Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » R7 Telkom aanbod
R7 Telkom aanbod [boodskap #57807] |
So., 24 Februarie 2002 19:53  |
Doringrosie
Boodskappe: 19 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
môreoggend daarvoor gaan betaal!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57930 is 'n antwoord op boodskap #57927] |
Wo., 27 Februarie 2002 06:50   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy is doodreg Skippie,
Jy betaal 'n hoër maandelikse huur, en om die R7 opsie mooi te laat werk,
beteken dit jy moet net een laaaaaang oproep maak.
Dan is daar ook nog mense wat ISP's het wat jou diskonnekteer wanneer hulle
so voel, en dan moet jy weer inbel. - teen R7 per slag.
Is hier nie iemand van Telkom of wat iemand ken wat weet wanneer die
opposisie uiteindelik gaan begin opereer nie?
Daar was sprake van Mei hierdie jaar, maar tans is daar 'n helse stilte.
Annette
--
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
message news:b2vo7uoc4q890roguofp1mg7iv3rjpugt3@4ax.com...
> On Tue, 26 Feb 2002 14:02:37 -0500, Danielle
> served the following to the group:
>
>>> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>>
>> Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
>> Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
>> maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
>> bedrag wissel van staat tot staat)
>> Hoeveel Suid Afrikaners sal elke maand R200+ kan of wil betaal vir
>> hulle basiese telefoon huur?
>>
>
> ek vir een sal dit lag lag betaal as ek weet dat daar geen hidden cost
> is wat vir my wag nie en ek kan bel wanneer en hoe ek wil (local). die
> r7 ding is ok maar as ek dit reg het is dit per oproep. om dit te
> regverdig gedurende call-more tyd moet jy `n hele rukkie op die lyn
> wees. soos dit nou werk is dit goedkoop as jy baaaie lang oproepe maak
> maar word dit hel duur om 10 korter oproepe te maak (dis nou met die
> r7 ding)
>
>
> Threeships 'did you see that??' Mcduck
> www.mothership.co.za
|
|
|
|
|
|
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57977 is 'n antwoord op boodskap #57907] |
Wo., 27 Februarie 2002 19:46   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> Plaaslike oproepe behoort verniet te wees
>
> Niks is "verniet" nie, Jan. :-)
> Ons betaal wel daarvoor, dis net dat die koste ingewerk is in die
> maandelikse huur van min of meer $20 wat ons betaal. (ek weet daardie
> bedrag wissel van staat tot staat)
Om die waarheid te sê, het ons nie meer 'n landlyn telefoon nie. Ons het
besluit om heeltemal "mobiel" te gaan. Het 'n familie pakket by Voicestream
gekry - 2 cell fone verniet, geen beperking op enige Voicestream tot
Voicestream oproepe nie, geen roaming charges, geen long distance charges,
800 minute in die week, 3600 minute na-ure - alles vir $69. Met die dat ek
$20 op die landlyn spaar, "betaal" ek net $49! (O, en eensklaps is ek
ontslae van telemarketers). Natuurlik sal dit ook nie 'n opsie wees in SA
nie. Cell foon verskaffers mag mos nie met Telkom kompeteer tarief gewys
nie. Soos Telkom mense aan my verduidelik het, het hulle 'n obligasie om
miljoene landlyne uit te rol sodat die massas (wat nie kan betaal nie)
opgekonnekteer kan word. Die projek moet gesubsidieer word deur die hoë
Telkom tariewe wat bestaande verbruikers betaal en hulle kan nie kompetisie
bekostig nie. Kom f***n by!! Die manier om kommunikasie aan die massas te
verskaf is nie deur landlyne nie, maar deur cell fone. Kyk na wat in Sjina
gebeur. Laat die cell verskaffers kompeteer. Laat die massas cell fone
koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....
> Die goedkoopste opsie wat ek nog ooit gehad het was 'n "special" van
> Qwest - 2 maande GRATIS na Suid Afrika en België. Ongelukkig sal ek
> seker nie weer so opsie kan kry nie. Die ander goedkoop manier om SA
> en ander rugby lande te skakel is deur VIP - dan kos dit 12c per
> minuut as ek reg onthou, maar die kwaliteit van die lyne is iets
> verskrikliks.
Ek gebruik VIP al 2 jaar lank as ons SA provider en het nog nooit 'n
probleem gehad met hul lyn kwaliteit nie. Soms (baie min) kry ek 'n beset
toon van hul stelsel. Dit kos 23c per minuut.
|
|
|
|
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #57980 is 'n antwoord op boodskap #57977] |
Wo., 27 Februarie 2002 20:40   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 27 Feb 2002 11:46:31 -0800, "Jan" wrote:
> Om die waarheid te sê, het ons nie meer 'n landlyn telefoon nie. Ons het
> besluit om heeltemal "mobiel" te gaan. Het 'n familie pakket by Voicestream
> gekry - 2 cell fone verniet, geen beperking op enige Voicestream tot
> Voicestream oproepe nie, geen roaming charges, geen long distance charges,
> 800 minute in die week, 3600 minute na-ure - alles vir $69. Met die dat ek
> $20 op die landlyn spaar, "betaal" ek net $49! (O, en eensklaps is ek
> ontslae van telemarketers).
En jy gebruik seker ook kabel vir jou internet konneksie? Ek het al
ook daaraan gedink om my landlyn op te gee, maar vir een of ander rede
kan ek dit net nie regkry nie. Sonder die gewone "outydse" telefoon
voel dit net nie reg nie. :-)
Ek het onlangs oorgeskakel na Cingular Wireless vir my sel, wat baie
dieselfde aanbied as wat jy van praat - behalwe dat jy moet onthou dat
ek hier in die "good ol' south" sit en die "good ol' boys" hou ook
maar van hulle monopolieë, so hier is nie juis so groot verskeidenheid
om van te kies nie. Georgia het wel 'n spesiale voorsiening in die
wetboeke gemaak vir telemarketers, en ons kan- teen 'n geringe fooi
jou telefoon nommer laat registreer sodat jy geen oproepe van
telemarketers mag kry nie. Ek was nog net te lui om dit te doen, so
ek suffer maar so in silence en loer net so af en toe na die "caller
id" voor ek antwoord, en gebruik my selfoon meer as 'n motorfoon
(onthou jy nog daai ou groot lompe goed waarmee ons destyd in ons
motors moes rondry?)
Elkgeval...
> Natuurlik sal dit ook nie 'n opsie wees in SA
> nie. Cell foon verskaffers mag mos nie met Telkom kompeteer tarief gewys
> nie. Soos Telkom mense aan my verduidelik het, het hulle 'n obligasie om
> miljoene landlyne uit te rol sodat die massas (wat nie kan betaal nie)
> opgekonnekteer kan word. Die projek moet gesubsidieer word deur die hoë
> Telkom tariewe wat bestaande verbruikers betaal en hulle kan nie kompetisie
> bekostig nie. Kom f***n by!! Die manier om kommunikasie aan die massas te
> verskaf is nie deur landlyne nie, maar deur cell fone. Kyk na wat in Sjina
> gebeur. Laat die cell verskaffers kompeteer. Laat die massas cell fone
> koop wat met prepaid kaarte werk. Dan hoef die verskaffer nie eers 'n
> rekening department te hê nie en hy hoef nie te worry oor die verbruiker se
> kredietwaardigheid nie - gevolglik is sy kostes laag....
Maak baie sin wat jy hierbo sê.
> Ek gebruik VIP al 2 jaar lank as ons SA provider en het nog nooit 'n
> probleem gehad met hul lyn kwaliteit nie. Soms (baie min) kry ek 'n beset
> toon van hul stelsel. Dit kos 23c per minuut.
Aah, ek het gedink my 12c was te min. :-) Elke keer nog wat ek hulle
sisteem gebruik is dit asof ek in 'n tonnel praat, met vreeslike lang
"lags". Daarom het ek sommer opgehou al het ek nog sowat $30 krediet
by hulle. Ek het maar eers redelik onlangs per toeval van hulle
gehoor nadat ons 'n rugby wedstryd op die Fox kanaal gekyk het, en
hulle advertensie raakgesien het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: R7 Telkom aanbod [boodskap #58556 is 'n antwoord op boodskap #58553] |
Wo., 13 Maart 2002 04:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Gin wonner dat Antie Tottie so oppie net lê nie ........
Vir jou informasie, ou Jonas, ons
gebruik nie telefoonlyne vir ons
Internet-konneksie nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58652 is 'n antwoord op boodskap #58623] |
Do., 14 Maart 2002 14:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Konneksie of verbind?
>
> In Kanada is hess en kie
> nie geworrie oorrie fone nie
> hul konnek sommer met die kabel
> dan's dit minder 'n geskinder
> soos destyds in Babel
>
> O wee O wee
> "Nommer asseblief"
> geld vir hul nie meer
Thys, daar is nog meer mense om my
wat met telefoonlyne verbind is aan
die Internet as met kabel. Sommiges
het "High Speed Internet Connection"
deur byvoorbeeld Bell Canada, en hulle
het dan 'n aparte lyn, anders betaal
jy minder en dit gaan oor jou basiese
telefoonlyn, en niemand kan jou dan
bereik as jy op die rekenaar is nie.
Die High Speed Telefoon verbinding
is omtrent net so duur soos die kabel-
verbinding.
Kabel-verbinding is ook nie maneskyn
en rose nie. Elke nou en dan is daar iets
fout en ons kry vir ure nie byvoorbeeld
e-posse nie. Dan sweer ons ons gaan terug
na Bell.
Gloudina
|
|
|
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58653 is 'n antwoord op boodskap #58623] |
Do., 14 Maart 2002 15:07   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> maar hess-se-mense weet mos nie
> meer van karre
> met 'n koppelaar ry
> Hess, sê tog gou vir ons
> jou wa van vuur
> waarmee jy ottowaans
> bestuur
> ry jy met
> "stok-skuif-stick-shift"
> of sommer net
> gewoon
> outomaties?
> Of maak die gedagte van bestuur
> jou stokstyf?
Thys, die gedagte aan bestuur maak my
stokstyf. Ek hernu elke jaar my lisensie,
maar bestuur al seker tien jaar nie meer
nie. Ek het grootgeword in 'n familie waar
twee van my ma se broers in motorongelukke
dood is en het 'n effense phobia vir kar-
bestuur opgetel.
Snaaks genoeg, meeste mense om my, veral
die jongeres, koop nie meer outomatiese karre
nie. Ek kan nie verstaan hoekom nie. Ek weet
hulle is gewoonlik goedkoper, maar dit kan nie
die rede wees nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58708 is 'n antwoord op boodskap #58653] |
Vr., 15 Maart 2002 09:16   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina,
Ek dink hulle't agtergekom dat handrat motors se brandstof verbruik is baie
laer as outomatiese motors.
Maar ek het dit nogal amusant gevind toe ons daar was en as ons gashere
agterkom dat ons 'sticks' kan bestuur, dan't hulle gedink ons is iets van 'n
ander planeet af...
Ek moet darem ook erken toe ek die eerste keer met ons vriende daar
(Collingwood, Ontario) se Dodge bakkie gery het, ek met my linkerhand wou
ratte oorskakel, i.p.v. met die regterhand...
Thys oppie Bos waar 5-op-die-vloer nog koning is...
skryf in boodskap news:3C90BCE1.2000003@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
>> maar hess-se-mense weet mos nie
>> meer van karre
>> met 'n koppelaar ry
>> Hess, sê tog gou vir ons
>> jou wa van vuur
>> waarmee jy ottowaans
>> bestuur
>> ry jy met
>> "stok-skuif-stick-shift"
>
>
>
>> of sommer net
>> gewoon
>> outomaties?
>> Of maak die gedagte van bestuur
>> jou stokstyf?
>
>
>
> Thys, die gedagte aan bestuur maak my
> stokstyf. Ek hernu elke jaar my lisensie,
> maar bestuur al seker tien jaar nie meer
> nie. Ek het grootgeword in 'n familie waar
> twee van my ma se broers in motorongelukke
> dood is en het 'n effense phobia vir kar-
> bestuur opgetel.
> Snaaks genoeg, meeste mense om my, veral
> die jongeres, koop nie meer outomatiese karre
> nie. Ek kan nie verstaan hoekom nie. Ek weet
> hulle is gewoonlik goedkoper, maar dit kan nie
> die rede wees nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58719 is 'n antwoord op boodskap #58708] |
Vr., 15 Maart 2002 14:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Ek moet darem ook erken toe ek die eerste keer met ons vriende daar
> (Collingwood, Ontario) se Dodge bakkie gery het, ek met my linkerhand wou
> ratte oorskakel, i.p.v. met die regterhand...
Jy is gelukkig dat julle vriende in Collingwood
het. Ek hou van daardie deel van Ontario. Dis
naby die Bruce Peninsula. Was julle al daar?
Reg aan die punt is Tobermory, waar mens boot-
toere kan neem. Aan die begin van die skier-
eiland op die regterkant is daar 'n sandstrand
(Sauble Beach) wat net eenvoudig jou asem
wegslaan. Myle en myle van sandstrand. Jy verbeel
jou jy is op die Boland se sandstrande.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Konneksie en verbind [boodskap #58827 is 'n antwoord op boodskap #58720] |
Ma., 18 Maart 2002 06:55  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee wat Max van die tegniese vermoë van die draad se kapasititet vra jy my
verniet. Ek's een van daai: As dit werk werk dit. Hoe vinniger hoe beter.
Maak nie saak hoe nie... En ja surf bly surf, want branderplankry in my
kantoor? vergeet die die golfies (watter) is maar flou...
Thys oppie Bos aan't hardloop na 'n volgende komitee...
"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0203150731.46fb30c7@posting.google.com...
> Kan iemand my sê hoe dit sit met ADSL in SA? Ek het altyd teen 46
> 000bps gekoppel aan die internet, nou's dit 10 000 000bps - oor
> dieselfde telefoonlyntjie, en dan kan ek nog bel ook terwyl ek op die
> internet is. Vir die eerste keer in my lewe het ek geen behoefte om
> vinniger te kan surf nie - of is dit nou branderplankry, Thys?
>
> Moet sê dat ek ipv R120 nou R800 per maand betaal vir my lyn. Maar die
> internet oproepe hoef nie meer betaal te word nie. Laas wat ek gehoor
> het, was selfs ISDN nie bekostigbaar in SA nie. Hier's dit maar 'n
> fraksie duurder as 'n analoog lyn.
>
> Max
> __________________________________________________________
>
> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> Konneksie of verbind?
>>>
>>> In Kanada is hess en kie
>>> nie geworrie oorrie fone nie
>>> hul konnek sommer met die kabel
>>> dan's dit minder 'n geskinder
>>> soos destyds in Babel
>>>
>>> O wee O wee
>>> "Nommer asseblief"
>>> geld vir hul nie meer
>>
>>
>> Thys, daar is nog meer mense om my
>> wat met telefoonlyne verbind is aan
>> die Internet as met kabel. Sommiges
>> het "High Speed Internet Connection"
>> deur byvoorbeeld Bell Canada, en hulle
>> het dan 'n aparte lyn, anders betaal
>> jy minder en dit gaan oor jou basiese
>> telefoonlyn, en niemand kan jou dan
>> bereik as jy op die rekenaar is nie.
>> Die High Speed Telefoon verbinding
>> is omtrent net so duur soos die kabel-
>> verbinding.
>> Kabel-verbinding is ook nie maneskyn
>> en rose nie. Elke nou en dan is daar iets
>> fout en ons kry vir ure nie byvoorbeeld
>> e-posse nie. Dan sweer ons ons gaan terug
>> na Bell.
>>
>> Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 07:02:50 UTC 2025
|