Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polokwane
Polokwane [boodskap #57649] |
Di., 19 Februarie 2002 07:13  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Blou Willem in Beeld:
Oom Johnny sê hy's darem bly om te sien hulle het toe Pietersburg se
naam in Polokwane verander. "Dis hoog tyd dat hulle 'n dorp na Peter,
Graeme en Shaun Pollock noem," sê hy.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Polokwane [boodskap #57699 is 'n antwoord op boodskap #57696] |
Wo., 20 Februarie 2002 19:53  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het met die naam Kookhuis grootgeword - ek het eers baie jare later
agtergekom dit is eintlik Cookhouse toe ons vir Ant Matt daar gaan kuier
het.
Annette
Grahame skryf in boodskap news:a50qs1$90n$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Se my, waarom het ons dan nou Cookhouse na Kookhuis verander? Kyk net vir
> Great Brak River. Ek het eendag 'n ou vreeslik verkwalik omdat hy van
> WienkleSprut (Winkelspruit) gepraat het. Hy het verduidelik dat die Wienkle
> kom van die woord Peri-winkle en Sprut was eintlik 'n Skotse woord wat in
> Afrikaans as Spruit opgeneem is. So Winkelspruit is eintlik 'n baie engelse
> naam.
> Annette wrote in message
> news:a4vfgr$3ea6j$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie Drom.
>> Jammer vir die verkeerde beriggewing - dit gebeur maar as mens na TV nuus
>> kyk, en nie die Engels verstaan nie;)))
>> Annette
>>
>>
>> Drom wrote in message
>> news:1e507c17.0202192217.7595ee1a@posting.google.com...
>>> "Annette" wrote in message
>> news:...
>>>> Oor die nuus vanoggend.
>>>> Een groot Lorrie het op die brug gaan staan , twee ander lorries
het
> in
>> dit
>>>> vasgejaag.
>>>
>>> Annette
>>> Volgens vanoggend se Oos Kaap Burger was dit vier lorries. Een het
>>> gaan staan, 'n tweede een het agter hom stilgehou, 'n derde wou van
>>> agter af verbygaan en het toe, langs die ander twee, in een wat van
>>> voor af gekom het vasgery. Daar is glo net een persoon dood en die pad
>>> was vir baie ure gesluit.
>>> Drom
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 12:29:23 UTC 2025
|