46fb30c7@posting.google.com...
> Kan iemand my sê hoe dit sit met ADSL in SA? Ek het altyd teen 46
> 000bps gekoppel aan die internet, nou's dit 10 000 000bps - oor
> dieselfde telefoonlyntjie, en dan kan ek nog bel ook terwyl ek op die
> internet is. Vir die eerste keer in my lewe het ek geen behoefte om
> vinniger te kan surf nie - of is dit nou branderplankry, Thys?
>
> Moet sê dat ek ipv R120 nou R800 per maand betaal vir my lyn. Maar die
> internet oproepe hoef nie meer betaal te word nie. Laas wat ek gehoor
> het, was selfs ISDN nie bekostigbaar in SA nie. Hier's dit maar 'n
> fraksie duurder as 'n analoog lyn.
>
> Max
> __________________________________________________________
>
> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> Konneksie of verbind?
>>>
>>> In Kanada is hess en kie
>>> nie geworrie oorrie fone nie
>>> hul konnek sommer met die kabel
>>> dan's dit minder 'n geskinder
>>> soos destyds in Babel
>>>
>>> O wee O wee
>>> "Nommer asseblief"
>>> geld vir hul nie meer
>>
>>
>> Thys, daar is nog meer mense om my
>> wat met telefoonlyne verbind is aan
>> die Internet as met kabel. Sommiges
>> het "High Speed Internet Connection"
>> deur byvoorbeeld Bell Canada, en hulle
>> het dan 'n aparte lyn, anders betaal
>> jy minder en dit gaan oor jou basiese
>> telefoonlyn, en niemand kan jou dan
>> bereik as jy op die rekenaar is nie.
>> Die High Speed Telefoon verbinding
>> is omtrent net so duur soos die kabel-
>> verbinding.
>> Kabel-verbinding is ook nie maneskyn
>> en rose nie. Elke nou en dan is daar iets
>> fout en ons kry vir ure nie byvoorbeeld
>> e-posse nie. Dan sweer ons ons gaan terug
>> na Bell.
>>
>> Gloudina
Vorige onderwerp: Bel VSA na SA vir 10c per minuut
Volgende onderwerp: Re: TELKOM SOUTH AFRICA EXPOSED!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:29:27 MGT 2024