Tuis » Ernstig » Nuus » Nog nuus 23/2
Nog nuus 23/2 [boodskap #57774] |
Sat, 23 February 2002 06:28  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jonas Savimbi is dood.
Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57805 is 'n antwoord op boodskap #57788] |
Sun, 24 February 2002 19:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hantamkind wrote:
> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
> hom ook waar geword?
> "Annette" >
>> Jonas Savimbi is dood.
>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
Ek hoop dat julle onthou dat die SA Weermag
aan dieselfde kant as Jonas Savimbi geveg
het. Stort julle nou nie eers een traantjie
vir julle vorige geallieerde nie?
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57842 is 'n antwoord op boodskap #57838] |
Mon, 25 February 2002 13:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
Stort julle nou nie eers een traantjie
>> vir julle vorige geallieerde nie?
>> Die Ruiter in die Dag
> Ek onthou duidelik hoe hartseer jy was toe Mao en Chroestjef dood is.
> Sjym.
So hier kom ou Lou weer so oop en toe
oop en toe aan om almal met wie hy nie
saamstem nie as "kommies" te beskryf.
Dis die enigste manier waarop hy kan
cope.
Lou, dis tyd dat jy besef dat die
"christen-nasionale" sisteem van denke
waarin jy grootgeword het en waaruit ek
moes ontsnap, baie nader aan die sisteem
van die Kommunisme was as ander lande wat
nie onder die dwingelandy was van mind control
en spioenering en gedwonge verskuiwing van
groot dele van die bevolking, soos hulle
in die USSR gedoen het nie en soos jou
geliefde Nattes gedoen het nie.
Sê my weer, ou Lou, hoekom het julle
teen die "kommies" geveg daar op die grens?
Sê my weer, Lou, hoekom het julle vir Jonas
Savimbi gaan help? Sê my weer, Lou, wie het
daardie oorlog gewen?
Gloudina
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57889 is 'n antwoord op boodskap #57842] |
Tue, 26 February 2002 12:21   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Stort julle nou nie eers een traantjie
>>> vir julle vorige geallieerde nie?
>
>>> Die Ruiter in die Dag
>
>> Ek onthou duidelik hoe hartseer jy was toe Mao en Chroestjef dood is.
>> Sjym.
>
> So hier kom ou Lou weer so oop en toe
> oop en toe aan om almal met wie hy nie
> saamstem nie as "kommies" te beskryf.
> Dis die enigste manier waarop hy kan
> cope.
Hook, line and Sinker - sjees Gloudina kan jy nie die aas herken as jy
dit sien nie?
Ek het maar net jou en jou mede vryheidsvegters se maatjies se dood
betreur en hier kry jy skuim om die mond, rook uit
die ore en stoom uit die neusgate :) Wiet het nou eintlik van kommies
gepraat - ek verwys maar net na mense wat miljoene mense vermoor het om
hulle ideologiese standpunte - soos Savimbi - te probeer afdwing.
> Lou, dis tyd dat jy besef dat die
> "christen-nasionale" sisteem van denke
> waarin jy grootgeword het en waaruit ek
> moes ontsnap, baie nader aan die sisteem
> van die Kommunisme was as ander lande wat
> nie onder die dwingelandy was van mind control
> en spioenering en gedwonge verskuiwing van
> groot dele van die bevolking, soos hulle
> in die USSR gedoen het nie en soos jou
> geliefde Nattes gedoen het nie.
Ne!? Nou wat sê jy in die bostaande - want jy het een "nie" te veel of
te min. Verduidelik asb. weer as die bloeddruk bietjie gedaal het, want
die Afrikaans wat jy probeer praat maak nie sin nie, en ek sou jou tog
nie wou misverstaan nie?! (Sien die meervoudige gebruik van die woord
nie in die bostaande sin.)
> Sê my weer, ou Lou, hoekom het julle
> teen die "kommies" geveg daar op die grens?
> Sê my weer, Lou, hoekom het julle vir Jonas
> Savimbi gaan help? Sê my weer, Lou, wie het
> daardie oorlog gewen?
>
En vertel jy my weer die verhaal van hoe iemand NNNPD die land finaal
verlaat het omdat 17 jarige korporaaltjies afrikaanse bevele in Soweto
gebruik het? En hoe hulle toe sommer ook net daar besluit het om op te
hou afrikaans praat en hulle kinders net engels leer praat het? Dit
terwyl hulle sulke "groot" kampvegters vir afrikaans is?
Ten slotte - as jy in die bogaande tirade jou by die 'wenners'' van die
bogenoemde geveg skaar dan is Mao en Chroestjof mos jou maatjies? Of wat
praat ek alles? Of gaan jy meer terug na Lenin en Marx se dae? Of Attila
die Hun?
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57961 is 'n antwoord op boodskap #57889] |
Wed, 27 February 2002 13:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
Wiet het nou eintlik van kommies
> gepraat - ek verwys maar net na mense wat miljoene mense vermoor het om
> hulle ideologiese standpunte - soos Savimbi - te probeer afdwing.
En ek herinner jou weer aan die feit
dat die Suid-Afrikaanse Weermag en
Lugmag aan die kant van die einste
Jonas Savimbi geveg het. En dat julle
almal, Broederbonders en UNITA et al,
lakeie was van die Amerikaners se
ideologiese standpunte gedurende die
koue oorlog.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58039 is 'n antwoord op boodskap #58034] |
Fri, 01 March 2002 12:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hantamkind wrote:
> Ek stort nie 'n traan oor Savimbi nie, want dit was sy keuse om met 'n
> geweer in sy hande te leef. Maar nou kruisig jy mense soos ek, wat geen
> keuse gehad het nie - wat sy landswet nagekom het deur diensplig te gaan
> doen en dus "die Amerikaanse Ideologiese standpunte" te gaan uitleef namens
> die regering. Jy skiet nou die man wat die boodskap bring. Dis nie regverdig
> nie.
Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
word nie.
En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
teen die "kommies," het duisende en duisende
Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
bevele gehoorsaam?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58043 is 'n antwoord op boodskap #58039] |
Fri, 01 March 2002 14:15   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C7F75A7.6040705@rogers.com...
>
> Hantamkind wrote:
>
>
>> Ek stort nie 'n traan oor Savimbi nie, want dit was sy keuse om met 'n
>> geweer in sy hande te leef. Maar nou kruisig jy mense soos ek, wat geen
>> keuse gehad het nie - wat sy landswet nagekom het deur diensplig te gaan
>> doen en dus "die Amerikaanse Ideologiese standpunte" te gaan uitleef namens
>> die regering. Jy skiet nou die man wat die boodskap bring. Dis nie regverdig
>> nie.
>
> Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
> aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
> die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
> en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
> dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
> word nie.
> En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
> wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
> teen die "kommies," het duisende en duisende
> Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
> veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
> Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
> As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
> ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
> die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
> bevele gehoorsaam?
>
> Gloudina
>
Ek het nou net 'n lang baie sarkastiese antwoord geskryf en toe maar besluit
dat dit nie die moeite werd is nie. Ek het die maar weer uitgevee.
Ek sal Tannie maar antwoord soos volg. Die opmerking dat mense nie moet
toegelaat word om te vergeet van die apartheidsvarke nie, is soos om 'n
buurman te hê wie se hond op jou gras bly skyt het. Nadat die jy die
buurman 'n goeie oorveeg gee, raak hy van die hond ontslae. Vir die res van
jou lewe gee jy jou buurman 'n oorveeg elke keer as jy hom sien net om seker
te maak dat hy nie vergeet dat honde maklik op ander mense se gras skyt nie.
Of dit nou dieselfde buurman is of nie. Dit is hierdie tipe van mentaliteit
wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige rekonsiliasie moontlik is
nie.
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58044 is 'n antwoord op boodskap #58043] |
Fri, 01 March 2002 15:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
Dit is hierdie tipe van mentaliteit
> wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige rekonsiliasie moontlik is
> nie.
Rekonsiliasie van watter kant? Ek wed
as jy die woord "rekonsiliasie" gebruik,
is dit maar net 'n snelskrif vir "nou
moet die donders maar vir ons vergewe
vir alles wat in die verlede gebeur het,
en boonop moet hulle dan presies doen
wat ons wil hê." Nee, ou Sakkie, dit
werk nie so nie. Solank die Afrikaner nie
ONTHOU wat daar aan die hande van hulle
volksgroep op die bodem van SA in die
nabye verlede gebeur het en hulle daarvolgens
gedra nie, solank sal daar NIE rekonsiliasie
van die anderkant af kom nie. Alex Boraine
sê nou die aand hier in 'n toespraak in
Ottawa dat die een ding waar hy van Tutu
verskil het, was dat Tutu te vreeslik aangedring
het op "rekonsiliasie" ten alle koste. Hy
vertel toe die storie van 'n swart vrou wat
familielede verloor het in wrede moorde. Hy
vertel dat sy opgestaan het en gesê het: "Die
Kommissie kan nie vir my dwing om te vergewe
nie. Die ANC sal my nie kan dwing om te vergewe
nie. Ek sal vergewe as ek reg daarvoor is."
Gloudina
|
|
|
Rekonsiliasie [boodskap #58048 is 'n antwoord op boodskap #58044] |
Fri, 01 March 2002 21:16   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie:
Die opmerking dat mense nie moet toegelaat word om te vergeet van
die apartheidsvarke nie, is soos om 'n buurman te hê wie se hond op
jou gras bly skyt het. Nadat die jy die buurman 'n goeie oorveeg gee,
raak hy van die hond ontslae. Vir die res van jou lewe gee jy jou
buurman 'n oorveeg elke keer as jy hom sien net om seker te maak
dat hy nie vergeet dat honde maklik op ander mense se gras skyt nie.
Of dit nou dieselfde buurman is of nie. Dit is hierdie tipe van
mentaliteit wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige
rekonsiliasie moontlik is nie.
Gloudina
Rekonsiliasie van watter kant? Ek wed
as jy die woord "rekonsiliasie" gebruik,
is dit maar net 'n snelskrif vir "nou
moet die donders maar vir ons vergewe
vir alles wat in die verlede gebeur het,
en boonop moet hulle dan presies doen
wat ons wil hê." Nee, ou Sakkie, dit
werk nie so nie. Solank die Afrikaner nie
ONTHOU wat daar aan die hande van hulle
volksgroep op die bodem van SA in die
nabye verlede gebeur het en hulle daarvolgens
gedra nie, solank sal daar NIE rekonsiliasie
van die anderkant af kom nie.
Wouter
Rekonsiliasie moet van twee kante af kom, anders kan jy per
definisie niks rekonsilieer nie. Een kant kan toegee, vergewe,
vergeet, onthou, gatkruip, boedel oorgee en nog 'n paar ander
dinge ook, maar nie rekonsilieer nie.
Maar dis nie die punt nie. Rekonsiliasie is moontlik en het al in
'n groot mate plaasgevind. Maar nog nie genoeg nie. Ja, dis
krities belangrik om nie die verlede te vergeet nie, maar
oorbeklemtoning daarvan is destruktief, soos Sakkie se
oordrewe voorbeeld goed illustreer. ('n Mens moet soms
oordryf om 'n punt te illustreer.)
Ek het al my kant gebring met rekonsiliasie en versoening. En
ek weet en ervaar dat daar baie meer "goodwill" by wit en swart
is as wat die meeste mense besef. Daar is 'n besef van die
noodsaaklikheid van en 'n werklike behoefte aan rekonsiliasie.
Daarvan is ek oortuig.
Maar soos Sakkie en 'n paar ander is ek ook gatvol om suiwer
op die basis van my wit vel geoordeel te word, as 'n rassis
beskou te word en dat regstelling van my verwag word vir die
sondes van mense wat ek nie geken het nie. Dis kontra-produktief,
dit demotiveer my om energie aan te wend vir rekonsiliasie.
Soos ek al gesê het, het ek net veragting vir mense wat meer
geleenthede in die verlede sien as in die toekoms. Ek ervaar
dat daar nog hopeloos te veel van hulle is. Hulle beduiwel
rekonsiliasie net soveel as arrogante en verregse blankes.
Gloudina
Hy vertel toe die storie van 'n swart vrou wat
familielede verloor het in wrede moorde. Hy
vertel dat sy opgestaan het en gesê het: "Die
Kommissie kan nie vir my dwing om te vergewe
nie. Die ANC sal my nie kan dwing om te vergewe
nie. Ek sal vergewe as ek reg daarvoor is."
Wouter
My omstandighede is anders, maar ek voel ook so. Ek het 'n
behoefte om te rekonsilieer, maar niemand gaan my dwing nie,
ek sal dit doen wanneer en omdat ek glo dat dit reg is.
Hierdie gevoel aan beide kante plaas baie druk en
verantwoordelikheid op ons politieke leiers, veral dié in die
regering. As hulle nie die klimaat kan skep vir rekonsiliasie nie,
gaan dit nie gebeur nie. En na Mandela het daar te min gebeur.
Suid Afrika is die verloorder. Sonder rekonsiliasie gaan
ekonomiese groei ook nie behoorlik op dreef kom nie.
Dus meer werkloosheid, meer armoede, meer mense wat nie
wil rekonsilieer nie. Dis 'n spiraal.
Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
bly krap agtergelaat word.
|
|
|
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58054 is 'n antwoord op boodskap #58039] |
Sat, 02 March 2002 10:20   |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: December 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, dit moet verskriklik swaar wees om hierdie ton bagasie uit die
verlede met jou saam te sleep, elke dag wat jy leef. "Neem wat goed is uit
die verlede en bou die toekoms daarop" (Wie het dit nou weer gese -
Langenhoven?) Maar dis 'n bekende feit ... dis makliker om te haat, negatief
te wees en te veroordeel, as om al die ander dinge te doen wat in oposisie
is hiermee.
Die verset was wel daar teen die oorlog in Suid Wes. Jy hou die Amerikaanse
voorbeeld voor. Maar hoeveel Amerikaanse seuns moes sterf of vermink word
deur 'n sinnelose oorlog voor die regering geswik het onder die druk? Die SA
regering het ook uiteindelik gevou onder die druk. Die uiteinde was dat
Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, die SA kommunistiese party
wettig verklaar is en die regering van die dag uit die kussings gelig is.
Want die volk het oorweldigend "ja" gestem. En Suid Afrika sit nou met die
wrange vrugte wat dit gebaar het. (neem maar die waarde van die Rand, vir
een)
Kan jy jou vir een oomblik indink dat ek ooit vir my pa sou se dat ek nie
army toe wil gaan nie? Daardie stoere boer (wat tot en met vandag weier om
Engels te praat) sou my kop van my lyf afgeklap het. Dit is hoekom ek en my
makkers bevele van "aparthiedsvarke" soos my pa moes gehoorsaam. Dis
duidelik dat jy bitter min weet van wat in die gemiddelde wit huishouding
aangegaan het in daardie tydperk.
HK
skryf in boodskap news:3C7F75A7.6040705@rogers.com...
> Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
> aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
> die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
> en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
> dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
> word nie.
> En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
> wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
> teen die "kommies," het duisende en duisende
> Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
> veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
> Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
> As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
> ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
> die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
> bevele gehoorsaam?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58082 is 'n antwoord op boodskap #58048] |
Sun, 03 March 2002 02:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
> bly krap agtergelaat word.
'n Sekere hoeveelheid van "in die verlede
krap is NOODSAAKLIK om die perspektief te
behou. Daar is teveel wit mense in SA wat
ander omtrent wil DWING om te "vergewe en
vergeet." En daar is ander mense, soos ek,
wat gedetermineer is dat hierdie skandelike
verlede voor die oë van my medebloedgenote
sal bly vir solank dit nodig is.
Ek lees gister weer in die Beeld iets
wat my opnuut omgekrap het oor die apartheids-
varke. Op Riemvasmaak in die Noord-Kaap was
daar 'n groep Namas wat op 'n stuk grond gebly
het, lank bearbei deur die Katolieke Kerk.
(Baie van hierdie mense is afgejaag van die
eilande wat die witmense oorgevat het aan die
begin van die twintigste eeu.) Hulle het
vreedsaam op Riemvasmaak gebly. Ek kan nou
nog hoor hoe my pa van hulle met die grootste
respek gepraat het.
Nou lees ek in die Beeld dat hulle in die
sewentigerjare van Riemvasmaak verwyder is
omdat die destydse regering dit as 'n wit
gebied wil verklaar. Hulle is na die noorde-
kant van die Oranje-rivier verskuif, ver van
hulle grond en die graftes van hulle voorvaders.
Nou het die huidige regering die mense wat wil,
gehelp deur HOP fondse om weer terug te verskuif.
Gloudina
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58087 is 'n antwoord op boodskap #58048] |
Sun, 03 March 2002 08:33   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> My omstandighede is anders, maar ek voel ook so. Ek het 'n
> behoefte om te rekonsilieer, maar niemand gaan my dwing nie,
> ek sal dit doen wanneer en omdat ek glo dat dit reg is.
> Hierdie gevoel aan beide kante plaas baie druk en
> verantwoordelikheid op ons politieke leiers, veral dié in die
> regering. As hulle nie die klimaat kan skep vir rekonsiliasie nie,
> gaan dit nie gebeur nie. En na Mandela het daar te min gebeur.
Annette -
Stem saam met jou Walter en ook met Sakkie.
Ons is net basies moeg om te hoor wat ons wanneer moet doen, terwyl die
politici wat dit verkondig self nie die daad by die woord voeg nie.
Kan enigiemand hier vir my vertel wat het geword van die groot
versoeningsaksie - met gepaardgaande eise vir geldelike bydraes van veral
die wit bevolking - wat met soveel bohaai verlede jaar deur ANC politiekes
aangekondig is, geword het?
Ek het ook die optog gesien van die ongelukkiges van die mense van distrik
6 - wat ook nou taamlik moerig is vir die ANC wat met soveel fanfare die
rehabilitasie van distrik 6 aangekondig het - en daar het nou nog - na twee
jaar- absoluut niks gebeur nie.
Ek weet nie wat met hulle aangaan nie - hulle kan mos nou geduldig wag sodat
eers Zimbabwe, Die Kongo, Burundi, Israel en Palestina en die vigskwessie
wat die bestaan nie se probleme eers opgelos moet word:)))
>
> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
> bly krap agtergelaat word.
My sentiment ook - 100%.
Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58103 is 'n antwoord op boodskap #58087] |
Sun, 03 March 2002 13:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
>> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
>> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
>> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
>> bly krap agtergelaat word.
>
> My sentiment ook - 100%.
> Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.
Ja, dis so lekker as mens 'n wit
velletjie het en jy kan nou so op
die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
Annette, het jy ook so op die
kantlyn gesit en kibbitz vyftien
jaar gelede. En omdat jy toe nog
gestem het (vir 'n uitsluitlike
wit Parlement), het die politici
wat jy daar ingestem het, toe iets
gedoen aan die grootste menseregte-
klad van die laaste deel van die
twintigste eeu?
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58108 is 'n antwoord op boodskap #58103] |
Sun, 03 March 2002 14:06   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, helaas, ek moet nou hier erken dat ek nie 'n baie goeie stemmer is
nie.
Nog nooit het enige party wat ek voor gestem het 'n verkiesing gewen, of
self die leidende opposisie party geword het nie.
Ek het dit nog altyd net so gesien - stem vir die party ( of soos toentertyd
die kandidaat) wat die minste kans het om die paal te haal, want dan het ek
ten minste nie op my gewete dat ek 'n politikus in die parlement geplaas het
nie.
Danksy jou nosey vraag Gloudina, weet die hele wêreld dit nou - en ek dink
nie dit is 'n feit wat ek graag rugbaar wou maak nie:))
'n Kandidaat/party wat eintlik geen stemme moes kry nie , het nou wel 'n
stem gekry - dit moes hul selfvertroue vreeslik geboost het - en vir wat
sal ek nie 'n potensiele verloorder laat goed voel nie?:)))
Annette
> Annette wrote:
>
>
>>> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
>>> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
>>> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
>>> bly krap agtergelaat word.
>
>>
>> My sentiment ook - 100%.
>> Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.
>
>
>
> Ja, dis so lekker as mens 'n wit
> velletjie het en jy kan nou so op
> die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
> Annette, het jy ook so op die
> kantlyn gesit en kibbitz vyftien
> jaar gelede. En omdat jy toe nog
> gestem het (vir 'n uitsluitlike
> wit Parlement), het die politici
> wat jy daar ingestem het, toe iets
> gedoen aan die grootste menseregte-
> klad van die laaste deel van die
> twintigste eeu?
>
> Die Ruiter in die Dag
>
|
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58115 is 'n antwoord op boodskap #58106] |
Sun, 03 March 2002 17:37   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
>> Die Verdomde
>> Ruiter in Kanada
> Onthou jy Gloudina, die kleurling Gert Rykheer
> van wie ek jou vertel het? Volgens Gert is
> daar nie 'n kans dat jy kan wit wees nie. Dit
> maak jou 3% meer verstaanbaar.
Jy is darem 'n intense snip, Davie
Davis. Blykbaar kan jy nie verstaan
dat ek nie omgee of ek pienk met
bruin kolletjies of geel of swart
is nie.
Tant Hessie M8
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58126 is 'n antwoord op boodskap #58112] |
Mon, 04 March 2002 02:24  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> Gert is verkeerd DD. Gloudina, of Dina soos haar oud kollegas haar ken, is
> wit.
Het jy nou werklik in aanraking gekom
met mense wat my nog geken het op Adams
Mission, of trek jy my maar net ons been?
Indien jy wel met mense daar gepraat het
oor my, wie was hulle?
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Apr 02 18:51:19 UTC 2025
|