Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoogste telling in een boulbeurt
Hoogste telling in een boulbeurt [boodskap #57879] Di, 26 Februarie 2002 09:13 na volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Na gelang van 'n praatjie op "East Coast Radio" vanoggend het ek gou 'n paar
sommetjies gemaak.

IN TEORIE

Daar is 90 boulbeurte per dag en ses balle per beurt, maak dit 2700 balle in
'n vyfdag toets.

As ons nou 'n baie fikse bouler het, Mkaya??, en ons laat hom boul na 'n
baie fikse kolwer, Adam??, en ons bouler boul elke bal 'n foutbal, en die
kolwer slaan elke bal vir 'n 6 wat dit eintlik 'n 7 maak omdat dit 'n
foutbal is, kan jy teoreties 18900 lopies in een boulbeurt kry. Die beste
is dat die boulbeurt na vyf dae nogaltyd nie sal klaar wees nie, daar sal
nog 6 balle oor wees, want al die ander was foutballe.

Klink vir my ons ouens het briljant goed gedoen om die Au-sies te beperk tot
seshonderd en iets.
Re: Hoogste telling in een boulbeurt [boodskap #57895 is 'n antwoord op boodskap #57879] Di, 26 Februarie 2002 13:47 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie wrote:
>
> Na gelang van 'n praatjie op "East Coast Radio" vanoggend het ek gou 'n paar
> sommetjies gemaak.
>
> IN TEORIE
>
> Daar is 90 boulbeurte per dag en ses balle per beurt, maak dit 2700 balle in
> 'n vyfdag toets.
>
> As ons nou 'n baie fikse bouler het, Mkaya??, en ons laat hom boul na 'n
> baie fikse kolwer, Adam??, en ons bouler boul elke bal 'n foutbal, en die
> kolwer slaan elke bal vir 'n 6 wat dit eintlik 'n 7 maak omdat dit 'n
> foutbal is, kan jy teoreties 18900 lopies in een boulbeurt kry. Die beste
> is dat die boulbeurt na vyf dae nogaltyd nie sal klaar wees nie, daar sal
> nog 6 balle oor wees, want al die ander was foutballe.
>
> Klink vir my ons ouens het briljant goed gedoen om die Au-sies te beperk tot
> seshonderd en iets.

Sakkie - ek dink ons moet jou minister van Sport maak - want die is
duidelik 'n ligpunt in die algehele krieket duister.

Wat my natuurlik vang is dat Gillcrest (SP?) op sy eie meer aangeteken
het as die hele SA span in elk van ons kolfbeurte. Sou dit logies dus
beteken dat die hele SA span swakker is as 'n enkele Ozzie speler? een
ding troos ek my - ons kan nie swakker doen nie - ek hoop.
Vorige onderwerp: Trevor Manuel
Volgende onderwerp: Louis - klein wêreldjie inderdaad!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:55:14 MGT 2024