Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gene wat my ken
Die gene wat my ken [boodskap #57535] |
Vr., 15 Februarie 2002 10:15  |
Voetleuce
Boodskappe: 127 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
|
|
|
|
|
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57541 is 'n antwoord op boodskap #57536] |
Vr., 15 Februarie 2002 12:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
Baie geluk, Samuel. Kan jy vir ons die
naam verduidelik. Ek neem aan dis nie
Nederlands nie. Jou oorgrootjie was 'n
seerower wat op Robbeneiland sy dinge
gedoen het. Ek neem dus aan Finn
Genly het iets te doen met Skots van die
Hooglande of so iets ,of is ek
die kluts geheel kwyt.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57589 is 'n antwoord op boodskap #57536] |
Sa., 16 Februarie 2002 12:40   |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gefelisiteerd. Weet nie of my Nederlandse spelling nog op datum is nie, maar
daar gaat hy! 'n Virtuele bottel sjampanje vir jou en jou gade!
(Die Nederlanders is mos berug daarvoor dat hulle die hele kaboedel
gelukwens met 'n verjaardsag, geboorte, troue en wat nog. Buurman, buurvrou,
die kruidenier, slagter, poeliesman of wie ookal daar langs sou kom. As die
kat lank genoeg sou stilstaan word die ook geluk gewens.)
Karoo groete van die Hantamkind in Australië
> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57742 is 'n antwoord op boodskap #57738] |
Vr., 22 Februarie 2002 00:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
my skoonbroer het foto'tjies op die net gesit.
> vandermerwe.virafrikaans.com. Geniet (dit lyk maar soos alle babafoto's).
Oulik. Die baba lyk so groot al, en wa-
wyd wakker. Maar die eerste paar weke
voel elke dag mos soos 'n jaar en elke
week soos 'n eeu. En somtyds is die
baba nog vreeslik "soet" tot so omtrent
tien dae, en dan "word hulle wakker" soos
my ma altyd gesê het.
Wie se vinger is so knaend in die baba
se mond? Ek is van die skool-wat-nie-dink-
dis-so-'n-goeie-ding nie, maar my man
behoort nie aan dieselfde skool nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57749 is 'n antwoord op boodskap #57738] |
Vr., 22 Februarie 2002 06:05  |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Voetleuce skryf in boodskap news:3c75d704_3@batman.vip-za.com...
> On Fri, 15 Feb 2002 12:22:37 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>>> Jou oorgrootjie was 'n
>>>> seerower wat op Robbeneiland sy dinge
>>>> gedoen het.
>
> Gloumeisie (en ander genes), my skoonbroer het foto'tjies op die net gesit.
> vandermerwe.virafrikaans.com. Geniet (dit lyk maar soos alle babafoto's).
>
Pragtige seun. Hy lyk heel op en wakker en lyk reeds soos 'n maand oue
baba.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 12:29:25 UTC 2025
|