Tuis » Taal » Prosa & poësie » betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach
betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach [boodskap #56820] |
Tue, 05 February 2002 09:53  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Betekenis en Woordbetekenis
Breyten Breytenbach
(Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)
dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
om woorde plat oor die blad
te maneuvreer, soos soveel swart betogers
vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
begrawe en bly protesteer teen die seer
van lewe om lewe in so 'n land
dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
van Botha se troepe boer en pandoer
wat met hond en sambok en huilgas en koeël
die kak uit die kaffers moer, en moor:
môre-oggend se tabel van suffel
gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
by aanskoue van die bloed so swart
soos drukkersink
brand, brand dié land swart!
'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
dat hy geforseer word om weer die tou
boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
van die woord te ontkom . . .
terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
'n lyn sou wil bind om God se nek,
van bengelende beelde, van dolfyne
wat Saterdagaande te perd gaan vry
in grys gehemp soos silwerige soetwater
koelvloei oor die borste,
dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
9.10.84
|
|
|
Breyten se opswepery [boodskap #56854 is 'n antwoord op boodskap #56820] |
Tue, 05 February 2002 14:21   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wens ou Breyten en sy metgeselle wil nou net die opgesweepte massas leer
dat die stryd nou verby is, dat 'n mens nou moet die landswette nakom, en
nie meer hoef te rebelleer teen alles en almal wat in gesag staan nie.
Ek wil hier 'n voorspelling maak. Die volgende Prez ;)))) gaan nog groter
probleme hê as die huidige een om wet en orde te handhaaf. My rede
daarvoor? Mnr Nelson Mandela het almal se respek gehad, selfs myne, nie
noodwendig my ondersteuning nie, maar my respek, as gevolg van die
"struggle" en 27 jaar agter tralies vir waarin hy geglo het. Oom Taboe het
van die begin af teenstand uit verskeie oorde gehad omdat hy nie die
charisma van oom Nelson gehad het nie. Die volgende outjie gaan 'n land kry
waar mense by hul miljoene sterf aan Aids, die regering het dan ook nog nie
vir almal behuising gegee soos belowe in '94 nie. Die land se
infrastruktuur gaan nog verder agteruit as gevolg van wanbestuur en
bedrog/korrupsie. EK HOOP EK IS VERKEERD, maar ek dink nie so nie.
Optimisme was nog nooit my sterkpunt nie, realisme wel.
"Danielle" skryf in boodskap news:uoav5ugg0i329k0odq0gkfgtjgeo2phqe3@4ax.com...
> Betekenis en Woordbetekenis
> Breyten Breytenbach
> (Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)
>
> dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
> van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
> om woorde plat oor die blad
> te maneuvreer, soos soveel swart betogers
> vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
> begrawe en bly protesteer teen die seer
> van lewe om lewe in so 'n land
>
> dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
> dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
> van Botha se troepe boer en pandoer
> wat met hond en sambok en huilgas en koeël
> die kak uit die kaffers moer, en moor:
> môre-oggend se tabel van suffel
> gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
> by aanskoue van die bloed so swart
> soos drukkersink
>
> brand, brand dié land swart!
> 'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
> dat hy geforseer word om weer die tou
> boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
> van die woord te ontkom . . .
> terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
> 'n lyn sou wil bind om God se nek,
> van bengelende beelde, van dolfyne
> wat Saterdagaande te perd gaan vry
> in grys gehemp soos silwerige soetwater
> koelvloei oor die borste,
> dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
> apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
>
> want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
> brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
>
> as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
>
> 9.10.84
>
|
|
|
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56883 is 'n antwoord op boodskap #56854] |
Tue, 05 February 2002 20:31   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie ou dier - jy moet bykom - Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
Daardie stukkie is uit de oude doos:)))
Annette
news:3c5feb66$0$225@hades.is.co.za...
> Ek wens ou Breyten en sy metgeselle wil nou net die opgesweepte massas leer
> dat die stryd nou verby is, dat 'n mens nou moet die landswette nakom, en
> nie meer hoef te rebelleer teen alles en almal wat in gesag staan nie.
>
> Ek wil hier 'n voorspelling maak. Die volgende Prez ;)))) gaan nog groter
> probleme hê as die huidige een om wet en orde te handhaaf. My rede
> daarvoor? Mnr Nelson Mandela het almal se respek gehad, selfs myne, nie
> noodwendig my ondersteuning nie, maar my respek, as gevolg van die
> "struggle" en 27 jaar agter tralies vir waarin hy geglo het. Oom Taboe het
> van die begin af teenstand uit verskeie oorde gehad omdat hy nie die
> charisma van oom Nelson gehad het nie. Die volgende outjie gaan 'n land kry
> waar mense by hul miljoene sterf aan Aids, die regering het dan ook nog nie
> vir almal behuising gegee soos belowe in '94 nie. Die land se
> infrastruktuur gaan nog verder agteruit as gevolg van wanbestuur en
> bedrog/korrupsie. EK HOOP EK IS VERKEERD, maar ek dink nie so nie.
> Optimisme was nog nooit my sterkpunt nie, realisme wel.
>
> "Danielle" wrote in message
> news:uoav5ugg0i329k0odq0gkfgtjgeo2phqe3@4ax.com...
>> Betekenis en Woordbetekenis
>> Breyten Breytenbach
>> (Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)
>>
>> dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
>> van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
>> om woorde plat oor die blad
>> te maneuvreer, soos soveel swart betogers
>> vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
>> begrawe en bly protesteer teen die seer
>> van lewe om lewe in so 'n land
>>
>> dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
>> dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
>> van Botha se troepe boer en pandoer
>> wat met hond en sambok en huilgas en koeël
>> die kak uit die kaffers moer, en moor:
>> môre-oggend se tabel van suffel
>> gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
>> by aanskoue van die bloed so swart
>> soos drukkersink
>>
>> brand, brand dié land swart!
>> 'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
>> dat hy geforseer word om weer die tou
>> boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
>> van die woord te ontkom . . .
>> terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
>> 'n lyn sou wil bind om God se nek,
>> van bengelende beelde, van dolfyne
>> wat Saterdagaande te perd gaan vry
>> in grys gehemp soos silwerige soetwater
>> koelvloei oor die borste,
>> dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
>> apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
>>
>> want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
>> brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
>>
>> as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
>>
>> 9.10.84
>>
>
|
|
|
|
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56909 is 'n antwoord op boodskap #56883] |
Wed, 06 February 2002 02:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
Ek neem nou aan jy weet nie veel van
die reaksies van mense op Breyten
se onlangse toneelstuk by die KKK
nie. Ek vra jou nou ook met trane in die
oë: wat was Breyten se deuntjie
destyds en hoe het dit "nou" verander.
En moenie vir my die paar ou uitsprakies
kom kwout waar mense gedink het Breyten
is nou skielik "teen die ANC" nie. Breyten
was, dink ek, nooit "vir die ANC" nie.
Breyten was op sy dag net die josie in
vir die klomp apartheidsvarke wat sy
land oorgeneem het. Net soos 'n klomp van
ons. My man het gehoop dat die klomp Kubane
tot by Pretoria kan kom en die klomp
swernoters daar uit die Unie-geboue uitskop.
Breyten, moediger en seker nog kwaaier, het
kom probeer rewolusie begin. Natuurlik sal
Breyten nou vir homself die reg voorhou om
te kritiseer. Ek dink hy het die reg vir homself
verdien.
Let wel, ek is nie 'n vreeslike intense
bewonderaar van Breytenbach nie. Ek het hier
'n boek getiteld "Woordwerk" (nogal met
Breyten se handtekening in) maar dit is so
boring dat ek nie meer as die eerste tien
bladsye gelees kry nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Breyten se opswepery [boodskap #57014 is 'n antwoord op boodskap #56912] |
Thu, 07 February 2002 06:03   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 6 Feb 2002 06:54:07 +0200, "Jonas" wrote:
> Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
> apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...
So verkeerd...dis eintlik net andersom....
Kan jy nog daardie stokou spotliedjie van Spitting Image onthou? Die
"I've never met a nice South African" ene.
Dit eindig mos so:
"No, he's never met a nice South African!
And that's not bloody surprising, man
Cos we're a bunch of terrorist murderers
Who smell like baboons.
No, he's never met a nice South African!
And that's not bloody surprising, man
We've never met one either
Except for Breyten Breytenbach
And he's emigrated to Paris.
Yes, he's quite a nice South African
And he's hardly ever killed anyone
And he's not smelly at all
That's why we put him in prison."
En dan dink ek sommer ook onwillekeurig hier aan ander Britse skrywers
soos Tom Sharpe en andere wat heerlik gespot het met die Afrikaners.
Ekself het Tom Sharpe se boeke vreeslik geniet, maar ek weet mens kon
hulle nie in SA koop nie, weens die sensuur.
So, daar is maar altyd 2 kante van die saak. Jy mag dalk dink en glo
dat BB en ander "liberaliste" was onnosel of watookal - maar die res
van die wereld het gesit en lag en spot met ons Afrikaners wat so
"dom" is. Of eerder meer gepas om jou woorde te gebruik - die
"apartheidsmanne" wat so dom en idioties is. :-(
|
|
|
Re: Breyten se opswepery [boodskap #57028 is 'n antwoord op boodskap #57014] |
Thu, 07 February 2002 07:11   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Watse verbod op Sharpe se boeke?
Ek het al sy boeke wat ek van hom het hier gekoop.
Annette
Danielle skryf in boodskap news:29446ugnbe8u5dashj7d2tf5ma0gs1cp66@4ax.com...
> On Wed, 6 Feb 2002 06:54:07 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
>> apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...
>
> So verkeerd...dis eintlik net andersom....
> Kan jy nog daardie stokou spotliedjie van Spitting Image onthou? Die
> "I've never met a nice South African" ene.
> Dit eindig mos so:
>
> "No, he's never met a nice South African!
> And that's not bloody surprising, man
> Cos we're a bunch of terrorist murderers
> Who smell like baboons.
>
> No, he's never met a nice South African!
> And that's not bloody surprising, man
> We've never met one either
> Except for Breyten Breytenbach
> And he's emigrated to Paris.
> Yes, he's quite a nice South African
> And he's hardly ever killed anyone
> And he's not smelly at all
> That's why we put him in prison."
>
> En dan dink ek sommer ook onwillekeurig hier aan ander Britse skrywers
> soos Tom Sharpe en andere wat heerlik gespot het met die Afrikaners.
> Ekself het Tom Sharpe se boeke vreeslik geniet, maar ek weet mens kon
> hulle nie in SA koop nie, weens die sensuur.
>
> So, daar is maar altyd 2 kante van die saak. Jy mag dalk dink en glo
> dat BB en ander "liberaliste" was onnosel of watookal - maar die res
> van die wereld het gesit en lag en spot met ons Afrikaners wat so
> "dom" is. Of eerder meer gepas om jou woorde te gebruik - die
> "apartheidsmanne" wat so dom en idioties is. :-(
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tom Sharpe [boodskap #57195 is 'n antwoord op boodskap #57178] |
Sat, 09 February 2002 20:22   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie" wrote:
> 2 oortjies in 'n stuiwer, 2 stuiwers in 'n pennie, 3 pennies in 'n tiekie, 2
> tiekies in 'n sikspens, 2 sikspense in 'n sjieling, 20 sjielings in 'n pond,
> 'n gienie (kan nie daardie woord spel nie) was 21 sjielings.
> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
Sharpe oom Tobie, heel Sharpe gesê!!!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Sasolburg [boodskap #57247 is 'n antwoord op boodskap #57237] |
Mon, 11 February 2002 02:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Danielle wrote:
> Nou is ek BAIE nuuskierig oor Sasolburg se dinge!
Ek is seker mosterd na die maal oor
hoekom Sasolburg belangrik is, maar
oorspronklik was Sasolburg die plek
wat amper tot stand gekom het as
gevolg van die feit dat SA sy petrol
uit steenkool begin maak het. Gedurende
die apartheidsjare het SA glo een-derde
van sy petrol van steenkool af gekry,
en was die tegnieke wat hulle gebruik
het van die beste in die wêreld.
Die hele Sasolburg se bevolking was
dus "blue collar workers" wat in die
fabrieke gewerk het, en hulle stemkrag
het deurslaggewend getel vir enigiemand
wat daar die Volksraadlid wou word. Ek
weet dit, want die man van 'n niggie
van my het lank gelede Volksraadslid
geword vir Sasolburg, en hy was maar net
'n gewone fabriekswerker wat in sy
vakbond 'n leier geword het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vuildrie... uhhh, ek meen Vaaldriehoek [boodskap #57269 is 'n antwoord op boodskap #57263] |
Mon, 11 February 2002 13:02   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pretoria is ook nie bekend vir sy skoon lug nie! 'n Groot deel van die
kinders in my dogtertjie se klas, het almal asmapompies! Toe hulle verlede
jaar Veldskool toe was, het bykans elke tweede kind een gehad. Ek was
verstom! (maar ek moet toegee, die Vaaldriehoek het seker loshande die
vuilste lug.)
Mens raak maar gewoond aan die reuke en geure. As jy daar groot geword het,
weet jy nie van beter nie! Om ontrekkingssimptome te voorkom, gaan kuier ek
redelik gereeld vir my ouers! ;))
Sakkie skryf in boodskap news:3c67b780$0$226@hades.is.co.za...
> Ek het self '88-'91 in VDBpark gebly. Loopafstand van die Holiday Inn teen
> die rivier. Nogal interresant die geure afhangende van waar die wind
> vandaan gekom het. Ook baie interresant was dat die hele sesde vloer van
> die VDB Hospitaal 'n kinderafdeling was en dat 80% van die kinders behandel
> was vir longkwale. My dogter was op 5 jarige ouderdom een van hulle. Van
> 'n blakend gesonde kind in Pretoria-noord tot in die hospitaal vir longkwale
> binne 8 maande.
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c67ac6e.0@news1.mweb.co.za...
>> Hallo Kinky!
>>
>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>>
>> Kinky wrote in message
>> news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
>>> Danielle wrote in message
>> news:...
>>>> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>>>
>>>> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
>>>> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>>>
>>>
>>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>>>
>>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
>>
>
|
|
|
Re: Vuildrie... uhhh, ek meen Vaaldriehoek [boodskap #57271 is 'n antwoord op boodskap #57269] |
Mon, 11 February 2002 14:08   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Noord van die Magalies is die lug baie skoon. Pretoria se probleem lê meer
sentraal en aan die suide kant. Nou moet ek bysê, dit was agt jaar gelede.
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c67c0cd.0@news1.mweb.co.za...
> Pretoria is ook nie bekend vir sy skoon lug nie! 'n Groot deel van die
> kinders in my dogtertjie se klas, het almal asmapompies! Toe hulle verlede
> jaar Veldskool toe was, het bykans elke tweede kind een gehad. Ek was
> verstom! (maar ek moet toegee, die Vaaldriehoek het seker loshande die
> vuilste lug.)
>
> Mens raak maar gewoond aan die reuke en geure. As jy daar groot geword het,
> weet jy nie van beter nie! Om ontrekkingssimptome te voorkom, gaan kuier ek
> redelik gereeld vir my ouers! ;))
>
> Sakkie wrote in message
news:3c67b780$0$226@hades.is.co.za...
>> Ek het self '88-'91 in VDBpark gebly. Loopafstand van die Holiday Inn
> teen
>> die rivier. Nogal interresant die geure afhangende van waar die wind
>> vandaan gekom het. Ook baie interresant was dat die hele sesde vloer van
>> die VDB Hospitaal 'n kinderafdeling was en dat 80% van die kinders
> behandel
>> was vir longkwale. My dogter was op 5 jarige ouderdom een van hulle. Van
>> 'n blakend gesonde kind in Pretoria-noord tot in die hospitaal vir
> longkwale
>> binne 8 maande.
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c67ac6e.0@news1.mweb.co.za...
>>> Hallo Kinky!
>>>
>>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>>>
>>> Kinky wrote in message
>>> news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
>>>> Danielle wrote in message
>>> news:...
>>>> > On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>>>> > wrote:
>>>> >
>>>> > >BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>>> >
>>>> > Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie.
> :-)
>>>> > Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>>> >
>>>>
>>>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>>>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>>>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>>>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>>>>
>>>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: Sasolburg se werkers in blou. [boodskap #57277 is 'n antwoord op boodskap #57247] |
Mon, 11 February 2002 16:22   |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die hele Sasolburg se bevolking was
dus "blue collar workers" wat in die
fabrieke gewerk het, en hulle stemkrag
het deurslaggewend getel vir enigiemand
wat daar die Volksraadlid wou word.
Ek weet dit,
want die man van 'n niggie
van my het lank gelede Volksraadslid
geword vir Sasolburg,
en hy was maar net 'n gewone fabriekswerker
~~
The Proud Banker
A very richly dressed man stepped into a streetcar and with a haughty air
sat down beside an old man who was poorly clad. When the conductor collected
the fares he said to him in a loud voice, "Let me off at my bank." Evidently
knowing him, the conductor assured him he would do so. Then he reached for
the fare of the poorly clothed man next to him. He evidently was just as
well known to the conductor as the banker, and so he said, "Please let me
off at my peanut-stand, will you, Mister?" "Yes, George," was the distinct
but kindly reply. The proud man didn't smile, but all the other passengers
seemed suddenly possessed with unusual cheerfulness. This rich man had a
right and a duty to dress in keeping with his station; he was not sinful
because he owned a bank; but it was definitely wrong for him to seek to
impress others with his importance. Instead he earned their ridicule.
--
------------------------------------------------------------ -----
"The doctrines of grace humble a man without
degrading him and exalt him without inflating him."
-Charles Hodge-
------------------------------------------------------------ -----
|
|
|
|
|
|
Re: Sasolburg se werkers in blou. [boodskap #57290 is 'n antwoord op boodskap #57277] |
Mon, 11 February 2002 22:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Tobie wrote:
> The Proud Banker
> A very richly dressed man
> "The doctrines of grace humble a man without
> degrading him and exalt him without inflating him."
> -Charles Hodge-
Ek weet nie hoekom jy nou dié
stukkie Engels onder my geskryf
ingetik het nie. Ek neem aan jy
dink ek verag "gewone fabriek-
werkers"?
Inteendeel. Ek was trots op
dié aangetroude familielid van my.
Ek onthou egter dat hulle gesê het
dat hulle dit baie moeilik gevind
het om net op 'n Volksraadslid se
salaris uit te kom, vanweë al die
onkostes wat so 'n mens het wat nie
vergoed word nie, en dat volgens
hulle opinie alleen mense met ander
inkomstes ook dit kon bekostig om
Volksraadslid te bly. Hy het dan
ook na vier jaar besluit om nie weer
te staan nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:36:31 UTC 2025
|