Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaanse canon
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58412 is 'n antwoord op boodskap #58408] |
Sun, 10 March 2002 21:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Karel Kolstert" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote...
> "Wouter Plaasvark" schreef...
>> Afrikaans is ons spreekwyse beslis 'n Afrika-taal, Arthur. Sou
>> jy reken dat Nederlands nie regtig 'n Europese taal is nie, omdat
>> dit net in 'n piepklein deel aan die verre weste van Wes-Europa
>> gepraat word?
>
> Arthur
> Wouter, ek bestry nie dat Afrikaans in 'n deel van Afrika gepraat word, maar
> dis basies 'n Europa-taal. Net soos Nederlands 'n Europa-taal is, hoewel ons
> taal ook in 'n deel van Suid Amerikaans voertaal is.
>
> Wouter
> Afrikaans se hoofwortels lê in Europa, maar dit is ook deur onder
> andere Maleis en inheemse Afrika-tale beïnvloed. Ek was verbaas
> hoeveel kennisgewings ek in Maleisië kon ontsyfer, die
> ooreenkomste is baie meer as wat algemeen besef word.
Die invloed van Maleis op Nederlands is ewe groot en waarskynlik groter as
die invloed van Maleis op Afrikaans. Wys my die Maleise woorde in jou taal!
Pisang, sarong, dessa, wadjan, batik, kris, sawah, baboe, klamboe,
soebatten, kwatten, toko, gamalan en een heleboel gerechten en ingredienten
.. sat�, ketjap (asin en manis), mihoen, nasi, katjang pedis noten, roti,
sambal, tahoe, kakkies (voete :) ..... termen die de meeste Nederlanders wel
zullen herkennen.
Bowendien het Nederlands ook Maleis beinvloed. Moderne sake soos polisie,
knalpot, handuk, versnelling en asbak. En ook gewasse: andewi, buncis,
blumkol, ercis, kol, peterselie, prei, selada, sirkol en wortel.
Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
:)
> Maar Afrikaans is in Afrika gevorm en word deur taalkenners
> as 'n volbloed Afrika-taal beskou. Regtig. 'n Mens sal tog nie
> Nederlands as 'n Duitse taal beskou net omdat daar groot
> ooreenkomste tussen die twee is en die wortels ooreenstem nie?
Daar is amper eweveel ooreenkomste tusse Duits en Nederlands as tusse Duits
en Afrikaans. Nederlands en Afrikaans is vir 98% dieselfde.
Groete,
Arthur
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58417 is 'n antwoord op boodskap #58412] |
Sun, 10 March 2002 22:17 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
kaatjie
Boodskappe: 22 Geregistreer: March 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
baie en kombuis?
: )
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6ghi7$l0g$1@news.kabelfoon.nl...
> "Karel Kolstert" schreef...
>> "Arthur Hagen" wrote...
>> "Wouter Plaasvark" schreef...
>>> Afrikaans is ons spreekwyse beslis 'n Afrika-taal, Arthur. Sou
>>> jy reken dat Nederlands nie regtig 'n Europese taal is nie, omdat
>>> dit net in 'n piepklein deel aan die verre weste van Wes-Europa
>>> gepraat word?
>>
>> Arthur
>> Wouter, ek bestry nie dat Afrikaans in 'n deel van Afrika gepraat word,
> maar
>> dis basies 'n Europa-taal. Net soos Nederlands 'n Europa-taal is, hoewel
> ons
>> taal ook in 'n deel van Suid Amerikaans voertaal is.
>>
>> Wouter
>> Afrikaans se hoofwortels lê in Europa, maar dit is ook deur onder
>> andere Maleis en inheemse Afrika-tale beïnvloed. Ek was verbaas
>> hoeveel kennisgewings ek in Maleisië kon ontsyfer, die
>> ooreenkomste is baie meer as wat algemeen besef word.
>
> Die invloed van Maleis op Nederlands is ewe groot en waarskynlik groter as
> die invloed van Maleis op Afrikaans. Wys my die Maleise woorde in jou taal!
>
> Pisang, sarong, dessa, wadjan, batik, kris, sawah, baboe, klamboe,
> soebatten, kwatten, toko, gamalan en een heleboel gerechten en ingredienten
> .. sat�, ketjap (asin en manis), mihoen, nasi, katjang pedis noten, roti,
> sambal, tahoe, kakkies (voete :) ..... termen die de meeste Nederlanders wel
> zullen herkennen.
>
> Bowendien het Nederlands ook Maleis beinvloed. Moderne sake soos polisie,
> knalpot, handuk, versnelling en asbak. En ook gewasse: andewi, buncis,
> blumkol, ercis, kol, peterselie, prei, selada, sirkol en wortel.
>
> Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
> om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
> :)
>
>> Maar Afrikaans is in Afrika gevorm en word deur taalkenners
>> as 'n volbloed Afrika-taal beskou. Regtig. 'n Mens sal tog nie
>> Nederlands as 'n Duitse taal beskou net omdat daar groot
>> ooreenkomste tussen die twee is en die wortels ooreenstem nie?
>
> Daar is amper eweveel ooreenkomste tusse Duits en Nederlands as tusse Duits
> en Afrikaans. Nederlands en Afrikaans is vir 98% dieselfde.
>
> Groete,
> Arthur
>
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58421 is 'n antwoord op boodskap #58412] |
Sun, 10 March 2002 23:45 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Karel Kolstert
Boodskappe: 14 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Karel
> Afrikaans se hoofwortels lê in Europa, maar dit is ook deur onder
> andere Maleis en inheemse Afrika-tale beïnvloed. Ek was verbaas
> hoeveel kennisgewings ek in Maleisië kon ontsyfer, die
> ooreenkomste is baie meer as wat algemeen besef word.
Arthur
Die invloed van Maleis op Nederlands is ewe groot en waarskynlik groter as
die invloed van Maleis op Afrikaans. Wys my die Maleise woorde in jou taal!
Karel
Ek was onbewus van die wisselwerking tussen Nederlands en Maleis.
Baie van die woorde wat jy noem word natuurlik ook in Afrikaans
gebruik, maar die gemene deler is dan eerder die Nederlandse band.
Maar daar is woorde soos kaia, 'n telefoonhokkie in Maleisië word
byvoorbeeld 'n kaia genoem, wat nie in Nederlands voorkom nie.
En in die Kaapse dialek is daar woorde soos kanallie en bismillah
(en daar is vele meer) wat al selfs in SA Engels ingeburger word.
Arthur
Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
:)
Karel
Nee wat, dis suiwer jaloesie van Hollanders, Vlaminge, ens.
As julle nie die vermoë en dissipline het om julle moedertaal te
formaliseer nie, dan is dit nie ons Afrikaanssprekendes se
probleem as julle met dialekte tevrede is nie, hoor :-)
Ons het ook baie dialekte hier, maar ons taal is ons taal.
Ten spyte van ons Nederlandse taalwortels
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58447 is 'n antwoord op boodskap #58445] |
Mon, 11 March 2002 16:38 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie. Net
> skoon op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
> Sakkie
Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
baie meer woorde nie verstaan nie.
Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-)) - ons,
Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans verstaan ons
hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te leer en na te boots
:-)). Ons het ons daarby neergelê en kyk : elke jaar wen 'n Vlaming die
offisiële Nederlandse diktee wedstryd :-)).
Groete,
Hilda.
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58448 is 'n antwoord op boodskap #58445] |
Mon, 11 March 2002 17:48 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
Ek wonder of gesproke
> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
"Garies-Afrikaans" is heelwaarskynlik
'n baie "suiwerder" Afrikaans as dit
wat in Pretoria gepraat word deur sekere
Pretorianers. Die trek noordwaarts uit
die Boland uit deur Namakwaland en
Boesmanland het 'n Afrikaans opgelewer
wat baie nader aan sy oorspronlike
sewentiende-euse Nederlandse wortels was,
'n taal wat baie minder gemeng was met
kwasi-Engelse woorde en anglisismes. Dis
daarom dat die taal van die Noord Kaap
in my jongdae as van die "beste" Afrikaans
aangedui is deur taalkundiges soos Kempen
en Meyer de Villiers.
Gloudina
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58449 is 'n antwoord op boodskap #58447] |
Mon, 11 March 2002 17:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda en Gervaas wrote:
> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
> taal kom
> regstreeks van Nederlands af.
Ek dink jy moet jou uitspraak hier kwalifiseer.
Afrikaans kom NIE van Algemeen Beschaafd Nederlands
af nie. Afrikaans kom van SEWENTIENDE EEUSE
Nederlands soos hy in Suid-Holland gepraat is in die
sewentiende eeu. Net soos "Acadian" in Kanada van
sewentiende eeuse Frans afkom, met 'n veel ouer en
glo groter woordeskat as die Algemeen Beskaafde Frans
wat vandag in Frankryk se groot stede gepraat word.
Gloudina
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58451 is 'n antwoord op boodskap #58447] |
Mon, 11 March 2002 18:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie
> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie.
> Net op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
Hilda
Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
baie meer woorde nie verstaan nie.
Wouter
Hilda, jy is natuurlik 100% reg dat Afrikaans nader aan Nederlands en
spesifiek aan die Vlaamse dialek is as enige ander taal. Maar dis
ook waar dat Nederlandssprekendes baie makliker Afrikaans lees
as wat Afrikaanses Nederlands lees. Ek het my destyds vrek
gesukkel om Ciske de Kat net naastenby in te neem En daarna
nooit weer lus gehad om te probeer nie.
Die rede is waarskynlik dat julle 'n groter variasie in dialekte
gewoond is as ons. Ek raai, maar het geen ander verklaring
daarvoor nie. Ek het al baie besoekers uit Nederland by my aan
huis gehad, sommige verstaan ek maklik, sommige kon ek
omtrent geen woord mee kommunikeer nie, so groot is die
variasie in hulle spreektaal.
Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
om te volg..
Dalk 98% korrelasie met 'n kombinasie van verskeie
Nederlandse dialekte, ja. Maar dié ken ons nie.
Hilda
Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-))
Wouter
Ons sal dit nooit ontken nie. Maar net so min as wat ek
'n Europeër is (my oupa het net 90 jaar gelede geïmigreer),
net so min is Afrikaans 'n Europese taal. Ons wortels is albei
in Europa, ja, en daarmee het ons nie 'n probleem nie, maar
ek en my taal is van Afrika, van Suid Afrika. Ons het hier
gegroei en Afrikaan geword. En ons het van die Nederlandse
dialek wat hier gepraat is (en dit was nie ABN of sogenaamde
Hooghollands nie) 'n taal gemaak. Met reëls en 'n taalkommissie.
En ons is trots daarop dat ons op die manier gegroei het en
kyk van hier onder in Afrika kopskuddend na die klomp
deurmekaarspulle wat julle daar praat. Afrikaans is vir ons
'n oneindig mooier taal as Nederlands of enige van sy
skerpklinkende dialekte. Maar ons wortels is ons wortels,
al is ons nie juis erg oor die wortels nie.
Hilda
Ons, Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans
verstaan ons hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te
leer en na te boots
Wouter
Ons het nie so 'n behoefte nie, ons is van Afrika.
Jy behoort dit te verstaan, jy ken Afrika.
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58454 is 'n antwoord op boodskap #58447] |
Mon, 11 March 2002 18:06 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:I35j8.249342$rt4.24122@afrodite.telenet-ops.be...
>
>
>> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie.
> Net
>> skoon op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
>> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
>> Sakkie
>
> Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
> gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
> woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
> Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
> 'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
> baie meer woorde nie verstaan nie.
> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
> taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
> regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-)) - ons,
> Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans verstaan ons
> hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te leer en na te boots
> :-)). Ons het ons daarby neergelê en kyk : elke jaar wen 'n Vlaming die
> offisiële Nederlandse diktee wedstryd :-)).
>
> Groete,
> Hilda.
Ek kan gewoon die Vlaamse tv kyk en verstaan dan alles, as ek in Antwerpen
is, waar hulle Antwerps dialek het, verstaan hulle my en ek hulle, natuurlik
kan jy in die uitspraak verskil horen.
In Nederland was daar ook meer dialekte as nou, maar Nederlands is al lank
ons offiesiele taal, ek denk dit is die oorsaak dat baie dialekte het
verdwyn en meer 'n sosiolekt geword het.
Afrikaans is rerig van Nederlands afkomstig, baie woorde ken ons hier ook,
maar ons gebruik dit nie meer nie. My ouma ken al die woorde nog wel.
Gr.Rico
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58464 is 'n antwoord op boodskap #58451] |
Mon, 11 March 2002 19:03 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
verskille tel:
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
100%
> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')
> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
100%
> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning
> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
100%
> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
87,5%
> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
100%
> om te volg..
om te volgen.
50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
moeilik om te begryp ... 98%!!
Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
Groete,
Arthur
|
|
|
|
Bladsye (5): [ 2 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 02:55:23 UTC 2025
|