'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander [boodskap #5769] |
Mon, 12 February 1996 00:00 |
Martin Knoetze
Boodskappe: 6 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word.
Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie? Die ou regering het
sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie.
Dis hoekom ek gese het, ek kan van links en regs kritiek kry. Die huidige is net so
skuldig soos die vorige. Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
"waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?
|
|
|
Re: 'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander [boodskap #5806 is 'n antwoord op boodskap #5769] |
Thu, 15 February 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Martin Knoetze wrote:
<<>Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
> skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word. >>
Soos? Ek het nog nie gehoor van politieke gevangenisse op
Robbeneiland of politieke opponente van die Regering van Nasionale
Eenheid wat doodgemaak is nie. Of koerante wat krities teen die nuwe
regering is wat verbied is nie.
Laat kom asseblief met voorbeelde. Ek sal graag wil hoor.
<<>Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie?>>
Die skilderye beeld geweld RONDOM apartheid uit. Jy bevestig die
legitimiteit van die kuns..
<< Die ou regering het
> sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie. >>
So? Die ANC het ook nooit veldtogte teen sy eie lede gevoer nie.
Behalwe as jy hier op ras argumenteer en se die "ou"regering het nie
witmense doodgemaak in sy fascistiese bewind nie. Dis natuurlik twak
(as dit is wat jy bedoel). Hy het witmense ook doodgemaak wat nie
met hom saamgestem het nie.
<< Die huidige is net so
> skuldig soos die vorige. >>
Twak. Die ANC het ook wandade gepleeg. Dit is waar en niemand betwis
dit nie maar jy kan nie die NP oor die jare en die ANC gelykstel
nie. Skuldig waaraan, by the way?
<<Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
> "waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
> goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?>>
Maar die WK gaan dan ook kyk na ANC-wandade!
Selfde taktiek? Come on.....
Chris de Jager is op die WK en sal alles weet, hoor en sien wat
bespreek word. En daar is nie 'n beperking op sy mond nie.
Dis die ekwivalent van 'n ANC-man op 'n raad van ondersoek sit in
1976!!!
Daar was nog nooit iets soos die WK in Suid-Afrika se geskiedenis nie.
Het jy al gedink aan die regspresedent wat die WK gaan stel vir die
toekoms?
Al kom net dit daaruit is dit genoeg om hoesannas oor te sing.
|
|
|