Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vernie Plaatjies (geb. 1962) O Goddit sillie ka soe nie
Vernie Plaatjies (geb. 1962) O Goddit sillie ka soe nie [boodskap #57755] Vr, 22 Februarie 2002 12:53
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vernie Plaatjies (geb. 1962)


O Goddit sillie ka soe nie
ôs stukken' en dronk
en suffer larrit goed gan!

O God ôs willie soe gannie
but wietie hoe nie
hoe ommie te warrie nie
hoe om hie' innie tjatjies te survive nie

hoe ommie as-aan te wiesie
en slogans innie strate te skrie nie
hoe ommie te slice nie
ennie vol vannie mapoesas te raakie

hoe ommie te politiekie
en kaalgat annie liewe te klou nie
hoe ommie ding te laat werkie
en assie casspirs kô nie moerland toe te bloei nie

O Goddit sillie ka soe nie
kô stuck by ôs en maak ôs wys
ôs verlang djou!
_____________________________________
tjatjies - Manenberg
as-aan - om nie om te gee nie
slice - in die steek laat, verklap
mapoesas - die polisie
jou ding werk nie - jou planne slaag nie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: Die gene wat my ken
Volgende onderwerp: Limpopo se dorpsname
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 16:14:06 MGT 2024