Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 5 goeters
5 goeters [boodskap #56951] Wo, 06 Februarie 2002 11:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
5 goed wat ek vandag van hou:
1) Ons krieketspan het die eerste finaal teen NZ gewen- jippiehaaihei!
2) Na 'n bewolkte en winderige vroeg-oggend, het die son so vreeslik mooi
deurgebreek.
3) Die N1 lyk te pragtig - al die struike op die middelmannetjie blom - en
daardie blommetjies klou!! nie een waai af nie
4) Ek het vanoggend ontbyt geniet in my geliefde koek-plek - Franse
roosterbrood..
5) Vandag is my weerstandsvermoë besonder hoog - ek het nie een ekstra
koekie gekoop na die ontbyt nie.:)))

5 goed wat my vandag vies maak:
1) Godsgawes ( daardie voertuie met 'n G registrasie) wat dink hulle kan al
wat verkeersreel is oortree.
2) Nadat ek 20 minute gewag het dat 'n lêer opgespoor word, moes ek nog 'n
verdere 15 minute wag om gehelp te word.
3) Die gruwelike treinongeluk in KZN is veroorsaak deur kabels wat skaars 'n
uur voor die ongeluk gesteel is - dus was daar geen sinjale wat op daardie
trajek gewerk het nie.
Moordenaars wat dink hulle is net diewe.
4) Marike de Klerk se moordenaar kon 'n tweede leuenverklikkertoets kry -
wat hy ook nie geslaag het nie.
5)Haarkappers wat maak asof hulle vreeeeeeslik besig is, terwyl jy met jou
eige oge kan sien hy is nou net klaar met iemand, en daar is niemand anders
wat wag om gehelp te word nie.
Seker gedog hy kon nou 'n lekker ou koppietjie tee gaan sit en geniet,
terwyl ek ewe inskiklik sou wag.

Annette
Re: 5 goeters [boodskap #56972 is 'n antwoord op boodskap #56951] Wo, 06 Februarie 2002 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> 3) Die N1 lyk te pragtig - al die struike op die middelmannetjie blom - en
> daardie blommetjies klou!! nie een waai af nie

Is ek reg dat meeste van daardie struike
selonsrose is?

Gloudina
Re: 5 goeters [boodskap #56975 is 'n antwoord op boodskap #56972] Wo, 06 Februarie 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, die wat die naaste aan Paardeneiland is, is selonsrose.
Ek is natuurlik hewig onsteld oor die middelmannetjie met struike wat
verdwyn het teen Tygerbergheuwel:(((
Dit is vervang met 'n onooglike stuk sementmuur in die middel - ter will van
veiligheid.
Ek het werklik gehoop hulle sou die muur oprig en weer struike weerskante
plant, sodat die mooi ou effek weer herstel is, maar helaas - nee,:(((
Annette

skryf in boodskap news:3C613AF4.8050105@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>
>> 3) Die N1 lyk te pragtig - al die struike op die middelmannetjie blom - en
>> daardie blommetjies klou!! nie een waai af nie
>
> Is ek reg dat meeste van daardie struike
> selonsrose is?
>
> Gloudina
>
geliefde koek [boodskap #56998 is 'n antwoord op boodskap #56951] Wo, 06 Februarie 2002 22:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Karel Kolstert  is tans af-lyn  Karel Kolstert
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Annette
> Ek het vanoggend ontbyt geniet in my geliefde koek-plek

Karel
Kinky, né
Re: geliefde koek [boodskap #57005 is 'n antwoord op boodskap #56998] Do, 07 Februarie 2002 03:31 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Nog meer kinky as 'n man dit sê:))))
Annette

Karel Kolstert skryf in boodskap news:3c61ad48$0$229@hades.is.co.za...
>> Annette
>> Ek het vanoggend ontbyt geniet in my geliefde koek-plek
>
> Karel
> Kinky, né
>
Vorige onderwerp: Eregraad vir Kroonprins
Volgende onderwerp: Vir Danielle!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 21:39:34 MGT 2024