Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Godsdiens
|
Re: Godsdiens [boodskap #57196 is 'n antwoord op boodskap #57191] |
Sat, 09 February 2002 23:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Tobie wrote:
> A Buddhist monk in Ceylon, who was acquainted with both Christianity and
> Buddhism, was once asked what he thought was the great difference between
> the two. He replied, "There is much that is good in each of them, and
> probably in all religions. But what seems to me to be the greatest
> difference is that you Christians know what is right and have power to do
> it, while we Buddhists know what is right but have not any such power.
If you want and are able to take care of yourself, that's
> Americanism. If you surrender all to Christ, and want God to take care of
> you, that is true Christianity.
Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
Amerikanet wat die Christelike persuasie as
'n politieke wapen gebruik om al die ander
te veroordeel wat nie soos hy dink nie. Net
soos daardie sogenaamde "Christelike "
predikante wat op die kansel gestaan en almal
wat wou luister vertel het dat apartheid
goedgekeur word in die Bybel. En die sad ding
is dat hierdie soort in Amerika, wat so luid
staan en predik oor hoe net hulle die wysheid
en die goedheid in pag het, die eerste is om
soos Bakker of Swaggart met die broek om die
enkels of die hand in die geldpot gevang te
word. Waarom dink jy so baie swart Amerikaners
word Moslems. Omdat hulle sien wat om hulle
aangaan onder die wit Christene.
Gloudina
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57198 is 'n antwoord op boodskap #57193] |
Sat, 09 February 2002 23:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
"Pijotr" > wrote:
>
>> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
>> gered moet word?
Davie Davis:
> Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
> verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
> en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
> deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.
Pijotr, jy vra 'n belangrike vraag en
verdien 'n antwoord. Dit is duidelik
dat Davie Davis bang is vir sulke soort
vrae, so hy probeer jou stilskreeu.
Die vraag wat jy vra gaan eintlik oor
een van die sentrale temas in alle
godsdienste ( en op 'n sekere manier is
dit ook die sentrale onderwerp van die
psigologie.) Die mens kyk na die lewe en
hy sien rondom hom vir die individu
lyding en ongelukkigheid en desperaatheid
en rigtingloosheid. En hy vra vir homself
af, hoekom is dit so, behoort dit so te
wees, en wat kan aan die saak verander word.
Verskillende mense gee hierop verskillende
antwoorde. In al die groot "godsdienste"
word hierdie toestand beskryf en 'n oplossing
aanbeveel. In die Christelike raamwerk word
daar geglo dat daar 'n paradys-toestand is
waarin die mens kon en nou nog kan lewe, maar
dat "sonde" en "lyding" in die wêreld gekom
het as gevolg van 'n "Val." En dat Christus
die weg uit hierdie val aandui.
Gautama Buddha het aangedui dat alle
lyding veroorsaak word deur "craving" (begeerte?)
en dat jy die lyding kan verwyder deur te leer
hoe om die craving te verwyder. Dit is dieselfde
as die Christelik boodskap wat verklaar dat die
saad eers in die grond moet val en doodgaan en
dan begin daar 'n heel nuwe lewe wat nie gesentreer
is om die ego nie. Om hierdie egogesentreerde
toestand te verlaat, is egter een van die moeilikste
dinge wat kan gebeur.
Ek hoop dit antwoord jou vraag.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57214 is 'n antwoord op boodskap #57206] |
Sun, 10 February 2002 13:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Tobie wrote:
> : Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
> : sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
> : Amerikanet wat die Christelike persuasie as
> : 'n politieke wapen gebruik om al die ander
> : te veroordeel wat nie soos hy dink nie.
> ~~~~~~~~~~~~~~
>
> Ok, ......so dan is dit nie waar wat hulle sê nie Gloudina?
> --
> ------------------------------------------------------------ -----
> Why prefer yourself to anyone else when many are more learned,
> more cultured than you?
> -Thomas Kempis-
Ja, Tobie, die persoon (duidelik 'n Amerikaner)
lieg dat 'n Buddhis wat hy aanhaal vir hom gesê
het, hy praat strooi wanneer hy verklaar wat dit
beteken "om 'n Amerikaner te wees" en met sy
gepolitiekery met die Christelike godsdiens breek
hy heelwaarskynlik een van die rigsnoere van die
Christelike weg self. Kyk maar wat Thomas à Kempis
in die aanhaling onder aan jou brief sê. Jy moet
luister wanneer sulke mense praat. Wanneer mens
die ware Christelike heiliges lees, dan kom jy
baie na aan wat die Buddhiste ook nastreef. Wie
ore het om te hoor, luister.
Gloudina
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57215 is 'n antwoord op boodskap #57208] |
Sun, 10 February 2002 14:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Hallo Tobie, kom ek wys jou 'n paar interessante skrifte:
>
> Jer 38:19
> Ps. 1:1
> Spr. 1:22 - 3:34 - 9:7 - 9:8 - 13:1 - 14:6 - 15:12 - 24:9 -
> 2 Petr: 3:3
Ja, Davie, enige vers wat jy aanhaal,
konfirmeer maar net die saak teen die
"scorners" en die "scoffers" wat
op hulle agterentjies sit en skree
"Ons, ons alléén het die Waarheid in
pag." Blessed is the man that does not
sit in the seat of the scornful, om
Dawid aan te haal reg aan die begin van
die Psalms.
Gloudina
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57224 is 'n antwoord op boodskap #57198] |
Sun, 10 February 2002 16:42   |
Pijotr
Boodskappe: 17 Geregistreer: February 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina baie dankie vir jou antwoord.
Ek is besig om 'n baie interesante boek te lees geskryf deur 'n ene Karen
Armstrong - met die titel 'A History of God'. Baie interesant om te lees en
behandel die geskiedenis van jood, moslem en christen - sy noem selfs sekere
ontwikkelinge in Indie (hindoe en buddisme) wat ook invloed op die drie
gehad het; ek vind egter dat die skrywer se geloof tog soms in die teks
weerspieel word (sy is christen), en dat dit dus nie 'n totale subjektiewe
geskiedenis van die rol van god by die mens kan wees nie.
Lees dit as jy ooit tyd het!
skryf in boodskap news:3C65B244.5070009@rogers.com...
>
> Davie Davis wrote:
>
> "Pijotr" > wrote:
>>
>>> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
>>> gered moet word?
>
>
> Davie Davis:
>> Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
>> verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
>> en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
>> deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.
>
>
>
> Pijotr, jy vra 'n belangrike vraag en
> verdien 'n antwoord. Dit is duidelik
> dat Davie Davis bang is vir sulke soort
> vrae, so hy probeer jou stilskreeu.
> Die vraag wat jy vra gaan eintlik oor
> een van die sentrale temas in alle
> godsdienste ( en op 'n sekere manier is
> dit ook die sentrale onderwerp van die
> psigologie.) Die mens kyk na die lewe en
> hy sien rondom hom vir die individu
> lyding en ongelukkigheid en desperaatheid
> en rigtingloosheid. En hy vra vir homself
> af, hoekom is dit so, behoort dit so te
> wees, en wat kan aan die saak verander word.
> Verskillende mense gee hierop verskillende
> antwoorde. In al die groot "godsdienste"
> word hierdie toestand beskryf en 'n oplossing
> aanbeveel. In die Christelike raamwerk word
> daar geglo dat daar 'n paradys-toestand is
> waarin die mens kon en nou nog kan lewe, maar
> dat "sonde" en "lyding" in die wêreld gekom
> het as gevolg van 'n "Val." En dat Christus
> die weg uit hierdie val aandui.
> Gautama Buddha het aangedui dat alle
> lyding veroorsaak word deur "craving" (begeerte?)
> en dat jy die lyding kan verwyder deur te leer
> hoe om die craving te verwyder. Dit is dieselfde
> as die Christelik boodskap wat verklaar dat die
> saad eers in die grond moet val en doodgaan en
> dan begin daar 'n heel nuwe lewe wat nie gesentreer
> is om die ego nie. Om hierdie egogesentreerde
> toestand te verlaat, is egter een van die moeilikste
> dinge wat kan gebeur.
> Ek hoop dit antwoord jou vraag.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Godsdiens - vir Pijotr [boodskap #57244 is 'n antwoord op boodskap #57224] |
Sun, 10 February 2002 23:21   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 10 Feb 2002 17:42:09 +0100, "Pijotr"
wrote:
> gehad het; ek vind egter dat die skrywer se geloof tog soms in die teks
> weerspieel word (sy is christen), en dat dit dus nie 'n totale subjektiewe
> geskiedenis van die rol van god by die mens kan wees nie.
Pijotr, sal jy asseblief vir my 'n epos stuur na my adres soos hier
verskyn?
Terloops, jy kan gerus haar ander boeke ook lees. Baie interessante
stof tot nadenke, maar ek dink dat sy vereenvoudig dinge soms net te
veel - seker maar om die boeke verkoop te kry - nogsteeds, ek geniet
haar werk.
Ek weet nie of jy in Amerika tans is nie, maar A&E het 'n dokumentêr
wat juis gebasseer is op Karen Armstrong se "History of God". Dit is
dalk iets wat jy ook sou geniet om te kyk. Bram Roos (die filmmaker)
het ook ander bybelse teoloë en wyse manne en vroue en ander bekendes
se opinies gewys. Kyk gerus uit daarvoor. Ek verbeel my dat hulle
dit vroeg verlede jaar ook weer uitgesaai het, maar dit word mos
herhaal. Andersins weet ek kan mens die video bestel by hulle.
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57261 is 'n antwoord op boodskap #57145] |
Mon, 11 February 2002 12:13   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja ou Anti Gloutina.
Paar punte:
W
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> O nou praat jy vir die Moslem ook? So dit is nou die Christene, Moslems
>> en Boediste wat by jou denkwyse moet inval, en reg begin "dink"?
>
> Steeds vra ek jou om te bewys
>> waar in die Bybel dit sê dat ander gelowe ook gered gaan word -
>> duidelik is die deurlopende lyn in die NT in die Bybel dat die geloof in
>> Christus dit is wat nodig is om gered te word.
>
> maar die grondslag van die Chrtistelike geloof sê
>> dat jy verkeerd is - jammer hoor. En maak nie saak hoeveel Mantras jy
>> aanhaal nie - dit verander geen jotta of titel daaraan nie.
>
> Vireers, ou Lou, dis "jota en tittel" en
> nie "jotta en titel" soos jy dit skryf nie.
> Ek weet die "jota" kom van die Grieke
> se woord wat "iota" in Engels word. Ek
> weet nie waar die "tittel" vandaan kom nie.
> Ek verkies, ou Lou, om te glo dat die
> Christelike Bybel vir my in wese dieselfde
> probeer leer as wat die Buddhiste se sutras
> en die Koran dit vir my probeer leer - dat
> as mens met sy hart die allerhoogste en
> allerdiepste krag wil put, dan moet jy
> sekere praktiese dinge doen - jy moet
> beoefen waaraan jy glo.
Wat jy verkies om te glo is jou reg maar as nie-Christen is dit nogal
voor op die wa vir jou om my as Christen te vertel wat ek moet glo of
dan soos ek voorheen gesê het aanmatigende en arrogant.
Jy gebruik die woord 'ketter' to vervelens toe - weet jy ooit wat dit
beteken? Het jy al ooit gedink dat die beskuldiging van ketterisme nie
relevant tussen gelowe is nie? Nie? Dink dan daaroor.
> Jy moet nie net sit
> en praat oor die Christelike boodskap nie -
> jy moet dit beoefen. Jy moet in die Christelike
> konteks "boekevat" en "op jou knieë gaan" en
> jy moet onwrikbaar glo in die LIEFDE (of soos
> die Buddhis dit sê: boddhicitta.)
> Dan, ou Lou, kan jy maar 'n visser van
> mense word. Maar dit sal meer jou voorbeeld
> wees as jou woorde wat tel. Dis daarom dat
> Frikkie kan praat tot hy blou in die gesig is
> oor hoe hy en mense wat "bloos" alleen gered
> is, omdat dit glo so in die Bybel staan. Tot
> tyd en wyl Frikkie nie bereid is om almal,
> mense wat bloos en mense wat nie bloos nie,
> se voete te was nie, sal Frikkie sit en braai
> in een van die helle wat die Buddhiste beskryf,
> en waaruit mens alleen gered kan word deur die
> krag van Kompassie ( Avalokiteshvara wat in elk
> van die "realms" kan afdaal en jou red van die
> mag van die psigologiese giftige omgewing wat
> in daardie "realm" heers.) Dit is wat ek glo
> dat die Christelike bybel ook van praat. Dat
> Kompassie kan "red." Dit is wat jy moet "glo"
> al is jy nie aldag perfek in die beoefening
> daarvan nie. Solank jy glo aan wat Christus
> oor die Liefde sê, is jy "gered."
Weereens - jy as nie-Christen vertel my hoe om my godsdiens te beoefen -
weereens jou gewonne arrogansie! Selfde sou wees vir my om vir jou te
vertel hoe jy jou geloof - wat ook al dit is - te beoefen. Daarenteen
het ek tog al gesê dat die geloof in die reddende genade van Christus
al is wat nodig is - ek hoef nie spesiale klere te dra, sekere dinge
godsdienstige ritule uit te voer nie. Ek hoef slegs te glo.
Steeds het jy egter GEEN bewys van jou beweringe dat die Bybel dat ek as
Christen verkeerd is as ek glo dat slegs Christene gered sal word nie.
Dus sal ek maar aanneem jy het jou misgis en het geen gronde vir jou
beweringe nie.
|
|
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57278 is 'n antwoord op boodskap #57272] |
Mon, 11 February 2002 16:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
> Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!
Nee, natuurlik sal jy daar niks van sien
nie. Jy is so besig om te pontifikeer oor
jou eie opinies oor wat God is en wie gered
word en nie gered word nie, dat jy nie sien
dat jy teologies nie eers in die Christelike
opset die "waarheid" praat nie. Jy en ketters
soos jy praat of julle hier eenkant en God
daar diékant is. Maar gaan lees maar jou
Christelike teoloë van aansien, en jy sal sien
dat jy verkeerd is.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57312 is 'n antwoord op boodskap #57278] |
Tue, 12 February 2002 12:32   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weereens waka waka waka .... .
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
>> Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!
>
> Nee, natuurlik sal jy daar niks van sien
> nie. Jy is so besig om te pontifikeer oor
> jou eie opinies oor wat God is en wie gered
> word en nie gered word nie, dat jy nie sien
> dat jy teologies nie eers in die Christelike
> opset die "waarheid" praat nie. \
Ek kry die gevoel van deja vue - Weereens jou arrogansie is verstommend
- jy is reg maar jy kan geen bewyse uit die Bybel bring waarvolegns ek
verkeerd sou redeneer nie. Maar soos gewoonlik - jy haal 'n gesnippde
punt aan en dan vergeet jy wat jy eintlik wou gesê het. Ek herhaal dus
die vraag: " Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?" Soos
gewoonlik sal jy geen antwoord he nie neem ek aan. Die debat met jou
raak nou rerig vervelig - want duidelik wil jy twee gode dien - en jy
weet net so goed oos ek dit is nie moontlik nie.
> Jy en ketters
> soos jy praat of julle hier eenkant en God
> daar diékant is. Maar gaan lees maar jou
> Christelike teoloë van aansien, en jy sal sien
> dat jy verkeerd is.
>
En vind tog uit wat die woord ketter beteken. Dan kan ons redeneer of jy
enige punt het waarop jy kan staan.
Aangaande jou teoloë - hulle is 'nie-ketters' :) as hulle jou standpunt
ondersteun ne? Maar andersins is hulle ou wit omies? :)
Iets waaruit ek baie inspirasie put -
- Johannes 14:6 en 7.
6. Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
7. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken
julle
Hom en sien julle Hom."
En terwyl ek besig is - vroeer in die thread het jy verwys na die
wingerdstok en die lote - en het jy dit heeltemal buite konteks
aangehaal - hier is die konteks waarin jy dit moes lees -
Johannes 15
1. "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat
vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê
het.
4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie
vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie
as
julle nie in My bly nie.
5. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom,
dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
____________________________________________________________ ____________
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57317 is 'n antwoord op boodskap #57303] |
Tue, 12 February 2002 13:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Seg sy wat die een is wat weet, maar die vraag bly steeds: Is JY gered
> Gloudina?
>
> Thys wat nog steeds will weet oppie Bos...
So, Thys, nou begin jy met die proses
wat een van die slegte karaktertrekke
van sekere "Christene" is - julle wil
nie net binne julle eie siele kyk en
loof en juig vir wat julle daar sien
nie, maar julle móét nou skielik ook
in ander se siele inkrap om te sien of
hulle "gered" is volgens julle "resep."
Sien, ek speel nie meer met daardie
speletjie saam nie. Die toestand van
my "siel" is nie oop vir inspeksie
nie.
Wat ek egter met oortuiging vir jou
kan sê is dat ek meer intens geestelik
is as ooit (en ek was nou jou tipiese
CSV lid en uiteindelik ook leier.) Ek
bring nou meer tyd deur in die meditasie
van ewige dinge. In die proses word die
siel "gered." En ja, wanneer ek in die
Christelike raamwerk beweeg, glo ek dat
Christus vir "my sonde" gesterf het,en
dat ek gered word deur sy leer van die
liefde. Maar soos die Buddhis weet ek dat
ek elke dag moet werk, hard moet werk om
my hart en spraak en verstand verlig te
hou en nie net te praat oor hierdie dinge
nie. Die paadjie na "redding" is baie
nou en baie moeilik en nie vir sissies nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57335 is 'n antwoord op boodskap #57312] |
Tue, 12 February 2002 19:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
- Johannes 14:6 en 7.
>
> 6. Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
> Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
> 7. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken
> julle
> Hom en sien julle Hom."
>
> En terwyl ek besig is - vroeer in die thread het jy verwys na die
> wingerdstok en die lote - en het jy dit heeltemal buite konteks
> aangehaal - hier is die konteks waarin jy dit moes lees -
>
> Johannes 15
> 1. "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
> 2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat
> vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
> 3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê
> het.
> 4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie
> vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie
> as
> julle nie in My bly nie.
> 5. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom,
> dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
Lou, hierdie uitspraak van die historiese
Christus moet in 'n teologiese konteks gesien
word. Christus verwys na die godsgedaante wat
volledig in hom is en wat ook bereik kan word
deur enigiemand wat "glo" dat net soos Christus
deel van die "vader" is, hy ook deel van die
"Vader" kan word. Hierdie woorde wat jy hier
bo aanhaal uit die Bybel is nie baie moeilik
vir Buddhiste om te "verstaan" nie, want hulle
glo dat ons almal "buddha" kan word. Wanneer
mense egter hierdie woorde uit die Bybel
in 'n materialistiese en wetenskaplike manier
probeer verstaan, dan struikel hulle daaroor
en verwerp dit, soos iemand op hierdie nuusgroep
gedoen het. Hulle gooi dan eintlik die baba uit
met die badwater.
Daar is niks verkeerd met jou interpretasie van
die bostaande Bybelverse nie. Waar ek dink jy
wel verkeerd is, is om daaruit 'n sweep te
fabriseer wat elkeen wil piets wat nie "glo
soos jy glo" nie, en wat jou eie materialistiese
interpretasies op iets wil afdwing wat nie
materialisties verklaar kan word nie. Daar is
nie 'n God daar diekant en jy hier eenkant nie.
God is in jou. Hoe om hom te vind, that is the
question.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57374 is 'n antwoord op boodskap #57355] |
Wed, 13 February 2002 12:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.
Nou kom vertel nou vir my watter mense
word uitgesluit van die reddende genade
van Christus?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57392 is 'n antwoord op boodskap #57383] |
Wed, 13 February 2002 15:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Kyk weer na dit wat jy onder aanhaal. Veral die per definisie gedeelte.
>>> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
>>> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
>>> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.
>
>> Nou kom vertel nou vir my watter mense
>> word uitgesluit van die reddende genade
>> van Christus?
En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
mense word uitgesluit deur die reddende
genade van Christus?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57435 is 'n antwoord op boodskap #57397] |
Wed, 13 February 2002 23:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
>> En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
>> mense word uitgesluit deur die reddende
>> genade van Christus?
>> Gloudina
> Ek het meer as een keer die (vroue) klerke
> wat saam met my werk beskuldig dat hulle te
> lui is om te lees, Gloudina.
Ag, Du Plessis, hou jou nou maar
uit hierdie gesprek uit, want jy
kan blykbaar nie subtiliteite snap
nie. Ek gaan vir hom oor en oor en
oor dieselfde vraag vra. Want dit is
die crux van die Christelike boodskap.
Uiteindelik sal hy moet sy Christelike
teologie bestudeer, en nie sommer so
wild sy godsdienstige apartheid-kettery
in die kuberwêreld instuur nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57460 is 'n antwoord op boodskap #57440] |
Thu, 14 February 2002 14:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Thys wat dit weet op die Bos
>> Nou kom vertel nou vir my watter mense
>> word uitgesluit van die reddende genade
>> van Christus?
>> Gloudina
Nou dan vra ek die vraag aan jou, Thys.
Watter mense word UITGESLUIT van die
reddende genade van Christus? Word 'n
persoon in die woestyne van westelike
Sjina wat nog nooit van Christus gehoor
het nie, en nooit van Christus sal hoor
nie, uitgesluit van die reddende genade
van Christus? Word die stokdowe persoon
in die bosse van Afrika wat nooit gaan
hoor van die woorde van die historiese
Christus nie, uitgesluit word van die
reddende genade van Christus? Volgens
Lou moet hulle baie spesifiek "glo"
soos hy glo, anders is hulle uitgesluit
van die reddende genade van Christus. Stem
jy saam met Lou, Thys?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Godsdiens [boodskap #57495 is 'n antwoord op boodskap #57468] |
Thu, 14 February 2002 20:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
> want ons het 'n Genadige God.
> Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
> Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
> een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
> het vir 'n valse lering.
So laasgenoemde sluit nou daardie mense
in wat sê hulle is Christene maar die
evangelie van die liefde verruil het vir
'n valse lering, soos so baie van daardie
predikante wat op die kansel gestaan het
en verduidelik het hoe apartheid volgens
die Bybel is?
En volgens jou verklaring sluit dit
Buddhiste IN wat nooit gehoor het van die
woorde van die historiese Christus nie, maar
wat lewe volgens Sy direksies?
Ons kom nou al nader aan die waarheid, nè
ou Du Plessis. Sommige mense wat nie
"christene" is nie, is onder die skape
van Sy leiding, en nie alle "Christene"
wat Here, Here sê is skape in sy trop nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:34:03 UTC 2025
|