Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ruil, koop & verkoop » Pfizer se advertensie
Pfizer se advertensie [boodskap #57478] Do, 14 Februarie 2002 18:49
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie wat Pfizer probeer verkoop met die advertensie nie maar daar sit
die twee ouens na die Televisie en kyk en biltong en chips vreet en sê die
een ou so uit die bloute "Ou Gert, ek het ereksieprobleme." Dan maak hulle
die stelling dat 50% van alle mans bo 40 "ereksieprobleme" het. Nou wat op
aarde het ons normale kykers te doen met ander ouens se ereksieprobleme???

My kommentaar, ewe pronkerig, is dat ek al oor die sestig is en nog nie
sulke probleme het nie.

Sê die Tannie, doodluiters terwyl sy so oor haar breibril na die TV skerm
kyk: "Jou ereksie IS jou probleem. Jy sal al twee weke dood wees dan sal
hulle die ding met 'n plank moet doodslaan." Ek weet nie wat ek gedoen het
om so 'n afjak te verdien nie. My hart is ook nie van klip gemaak nie.

St.Valentein'sdag het ook nog boonop in 'n internasionale seksdag geontaard.
Sê die aia op nog 'n advetensie: Ons moet nie vergeet om hierdie dag kondome
te dra nie. WAARVOOR??? Miskien borg Pfizer kondome ook. 'n Artikel in
die Citizen sê dat vir 'n gelukkige Valenteinsdag moet die vroue hul mans
met baie grondboontjies en Jungle Oats trakteer. Miskien is dit waar my
probleem vandaankom: Elke môre eet ek Jungle Oats dan sing ek nugter weet
waarom "I had it all this morning!"

Pfizer kan meer doen met so 'n advertensie: Die twee ouens kan saam na die
rugby kyk dan kan die een ou sê: "Ou Gert nou kry ek ten minste beter
opelyf."

Groetnis
Vorige onderwerp: Maak Lekker Geld, Maklik!
Volgende onderwerp: 'Cotton Ear' Marmosette te koop.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:59:13 MGT 2024