Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blom van die Baaierd" (3) deur D.J. OPPERMAN
"Blom van die Baaierd" (3) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58245] Do, 07 Maart 2002 15:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (3)

Vir sy versameling robyne en kristal
bring 'n klonkie en drie seuns na skool
'n blikkie steentjies, laat hul in sy hande val
en wag, terwyl hy sny aan voorslagvel en sool,
op halfmaanspykers en die strokies leerafval.

Daarna kom Broeder Ben sy maandelikse weg aanwys
volgens die leer van een of ander sekte;
hy begin, ouder gebruik, by die verlore paradys
en eindig ná gebed by die kollekte
wat God van elke Brakfonteiner eis.

Asof fyn klokkies om haar lui, volg Isabel:
sy pla, sy lag met hom, sy spot.
"Sal hy die gespe aan haar skoen verstel?"
Dan fladder daar gedagtes uit 'n grot
om die smal enkel teen die bankie opgetel.

"As gebreklike het ek gelees of eens hoor sê
dat in die wêreld daar tog vrouens is
wat selfs 'n skewe liggaam lief kan hê,
maar ek het my in haar en ander steeds misgis,
en wie kan leef as hy nie langs 'n maat kan lê?

"My Meester, as U Meester is en kan genees,
hoe kan ek sin gee aan die armoede en pyn,
as U nie oornag die knoppe van my vlees
wil knie.... kan knie en stryk dat hul verdwyn
en ek gewoon soos elke mens kan wees?

(word vervolg)
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd" 2 deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Blom van die Baaierd " (4) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:14:12 MGT 2024