Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meditasie en die wet
Meditasie en die wet [boodskap #57845] Ma, 25 Februarie 2002 14:02 na volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wes-Australiese magistraat Michael King reken hy het die antwoord teen
misdaad en misdadigers. Ipv om oortreders tronk toe te stuur vir 'n misdaad,
vonnis hy nou wetsoortreders tot 'n 5 maande kurses in "trancendental
meditation." Hardebaard skelms het egter nie hierdie opsie nie, net minder
ernstige en eerste oortreders kry grasie.

Dr King se dit dien geen doel om minder ernstige oortreders te straf met met
'n swaar boete (wat armoede nog verder in die hand werk) of tronkstraf nie
(waar die eerste oortreder net meer tegniek aanleer in die tronk).

Dr King is gesetel in Geraldton in die Wes-Australiese platteland waar die
oorgrote meerderheid oortreders uit die Aboriginal gemeenskap kom. Dr King
het 'n doktoraat in "legal therapeutic jurisprudence" en is self 'n
mediteerder van formaat. Hierdie een jaar projek dra die goedkeuring weg van
die Wes-Australiese departement van Justisie. Indien suksesvol sal dit
uitgebrei word na die res van die staat in die nabye toekoms. Dr King het
reeds 'n internationale konverensie in Amerika toegespreek oor sy projek.

Dr King het die volle ondersteuning van die Amerikaners, waar navorsing
bewys het dat tot 43 persent van "re-offending" gesny kan word deur
"trancendental meditation." Die eerste Australier wat so gehelp is, Alex
McConville, se hy mediteer nou twee maal per dag en is genees van sy
drankprobleem. Sy aanvanklike skeptiese benadering tot die program het nou
verander, en hy noem sy leermeester, wat hy beskryf as 'n "white-collar
Perth worker from India" sy guru.

HK
Re: Meditasie en die wet [boodskap #57855 is 'n antwoord op boodskap #57845] Ma, 25 Februarie 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou toe nou!! Ek wonder na watter website ons hierdie nuttige inligting moet
stuur sodat Onse Prez dit kan lees en toepas.
Ons weet mos hy glo alles wat hy wil wat hy op die Internet lees;:)))
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:Vlre8.2620$25.10408@newsfeeds.bigpond.com...
> Wes-Australiese magistraat Michael King reken hy het die antwoord teen
> misdaad en misdadigers. Ipv om oortreders tronk toe te stuur vir 'n misdaad,
> vonnis hy nou wetsoortreders tot 'n 5 maande kurses in "trancendental
> meditation." Hardebaard skelms het egter nie hierdie opsie nie, net minder
> ernstige en eerste oortreders kry grasie.
>
> Dr King se dit dien geen doel om minder ernstige oortreders te straf met met
> 'n swaar boete (wat armoede nog verder in die hand werk) of tronkstraf nie
> (waar die eerste oortreder net meer tegniek aanleer in die tronk).
>
> Dr King is gesetel in Geraldton in die Wes-Australiese platteland waar die
> oorgrote meerderheid oortreders uit die Aboriginal gemeenskap kom. Dr King
> het 'n doktoraat in "legal therapeutic jurisprudence" en is self 'n
> mediteerder van formaat. Hierdie een jaar projek dra die goedkeuring weg van
> die Wes-Australiese departement van Justisie. Indien suksesvol sal dit
> uitgebrei word na die res van die staat in die nabye toekoms. Dr King het
> reeds 'n internationale konverensie in Amerika toegespreek oor sy projek.
>
> Dr King het die volle ondersteuning van die Amerikaners, waar navorsing
> bewys het dat tot 43 persent van "re-offending" gesny kan word deur
> "trancendental meditation." Die eerste Australier wat so gehelp is, Alex
> McConville, se hy mediteer nou twee maal per dag en is genees van sy
> drankprobleem. Sy aanvanklike skeptiese benadering tot die program het nou
> verander, en hy noem sy leermeester, wat hy beskryf as 'n "white-collar
> Perth worker from India" sy guru.
>
> HK
>
Re: Meditasie en die wet (Engels!!) [boodskap #57911 is 'n antwoord op boodskap #57845] Di, 26 Februarie 2002 20:20 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Feb 2002 22:02:03 +0800, "Hantamkind"
wrote:

> Sy aanvanklike skeptiese benadering tot die program het nou
> verander, en hy noem sy leermeester, wat hy beskryf as 'n "white-collar
> Perth worker from India" sy guru.

Hierdie laat my nou dink aan 'n spotprentjie wat in een van die
joernale wat ek gereeld kry, verskyn het -

Die een ou verduidelik vir die ander ene:
1. First, we allign your chakras, focus your chi and tune your aura.
Then we administer and herbal elixir as you sit in a hyperbaric,
aromatherapy sensory deprivation pyramid, followed by Rolfing,
acupuncture and chiropractic. Next will be a healing touch, while we
shove crystals....

en #2 (lyk baie konfoesd en antwoord):
Can't I just have a Band-Aid?

:-)
Vorige onderwerp: Die Uitwissing Van Politieke Korrektheid
Volgende onderwerp: DRC beraad-floppie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:26:56 MGT 2024