Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Trevor Manuel
Trevor Manuel [boodskap #57695] |
Wo., 20 Februarie 2002 18:18  |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n Suid-Afrikaanse minister nie
maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste vriend gemaak;
nie soseer die inhoud van sy begroting nie, (ek is te dom om alles te
verstaan) maar die gehalte van sy toespraak. Op sy manier dink ek hy is
beter as 'n paar vorige ministers van finansies wat ons al gehad het. Ons
het hom net nooit 'n behoorlike kans gegun nie.
|
|
|
|
Re: Trevor Manuel [boodskap #57707 is 'n antwoord op boodskap #57695] |
Wo., 20 Februarie 2002 21:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Grahame wrote:
> Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n Suid-Afrikaanse minister nie
> maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste vriend gemaak;
Kan iemand bietjie oor die begroting
uitwei?
Ek het Trevor Manuel eenkeer op ons TV
'n toespraak hoor lewer, en was baie
beindruk met sy styl. Hy was ook gesofis-
tikeerd genoeg om net te weet watter
knoppies hy kan druk om die Kanadese
gehoor te laat lag oor hulle "snaakse
bure suid van die grens."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Begroting 2002 [boodskap #57723 is 'n antwoord op boodskap #57707] |
Do., 21 Februarie 2002 12:01   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Kan iemand bietjie oor die begroting uitwei?
Wouter
Ek het hierdie gister geskryf:
As ek nie van beter geweet het nie (dalk weet ek nie!) sou ek geglo het
dis 'n verkiesingsbegroting. Daar is ruim belastingtoegewings en
verhoging in maatskaplike toelaes. Die staatsuitgawes gaan
toeneem in sleutelareas, soos misdaadbekamping en welsyn.
Die slegte nuus is in dinge wat nie verander nie en sommige
verwagtings wat nie vervul sal word nie. (BTW word nie verlaag
nie, die 25% inkomstebelasting op aftreefondse is nie verlaag nie, ens.)
Die groot nuus is persoonlike inkomstebelasting, die dalings is
groter as verwag. Aan die bokant is die maksimum koers 40%,
vir inkomstes bo R240 000. (Vroeër was 40% betaalbaar
bo R100 000 en 42% bo R215 000)
Aan die onderkant van die inkomsteleer is die belasting met
R720 verlaag. As jy dus tans R60 of minder belasting in 'n maand
betaal, sal jy in die toekoms niks betaal nie en nie meer 'n
konsultant soos Annette nodig hê nie.
Indien jy R50 000 per jaar verdien sal jy ongeveer R1 000
minder betaal, op R100 000 sowat R4 200 minder en op
R200 000 ongeveer R8 800 minder.
Tabak, drank en petrol word hoër belas, soos gewoonlik.
'n Belangrike sein is ten opsigte van boedelbelasting. Sedert die
laaste jaar van die ou bedeling is daar 'n vrystelling van R1 miljoen.
Ons het verwag dat dit een of ander tyd verminder sou word, dis
die ideale plek vir 'n sosialistiese regering om die "haves" te belas.
Die boedelbelastingkoers van 20% bly onveranderd, maar die korting
is na R1,5 miljoen verhoog! Soos my een vriendin sou sê: Phokkit!
Die vrystellings ten opsigte van skenkings is ook matig verhoog.
Hierdie begroting is baie vriendelik teenoor die "haves", dis nie 'n
populistiese begroting vir die massas nie, wat 'n toelaag van R100 per
persoon gevra het nie. Dis 'n begroting wat groei kan stimuleer en
langtermyngroei sal bevorder.
As 'n goeie kapitalis is ek in die bleddie wolke oor die begroting.
Viva Trevor!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Verdere detail
Dinge wat ek graag anders sou wou hê:
* Laer maatskappybelasting - onveranderd 30%
* Laer STC (dividendbelasting) - onveranderd 12,5%
As volle winste verklaar word, is die som van maatskappybelasting
en STC steeds 38%, wat nou goed vergelyk met die 40% maksimum
persoonlike belasting.
Dinge waarvan ek hou:
* Laer Inkomstebelasting, skenkingsbelasting, boedelbelasting
(kyk hierbo)
* Hoër rentevrystelling R6000 (was R4000)
en R10 000 bo 65 jaar (was R5 000)
* Pogings om papierwerk vir veral kleiner maatskappye te
vereenvoudig. Dis 'n baie belangrike rigtingverandering,
maar ek het my twyfel of dit effektief gaan wees.
* Voorlopige belasting is nou betaalbaar indien R10 000 se
nie-werknemerinkomste (rente, ens.) verdien word.
(vroeër R2 000) Dit sal 'n klomp schlepp verwyder.
* Hereregte is verlaag (nie dramaties nie)
|
|
|
Re: Begroting 2002 [boodskap #57725 is 'n antwoord op boodskap #57723] |
Do., 21 Februarie 2002 14:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Hierdie begroting is baie vriendelik teenoor die "haves", dis nie 'n
> populistiese begroting vir die massas nie
Ja, dit het my ook dadelik opgeval toe ek jou
opsomming deurlees. Dit beteken heelwaarskynlik
nie dat hulle vergeet van die have-nots nie.
Maar dis goed om die "haves" gelukkig te hou.
Dankie vir die opsomming, Wouter.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kingspark [boodskap #57877 is 'n antwoord op boodskap #57876] |
Di., 26 Februarie 2002 08:54  |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jong, die ouens hier is nie skaam om deurnag te vier nie. Hulle is ook nie
bang om heelnag te treur nie :))) Dit is al tradisie om op die buitevelde
te kampeer vir die nag na 'n rugbywedstryd. As ek dit nie mis het nie is
hulle in die rekordboeke vir die grootste "afterparty" in die wêreld.
"Annette" skryf in boodskap news:a5fgid$6tnqe$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou toe nou - die hartseer en verdriet moes dan omtrent erg gewees het:)))
> Annette
>
> Sakkie wrote in message
news:3c7b3322$0$227@hades.is.co.za...
>> Die losie se deur gesluit, en glo dit nou of nie, daar was ander wat nog
>> besig was.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a5e2jq$6gr6v$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Jammer vir die spelfout - onnersteuners:)))
>>> Nou wat hoe? - moes jy die hekke sluit?
>>>
>>> Annette
>>>
>>> Sakkie wrote in message
>> news:3c7a3966$0$239@hades.is.co.za...
>>>> Se moer, hulle het my genoeg gas gegee die eerste helfte van Vrydag se
>>>> wedstryd. Ek is eers 02H15 uit Kingspark...... 'skuus, Absapark uit
>> nadat
>>>> die klomp ONERSTEUNERS hul verdriet versuip het. Ek hoop hulle het
>> almal
>>>> genoeg kopsere gehad die hele naweek :)))))))
>>>>
>>>>
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:a5cp81$67hh0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Nouwatbedoelmeneerdannou?
>>>> > Ek wou net die Sharks onersteuners laat goed voel:)
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > Sakkie wrote in message
>>>> news:3c79e6dd$0$225@hades.is.co.za...
>>>> > > Per ongeluk se voet!!!
>>>> > >
>>>> > > "Annette" wrote in message
>>>> > > news:a56bin$507nl$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > > > Hy skree nou vir die Stormers, want hulle speel mos ook in
>> swart:)))
>>>> > > > Net vanaand het hulle ( die Stormers) in wit gespeel, toe wen
>> hulle
>>>> per
>>>> > > > ongeluk:))))
>>>> > > > Annette
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > > Jan wrote in message
>>>> > > > news:Tivd8.83181$T87.2577333@news.webusenet.com...
>>>> > > > > Spring hy nog steeds op en af van blydskap as daar punte
>>> aangeteken
>>>> > word
>>>> > > > > teen SA rugby spanne...?
>>>> > > > >
>>>> > > > >
>>>> > > > > "Grahame" wrote in message
>>>> > > > > news:a50q6p$4bk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > > > > > Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n
> Suid-Afrikaanse
>>>> > > minister
>>>> > > > > nie
>>>> > > > > > maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste
>>> vriend
>>>> > > > gemaak;
>>>> > > > > > nie soseer die inhoud van sy begroting nie, (ek is te dom
om
>>> alles
>>>> > te
>>>> > > > > > verstaan) maar die gehalte van sy toespraak. Op sy manier
>> dink
>>> ek
>>>> > hy
>>>> > > is
>>>> > > > > > beter as 'n paar vorige ministers van finansies wat ons al
>> gehad
>>>> > het.
>>>> > > > Ons
>>>> > > > > > het hom net nooit 'n behoorlike kans gegun nie.
>>>> > > > > >
>>>> > > > > >
>>>> > > > >
>>>> > > > >
>>>> > > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 12:29:57 UTC 2025
|