| DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep [boodskap #5630] |
Do., 01 Februarie 1996 00:00  |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep
1. Ek en baie ander sien deesdae elke berig twee keer: op die poslys
en op die nuusgroep.
2. Party ouens op die nuusgroep is nie danig be"indruk met wat op die
poslys verskyn nie. Dit lyk nie of hulle die eiesoortige styl wat
ons hier ontwikkel het, behoorlik begryp nie. :-)
3. Daar is maar bitter min berigte wat eerste op die nuusgroep ontstaan.
Die poslys-berigte skep die oppervlakkige indruk van 'n lewendige
nuusgroep, maar eintlik is dit net 'n lewendige poslys.
As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert versoek
om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.
Dirk
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| [AFRIKAANS:6096] Re: DS: Re: Poslys en nuusgroep [boodskap #5768 is 'n antwoord op boodskap #5630] |
Ma., 12 Februarie 1996 00:00  |
Marius Swart
Boodskappe: 9 Geregistreer: Februarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
Hoepel skryf:
> Daar is (soos ek dit sien) twee hoofredes hoekom die poslys betreklik lewendig bly, maar die nuusgroep bra vervelig is. Die eerste is eenvoudig dat dit soveel makliker is om die poslys se korrespon
>
> Ek hou albei dop, maar dis bitter min wat ek "aangespoor" voel om op enigiets in die nuusgroep te reageer. Hoewel ek 'n geesdriftige ondersteuner was van die gedagte dat s.c.s-a.afrikaans geskep wo
Is deel van die probleem dalk nie die groot aantal berigte op die
nuusgroep? Dit is eintlik te veel om deur te werk. 'n Ander probleem
met nuus groepe is soms die kwaliteit van die debat.
Wat van die volgende voorstel? Ons koppel net 'n vaste daaglikse kwota
van die nuusgroep na die lys, sê 10. Omgekeerd kan ons dit alle lys
bydraes maak, of minder na gelang van die algemene gevoel, veral die
gevoel op die nuusgroep.
arius Swart
|
|
|
|