Die gesig van God - Loit Sôls (geb. 1957) [boodskap #56980] |
Wo, 06 Februarie 2002 17:57 |
Kwarantyn
Boodskappe: 171 Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Loit Sôls (geb. 1957)
Die gesig van God
die gesig van God
sal djy kry innie Bybel
- ma' sal djy-rit vestaan?
pety mense swot ommit te lee ken
en issittie mooi nie huh?
hey, skrik wakke
die gesig van God
is nooit vê nie
kyk ma' net om jou man
kinnes - as jille klaa gemossit innie waate
en is wee stil - kyk geris haa in
narie gesig van God
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
|
|
|
Re: Die gesig van God - Loit Sôls (geb. 1957) [boodskap #57000 is 'n antwoord op boodskap #56980] |
Wo, 06 Februarie 2002 22:28 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kwarantyn wrote:
> Loit Sôls (geb. 1957)
>
> Die gesig van God
Baie dankie, Kwarantyn. Ek hoop jy sal
gereeld vir ons uit die nuwe Groot
Verseboek ook gedigte intik.Ek sou
dit graag by my gedigte-versameling
op die rekenaar wou voeg.
As jy tyd het, kan jy bietjie vir ons
inlig oor wie die digters van die laaste
drie dekades is wat die meeste bladsy-
spasie gekry het. En watter verskille
sien jy tussen hierdie Verseboek en die
eerste een (wat saamgestel is deur
Opperman.)
Gloudina
|
|
|
Re: Die gesig van God - Loit Sôls (geb. 1957) [boodskap #57048 is 'n antwoord op boodskap #56980] |
Do, 07 Februarie 2002 09:01 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kwarantyn - is ek verkeerd indien ek aflei dat jy die CD het? Jy kan sien
wat my e-pos adressie is, nie?
"Kwarantyn" wrote in message
news:v8e88.30079$cQ.3266518147@newssvr17.news.prodigy.com...
> Loit Sôls (geb. 1957)
>
> Die gesig van God
>
> die gesig van God
> sal djy kry innie Bybel
> - ma' sal djy-rit vestaan?
>
> pety mense swot ommit te lee ken
> en issittie mooi nie huh?
>
> hey, skrik wakke
> die gesig van God
> is nooit vê nie
>
> kyk ma' net om jou man
>
> kinnes - as jille klaa gemossit innie waate
> en is wee stil - kyk geris haa in
> narie gesig van God
>
> André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
>
|
|
|