Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou koerante en Kaffir blare
Ou koerante en Kaffir blare [boodskap #57793] |
So., 24 Februarie 2002 08:04  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is mos een van daai boring mense wat gladnie omgee om ou nuus te lees
nie. Veral nie as die nuutste beskikbare leestof van die dag reeds in beslag
geneem is deur 'n ander lid van die famililie, en dis tyd om Die Raadsaal te
besoek nie. Dan gryp ek sommer enige stuk leestof waarop ek my hande kan le
voor ek die troon bestyg. Al is dit 'n ou koerant.
Lees ek vervolgens in die Sunday Times van 17 Feb 2002 (in een van die
aanhangsels) hierdie resep, geplaas in haar rebriek "Cooking With (the good
old Ozzy sheila) Donna Hay":
Chicken and Corn Cakes:
2 Cobs corn
400 g chicken breast fillets, roughly chopped.
2 green onions, finely chopped
2 kaffir lime leaves, finely sliced
... en dis hier waar die koerant op die kakhuis vloer beland het...
1 eggwhite
etcetera etcetra....
As ek nie gesit het waar ek gesit het nie, het ek my bek@k. van pure skok.
Wil jy glo ek lees dit in 'n Aussie koerant? Ek het nognie sover gekom om
vir Ms Hay 'n email te stuur om te hoor waar die kaffir lime leaves vandaan
kom nie. Gedog ek sal eers die nuusgroep traai...
Maar dis nogal 'n prima resep daardie hoor!
HK.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ou koerante en Kaffir blare [boodskap #57955 is 'n antwoord op boodskap #57931] |
Wo., 27 Februarie 2002 13:32   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
`n hanskakie (ek verstaan nie
> die woord nie maar blykbaar het dit iets met engels te doen. hoe hans
> betrokke geraak het weet nugter alleen)
Ag, my liewe McKultuurarm, het jy nog nooit van
die woord hanslam gehoor nie? 'n Hanslam is
'n lam wat sy moeder en sy moedersmelk en sy
moedersknie verloor het, en grootgemaak word
deur ander, gewoonlik mense wat dit met 'n
bottel voer. Hy draf dan ook doodgewillig
agter die mense aan wat hom voer.
So het hulle dan na die Tweede Vryheids-
Oorlog dié mense "hanskakies" genoem wat hulle
eie taal en mense versaak het en alles wat Engels
is, aangehang het. Soos jy dit nou nog doen,
tensy iemand jou ewige taalsiel van die verdoemenis
red.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ou koerante, Kaffir blare en bollies [boodskap #58051 is 'n antwoord op boodskap #57939] |
Sa., 02 Maart 2002 09:25  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette,
He he ...Ons het nie meer die dunny's in die agtertuin nie - dank vader. Met
die rekord getal spinnekoppe wat hier rondkruip sou ek die hurk posisie moes
oorweeg en met die ou kniee wat nie meer te goed is nie sou dit 'n k@k spul
afgegee het.
HK
"Annette"
> Hantamkind - ek het nogal gewonder oor daardie opmerking van jou - sou hulle
> daar in Australië nog steeds daardie Specialist geboutjies hê?
> Mens kan mos nie 'n huis in 'n huis hê nie, tensy dit 'n eie dakkie het:))
> Annette
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 20:32:46 UTC 2025
|