Tuis » Lekker » Musiek & liriek » The Click Song = Afrikaanse Canon???
|
Re: The Click Song = Afrikaanse Canon??? [boodskap #58505 is 'n antwoord op boodskap #58498] |
Tue, 12 March 2002 13:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Stone wrote:
> Wie ook al die oorspronklike "afrikaanse canon" boodskap gepos het, hier is
> 'n link na "The Click Song", as jy dalk wil weet of dit dieselfde is.
>
> http://www.knet.co.za/transkei/clickson.htm
>
> Laat ons ook dan sommer weet:)
Nee, dit kan nie dieselfde wees nie.
Die oorspronklike "afrikaanse canon"
het baie kort reëls. Hier is dit weer
in fonetiese vorm:
E-lah pakwama
walache wagwanahe
a kinana gwanahe
mba mawa elah
de danaledeh
mba mawa ungaehi
gwanahe pakwamaeh
Snaaks genoeg, ek luister gisteraand weer na die
"click song" soos gesing deur Lorraine Klaasen, wat
nou onlangs hier in Ottawa 'n konsert gegee het. Sy
verduidelik toe die betekenis van die click song. In
haar verduideliking praat sy nie van die toordokter
as 'n klein goggatjie nie. Sy verduidelik: die vrou
werk in die lande, met 'n baba op haar rug en iets wat
sy op haar kop dra. Dan klim die klein goggatjie van
die grond teen haar bene op, en sy sing die lied en
skud haar liggaam om van die goggatjie ontslae te raak.
Maar dit maak dit nog meer gesofistikeerd as daar eintlik
na 'n toordokter verwys word.
Hoe bekend is Lorraine Klaassen in Suid-Afrika?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: The Click Song = Afrikaanse Canon??? [boodskap #58549 is 'n antwoord op boodskap #58521] |
Tue, 12 March 2002 23:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Hy sê hy bly naby Green Bank - Cobden Road - naby Centrepoint.
> Annette
OK. Weet rofweg waar dit is. Omtrent
dieselfde distansie as ons wes van
downtown Ottawa. Ons bly op die walle
van die Ottawa Rivier (Ambleside, naby
Lincoln Fields), hy verder suid.
Gloudina
|
|
|
|
Re: The Click Song = Afrikaanse Canon??? [boodskap #58578 is 'n antwoord op boodskap #58558] |
Wed, 13 March 2002 12:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Aantie Glads - is daar iets wat jy graag sou wou hê wat ons van hier vir jou
> kan stuur saam met Steve?
> Hy is nie bereid om enige voedsel te neem nie - dus biltong is uit.
Ha,ha,ha. Voor ek jou laaste sin gelees het,
het ek al klaar my maaind opgemaak - ek sal
vra vir biltong.
Wat dink hy van biltong? As hy biltong wil
insmokkel, moet hy maak soos die seun van
vriende van ons, wat die doeanes in Boston
oortuig het dat die swarterige biltong
dolosse is waarmee toordokters in Afrika
die toekoms lees, en dat hy hulle terugbring
vir sy studies (hy was destyds 'n student by
M.I.T).
Gloudina
|
|
|
Re: The Click Song = Afrikaanse Canon??? [boodskap #58586 is 'n antwoord op boodskap #58578] |
Wed, 13 March 2002 13:36   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hy hou vreeslik baie van biltong - hy is soos 'n rusper - eet alles wat ek
voor hom sit;))
Hy hou van ons vis, skyfies, slaaie, tamaties, vrugte, bobotie,
waterblommetjiebredie, Kaapse hoenderpastei en ribbetjies.
Nou gaan ek hom wys hoe om 'n troksvy te skil en te eet, en vanaand of
moreaand ( afhangende van die wind) is dit braaivleis.
Hy sê Tafelberg is die hoogste plek waar hy nog op was;))
Annette
skryf in boodskap news:3C8F4806.8000609@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Aantie Glads - is daar iets wat jy graag sou wou hê wat ons van hier vir jou
>> kan stuur saam met Steve?
>> Hy is nie bereid om enige voedsel te neem nie - dus biltong is uit.
>
> Ha,ha,ha. Voor ek jou laaste sin gelees het,
> het ek al klaar my maaind opgemaak - ek sal
> vra vir biltong.
> Wat dink hy van biltong? As hy biltong wil
> insmokkel, moet hy maak soos die seun van
> vriende van ons, wat die doeanes in Boston
> oortuig het dat die swarterige biltong
> dolosse is waarmee toordokters in Afrika
> die toekoms lees, en dat hy hulle terugbring
> vir sy studies (hy was destyds 'n student by
> M.I.T).
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Biltong [boodskap #59390 is 'n antwoord op boodskap #59389] |
Tue, 02 April 2002 03:07  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
USPAUL wrote:
> Wat's fout Aantie, hoekom maak julle nie jule eie biltong nie. Ons maak ons
> eie biltong hier in die vogtige klimaat van Miami. As dit hier werk moet dit
> seker daar in Ottawa ook kan werk.
My man is 'n vegetariër. Maar enige
biltong wat ek nog hier in Noord-Amerika
ge-eet het, gemaak deur "die eksperte",
proe nooit dieselfde as ingesmokkelde
biltong nie. Ek dink dis die kwaliteit
van die vleis self, en die proses van
droogmaak waarmee daar fout is.
Snaaks genoeg, ek het in die Noord-
Kaap nie met biltong grootgeword nie.
Dis seker omdat ons nie teveel beesvleis
gehad het om mee te werk nie. Ons het
amper uitsluitlik skaapvleis ge-eet (bo
en behalwe die varkvleis wat ons gekry het
van die varkie wat ons self vir die winter
grootgemaak het. Ek het altyd gedink dat
beesvleis spesiaal is, en skaapvleis alledaags.
Totdat ek universiteit toe is en moes uitvind
dat ek dag na dag beesvleis moet eet, en skaap-
vleis net by spesiale geleenthede.
En watter heerlike skaapvleis het ons nie
ge-eet nie. Hier in Noord-Amerika eet ek nie
skaapvleis as ek dit kan help nie. Dit ruik
soms snaaks, of dit is NZ skaapvleis wat dood
bevrore is.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 03 11:35:29 UTC 2025
|