Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Saartjie kom tuis!
Saartjie kom tuis! [boodskap #57249] Ma, 11 Februarie 2002 04:31 na volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Saartjie die veelbesproke Griekswa-vrou wat 191 jaar gelede weens haar
liggaamsbou deur n skeepsdokter land-uit geneem is om as 'barbaarse'
aardigheid uit Afrika in vermaaklikheidsplekke in Brittanje en Parys
geparadeer te word, se oorskot is teruggebring Kaap toe.

In 1998 skryf die digter-aktivis, Diana Ferrus n Engelse gedig oor
Saarjie, in Amsterdam terwyl sy daar gestudeer het. Nou het sy haar
eie gedig in Afrikaans vertaal.

Na n vernederende lewe, sterf Saartjie in 1816 op 26 jarige ouderdom
as prostituut en drankverslaafde in Parys.

VIR SARAH BAARTMAN

Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe -
onthou jy die vlaktes,
die welige groen gras onder die groot eikeboom,
die lawende koeltes en die son wat nie steek?
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier 'n verwelkominglied!

Ek is hier om jou weg te skeur,
weg van die snydende oë van die rassistiese monster
wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
jou siel vergelyk met die van satan
en syne vergelyk met die van God!

Ek is hier om jou te troos,
jou moeë hart teen my bors vas te hou,
die palms van my hande oor jou wange te vou
die lyne in jou nek met my lippe te streel
en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
Ek is hier om vir jou te sing
want ek het vir jou vrede gebring.

Ek is hier om jou huis toe te neem,
daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier n verwelkomingslied.
Ek is hier om jou huis toe te neem
waar ek vir jou sal sing
want jy het ook vrede
vir my gebring.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57250 is 'n antwoord op boodskap #57249] Ma, 11 Februarie 2002 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Kinky

Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy gesterf
het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
Annette

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0202102031.174433a2@posting.google.com...
> Saartjie die veelbesproke Griekswa-vrou wat 191 jaar gelede weens haar
> liggaamsbou deur n skeepsdokter land-uit geneem is om as 'barbaarse'
> aardigheid uit Afrika in vermaaklikheidsplekke in Brittanje en Parys
> geparadeer te word, se oorskot is teruggebring Kaap toe.
>
> In 1998 skryf die digter-aktivis, Diana Ferrus n Engelse gedig oor
> Saarjie, in Amsterdam terwyl sy daar gestudeer het. Nou het sy haar
> eie gedig in Afrikaans vertaal.
>
> Na n vernederende lewe, sterf Saartjie in 1816 op 26 jarige ouderdom
> as prostituut en drankverslaafde in Parys.
>
> VIR SARAH BAARTMAN
>
> Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe -
> onthou jy die vlaktes,
> die welige groen gras onder die groot eikeboom,
> die lawende koeltes en die son wat nie steek?
> Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
> jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
> Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
> daar sing die rivier 'n verwelkominglied!
>
> Ek is hier om jou weg te skeur,
> weg van die snydende oë van die rassistiese monster
> wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
> wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
> jou siel vergelyk met die van satan
> en syne vergelyk met die van God!
>
> Ek is hier om jou te troos,
> jou moeë hart teen my bors vas te hou,
> die palms van my hande oor jou wange te vou
> die lyne in jou nek met my lippe te streel
> en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
> Ek is hier om vir jou te sing
> want ek het vir jou vrede gebring.
>
> Ek is hier om jou huis toe te neem,
> daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
> Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
> jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
> Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
> daar sing die rivier n verwelkomingslied.
> Ek is hier om jou huis toe te neem
> waar ek vir jou sal sing
> want jy het ook vrede
> vir my gebring.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57257 is 'n antwoord op boodskap #57250] Ma, 11 Februarie 2002 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Dankie Kinky
>
> Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy gesterf
> het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
> Annette

KinkY: My hart het nog altyd gebloei vir haar! Wat n wrede manier om
jou lewe te leef net omdat die lewe van jou n frats gemaak het en
iemand hom 'n goddelike reg toege-eien het om geld te maak uit 'n
ander mense se ellende!

Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57268 is 'n antwoord op boodskap #57257] Ma, 11 Februarie 2002 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kinky wrote:

> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.

Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
begin nie. Die Engelse was wel, net soos
alle koloniale moondhede in die neëntiende
eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
die menseregte van die lokale bewoners nie.
Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
middel van die twintigste eeu, dit was 'n
voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
van die bevolking weg te neem.
Mag ek jou daaraan herinner dat dit die
Britse beleid van beskerming vir nie-wit
werknemers ( geinspireer deur die sendelinge
van die London Missionary Society) wat altyd
aangegee word as een van die redes waarom die
Voortrekkers die Kolonie verlaat het. Mag ek
jou daaraan herinner dat Engeland slawerny
vroeg in die neentiende eeu al afgeskaf het
terwyl die Amerikaners 'n bloedige burgeroorlog
daaroor geveg het so laat as 1863.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57273 is 'n antwoord op boodskap #57257] Ma, 11 Februarie 2002 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat was fout met haar liggaamsbou? Ek het nog nooit van haar gehoor nie.
____________________________________
kin...@hotmail.com (Kinky) skryf in boodskap news:...
> "Annette" skryf in boodskap news:...
>> Dankie Kinky
>>
>> Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy gesterf
>> het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
>> Annette
>
> KinkY: My hart het nog altyd gebloei vir haar! Wat n wrede manier om
> jou lewe te leef net omdat die lewe van jou n frats gemaak het en
> iemand hom 'n goddelike reg toege-eien het om geld te maak uit 'n
> ander mense se ellende!
>
> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
Apartheid [boodskap #57274 is 'n antwoord op boodskap #57268] Ma, 11 Februarie 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Kinky:
> Ek het eenkeer gelees (kan nie meer presies onthou waar nie)
> dat dit juis die Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.

Gloudina
Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
begin nie. Die Engelse was wel, net soos
alle koloniale moondhede in die neëntiende
eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
die menseregte van die lokale bewoners nie.
Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
middel van die twintigste eeu, dit was 'n
voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
van die bevolking weg te neem.

Wouter
Hoekom so sensitief vir dié onderwerp, Gloudina?
Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.

Soos ek dit verstaan het die NP na hulle in 1948 aan
bewind gekom het apartheid formeel op die wetboek gesit.
Maar daar was klaarblyklik heelwat vroeëre diskriminerende
wetgewing op die boeke, so lank terug as in die neëntiende
eeu? As voorbeeld, ek verstaan dat swart boere in daardie
jare nie beeste op 'n veiling mag verkoop het nie, hulle moes
dit aan noodgedwonge aan blankes verkoop, wat dit dan
teen 'n wins op 'n veiling kon verkoop.

Ek wonder nou, het die swart inwoners op enige stadium voor
1994 stemreg in SA gehad? Dis nou behalwe toe Verwoerd
vir hulle die Bantustans probeer gee het om hulle stemreg uit te oefen.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57276 is 'n antwoord op boodskap #57273] Ma, 11 Februarie 2002 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max - probeer Die Burger van verlede Vrydag/Saterdag te lees - daar is nogal
'n mooi foto van haar .
Eerstens het sy 'n paar stewige boude gehad - soos baie van ons.
Tweedens het sy 'n hengse paar tepels gehad:))
Annette

com> skryf in boodskap news:e720f1c7.0202110632.45cfe024@posting.google.com...
> Wat was fout met haar liggaamsbou? Ek het nog nooit van haar gehoor nie.
> ____________________________________
> kin...@hotmail.com (Kinky) wrote in message
news:...
>> "Annette" wrote in message
news:...
>>> Dankie Kinky
>>>
>>> Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy gesterf
>>> het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
>>> Annette
>>
>> KinkY: My hart het nog altyd gebloei vir haar! Wat n wrede manier om
>> jou lewe te leef net omdat die lewe van jou n frats gemaak het en
>> iemand hom 'n goddelike reg toege-eien het om geld te maak uit 'n
>> ander mense se ellende!
>>
>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
Re: Apartheid [boodskap #57284 is 'n antwoord op boodskap #57274] Ma, 11 Februarie 2002 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Hoekom so sensitief vir dié onderwerp, Gloudina?
> Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
> is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
> Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
> NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.

Mens weet natuurlik van al die "argumente"
dat dit nie die NP is wat apartheid begin
het nie, maar mens hoor dit so ad nauseam
uit gewoonlik die monde van dié wat maar
die ou handjies in onskuld wil was, dat mens
nou al moeg vir die ou sakie word. Dit kan
vergelyk word met die argument wat die
Duitsers sou kon hê dat ander die Jode vervolg
het lank voordat hulle dit begin doen het.
Wat waar is, is dat 'n sekere groep
Afrikaners hulle Christelike beginsels en hul
gesonde verstand by die agterdeur gelaat het en
'n regime begin het wat vinnig 'n diktatorskap
geword het. En die hele ding van aparte ontwikkeling
was 'n travestie. Ek verduidelik oor en oor hoe
in Bantoe-Onderwys, waar mens tog die aparte ontwikkeling
op sy duidelikste sou gesien het, daar strome wit
onderwysers ingestroom het totdat elke prinsipaal
in Bantoe-Onderwys en elke senior staatsdiensamptenaar
in die Departement wit was (gewoonlik Afrikaner, meeste
van die tyd Transvalers.)

Gloudina
Re: Apartheid [boodskap #57285 is 'n antwoord op boodskap #57284] Ma, 11 Februarie 2002 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie - jou siening van sake is tog so eenvoudig. Ewe skielik uit die
bloute ontstaan apartheid - bloot te wyte aan die Afrikaner(s). Ken jy die
geskiedenis van Indië - en herken jy die ooreenkomste met Suid-Afrika ?

Goddank dat alle mense deesdae kan lees - want as jy die geskiedenis aan
hulle moes opdis (soos wat jy hier probeer doen) sou dit 'n trae dag wees
...

skryf in boodskap news:3C6811EF.9010505@rogers.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Hoekom so sensitief vir dié onderwerp, Gloudina?
>> Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
>> is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
>> Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
>> NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.
>
>
> Mens weet natuurlik van al die "argumente"
> dat dit nie die NP is wat apartheid begin
> het nie, maar mens hoor dit so ad nauseam
> uit gewoonlik die monde van dié wat maar
> die ou handjies in onskuld wil was, dat mens
> nou al moeg vir die ou sakie word. Dit kan
> vergelyk word met die argument wat die
> Duitsers sou kon hê dat ander die Jode vervolg
> het lank voordat hulle dit begin doen het.
> Wat waar is, is dat 'n sekere groep
> Afrikaners hulle Christelike beginsels en hul
> gesonde verstand by die agterdeur gelaat het en
> 'n regime begin het wat vinnig 'n diktatorskap
> geword het. En die hele ding van aparte ontwikkeling
> was 'n travestie. Ek verduidelik oor en oor hoe
> in Bantoe-Onderwys, waar mens tog die aparte ontwikkeling
> op sy duidelikste sou gesien het, daar strome wit
> onderwysers ingestroom het totdat elke prinsipaal
> in Bantoe-Onderwys en elke senior staatsdiensamptenaar
> in die Departement wit was (gewoonlik Afrikaner, meeste
> van die tyd Transvalers.)
>
> Gloudina
>
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57286 is 'n antwoord op boodskap #57276] Ma, 11 Februarie 2002 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek frons en probeer baie hard ... Maar, helaas, vir my bly die Saartjie-sage
regtig nie 'n issue nie. Boude of nie boude nie...

"Annette" skryf in boodskap news:a48mg6$1d298i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Max - probeer Die Burger van verlede Vrydag/Saterdag te lees - daar is nogal
> 'n mooi foto van haar .
> Eerstens het sy 'n paar stewige boude gehad - soos baie van ons.
> Tweedens het sy 'n hengse paar tepels gehad:))
> Annette
>
>
> com> wrote in message
> news:e720f1c7.0202110632.45cfe024@posting.google.com...
>> Wat was fout met haar liggaamsbou? Ek het nog nooit van haar gehoor nie.
>> ____________________________________
>> kin...@hotmail.com (Kinky) wrote in message
> news:...
>>> "Annette" wrote in message
> news:...
>>>> Dankie Kinky
>>>>
>>>> Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy
> gesterf
>>>> het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
>>>> Annette
>>>
>>> KinkY: My hart het nog altyd gebloei vir haar! Wat n wrede manier om
>>> jou lewe te leef net omdat die lewe van jou n frats gemaak het en
>>> iemand hom 'n goddelike reg toege-eien het om geld te maak uit 'n
>>> ander mense se ellende!
>>>
>>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>
Re: Apartheid [boodskap #57289 is 'n antwoord op boodskap #57274] Ma, 11 Februarie 2002 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" <

> Wouter
> Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
> is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
> Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
> NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.

De eerste Grondwet bestaat vanaf 1814 en op deze grondrechten
Apartheid is en was onmogelijk in NL.

De Nederlandse Grondwet
Hoofdstuk 1
Grondrechten
Art. 1 . Allen die zich in Nederland bevinden, worden in gelijke gevallen
gelijk behandeld. Discriminatie wegens godsdienst, levensovertuiging,
politieke gezindheid, ras, geslacht of op welke grond dan ook, is niet
toegestaan.

grt emmy
Re: Apartheid [boodskap #57298 is 'n antwoord op boodskap #57289] Di, 12 Februarie 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
> is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
> Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
> NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.

Emmy
De eerste Grondwet bestaat vanaf 1814 en op deze grondrechten
Apartheid is en was onmogelijk in NL.

De Nederlandse Grondwet
Hoofdstuk 1
Grondrechten
Art. 1 . Allen die zich in Nederland bevinden, worden in gelijke gevallen
gelijk behandeld. Discriminatie wegens godsdienst, levensovertuiging,
politieke gezindheid, ras, geslacht of op welke grond dan ook, is niet
toegestaan.

Wouter
Interessant, Emmy. Maar ek reken nie dat in die destydse SA relevant
was nie. Want die reëls hier is nie deur die Nederlandse Regering
afgedwing nie, wel deur die VOIC, 'n Nederlandse maatskappy. En
omdat dit nie formeel Nederlandse grondgebied was nie (?), het die
Nederlandse Grondwet seker nooit enige status gehad nie.

Die SA swartes is tog ook nie van dié wat "zich in Nederland bevinden"?

En dit sou ook redelik maklik gewees het om die Grondwet te omseil.
'n Wet/Regulasie kon byvoorbeeld bepaal het dat slegs 'n bona fide
boer (lees Nederlandse setlaar en nageslag) beeste op 'n veiling mag
verkoop. Op die manier sou jy nie teen swart Nederlanders
diskrimineer nie, net teen die plaaslike sogenaamde "barbare", wat
destyds hoogs aanvaarbare gedrag was.
Re: Apartheid [boodskap #57299 is 'n antwoord op boodskap #57284] Di, 12 Februarie 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Hoekom so sensitief vir dié onderwerp, Gloudina?
> Dit maak eerder sin dat ons daaroor gesels, my perspektief
> is ook dat ons inderdaad ons apartheidsgewoontes by die
> Nederlandse en Britse meesters geleer het, maar dat die
> NP-Regering dit geformaliseer en sterk uitgebou het.

Gloudina
Mens weet natuurlik van al die "argumente"
dat dit nie die NP is wat apartheid begin
het nie, maar mens hoor dit so ad nauseam
uit gewoonlik die monde van dié wat maar
die ou handjies in onskuld wil was, dat mens
nou al moeg vir die ou sakie word.

Wouter
Jy mag so voel, ek is weer moeg daarvan dat baie huidige probleme
ad nauseam aan apartheid toegeskryf, probleme met geen of 'n baie yl
historiese konneksie. En dat regstelling geëis word van diegene wat
deur apartheid bevoordeel is of behoort te gewees het.

Gloudina
Dit kan vergelyk word met die argument wat die
Duitsers sou kon hê dat ander die Jode vervolg
het lank voordat hulle dit begin doen het.

Wouter
Nee, dis 'n lawwe analogie. Ek verwys na bestaande gebruike,
in dieselfde land. As jou "ander" die Jode in Duitse strafkampe
toegesluit het en die Duitsers het daarna die strafkampe oorgeneem,
kon daar 'n parallel gewees het.

Gloudina
Wat waar is, is dat 'n sekere groep
Afrikaners hulle Christelike beginsels en hul
gesonde verstand by die agterdeur gelaat het en
'n regime begin het wat vinnig 'n diktatorskap
geword het. En die hele ding van aparte ontwikkeling
was 'n travestie.

Wouter
Met die voordeel van terugkyk stem ek 100% saam. En ek glo
amper alle blanke Suid Afrikaners sal ook saamstem. Maar dis
mos juis rede om te kyk hoe en waar die probleem begin het.

Analise is tog beter en potensieel meer produktief as blote
verdoeming? As die analise net gedoen word om jouself te
probeer verontskuldig, verstaan ek jou sentiment. Die berig van
Die Burger se politieke korrespondent "Dawie" hier onder gee
'n goeie perspektief op die aksies waarna jy vermoedelik
verwys en ek identifiseer daarmee. Maar analise or die
geskiedenis van apartheid is in my boek nie daarby ingesluit nie.

En ons is ook al taamlik gatvol vir mense van oorsee (veral
Europa) wat ons lustig en luidkeels verdoem, terwyl hulle
landgenote die aanvanklike pioniers van die probleem was.

~~~~~~~Uit Die Burger van 8 Feb 2002~~~~~~~~

Parallelle van twee seuns hou les in vir Afrikaners

DIE parallelle tussen twee immigrante-seuns wat mnr. Ton Vosloo, voorsitter
van Sanlam en Naspers, vroeër vandeesweek tydens die begrafnis van mnr.
Marinus Daling getrek het, raak wesenlik ook die debat oor die Afrikaner se
plek vandag in die post-1994 Suid-Afrika.

Een van die grootste denkers en kunstenaars van die Renaissance, Leonardo da
Vinci, het in die vyftiende eeu reeds die uiteenlopende benaderings van
mense oor hul lewe raak opgesom toe hy die beeld gebruik het van twee mans
wat deur tronktralies na buite kyk: die een sien net die modder, die ander
die sterre.

Vosloo het die koms in 1902 van 'n drie maande oue immigrante-baba uit
Nederland saam met sy ouers na Suid-Afrika, vergelyk met die koms in 1949
van 'n tweejarige seun uit dieselfde land en die wyse waarop hulle as
volwassenes hul nuwe land beïnvloed het.

Albei het enorme dryfkrag en intellek gehad, op akademiese vlak uitgeblink,
en die hoogste sport bereik in hul onderskeie gekose loopbane, naamlik die
akademie, die media, die politiek en die sakewêreld.

Die een het sy politieke rol so gespeel dat hy 'n bekende, maar terugskouend
in baie kringe, 'n veragte naam geword het weens sy rol as beplanner,
argitek, toepasser en volvoerder van apartheid. Al het Vosloo dit verswyg,
was sy verwysing duidelik na dr. H.F. Verwoerd, premier tussen 1958 en 1966.

Die ander het "sy enorme dryfkrag en intellek aangewend in konstruktiewe
bane" en "energiek" gebou aan die ombouing van Sanlam "na die vereistes van
die nuwe ekonomiese imperatiewe".

Dit is 'n intense debat onder Afrikaners die afgelope agt jaar. Aan die een
kant is 'n groep siniese, negatiewe Afrikaners wat die verlies aan mag
waaraan hulle en hul voorouers 46 jaar lank tot uitsluiting van ander groepe
se heil vasgeklou het, nog glad nie verwerk het nie.

Hulle teel op elke modderkorrel van korrupsie, onbeholpenheid en gerekende
verswakkende standaarde onder die veelrassige ANC-bewind. Aan die ander
kant is daar 'n groeiende groep Afrikaners wat, soos Daling, konstruktief
uitreik na die hele Suid-Afrikaanse samelewing (om Vosloo te parafraseer),
om die "regte dinge te doen in terme van wat ons toekoms vereis".

Dié groep word meer en meer betrek in pres. Thabo Mbeki se uitreiking na
Afrikaners en die verskil tussen die benaderings van die Nederlandse
immigrante-seuns wys ook die verskil wat 'n positiewe ingesteldheid in die
lewe van 'n land kan bring.

Die nuwe toenadering tot Afrikaners uit regeringskringe kan egter 'n
verkeerde sein na hulle uitstuur dat Afrikaners skielik uitermate spesiaal
is, dat hulle meer as ander geag moet word as waardevolle vennote.

Die feit is Afrikaners het nie spesiale behandeling nodig nie, dat hulle
normale, meestal hoogs bevoorregte en deeglik opgeleide burgers van die land
is wat oor vele generasies die land help ontwikkel en opbou het tot die
leier in Afrika (al het hulle dit ook byna vernietig in hul selfsug).

So beskou, is die Afrikaner vandag die laaste groep wat dit kan waag om die
uiterste sinisme te toon waarmee heelwat van hulle na die manewales van
regeringspolitici kyk.

Dit getuig van 'n hoogs selektiewe geheue wat gerieflik vergeet van
bedenklike praktyke om bruin kiesers van die kiesersrol te verwyder, om
eiendom te vervreem, om elke truuk in die boek - en baie vuil toertjies wat
in geen teks verskyn nie - uit te haal in 'n poging om aan bewind te bly.

Truuks wat inderdaad nie veel verskil van die ooglopende manipulasie en
vuilspel wat nou oorkant die Limpopo aan die gang is nie.

Dié sinisme geld wanneer smalend na die wapenskandaal verwys word, maar oor
die spandabelrige vermorsing van geld tydens die Inligtingskandaal 'n die
feit dat die hoogste amptenare en politici nie aan die pen gery het nie,
word dawerend geswyg. Ook oor die vorige weermag se spandabelrigheid is daar
net stilte.

Afrikaners kan inderdaad 'n blad skeur uit die Daling-boek waarin duidelik
geskryf staan dat Afrikaners 'n bydrae tot die ontwikkeling van die land kan
maak as hulle positief die hand aan die ploeg slaan en kreatief uitreik na
álle gemeenskappe.

Inteendeel, dit gaan om die gees waarin kritiek aangebied word, 'n gees wat
óf kan opbou, óf net negatief kan afbreek en aftakel, wat net verdoem, maar
geen oplossings bied nie.

Uiteindelik gaan dit alles oor persepsies en die afbreek van ou benaderings.
As jy so drooggemaak het soos Afrikaners tydens apartheid, is Schadenfreude
oor ander se ondoeltreffendheid onvanpas, nie terwyl die persepsie steeds by
baie swart mense bestaan nie dat Afrikaners inherent onderdrukkend is, dat
die bombastiese styl van pantservoertuie wat deur 'n Kemptonparkse raadsaal
breek, van geweerkolf-swaaiende dronk rugbyspelers wat swart jeugdiges jag,
steeds die norm is.

Werk jou dan liewer met positiwiteit uit daardie persepsie uit. Voorbeelde
trek inderdaad, al neem dit soms té lank na sommige Afrikaners se sin om die
persepsies te laat draai.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57314 is 'n antwoord op boodskap #57268] Di, 12 Februarie 2002 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Kinky wrote:
>
>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>
> Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
> begin nie. Die Engelse was wel, net soos
> alle koloniale moondhede in die neëntiende
> eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
> die menseregte van die lokale bewoners nie.
> Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
> middel van die twintigste eeu, dit was 'n
> voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
> om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
> van die bevolking weg te neem.

Gloudina

So paar jaar gelede sou dit as verraad beskou wees om apartheid te
bevraagteken en tog het dit die bestaansreg en menslikheid van miljoene
mense misken.

'n Groot parallel van apartheid is dat 'n groot deel van die wereld
bevolking huidiglik leef onder die broodlyn in uiterste armoede met
gebrekkige huisvesting en min of geen mediese versorging. Dit terwyl 'n
minderheid in die uiterste luuksheid lewe en die skaars hulpbronne van
die aarde vir hulle eie gemak aanwend. Soos elekrtisiteit, hitte en lig
- net 'n skakelaar weg. Water - draai die kraan oop en dis daar - warm /
koud - nes jy verkies. En dit maak groot dele van die wereld leefbaar -
soos onder andere Kanada. Voeding - kos is so ver as die supermark of
MacDonalds op die hoek - jy moet net geld h^e!. Mediese versorging - as
jy dit kan bekostig kan jy die beste mediese dienste kry.

As ons nou die hulpbronne sou deel en almal 'n gelyke deel daarvan gee
sal die arme mense se bestaan mos ingrypend verbeter? Almal se
menswaardigheid en reg op 'n bestaan vereis dit eintlik! Hulle het ook
die reg op 'n lewe, basiese voeding, huisvesting, versorging.
Inderwaarheid is dit pleinweg diskriminasie in die ergste graad om mense
se bestaansreg te ontken!

Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!

Andersins - shut-up.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57318 is 'n antwoord op boodskap #57314] Di, 12 Februarie 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2002 15:12:40 +0200, Lou served the
following to the group:

> snip
> As ons nou die hulpbronne sou deel en almal 'n gelyke deel daarvan gee
> sal die arme mense se bestaan mos ingrypend verbeter? Almal se
> menswaardigheid en reg op 'n bestaan vereis dit eintlik! Hulle het ook
> die reg op 'n lewe, basiese voeding, huisvesting, versorging.
> Inderwaarheid is dit pleinweg diskriminasie in die ergste graad om mense
> se bestaansreg te ontken!
>
> Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
> die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
> vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
> slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
> gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
> die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
> Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
> rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
> Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
> geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!
>
> Andersins - shut-up.
>

goed gese lou. ek doen nie al die goeters waarvan jy hier praat nie
maar ek besef dit en daarom ry ek nie heeldag elkedag op die dooie
donkie se rug nie.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Apartheid [boodskap #57319 is 'n antwoord op boodskap #57299] Di, 12 Februarie 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

ek is weer moeg daarvan dat baie huidige probleme
> ad nauseam aan apartheid toegeskryf, probleme met geen of 'n baie yl
> historiese konneksie. En dat regstelling geëis word van diegene wat
> deur apartheid bevoordeel is of behoort te gewees het.

Maar Wouter, bevestig jy nou nie presies jou
aanname dat "apartheid" nie net 'n maaksel van
die NP in die tweede deel van die twintigste eeu
is nie, maar ook 'n uitspruitsel van eeue en eeue
van meer en meer intense dominansie van die mense
wat uit Europa na die suide van Afrika gekom het -
dus ook die Engelse en die Duitsers wat hierheen
gestroom het (veral na die oosgrens van die Kolonie.)
Dis tog hieroor waar nie-blankes kla: die langdurige
onderwerp aan die reëlings wat die witmense gemaak
het in 'n land wat grootliks bevolk is deur mense
wat nie hulle velkleur gehad het nie. Waarvoor is
jy dus moeg?

Gloudina
Re: Apartheid [boodskap #57320 is 'n antwoord op boodskap #57299] Di, 12 Februarie 2002 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:


> ~~~~~~~Uit Die Burger van 8 Feb 2002~~~~~~~~

>
> Parallelle van twee seuns hou les in vir Afrikaners

Aan die een
> kant is 'n groep siniese, negatiewe Afrikaners wat die verlies aan mag
> waaraan hulle en hul voorouers 46 jaar lank tot uitsluiting van ander groepe
> se heil vasgeklou het, nog glad nie verwerk het nie.
>
> Hulle teel op elke modderkorrel van korrupsie, onbeholpenheid en gerekende
> verswakkende standaarde onder die veelrassige ANC-bewind.

> So beskou, is die Afrikaner vandag die laaste groep wat dit kan waag om die
> uiterste sinisme te toon waarmee heelwat van hulle na die manewales van
> regeringspolitici kyk.
>
> Dit getuig van 'n hoogs selektiewe geheue wat gerieflik vergeet van
> bedenklike praktyke om bruin kiesers van die kiesersrol te verwyder, om
> eiendom te vervreem, om elke truuk in die boek - en baie vuil toertjies wat
> in geen teks verskyn nie - uit te haal in 'n poging om aan bewind te bly.
>
> Truuks wat inderdaad nie veel verskil van die ooglopende manipulasie en
> vuilspel wat nou oorkant die Limpopo aan die gang is nie.

Wow, Wouter. Dis sterk woorde hierdie. Veral
waar hy die apartheidsvaders en handlangers
vergelyk met wat Mugabe in Zimbabwe doen.
En hy is reg. Daar was kriminele manipulasie
en vuilspel in die apartheidsregime reg van
die begin af. Ek het altyd gedink die mandjie
appels het net stadigaan verrot geword soos
die dekades aangegaan het en dat dit eintlik
onheilig geword het eers in die sewentig- en
tagtigerjare. Maar ek lees nou die tweede
volume van NP van Wyk Louw se biografie, waar
daar gepraat word van hoe NP se vriendskap
met Beyers Naude afgesny moes word toe Beyers
Naude die Broederbond en die NP moes verlaat
omdat hy die voorsitterskap aanvaar het van die
Christian Institute. Een van die redes was dat
almal wat toe vriende was met Beyers Naude
skielik begin sien het dat hulle dop begin te
hou word deur die veiligheidspolisie. En dis
in 1963, skaars vyf jaar nadat die NP aan die
bewind gekom het. Klink vir my soos die Russe
gedurende Kommunisme.
Gloudina
Re: Apartheid [boodskap #57321 is 'n antwoord op boodskap #57299] Di, 12 Februarie 2002 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> ~~~~~~~Uit Die Burger van 8 Feb 2002~~~~~~~~

> Dié sinisme geld wanneer smalend na die wapenskandaal verwys word, maar oor
> die spandabelrige vermorsing van geld tydens die Inligtingskandaal én die
> feit dat die hoogste amptenare en politici nie aan die pen gery het nie,
> word dawerend geswyg. Ook oor die vorige weermag se spandabelrigheid is daar
> net stilte.

> As jy so drooggemaak het soos Afrikaners tydens apartheid, is Schadenfreude
> oor ander se ondoeltreffendheid onvanpas, nie terwyl die persepsie steeds by
> baie swart mense bestaan nie dat Afrikaners inherent onderdrukkend is, dat
> die bombastiese styl van pantservoertuie wat deur 'n Kemptonparkse raadsaal
> breek, van geweerkolf-swaaiende dronk rugbyspelers wat swart jeugdiges jag,
> steeds die norm is.

Wel, wel, wel. As ek nou hierdie stuk
op hierdie nuusgroep geskryf het, hoeveel
sou my dan aangeval het as besig om die
geskiedenis te herskryf, soos Jonas vir
my beskuldig. En dit kom uit Die Burger.
Die skrywer sê presies wat ek die ander
dag gesê het: vir 'n groep wat so "droog-
gemaak het soos Afrikaners gedurende
apartheid" betaam dit ons om hierdie
geskiedenis nie te vergeet nie.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57323 is 'n antwoord op boodskap #57314] Di, 12 Februarie 2002 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ons het duidelik weer 'n skimskrywer. Wie skryf hier namens Lou?
:-)
Wouter

"Lou" skryf in boodskap news:3C6914C8.4AD47DDA@lous.zzn.com...
So paar jaar gelede sou dit as verraad beskou wees om apartheid te
bevraagteken en tog het dit die bestaansreg en menslikheid van miljoene
mense misken.

'n Groot parallel van apartheid is dat 'n groot deel van die wereld
bevolking huidiglik leef onder die broodlyn in uiterste armoede met
gebrekkige huisvesting en min of geen mediese versorging. Dit terwyl 'n
minderheid in die uiterste luuksheid lewe en die skaars hulpbronne van
die aarde vir hulle eie gemak aanwend. Soos elekrtisiteit, hitte en lig
- net 'n skakelaar weg. Water - draai die kraan oop en dis daar - warm /
koud - nes jy verkies. En dit maak groot dele van die wereld leefbaar -
soos onder andere Kanada. Voeding - kos is so ver as die supermark of
MacDonalds op die hoek - jy moet net geld h^e!. Mediese versorging - as
jy dit kan bekostig kan jy die beste mediese dienste kry.

As ons nou die hulpbronne sou deel en almal 'n gelyke deel daarvan gee
sal die arme mense se bestaan mos ingrypend verbeter? Almal se
menswaardigheid en reg op 'n bestaan vereis dit eintlik! Hulle het ook
die reg op 'n lewe, basiese voeding, huisvesting, versorging.
Inderwaarheid is dit pleinweg diskriminasie in die ergste graad om mense
se bestaansreg te ontken!

Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!

Andersins - shut-up.
Re: Apartheid [boodskap #57324 is 'n antwoord op boodskap #57319] Di, 12 Februarie 2002 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> ek is weer moeg daarvan dat baie huidige probleme
> ad nauseam aan apartheid toegeskryf, probleme met geen of 'n baie yl
> historiese konneksie. En dat regstelling geëis word van diegene wat
> deur apartheid bevoordeel is of behoort te gewees het.

Gloudina
Maar Wouter, bevestig jy nou nie presies....

Wouter
Nee, ek bevestig niks. Ek stel net belang in hoe dit gebeur het

Gloudina
.....jou aanname dat "apartheid" nie net 'n maaksel van
die NP in die tweede deel van die twintigste eeu
is nie, maar ook 'n uitspruitsel van eeue en eeue
van meer en meer intense dominansie van die mense
wat uit Europa na die suide van Afrika gekom het -
dus ook die Engelse en die Duitsers wat hierheen
gestroom het (veral na die oosgrens van die Kolonie.)
Dis tog hieroor waar nie-blankes kla: die langdurige
onderwerp aan die reëlings wat die witmense gemaak
het in 'n land wat grootliks bevolk is deur mense
wat nie hulle velkleur gehad het nie. Waarvoor is
jy dus moeg?

Wouter
Van mense (politici, vakbondleiers, sogenaamde aktiviste,
sake-opportuniste en ander) wat glo dat die verlede 'n groter
geleentheid bied as die toekoms. Ons het 'n klomp mense wat
daarin spesialiseer in om ander te blameer, eerder as om geleenthede
te ontgin. En ek is nie moeg nie, ek is gatvol - ek was al in te veel
debatte hieroor betrokke. In 1992 was die debat sinvol, nou is
dit onproduktief.

Maar die ander kant van die munt bestaan ook, "Dawie" van
Die Burger beskryf hom helder en duidelik.
Re: Apartheid [boodskap #57325 is 'n antwoord op boodskap #57320] Di, 12 Februarie 2002 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina Een van die redes was dat
almal wat toe vriende was met Beyers Naude
skielik begin sien het dat hulle dop begin te
hou word deur die veiligheidspolisie. En dis
in 1963, skaars vyf jaar nadat die NP aan die
bewind gekom het. Klink vir my soos die Russe
gedurende Kommunisme.

Wouter
1953? Of na vyftien jaar van NP-bewind?
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57328 is 'n antwoord op boodskap #57323] Di, 12 Februarie 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ons het duidelik weer 'n skimskrywer. Wie skryf hier namens Lou?
> :-)
> Wouter

Ek het dieselfde gedink, Wouter. Dit klink
forensies nie na Lou se geskrywery nie. Net
die laaste paar sinne is in sy trant. Komaan,
Lou, fess up.

Gloudina
Re: Apartheid [boodskap #57329 is 'n antwoord op boodskap #57325] Di, 12 Februarie 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina
> in 1963, skaars vyf jaar nadat die NP aan die
> bewind gekom het.
> Wouter
> 1953? Of na vyftien jaar van NP-bewind?

Weereens my fout. Maar dit klink nog altyd
vir my na Kommunisme se spioenering op die
burgers van hulle staat.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57330 is 'n antwoord op boodskap #57314] Di, 12 Februarie 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> 'n Groot parallel van apartheid is dat 'n groot deel van die wereld
> bevolking huidiglik leef onder die broodlyn in uiterste armoede met
> gebrekkige huisvesting en min of geen mediese versorging. Dit terwyl 'n
> minderheid in die uiterste luuksheid lewe

> As ons nou die hulpbronne sou deel en almal 'n gelyke deel daarvan gee
> sal die arme mense se bestaan mos ingrypend verbeter? Almal se
> menswaardigheid en reg op 'n bestaan vereis dit eintlik! Hulle het ook
> die reg op 'n lewe, basiese voeding, huisvesting, versorging.
> Inderwaarheid is dit pleinweg diskriminasie in die ergste graad om mense
> se bestaansreg te ontken!

Hoera. Lou is bekeer. Die einste Lou wat saam
met 'n hele paar ander op hierdie nuusgroep
gereeld sit en kla dat "hulle" die "meeste
van die belasting betaal" en dus die minder-
bevoorregtes "dra." En dat hulle nou moeg
daarvoor is. Hoera, ou Lou, weereens hoera!!
Jy is bekeer.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57331 is 'n antwoord op boodskap #57314] Di, 12 Februarie 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Soos elekrtisiteit, hitte en lig
> - net 'n skakelaar weg. Water - draai die kraan oop en dis daar - warm /
> koud - nes jy verkies. En dit maak groot dele van die wereld leefbaar -
> soos onder andere Kanada. Voeding - kos is so ver as die supermark of
> MacDonalds op die hoek - jy moet net geld h^e!. Mediese versorging - as
> jy dit kan bekostig kan jy die beste mediese dienste kry.

Lou, jy sit en kwetter oor 'n "Kanada" wat net
in jou kop bestaan. Daardie Kanada in jou kop
mag bestaan in die strepie grond wat so omtrent
vyfhonderd myl bo die Amerikaanse grens is, maar
in die res van hierdie staat wat die tweede-
grootste landoppervlakte in die wêreld beslaan,
(selfs groter as Sjina), is daar nie krane wat
outomaties oopdraai, McDonaldse om die hoek en
mediese versorging net vir die vra nie.Jy beledig
vir my en my landgenote deur te vergeet van al die
Eerste Nasies en Inuit wat ook in hierdie land bly,
somtyds in derde-wêreldse armoede.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57333 is 'n antwoord op boodskap #57314] Di, 12 Februarie 2002 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
> die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
> vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
> slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
> gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
> die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
> Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
> rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
> Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
> geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!
>
> Andersins - shut-up.
>
>

Ja Lou, jy (of die persoon van wie jy meeste
van bostaande geskaak het) het 'n baie goeie
punt beet. En,as jy nog nie opgemerk het nie,
Kanada is een van die lande wat die voortou
neem in die beweging om derde-wêreldse Afrika-
lande hulle skuld te vergewe.
Ek wil vir jou egter ook daarop wys dat
ons ons eie hydro-elektrisiteit produseer
en uitvoer na die VSA. Ons voer ook hout uit,
heelwaarskynlik na SA. Ons voer ook mielies
dwarsoor die wereld uit, heelwaarskynlik ook
soms na suidelike Afrika. Vir die dertig miljoen
mense wat ons is, dink ek nie ons gebruik teveel
van die wêreld se grondstowwe op nie. Hulle wil
selfs nou ons Groot Mere se water in die Ooste
koop.
Ek doen al klaar 'n groot deel van al daardie
dinge wat jy aanbeveel. Doen jy dit. Jy het baie
tyd nou - noudat jy opgehou het om te kla dat jou
belasting gebruik word om die derde-wêreldse armoede
om jou op te hef.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57346 is 'n antwoord op boodskap #57314] Wo, 13 Februarie 2002 04:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lou

Jou gedagte om kos vir die honger mense te skenk klink groots. Maar, helaas,
dit is nie die antwoord op hierdie mense in Afrika se probleem nie. Hulp sal
op 'n ander wyse gegee moet word om die honger mense se kinders (eendag) te
voed.

Daardie oplossing lê ongelukkig in die hande van Afrika self - en dit is
waar die probleem gesetel is.

"Lou" skryf in boodskap news:3C6914C8.4AD47DDA@lous.zzn.com...
>
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Kinky wrote:
>>
>>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>>
>> Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
>> begin nie. Die Engelse was wel, net soos
>> alle koloniale moondhede in die neëntiende
>> eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
>> die menseregte van die lokale bewoners nie.
>> Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
>> middel van die twintigste eeu, dit was 'n
>> voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
>> om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
>> van die bevolking weg te neem.
>
>
> Gloudina
>
> So paar jaar gelede sou dit as verraad beskou wees om apartheid te
> bevraagteken en tog het dit die bestaansreg en menslikheid van miljoene
> mense misken.
>
> 'n Groot parallel van apartheid is dat 'n groot deel van die wereld
> bevolking huidiglik leef onder die broodlyn in uiterste armoede met
> gebrekkige huisvesting en min of geen mediese versorging. Dit terwyl 'n
> minderheid in die uiterste luuksheid lewe en die skaars hulpbronne van
> die aarde vir hulle eie gemak aanwend. Soos elekrtisiteit, hitte en lig
> - net 'n skakelaar weg. Water - draai die kraan oop en dis daar - warm /
> koud - nes jy verkies. En dit maak groot dele van die wereld leefbaar -
> soos onder andere Kanada. Voeding - kos is so ver as die supermark of
> MacDonalds op die hoek - jy moet net geld h^e!. Mediese versorging - as
> jy dit kan bekostig kan jy die beste mediese dienste kry.
>
> As ons nou die hulpbronne sou deel en almal 'n gelyke deel daarvan gee
> sal die arme mense se bestaan mos ingrypend verbeter? Almal se
> menswaardigheid en reg op 'n bestaan vereis dit eintlik! Hulle het ook
> die reg op 'n lewe, basiese voeding, huisvesting, versorging.
> Inderwaarheid is dit pleinweg diskriminasie in die ergste graad om mense
> se bestaansreg te ontken!
>
> Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
> die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
> vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
> slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
> gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
> die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
> Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
> rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
> Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
> geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!
>
> Andersins - shut-up.
>
>
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57348 is 'n antwoord op boodskap #57286] Wo, 13 Februarie 2002 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir my ook nie Jonas - maar vir iemand was dit 'n groot genoeg issue om haar
hier terug te kry - ek wonder nou net as sy terug hier is of daar ooit weer
iets oor haar geskryf gan word.
Annette

Jonas skryf in boodskap news:a4a5ld$odc$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek frons en probeer baie hard ... Maar, helaas, vir my bly die Saartjie-sage
> regtig nie 'n issue nie. Boude of nie boude nie...
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a48mg6$1d298i$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Max - probeer Die Burger van verlede Vrydag/Saterdag te lees - daar is nogal
>> 'n mooi foto van haar .
>> Eerstens het sy 'n paar stewige boude gehad - soos baie van ons.
>> Tweedens het sy 'n hengse paar tepels gehad:))
>> Annette
>>
>>
>> com> wrote in message
>> news:e720f1c7.0202110632.45cfe024@posting.google.com...
>>> Wat was fout met haar liggaamsbou? Ek het nog nooit van haar gehoor nie.
>>> ____________________________________
>>> kin...@hotmail.com (Kinky) wrote in message news:...
>>>> "Annette" wrote in message news:...
>>>> > Dankie Kinky
>>>> >
>>>> > Mens wonder hoe haar lewe was vandat sy SA verlaat het totdat sy gesterf
>>>> > het - op watter stadium het die agbare dokter haar weggegooi.
>>>> > Annette
>>>>
>>>> KinkY: My hart het nog altyd gebloei vir haar! Wat n wrede manier om
>>>> jou lewe te leef net omdat die lewe van jou n frats gemaak het en
>>>> iemand hom 'n goddelike reg toege-eien het om geld te maak uit 'n
>>>> ander mense se ellende!
>>>>
>>>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>>>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>>>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>>
>
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57350 is 'n antwoord op boodskap #57314] Wo, 13 Februarie 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek eintlik wou sê - en by meeste verby gegaan het - die ewige
getjommel oor apartheid is mostert na die maal. Apartheid was erg en met
miljoene mense geraak maar die onewewig wat bestaan tussen ryk en armer
is veel wyer - en dit is steeds wettig terwyl apartheid nie is nie. Die
mense wat dan ook so hard teen apartheid geskree het bly vergeet dat
hulle deel is van die huidige wettige onewewig wat eintlik apartheid
tussen ryk en arm is en wereldwyd toegepas word - en as hulle dit besef
is hulle tjoepstil daaroor. Net soos ons heel lekker as die bevoorregtes
onder apartheid gelewe het, leef ons nou onder die eerste/derde wereld
bedeling sonder om 'n oomblik daaroor te dink.

En dit Gloudina - sluit jou in!

Lou wrote:
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Kinky wrote:
>>
>>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>>
>> Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
>> begin nie. Die Engelse was wel, net soos
>> alle koloniale moondhede in die neëntiende
>> eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
>> die menseregte van die lokale bewoners nie.
>> Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
>> middel van die twintigste eeu, dit was 'n
>> voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
>> om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
>> van die bevolking weg te neem.
>
> Gloudina
>
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57353 is 'n antwoord op boodskap #57331] Wo, 13 Februarie 2002 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Soos elekrtisiteit, hitte en lig
>> - net 'n skakelaar weg. Water - draai die kraan oop en dis daar - warm /
>> koud - nes jy verkies. En dit maak groot dele van die wereld leefbaar -
>> soos onder andere Kanada. Voeding - kos is so ver as die supermark of
>> MacDonalds op die hoek - jy moet net geld h^e!. Mediese versorging - as
>> jy dit kan bekostig kan jy die beste mediese dienste kry.
>
> Lou, jy sit en kwetter oor 'n "Kanada" wat net
> in jou kop bestaan. Daardie Kanada in jou kop
> mag bestaan in die strepie grond wat so omtrent
> vyfhonderd myl bo die Amerikaanse grens is, maar
> in die res van hierdie staat wat die tweede-
> grootste landoppervlakte in die wêreld beslaan,
> (selfs groter as Sjina), is daar nie krane wat
> outomaties oopdraai, McDonaldse om die hoek en
> mediese versorging net vir die vra nie.Jy beledig
> vir my en my landgenote deur te vergeet van al die
> Eerste Nasies en Inuit wat ook in hierdie land bly,
> somtyds in derde-wêreldse armoede.
>

Die probleem is Gloudina - jy as immigrant bly in die vet van kanada
terwyl die Inuit en en Eerste Nasies :) in derdewereldse omstandighede
moet bly. En ek verwys na mense soos jy wat hard skreeu oor
ongeregtigheid terwyl hulle lekker warm met 'n koppie koffie en 'n bagel
in hulel studeerkamer sit op die internet kamaai.

En spaar maar jou geografie lessies vier iemand wat omgee - ons in SA is
lankal nie meer so oningelig soos jy was toe jy hier weg is nie :}
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57354 is 'n antwoord op boodskap #57333] Wo, 13 Februarie 2002 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Maar die diskriminasie is wettig - net soos apartheid was. So klim van
>> die apartheid kassie af - dit is gelukkig nou verby en doen eerder iets
>> vir daardie kind wat nie kos het om te eet nie en vanaand koud gaan
>> slaap. Doen iets aan die uitbuiting van die wereld se hulbronne deur die
>> gelukkige paar wat in die eerste wereld lande bly. Deel daardie koek met
>> die boemelaar! Skakel af die verwarmer en bewaar iets vir die nageslag!
>> Het jy al daardie kamers in jou huis nodig? Neem behoeftiges in - kyk
>> rond hulle is orals om jou! Betoog by die MultiNasional Pharmaseutiese
>> Maatskappye wat die arm lande uitbuit met hulel medisyne pryse! Stuur
>> geld vir kos aan Zimbabwe! Die moontlikhede wag net vir jou!!
>>
>> Andersins - shut-up.
>>
>>
>
> Ja Lou, jy (of die persoon van wie jy meeste
> van bostaande geskaak het) het 'n baie goeie
> punt beet. En,as jy nog nie opgemerk het nie,
> Kanada is een van die lande wat die voortou
> neem in die beweging om derde-wêreldse Afrika-
> lande hulle skuld te vergewe.

Die skuld vergewing gaan niks help nie - opleiding is wat die mense
nodig het - soos in 'Gee iemand vis waka waka waka ...'

> Ek wil vir jou egter ook daarop wys dat
> ons ons eie hydro-elektrisiteit produseer
> en uitvoer na die VSA. Ons voer ook hout uit,
> heelwaarskynlik na SA. Ons voer ook mielies
> dwarsoor die wereld uit, heelwaarskynlik ook
> soms na suidelike Afrika. Vir die dertig miljoen
> mense wat ons is, dink ek nie ons gebruik teveel
> van die wêreld se grondstowwe op nie. Hulle wil
> selfs nou ons Groot Mere se water in die Ooste
> koop.

Moerse - maar julle word goed daarvoor betaal - maar steeds jou gehalte
van lewe is baie beter as die Inuit of Eerste nasies :) sin nie waar
nie? So die gebruik van hulpbronne is dus disposioneel ten koste van die
armes?

> Ek doen al klaar 'n groot deel van al daardie
> dinge wat jy aanbeveel. Doen jy dit. Jy het baie
> tyd nou - noudat jy opgehou het om te kla dat jou
> belasting gebruik word om die derde-wêreldse armoede
> om jou op te hef.
>

Wat doen jy? Gebruik nie elektrisiteit nie? Eet jy mieliepap? Wat is jou
basiese kalorie inname per dag? En wat is die standaard Inuit se kalorie
inname, elektrisiteits verbruik en ander energie verbruik per dag?
Duidelik verstaan jy nie my punt nie - JY is deel van die diskriminasie
teen die armes! :)
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57358 is 'n antwoord op boodskap #57350] Wo, 13 Februarie 2002 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor jou Lou ...

"Lou" skryf in boodskap news:3C6A0BA6.9BF86636@lous.zzn.com...
> Wat ek eintlik wou sê - en by meeste verby gegaan het - die ewige
> getjommel oor apartheid is mostert na die maal. Apartheid was erg en met
> miljoene mense geraak maar die onewewig wat bestaan tussen ryk en armer
> is veel wyer - en dit is steeds wettig terwyl apartheid nie is nie. Die
> mense wat dan ook so hard teen apartheid geskree het bly vergeet dat
> hulle deel is van die huidige wettige onewewig wat eintlik apartheid
> tussen ryk en arm is en wereldwyd toegepas word - en as hulle dit besef
> is hulle tjoepstil daaroor. Net soos ons heel lekker as die bevoorregtes
> onder apartheid gelewe het, leef ons nou onder die eerste/derde wereld
> bedeling sonder om 'n oomblik daaroor te dink.
>
> En dit Gloudina - sluit jou in!
>
> Lou wrote:
>>
>> "@rogers.com" wrote:
>>>
>>> Kinky wrote:
>>>
>>>> Ek dink amper hierdie dokter was van Engelse afkoms? Ek het eenkeer
>>>> gelees (kan nie meer presies onthou waar nie) dat dit juis die
>>>> Engelse was wat Apartheid hier in SA gevestig het.
>>>
>>> Ag, moet tog nie weer met daardie deuntjie
>>> begin nie. Die Engelse was wel, net soos
>>> alle koloniale moondhede in die neëntiende
>>> eeu en daarvoor, nie vreeslik sensitief vir
>>> die menseregte van die lokale bewoners nie.
>>> Maar apartheid, dit wat uitgedink is in die
>>> middel van die twintigste eeu, dit was 'n
>>> voël van 'n heel ander vere - staatswetgewing
>>> om rasse te skei en die stemreg van 80 persent
>>> van die bevolking weg te neem.
>>
>> Gloudina
>>
>> <snip 'n werklik wonderlik en wel deurdagte tirade :) >
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57372 is 'n antwoord op boodskap #57350] Wo, 13 Februarie 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

. Net soos ons heel lekker as die bevoorregtes
> onder apartheid gelewe het, leef ons nou onder die eerste/derde wereld
> bedeling sonder om 'n oomblik daaroor te dink.
>
> En dit Gloudina - sluit jou in!

Lou, die arrogante. Hoe weet jy dat
ek nie gedurig daaroor dink en my
bes te doen om iets daaraan te doen
nie. Hoor jy my kla oor die belasting
wat ek moet betaal - een van die hoogste
belastings in die wêreld?

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57377 is 'n antwoord op boodskap #57372] Wo, 13 Februarie 2002 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En watter persentasie van die inkomste is hierdie geagte een van die hoogste
belastings ter wêreld?
Gloudina, as betaling van belasting sonder om te kla jou idee is van
ondersteuning van die minderbevoorregtes, dan mis jy hopeloos die punt wat
Lou gemaak het.
Ons almal hier betaal ons belasting, wat wel tans die hoogste ter wêreld is,
en ek is seker nie een van ons hier sien dit as genoegsame ondersteuing van
diegene wat hulp nodig het nie.
Annette

skryf in boodskap news:3C6A5B31.6020208@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
> . Net soos ons heel lekker as die bevoorregtes
>> onder apartheid gelewe het, leef ons nou onder die eerste/derde wereld
>> bedeling sonder om 'n oomblik daaroor te dink.
>>
>> En dit Gloudina - sluit jou in!
>
> Lou, die arrogante. Hoe weet jy dat
> ek nie gedurig daaroor dink en my
> bes te doen om iets daaraan te doen
> nie. Hoor jy my kla oor die belasting
> wat ek moet betaal - een van die hoogste
> belastings in die wêreld?
>
> Gloudina
>
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57382 is 'n antwoord op boodskap #57372] Wo, 13 Februarie 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> . Net soos ons heel lekker as die bevoorregtes
>> onder apartheid gelewe het, leef ons nou onder die eerste/derde wereld
>> bedeling sonder om 'n oomblik daaroor te dink.
>>
>> En dit Gloudina - sluit jou in!
>
> Lou, die arrogante. Hoe weet jy dat
> ek nie gedurig daaroor dink en my
> bes te doen om iets daaraan te doen
> nie. Hoor jy my kla oor die belasting
> wat ek moet betaal - een van die hoogste
> belastings in die wêreld?
>

Maar ek hoor jou onophoudelik kla oor apartheid ... maar ek het jou nog
nooit hoor kla oor die arme Inuite wat so swaar moet leef terwyl jy self
so lekker het nie? As jy weer daardie verhitting opstel en die sneeu val
buite - dink daaraan.
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57391 is 'n antwoord op boodskap #57382] Wo, 13 Februarie 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

maar ek het jou nog
> nooit hoor kla oor die arme Inuite wat so swaar moet leef terwyl jy self
> so lekker het nie?

Nou, my liewe Lou, nou herskryf jy skielik
weer die kondisie van die Inuit in Kanada
met jou ou benewelde breintjie. Alle Inuit
in Kanada is nie arm nie. Inteendeel. En
alle Kanadese in die strate van Toronto is
nie ryk nie. Wat wel waar is, is dat ons
in Kanada sosiale veiligheidsnette het, en
dat daar gepoog word om vir die armste van
die armes te sorg.Maar om dit te kan
bekostig, betaal ons baie hoë belastings,
beide op federale en provinsiale gebied.

Gloudina
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57519 is 'n antwoord op boodskap #57391] Vr, 15 Februarie 2002 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> maar ek het jou nog
>> nooit hoor kla oor die arme Inuite wat so swaar moet leef terwyl jy self
>> so lekker het nie?
>
> Nou, my liewe Lou, nou herskryf jy skielik
> weer die kondisie van die Inuit in Kanada
> met jou ou benewelde breintjie. Alle Inuit
> in Kanada is nie arm nie. Inteendeel. En
> alle Kanadese in die strate van Toronto is
> nie ryk nie. Wat wel waar is, is dat ons
> in Kanada sosiale veiligheidsnette het, en
> dat daar gepoog word om vir die armste van
> die armes te sorg.Maar om dit te kan
> bekostig, betaal ons baie hoë belastings,
> beide op federale en provinsiale gebied.
>

Kla jy nou of spog jy? Ek sien ook dat jy woorde gebruik soos - 'Alle
Inuit is nie arm nie' - daar is dus baie - die meerderheid wat arm is?
Die oorspronklike mense van Kanada wat nou soos bywoners in hulle eie
land kewe terwyl immigrante die hulpbronne op gebruik.

Aangaande die belasting - ha ha ha - daar skiet jy jou vorige belasting
argument in die voet :)
Re: Saartjie kom tuis! [boodskap #57530 is 'n antwoord op boodskap #57391] Vr, 15 Februarie 2002 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> maar ek het jou nog
>> nooit hoor kla oor die arme Inuite wat so swaar moet leef terwyl jy self
>> so lekker het nie?
>
> Nou, my liewe Lou, nou herskryf jy skielik
> weer die kondisie van die Inuit in Kanada
> met jou ou benewelde breintjie. Alle Inuit
> in Kanada is nie arm nie. Inteendeel. En
> alle Kanadese in die strate van Toronto is
> nie ryk nie. Wat wel waar is, is dat ons
> in Kanada sosiale veiligheidsnette het, en
> dat daar gepoog word om vir die armste van
> die armes te sorg.Maar om dit te kan
> bekostig, betaal ons baie hoë belastings,
> beide op federale en provinsiale gebied.
>

Kla jy nou of spog jy? Ek sien ook dat jy woorde gebruik soos - 'Alle
Inuit is nie arm nie' - daar is dus baie - die meerderheid wat arm is?
Die oorspronklike mense van Kanada wat nou soos bywoners in hulle eie
land kewe terwyl immigrante die hulpbronne op gebruik.

Aangaande die belasting - ha ha ha - daar skiet jy jou vorige belasting
argument in die voet :)
Re: Apartheid [boodskap #58097 is 'n antwoord op boodskap #57319] So, 03 Maart 2002 11:53 Na vorige boodskap
hein[1]  is tans af-lyn  hein[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Apartheid heers in die VSA en sal daar wees vir altyd.
skryf in boodskap news:3C69227B.4080807@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
> ek is weer moeg daarvan dat baie huidige probleme
>> ad nauseam aan apartheid toegeskryf, probleme met geen of 'n baie yl
>> historiese konneksie. En dat regstelling geëis word van diegene wat
>> deur apartheid bevoordeel is of behoort te gewees het.
>
>
>
> Maar Wouter, bevestig jy nou nie presies jou
> aanname dat "apartheid" nie net 'n maaksel van
> die NP in die tweede deel van die twintigste eeu
> is nie, maar ook 'n uitspruitsel van eeue en eeue
> van meer en meer intense dominansie van die mense
> wat uit Europa na die suide van Afrika gekom het -
> dus ook die Engelse en die Duitsers wat hierheen
> gestroom het (veral na die oosgrens van die Kolonie.)
> Dis tog hieroor waar nie-blankes kla: die langdurige
> onderwerp aan die reëlings wat die witmense gemaak
> het in 'n land wat grootliks bevolk is deur mense
> wat nie hulle velkleur gehad het nie. Waarvoor is
> jy dus moeg?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Do you are looking for beautiful Husband?
Volgende onderwerp: Snaaksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:13:54 MGT 2024