Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » stampmielies
stampmielies [boodskap #57084] Do, 07 Februarie 2002 15:38 na volgende boodskap
Fanie  is tans af-lyn  Fanie
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
dankie
Re: stampmielies [boodskap #57090 is 'n antwoord op boodskap #57084] Do, 07 Februarie 2002 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"fanie" skryf in boodskap news:...
> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
> dankie

Dit word hier in die Oos Kaap genoem mngqusho. Dis omtrent die
stapelvoedsel hier. Sal more uitvind en jou 'n resep stuur as iemand
anders dit nie alreeds gedoen het nie.

Groete, Drom
Re: stampmielies [boodskap #57102 is 'n antwoord op boodskap #57084] Do, 07 Februarie 2002 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kaboemielies met bone?
OK - wag net tot Saterdag asseblief.
Dis vreeslik lekker.
Annette

fanie skryf in boodskap news:hcx88.40903$Nf.977926@Flipper...
>
> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
> dankie
>
Re: stampmielies [boodskap #57106 is 'n antwoord op boodskap #57090] Do, 07 Februarie 2002 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0202071010.6a296a02@posting.google.com...
> "fanie" wrote in message
news:...
>> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
>> dankie
>
> Dit word hier in die Oos Kaap genoem mngqusho. Dis omtrent die
> stapelvoedsel hier. Sal more uitvind en jou 'n resep stuur as iemand
> anders dit nie alreeds gedoen het nie.
>
> Groete, Drom

Ek wag vir jou resep.
kan ons eintlik weer eens wat anders eet as bobotie en meltert :-)))

Gr.Rico
Re: stampmielies [boodskap #57115 is 'n antwoord op boodskap #57084] Vr, 08 Februarie 2002 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"fanie" skryf in boodskap news:...
> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
> dankie

Fanie

Jy sal moet wag tot vannaand. Ek moet by ons huishulp hoor hoe om dit
te maak en sy het vanoggend net twee minute voor ek werk toe moes kom
by ons huis opgedaag, dus was daar nie tyd nie. Sy sal die metode vir
my neerskryf so deur die loop van die oggend. Mngqusho is heel lekker,
maar ek vind dit erg vullend, amper soos sement, en tog kan Monica
(ons huishulp van baie jare) en my landskapingeneur reuse bakke
daarvan opeet.

Groete, Drom
Re: stampmielies [boodskap #57116 is 'n antwoord op boodskap #57102] Vr, 08 Februarie 2002 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Kaboemielies met bone?

Annette

Kaboemielies is heel mielies. In die ou dae is heel mielies met bone
gekook. Wat hulle gedoen het was om mielies te plant en as dit, die
mielies, al so 'n ent weg was, 'n rankboon langs elke mielie te plant
sodat die twee so saam-saam reg kom. Ek weet nie of dit nog gedoen
word nie. Deesdae is dit maar meestal stampmielies, of samp soos dit
algemeen genoem word, wat van die winkels af kom.

Drom
Re: stampmielies [boodskap #57119 is 'n antwoord op boodskap #57116] Vr, 08 Februarie 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom, dan eet ek nog outyds :))
Ons eet nog gereeld kaboemielies met bone.
Gewoonlik die rooi boontjie, sodat die gereg 'n bietjie kleur in het - nie
botterbone of witboontjies nie.
Dit maak by my nie saak of kaboemielies bone by het of nie - ek eet dit nog
steeds met botter, melk en suiker.

Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0202072231.1cc3a1fc@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Kaboemielies met bone?
>
> Annette
>
> Kaboemielies is heel mielies. In die ou dae is heel mielies met bone
> gekook. Wat hulle gedoen het was om mielies te plant en as dit, die
> mielies, al so 'n ent weg was, 'n rankboon langs elke mielie te plant
> sodat die twee so saam-saam reg kom. Ek weet nie of dit nog gedoen
> word nie. Deesdae is dit maar meestal stampmielies, of samp soos dit
> algemeen genoem word, wat van die winkels af kom.
>
> Drom
Re: stampmielies [boodskap #57137 is 'n antwoord op boodskap #57119] Vr, 08 Februarie 2002 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Drom, dan eet ek nog outyds :))
> Ons eet nog gereeld kaboemielies met bone.
> Gewoonlik die rooi boontjie, sodat die gereg 'n bietjie kleur in het - nie
> botterbone of witboontjies nie.
> Dit maak by my nie saak of kaboemielies bone by het of nie - ek eet dit nog
> steeds met botter, melk en suiker.

Annette, gebruik jy wit of geel mielies? Hoekom ek dit vra is dat ek
nie hier by ons rond heel wit mielies kan kry nie, net geles, en
alhoewel ek van geel mieliemeel hou (vir krummelpap natuurlik!) het ek
nog nooit heel geel mielies probeer nie. Stem saam oor die boontjies.

Groete, Drom

NS Ek hou van julle CD.
Re: stampmielies [boodskap #57138 is 'n antwoord op boodskap #57137] Vr, 08 Februarie 2002 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons gebruik die wit mielies.
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0202080203.1ddea3e@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Drom, dan eet ek nog outyds :))
>> Ons eet nog gereeld kaboemielies met bone.
>> Gewoonlik die rooi boontjie, sodat die gereg 'n bietjie kleur in het - nie
>> botterbone of witboontjies nie.
>> Dit maak by my nie saak of kaboemielies bone by het of nie - ek eet dit nog
>> steeds met botter, melk en suiker.
>
> Annette, gebruik jy wit of geel mielies? Hoekom ek dit vra is dat ek
> nie hier by ons rond heel wit mielies kan kry nie, net geles, en
> alhoewel ek van geel mieliemeel hou (vir krummelpap natuurlik!) het ek
> nog nooit heel geel mielies probeer nie. Stem saam oor die boontjies.
>
> Groete, Drom
>
> NS Ek hou van julle CD.
Re: stampmielies [boodskap #57148 is 'n antwoord op boodskap #57116] Vr, 08 Februarie 2002 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> . Wat hulle gedoen het was om mielies te plant en as dit, die
> mielies, al so 'n ent weg was, 'n rankboon langs elke mielie te plant
> sodat die twee so saam-saam reg kom. Ek weet nie of dit nog gedoen
> word nie.

> Drom

Die nuwe neiging is om ertappels (ertappels let wel, en nie aartappels
nie) en uie saam te plant. Een ertappel een ui een ertappel een ui.
Die gevolg is dat die groente selfs in droogte gedy omdat die uie die
ertappelogies laat traan en daar dus altyd genoeg water is.
Re: stampmielies [boodskap #57160 is 'n antwoord op boodskap #57084] Vr, 08 Februarie 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"fanie" skryf in boodskap news:...
> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
> dankie

Hier's dit:

4 koppies stampmielies
2 koppies bone (rooies soos Annette hierbo sê, defnitief nie
botterbone nie)
¼ koppie olie (of na smaak)
Sout na smaak

Meng die mielies en bone en spoel af met water
Plaas in 'n groot genoeg kastrol en bedek met water tot so 1 cm bokant
die mengsel
Deksel op, laat die water kook en skakel dan jou stoofplaat (gas?)
baie laag
Gooi gedurig klein hoeveelhede water by (hou dit goed dop, dit brand
maklik aan)
Kook dit vir so 4 ure lank, seker afhangende van die hitte
As dit reg is, is dit sag sonder om papsag te wees en met so sousie
Net voor jy dit afhaal, gooi die olie en sout by, roer goed en verhit
nog so paar minute

(Met vriendelike groete van Monica Payi :)))

Hierdie is die basiese resep. Mens kan alleghande (nou tik ek soos
Annette!) goed bysit, soos kerrie, borrie, uie, maalvleis, aartappels,
noem dit. Eendag het ons huishulp gevra dat ek vir hulle bene moet
koop ( mens kry kaalgesnyde beesbene in stukkies hier by die slaghuise
te koop teen R2 per Kg, kom van die boerewors- en maalvleismakery af).
Ek was nogal verras (hulle kry vleis) en ook embarrassed (ek het nog
nooit vir 'n mens kaal bene gegee om te eet nie), toe sê sy dit maak
die mngqusho baie lekker. Nog nie probeer nie.

Waarmee saam eet mens dit? As jy 'n Xhosa is eet jy 'n onbegrypbare
hoop hiervan, met 'n ewegroot onbegrypbare hoop kool en 'n stuk vleis,
as jy dit kan bekostig, of as iemand dit vir jou gee. Die meeste mense
hier rond is baie arm.

Dis 'n baie tradisionele Oos-Kaap dis. By die plek waar ek werk kry
die studente dit elke middag- en aandete, tot die ontsteltenis van die
studente wat van elders af kom.

Groete, Drom
Re: stampmielies [boodskap #57189 is 'n antwoord op boodskap #57160] Sa, 09 Februarie 2002 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Drom,

Ek het tot my sewende jaar in Molteno groot geword, en ek het altyd saam met
ons huishulp onkruid uit die tuin gehaal en hulle het die wonderlikste dis
daarmee bymekaar geslaan. Die onkruid was redelike plat plantjes (as ek reg
kan onthou en dit is jare gelede, was die blar die mees duidelikste deel van
die plant en het op die grond gegroei....

Weet jy miskien waarvan ek praat en kan jy 'n naam hierby sit.

Ek wil dit so graag ten minste nog een keer eet, maar sonder naam sal dit
maar moeilik gaan.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0202080953.eb87aff@posting.google.com...
> "fanie" wrote in message
news:...
>> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
>> dankie
>
> Hier's dit:
>
> 4 koppies stampmielies
> 2 koppies bone (rooies soos Annette hierbo sê, defnitief nie
> botterbone nie)
> ¼ koppie olie (of na smaak)
> Sout na smaak
>
> Meng die mielies en bone en spoel af met water
> Plaas in 'n groot genoeg kastrol en bedek met water tot so 1 cm bokant
> die mengsel
> Deksel op, laat die water kook en skakel dan jou stoofplaat (gas?)
> baie laag
> Gooi gedurig klein hoeveelhede water by (hou dit goed dop, dit brand
> maklik aan)
> Kook dit vir so 4 ure lank, seker afhangende van die hitte
> As dit reg is, is dit sag sonder om papsag te wees en met so sousie
> Net voor jy dit afhaal, gooi die olie en sout by, roer goed en verhit
> nog so paar minute
>
> (Met vriendelike groete van Monica Payi :)))
>
> Hierdie is die basiese resep. Mens kan alleghande (nou tik ek soos
> Annette!) goed bysit, soos kerrie, borrie, uie, maalvleis, aartappels,
> noem dit. Eendag het ons huishulp gevra dat ek vir hulle bene moet
> koop ( mens kry kaalgesnyde beesbene in stukkies hier by die slaghuise
> te koop teen R2 per Kg, kom van die boerewors- en maalvleismakery af).
> Ek was nogal verras (hulle kry vleis) en ook embarrassed (ek het nog
> nooit vir 'n mens kaal bene gegee om te eet nie), toe sê sy dit maak
> die mngqusho baie lekker. Nog nie probeer nie.
>
> Waarmee saam eet mens dit? As jy 'n Xhosa is eet jy 'n onbegrypbare
> hoop hiervan, met 'n ewegroot onbegrypbare hoop kool en 'n stuk vleis,
> as jy dit kan bekostig, of as iemand dit vir jou gee. Die meeste mense
> hier rond is baie arm.
>
> Dis 'n baie tradisionele Oos-Kaap dis. By die plek waar ek werk kry
> die studente dit elke middag- en aandete, tot die ontsteltenis van die
> studente wat van elders af kom.
>
> Groete, Drom
Re: stampmielies [boodskap #57192 is 'n antwoord op boodskap #57189] Sa, 09 Februarie 2002 20:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
marog
--
Re: stampmielies [boodskap #57200 is 'n antwoord op boodskap #57192] So, 10 Februarie 2002 01:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Marog het 'n minder vleiende betekenis. Die woord is morôgo.

"Tobie" skryf in boodskap news:a44008$t5m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> marog
> --
>
Re: stampmielies [boodskap #57203 is 'n antwoord op boodskap #57189] So, 10 Februarie 2002 02:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink jy praat van marog.
Annette

Pijotr skryf in boodskap news:u6aq97oc6klg2d@corp.supernews.com...
> Drom,
>
> Ek het tot my sewende jaar in Molteno groot geword, en ek het altyd saam met
> ons huishulp onkruid uit die tuin gehaal en hulle het die wonderlikste dis
> daarmee bymekaar geslaan. Die onkruid was redelike plat plantjes (as ek reg
> kan onthou en dit is jare gelede, was die blar die mees duidelikste deel van
> die plant en het op die grond gegroei....
>
> Weet jy miskien waarvan ek praat en kan jy 'n naam hierby sit.
>
> Ek wil dit so graag ten minste nog een keer eet, maar sonder naam sal dit
> maar moeilik gaan.
>
>
>
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0202080953.eb87aff@posting.google.com...
>> "fanie" wrote in message
> news:...
>>> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
>>> dankie
>>
>> Hier's dit:
>>
>> 4 koppies stampmielies
>> 2 koppies bone (rooies soos Annette hierbo sê, defnitief nie
>> botterbone nie)
>> ¼ koppie olie (of na smaak)
>> Sout na smaak
>>
>> Meng die mielies en bone en spoel af met water
>> Plaas in 'n groot genoeg kastrol en bedek met water tot so 1 cm bokant
>> die mengsel
>> Deksel op, laat die water kook en skakel dan jou stoofplaat (gas?)
>> baie laag
>> Gooi gedurig klein hoeveelhede water by (hou dit goed dop, dit brand
>> maklik aan)
>> Kook dit vir so 4 ure lank, seker afhangende van die hitte
>> As dit reg is, is dit sag sonder om papsag te wees en met so sousie
>> Net voor jy dit afhaal, gooi die olie en sout by, roer goed en verhit
>> nog so paar minute
>>
>> (Met vriendelike groete van Monica Payi :)))
>>
>> Hierdie is die basiese resep. Mens kan alleghande (nou tik ek soos
>> Annette!) goed bysit, soos kerrie, borrie, uie, maalvleis, aartappels,
>> noem dit. Eendag het ons huishulp gevra dat ek vir hulle bene moet
>> koop ( mens kry kaalgesnyde beesbene in stukkies hier by die slaghuise
>> te koop teen R2 per Kg, kom van die boerewors- en maalvleismakery af).
>> Ek was nogal verras (hulle kry vleis) en ook embarrassed (ek het nog
>> nooit vir 'n mens kaal bene gegee om te eet nie), toe sê sy dit maak
>> die mngqusho baie lekker. Nog nie probeer nie.
>>
>> Waarmee saam eet mens dit? As jy 'n Xhosa is eet jy 'n onbegrypbare
>> hoop hiervan, met 'n ewegroot onbegrypbare hoop kool en 'n stuk vleis,
>> as jy dit kan bekostig, of as iemand dit vir jou gee. Die meeste mense
>> hier rond is baie arm.
>>
>> Dis 'n baie tradisionele Oos-Kaap dis. By die plek waar ek werk kry
>> die studente dit elke middag- en aandete, tot die ontsteltenis van die
>> studente wat van elders af kom.
>>
>> Groete, Drom
>
Re: stampmielies [boodskap #57205 is 'n antwoord op boodskap #57203] So, 10 Februarie 2002 10:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Merkwaardig dat diverse mensen hier hetzelfde antwoord geven zonder
eerst te kijken of een vraag al beantwoord is.......
Re: stampmielies [boodskap #57207 is 'n antwoord op boodskap #57200] So, 10 Februarie 2002 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
sallie wietie, ek kom uit die noord boland'
--
"Hantamkind"
: Marog het 'n minder vleiende betekenis. Die woord is morôgo.
Re: stampmielies [boodskap #57211 is 'n antwoord op boodskap #57205] So, 10 Februarie 2002 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie so merkwaardig as wat jy sou dink nie Davie.
Ek het ingeskakel en die oorspronklike vraag afgelaai.
Nadat ek afgelui het, het eers bietjie gebrei, boek gelees en 'n uiltjie
geknip, en toe die vragie beantwoord ( marog) - en toe, met die
myaflaai/hulaflaai, sien ek dat daar ander mense was wat ook geantwoord het.
Myns insiens 'n goeie teken dat mense wil help - en ook 'n vir die
vraesteller dat hy uit meer as een oord dieselfde antwoord kry - dus
behoort dit reg te wees.
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:57jc6usmqt6um9dfv4ajvm40av3j39r5gt@4ax.com...
>
>
> Merkwaardig dat diverse mensen hier hetzelfde antwoord geven zonder
> eerst te kijken of een vraag al beantwoord is.......
>
Re: stampmielies [boodskap #57212 is 'n antwoord op boodskap #57211] So, 10 Februarie 2002 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 14:55:11 +0200, "Annette" wrote:

> Nie so merkwaardig as wat jy sou dink nie Davie.

So bietjie in 'n tanniebui Annette.
Skuuuuuuus
Re: stampmielies [boodskap #57213 is 'n antwoord op boodskap #57212] So, 10 Februarie 2002 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou trek dan die kardoesbroek op dat die valletjie nie uithang nie;)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:pmrc6u8n3g6hnjesl0m8uorju6oslpbcmd@4ax.com...
> On Sun, 10 Feb 2002 14:55:11 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Nie so merkwaardig as wat jy sou dink nie Davie.
>
> So bietjie in 'n tanniebui Annette.
> Skuuuuuuus
Re: stampmielies [boodskap #57221 is 'n antwoord op boodskap #57207] So, 10 Februarie 2002 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Baie dankie, het iemand vir my 'n resep waar mens marog in gebruik - ek neem
aan dat die plantjie se naam is morogo/marog en nie die dis nie.

"Tobie" skryf in boodskap news:a45k6c$n50$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> sallie wietie, ek kom uit die noord boland'
> --
> "Hantamkind"
> : Marog het 'n minder vleiende betekenis. Die woord is morôgo.
>
Re: stampmielies [boodskap #57222 is 'n antwoord op boodskap #57203] So, 10 Februarie 2002 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Dankie Annette!

"Annette" skryf in boodskap news:a44lkr$1cj30l$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink jy praat van marog.
> Annette
>
>
> Pijotr wrote in message
> news:u6aq97oc6klg2d@corp.supernews.com...
>> Drom,
>>
>> Ek het tot my sewende jaar in Molteno groot geword, en ek het altyd saam met
>> ons huishulp onkruid uit die tuin gehaal en hulle het die wonderlikste dis
>> daarmee bymekaar geslaan. Die onkruid was redelike plat plantjes (as ek reg
>> kan onthou en dit is jare gelede, was die blar die mees duidelikste deel van
>> die plant en het op die grond gegroei....
>>
>> Weet jy miskien waarvan ek praat en kan jy 'n naam hierby sit.
>>
>> Ek wil dit so graag ten minste nog een keer eet, maar sonder naam sal dit
>> maar moeilik gaan.
>>
>>
>>
>>
>> "Drom" wrote in message
>> news:1e507c17.0202080953.eb87aff@posting.google.com...
>>> "fanie" wrote in message news:...
>>>> is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
>>>> dankie
>>>
>>> Hier's dit:
>>>
>>> 4 koppies stampmielies
>>> 2 koppies bone (rooies soos Annette hierbo sê, defnitief nie
>>> botterbone nie)
>>> ¼ koppie olie (of na smaak)
>>> Sout na smaak
>>>
>>> Meng die mielies en bone en spoel af met water
>>> Plaas in 'n groot genoeg kastrol en bedek met water tot so 1 cm bokant
>>> die mengsel
>>> Deksel op, laat die water kook en skakel dan jou stoofplaat (gas?)
>>> baie laag
>>> Gooi gedurig klein hoeveelhede water by (hou dit goed dop, dit brand
>>> maklik aan)
>>> Kook dit vir so 4 ure lank, seker afhangende van die hitte
>>> As dit reg is, is dit sag sonder om papsag te wees en met so sousie
>>> Net voor jy dit afhaal, gooi die olie en sout by, roer goed en verhit
>>> nog so paar minute
>>>
>>> (Met vriendelike groete van Monica Payi :)))
>>>
>>> Hierdie is die basiese resep. Mens kan alleghande (nou tik ek soos
>>> Annette!) goed bysit, soos kerrie, borrie, uie, maalvleis, aartappels,
>>> noem dit. Eendag het ons huishulp gevra dat ek vir hulle bene moet
>>> koop ( mens kry kaalgesnyde beesbene in stukkies hier by die slaghuise
>>> te koop teen R2 per Kg, kom van die boerewors- en maalvleismakery af).
>>> Ek was nogal verras (hulle kry vleis) en ook embarrassed (ek het nog
>>> nooit vir 'n mens kaal bene gegee om te eet nie), toe sê sy dit maak
>>> die mngqusho baie lekker. Nog nie probeer nie.
>>>
>>> Waarmee saam eet mens dit? As jy 'n Xhosa is eet jy 'n onbegrypbare
>>> hoop hiervan, met 'n ewegroot onbegrypbare hoop kool en 'n stuk vleis,
>>> as jy dit kan bekostig, of as iemand dit vir jou gee. Die meeste mense
>>> hier rond is baie arm.
>>>
>>> Dis 'n baie tradisionele Oos-Kaap dis. By die plek waar ek werk kry
>>> die studente dit elke middag- en aandete, tot die ontsteltenis van die
>>> studente wat van elders af kom.
>>>
>>> Groete, Drom
>>
>
Re: stampmielies [boodskap #57227 is 'n antwoord op boodskap #57222] So, 10 Februarie 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fanie  is tans af-lyn  Fanie
Boodskappe: 7
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
"Pijotr" skryf in boodskap news:u6d7bg7t08999e@corp.supernews.com...
> Dankie Annette!
>
> "Annette" wrote in message
> news:a44lkr$1cj30l$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek dink jy praat van marog.
>> Annette
>>
>>
>> Pijotr wrote in message
>> news:u6aq97oc6klg2d@corp.supernews.com...
>>> Drom,
>>>
>>> Ek het tot my sewende jaar in Molteno groot geword, en ek het altyd saam met
>>> ons huishulp onkruid uit die tuin gehaal en hulle het die wonderlikste dis
>>> daarmee bymekaar geslaan. Die onkruid was redelike plat plantjes (as ek reg
>>> kan onthou en dit is jare gelede, was die blar die mees duidelikste deel van
>>> die plant en het op die grond gegroei....
>>>
>>> Weet jy miskien waarvan ek praat en kan jy 'n naam hierby sit.
>>>
>>> Ek wil dit so graag ten minste nog een keer eet, maar sonder naam sal dit
>>> maar moeilik gaan.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> "Drom" wrote in message
>>> news:1e507c17.0202080953.eb87aff@posting.google.com...
>>>> "fanie" wrote in message
>>> news:...
>>>> > is daar iemand wat vir my een resept kan stuur van mielies en bone baie
>>>> > dankie
>>>>
>>>> Hier's dit:
>>>>
>>>> 4 koppies stampmielies
>>>> 2 koppies bone (rooies soos Annette hierbo sê, defnitief nie
>>>> botterbone nie)
>>>> ¼ koppie olie (of na smaak)
>>>> Sout na smaak
>>>>
>>>> Meng die mielies en bone en spoel af met water
>>>> Plaas in 'n groot genoeg kastrol en bedek met water tot so 1 cm bokant
>>>> die mengsel
>>>> Deksel op, laat die water kook en skakel dan jou stoofplaat (gas?)
>>>> baie laag
>>>> Gooi gedurig klein hoeveelhede water by (hou dit goed dop, dit brand
>>>> maklik aan)
>>>> Kook dit vir so 4 ure lank, seker afhangende van die hitte
>>>> As dit reg is, is dit sag sonder om papsag te wees en met so sousie
>>>> Net voor jy dit afhaal, gooi die olie en sout by, roer goed en verhit
>>>> nog so paar minute
>>>>
>>>> (Met vriendelike groete van Monica Payi :)))
>>>>
>>>> Hierdie is die basiese resep. Mens kan alleghande (nou tik ek soos
>>>> Annette!) goed bysit, soos kerrie, borrie, uie, maalvleis, aartappels,
>>>> noem dit. Eendag het ons huishulp gevra dat ek vir hulle bene moet
>>>> koop ( mens kry kaalgesnyde beesbene in stukkies hier by die slaghuise
>>>> te koop teen R2 per Kg, kom van die boerewors- en maalvleismakery af).
>>>> Ek was nogal verras (hulle kry vleis) en ook embarrassed (ek het nog
>>>> nooit vir 'n mens kaal bene gegee om te eet nie), toe sê sy dit maak
>>>> die mngqusho baie lekker. Nog nie probeer nie.
>>>>
>>>> Waarmee saam eet mens dit? As jy 'n Xhosa is eet jy 'n onbegrypbare
>>>> hoop hiervan, met 'n ewegroot onbegrypbare hoop kool en 'n stuk vleis,
>>>> as jy dit kan bekostig, of as iemand dit vir jou gee. Die meeste mense
>>>> hier rond is baie arm.
>>>>
>>>> Dis 'n baie tradisionele Oos-Kaap dis. By die plek waar ek werk kry
>>>> die studente dit elke middag- en aandete, tot die ontsteltenis van die
>>>> studente wat van elders af kom.
>>>>
>>>> Groete, Drom
>>>
>>> baie dankie julle vir die resept ek gaan dit in die week kook ek het
een groot pot so ek nooi julle wat my gehelp het om hier in die kou holland
te kom eet :-)
groete fanie
afa...@yahoo.com
>>
>
Re: stampmielies [boodskap #57231 is 'n antwoord op boodskap #57221] So, 10 Februarie 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy maak dit net so gaar soos spinasie.
Annette

Pijotr skryf in boodskap news:u6d7b469tkgh98@corp.supernews.com...
> Baie dankie, het iemand vir my 'n resep waar mens marog in gebruik - ek neem
> aan dat die plantjie se naam is morogo/marog en nie die dis nie.
>
>
> "Tobie" wrote in message
> news:a45k6c$n50$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> sallie wietie, ek kom uit die noord boland'
>> --
>> "Hantamkind"
>> : Marog het 'n minder vleiende betekenis. Die woord is morôgo.
>>
>
Re: stampmielies [boodskap #57236 is 'n antwoord op boodskap #57231] So, 10 Februarie 2002 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 21:09:10 +0200, "Annette" wrote:

> Pijotr :
>> Baie dankie, het iemand vir my 'n resep waar mens marog in gebruik - ek
> neem aan dat die plantjie se naam is morogo/marog en nie die dis nie.

> Annette:
> Jy maak dit net so gaar soos spinasie.
> Annette

Nee, Pijotr - ek glo nie dis 'n plant se naam nie - eerder die naam
van die groente-gereg. Dit is sovêr as wat ek weet die sagte, boonste
blaartjies van sekere onkruidsoorte en ook veral pampoenblare? Veral
lekker saam met Tshuka en Ngwiri.
:-)
Re: stampmielies [boodskap #57239 is 'n antwoord op boodskap #57236] So, 10 Februarie 2002 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 14:54:15 -0500, Danielle wrote:

> Nee, Pijotr - ek glo nie dis 'n plant se naam nie - eerder die naam
> van die groente-gereg. Dit is sovêr as wat ek weet die sagte, boonste
> blaartjies van sekere onkruidsoorte en ook veral pampoenblare? Veral
> lekker saam met Tshuka en Ngwiri.
> :-)

Marog (uitgespreek marôg) ìs wel die plant se naam Danielle.
Wanneer dit gaargemaak word met klein genyde ertappels
en tamamies neig dit effe na groen bone te smaak.
Te koop menige afdeling winkels (lokaal natuurlik)
Pick & Pay ingesluit.
Marog [boodskap #57240 is 'n antwoord op boodskap #57239] So, 10 Februarie 2002 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 22:44:31 +0200, Davie Davis wrote:

>> Nee, Pijotr - ek glo nie dis 'n plant se naam nie - eerder die naam
>> van die groente-gereg. Dit is sovêr as wat ek weet die sagte, boonste
>> blaartjies van sekere onkruidsoorte en ook veral pampoenblare? Veral
>> lekker saam met Tshuka en Ngwiri.
>> :-)
>
> Marog (uitgespreek marôg) ìs wel die plant se naam Danielle.
> Wanneer dit gaargemaak word met klein genyde ertappels
> en tamamies neig dit effe na groen bone te smaak.
> Te koop menige afdeling winkels (lokaal natuurlik)
> Pick & Pay ingesluit.

Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam, dan sal
ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
denke) :-))
(Ek is meer bekommerd oor die genyde aartappels. Tamamies klink
lekker!)

Ons het 'n groentedis hier in die Suide wat baie soos marog is. Dis
"collards" (of Collard Greens). Wat die blare van "Kale" is. En Kale
is 'n spesifieke plant wat aan die mostert familie behoort - Brassica
oleracea var. acephala.
Nogal baie lekker, ook. Baie lekkerder as Okra wat slymerig is as
mens dit net so gaarmaak. Maar okra is darem heel lekker in Cajun
disse soos Gumbo.

Oor Collards:
http://www.msue.msu.edu/msue/imp/mod03/01701379.html
Re: Marog [boodskap #57241 is 'n antwoord op boodskap #57240] So, 10 Februarie 2002 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 16:22:19 -0500, Danielle wrote:

>
>
> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam,
Sal kyk of ek op 'n botaniese naam kan afkom. Dit behoort nie moeilik
te wees nie.
> dan sal
> ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
> verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
> gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
> denke) :-))
> (Ek is meer bekommerd oor die genyde aartappels. Tamamies klink
> lekker!)
Dit is ertappels wat in 'n 'NY' vorm gekerf is. 'Nie Yslik' :-)))
Re: Marog [boodskap #57242 is 'n antwoord op boodskap #57241] So, 10 Februarie 2002 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 23:45:57 +0200, Davie Davis wrote:

>
>> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam,
> Sal kyk of ek op 'n botaniese naam kan afkom. Dit behoort nie moeilik
> te wees nie.

Okay - solank as jy net nie sê dat marog is NET Cowpeas (Vigna
unguiculata), nie.
:-)
Re: Marog [boodskap #57243 is 'n antwoord op boodskap #57242] So, 10 Februarie 2002 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 17:18:28 -0500, Danielle wrote:

> On Sun, 10 Feb 2002 23:45:57 +0200, Davie Davis wrote:
>

>>> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam,
>> Sal kyk of ek op 'n botaniese naam kan afkom. Dit behoort nie moeilik
>> te wees nie.
>
> Okay - solank as jy net nie sê dat marog is NET Cowpeas (Vigna
> unguiculata), nie.
> :-)
>

Jy het pos...
Re: Marog [boodskap #57246 is 'n antwoord op boodskap #57240] Ma, 11 Februarie 2002 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> Nee, Pijotr - ek glo nie dis 'n plant se naam nie - eerder die naam
>> van die groente-gereg. Dit is sover as wat ek weet die sagte, boonste
>> blaartjies van sekere onkruidsoorte en ook veral pampoenblare?

Davie
> Marog (uitgespreek marôg) ís wel die plant se naam Danielle.
> Wanneer dit gaargemaak word met klein genyde ertappels
> en tamamies neig dit effe na groen bone te smaak.
> Te koop menige afdeling winkels (lokaal natuurlik)
> Pick & Pay ingesluit.

Danielle
Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam, dan sal
ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
denke) :-))

Wouter
Davie is reg, hoor. Of die naam marog meer as een plant insluit weet
ek nie, maar dis 'n plant. In die ou Transvaal kon jy hom op die markte
en groentewinkels koop, ek vermoed dis nog steeds so.

Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek
marog´.
1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
baie soos spinasie, lewer; hanekam.
2. Gereg v.d. plant berei.
Re: Marog [boodskap #57251 is 'n antwoord op boodskap #57246] Ma, 11 Februarie 2002 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"> Danielle
> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam, dan sal
> ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
> verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
> gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
> denke) :-))
>
> Wouter
> Davie is reg, hoor. Of die naam marog meer as een plant insluit weet
> ek nie, maar dis 'n plant. In die ou Transvaal kon jy hom op die markte
> en groentewinkels koop, ek vermoed dis nog steeds so.
>
> Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek
> marog´.
> 1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
> baie soos spinasie, lewer; hanekam.
> 2. Gereg v.d. plant berei.

KinkY: Ek beaam, Wouter se stelling, Danielle. Marog word nog steeds
in groentewinkels verkoop. Ook soms in Pick & Pay se groente
afdeling. En die meeste mense weet presies waarna jy verwys as jy van
marog praat. Waar ek grootgeword het, het die swart mense marog in
die veld gepluk en saam met pap geeët.

(hoeveel getuienisse wil die hardkoppige Danielle nog hê?) ;-))
Re: Marog [boodskap #57252 is 'n antwoord op boodskap #57251] Ma, 11 Februarie 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle soek net 'n plant wat na haar vernoem kan word:)))
Daniellus Maroggus.:)))
Annette

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0202102233.6bf55441@posting.google.com...
> "> Danielle
>> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam, dan sal
>> ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
>> verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
>> gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
>> denke) :-))
>>
>> Wouter
>> Davie is reg, hoor. Of die naam marog meer as een plant insluit weet
>> ek nie, maar dis 'n plant. In die ou Transvaal kon jy hom op die markte
>> en groentewinkels koop, ek vermoed dis nog steeds so.
>>
>> Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek
>> marog´.
>> 1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
>> baie soos spinasie, lewer; hanekam.
>> 2. Gereg v.d. plant berei.
>
>
> KinkY: Ek beaam, Wouter se stelling, Danielle. Marog word nog steeds
> in groentewinkels verkoop. Ook soms in Pick & Pay se groente
> afdeling. En die meeste mense weet presies waarna jy verwys as jy van
> marog praat. Waar ek grootgeword het, het die swart mense marog in
> die veld gepluk en saam met pap geeët.
>
> (hoeveel getuienisse wil die hardkoppige Danielle nog hê?) ;-))
Re: Marog [boodskap #57253 is 'n antwoord op boodskap #57240] Ma, 11 Februarie 2002 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek wonder dan of ons twee oor dieselfde ding praat... die plantjie wat ek
in gedagte het is defintief een soort. Ons moes goed oplet wat ons in die
tuin gekry en mog nie sommer enige onkruid ingooi nie.

"Danielle" skryf in boodskap news:pdnd6u8u29kfr4st1ni8smqh0megcgunjg@4ax.com...
> On Sun, 10 Feb 2002 22:44:31 +0200, Davie Davis wrote:
>
>
>>> Nee, Pijotr - ek glo nie dis 'n plant se naam nie - eerder die naam
>>> van die groente-gereg. Dit is sover as wat ek weet die sagte, boonste
>>> blaartjies van sekere onkruidsoorte en ook veral pampoenblare? Veral
>>> lekker saam met Tshuka en Ngwiri.
>>> :-)
>>
>> Marog (uitgespreek marôg) ís wel die plant se naam Danielle.
>> Wanneer dit gaargemaak word met klein genyde ertappels
>> en tamamies neig dit effe na groen bone te smaak.
>> Te koop menige afdeling winkels (lokaal natuurlik)
>> Pick & Pay ingesluit.
>
>
> Nee, ek glo jou nie. :-) Gee vir my marog se botaniese naam, dan sal
> ek jou dalk glo. Ek glo dis sagte blaartjies van groen goeters -
> verskillende groen goeters, en nie 'n spesifieke plant nie. (En ek
> gaan hardkoppig daarby staan tot iemand my oortuig van my verkeerde
> denke) :-))
> (Ek is meer bekommerd oor die genyde aartappels. Tamamies klink
> lekker!)
>
> Ons het 'n groentedis hier in die Suide wat baie soos marog is. Dis
> "collards" (of Collard Greens). Wat die blare van "Kale" is. En Kale
> is 'n spesifieke plant wat aan die mostert familie behoort - Brassica
> oleracea var. acephala.
> Nogal baie lekker, ook. Baie lekkerder as Okra wat slymerig is as
> mens dit net so gaarmaak. Maar okra is darem heel lekker in Cajun
> disse soos Gumbo.
>
> Oor Collards:
> http://www.msue.msu.edu/msue/imp/mod03/01701379.html
>
Re: Marog [boodskap #57293 is 'n antwoord op boodskap #57246] Di, 12 Februarie 2002 02:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2002 04:14:02 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek
> marog´.
> 1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
> baie soos spinasie, lewer; hanekam.
> 2. Gereg v.d. plant berei.

Hierdie woordeboek - ai tog...ek verstaan dat spinasie 'n plant is.
Maar lewer en hanekam? Eeeeughy! :-)))
'n Hanekam is daai ding wat mos op 'n haan se kop sit? Ek weet dat
party mense is lief vir hoenderpote, maar nou vat julle darem dinge te
vêr om selfs lewer en hoendergoeters as "eetbare groente" te wil
verkoop! :-))
Maar ek dink die woordeboek is 100% reg met #2 - marogo is die gereg
wat van die veldplant/onkruid berei word.
:-))
Re: Marog [boodskap #57300 is 'n antwoord op boodskap #57293] Di, 12 Februarie 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek oor marog:
> 1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
> baie soos spinasie, lewer; hanekam.

Danielle
Hierdie woordeboek - ai tog...ek verstaan dat spinasie 'n plant is.
Maar lewer en hanekam? Eeeeughy! :-)))

Wouter
Nee, lees dit weer. Dié keer mooi stáádig :-)
Wat die woordeboek probeer sê is:
Marog is 'n veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente
lewer (Eng: produce) wat baie soos spinasie is. Die plant staan
ook bekend as hanekam.

Danielle
'n Hanekam is daai ding wat mos op 'n haan se kop sit? Ek weet dat
party mense is lief vir hoenderpote, maar nou vat julle darem dinge te
vêr om selfs lewer en hoendergoeters as "eetbare groente" te wil
verkoop! :-))

Wouter
:-)))) Eeeeughy! :-)))
Re: Marog [boodskap #57405 is 'n antwoord op boodskap #57300] Wo, 13 Februarie 2002 18:48 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2002 06:41:18 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>> Wouter
>> Kyk bv. wat sê 'n verklarende woordeboek oor marog:
>> 1. Veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente,
>> baie soos spinasie, lewer; hanekam.
>
> Danielle
> Hierdie woordeboek - ai tog...ek verstaan dat spinasie 'n plant is.
> Maar lewer en hanekam? Eeeeughy! :-)))
>
> Wouter
> Nee, lees dit weer. Dié keer mooi stáádig :-)

Okay...ek het nou uiteindelik klaar gelees. Mooi stáádig nes die vark
vir my geseg het om te doen. :-)))

> Wat die woordeboek probeer sê is:
> Marog is 'n veldplant wat, wanneer dit klein is, 'n eetbare groente
> lewer (Eng: produce) wat baie soos spinasie is. Die plant staan
> ook bekend as hanekam.

Oooooooooooooo
:-)

> Wouter
> :-)))) Eeeeughy! :-)))

Eksaktemento!
:-))
Vorige onderwerp: Brood resep
Volgende onderwerp: Droëwors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:14:45 MGT 2024