Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grootdoenerigheid
Grootdoenerigheid [boodskap #56899] Di, 05 Februarie 2002 22:56 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Grootdoenerigheid op die belastingbetaler se koste

Daar is diegene wat aanvoer dat Suid-Afrika sy internasionale aansien
grootliks verloor het. Dan verwys hulle veral na die Westerse wêreld. Hulle
wys daarop dat hoewel spekulante nog op ons beurs bedrywig is, die groot
sake-instansies traag is om werkskeppend in die land te belê. Politieke
stabiliteit is onder druk en Westerse beleggers is nie seker in hoe 'n mate
die SAKP en Cosatu die trom vir die ANC slaan nie en of Suid-Afrika nie dalk
op die Mugabe-pad is nie.

Wet en orde het opsigtelik die wyk geneem uit die land, saam met die baie
kundige Suid-Afrikaners wat elders 'n heenkome gaan soek. Hulle sien
wanbestuur en korrupsie eerder as verstandige en doeltreffende regering. As
die groot finansiële instansies vergader, die Wêreldbank, die Internasionale
Monetêre Fonds en die Groot Agt is daar nie langer manne van die formaat van
'n Klasie Havenga en 'n Nic Diederichs en hulle vergesellende amptenare wat
op daardie peil kan meepraat nie. Les bes, daar is nie meer leiers soos 'n
Daniël Malan, 'n Hans Strijdom of 'n Hendrik Verwoerd wat, ondanks hulle
verwerpte beleid, Suid-Afrika so kon regeer dat buitelandse beleggers
oortuig was hulle geld is veilig hier nie.

Dit is hoofsaaklik 'n perspektief op Suid-Afrika se beeld in die Westerse
wêreld.

Daar is ander wat argumenteer Suid-Afrika is nou ontslae van sy beeld as
muishond van die wêreld, van sy ongewilde beleid en dat hy as 'n demokrasie
met 'n navolgingswaardige grondwet beskou word. Hulle wys daarop dat die
ANC-staatshoof, Thabo Mbeki en sy minister van buitelandse sake, Nkosasana
Zuma, oral in die wêreld hulle opwagting maak waar daar iets belangriks aan
die gang is. Mbeki wip die wêreld deur in sy presidensiële straler, dikwels
met Zuma aan sy sy en word oral ontvang, van Peking tot Washington.

En waar daar probleme is, hetsy konflik of 'n natuurramp soos in Burundi en
die Kongo, daar maak een of albei van hulle hulle opwagting om te bemiddel
en om materiële en ander hulp uit Suid-Afrika te lewer, van soldate tot
komberse.

Ook word Suid-Afrika die sentrum van self-geïnisieerde wêreldkonferensies
soos dié oor rassisme verlede jaar in Durban en die komende Wêreldberaad vir
Volhoubare Ontwikkeling in Augustus vanjaar in Johannesburg.

Hierdie is hoofsaaklik 'n Derde Wêreld-gerigte perspektief. Dit is nie 'n
uitvloeisel van Suid-Afrika se sterk ekonomiese posisie, sy leiersrol op
navorsingsterreine en tegnologie of die statuur van sy leiers en prestasie
van sy regering nie. Dit is self-geïnisieer en wat meer is, dis die
belastingbetaler wat die rekenings moet vereffen.

Dit dreig om ook die geval met die beplande Beraad vir Volhoubare
Ontwikkeling te wees. Na berig word is binnelandse sakelui en buitelandse
regerings alles behalwe geneë om hierdie uitstalvenster vir Mbeki se droom
van 'n Afrika-renaissance te finansier. Dit word as 'n praalgeleentheid
beplan en kan die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n aardige R550 miljoen
uit die sak jaag. Maar, soos die Noord-Transvaalse LUR Joe Mangwangyi sê,
geld is mos daar om gespandeer te word.

Suid-Afrika is allesbehalwe belangrik en groot in die wêreldoë wat die
beursies en die wêreldpolitiek beheer. Hy het wel 'n grootdoenerige owerheid
wat soms selfs opdringerig kan wees in die wêreldgeselskap.
Re: Grootdoenerigheid [boodskap #56918 is 'n antwoord op boodskap #56899] Wo, 06 Februarie 2002 06:44 Na vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
David, op "Cartoon Network" sê die karatertjies soms "Of course you know,
this means war" Ek sê: "Watch this space!!!" Net vir Drie skepies

"david" skryf in boodskap news:a3pnug$mpo$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> Grootdoenerigheid op die belastingbetaler se koste
>
> Daar is diegene wat aanvoer dat Suid-Afrika sy internasionale aansien
> grootliks verloor het. Dan verwys hulle veral na die Westerse wêreld. Hulle
> wys daarop dat hoewel spekulante nog op ons beurs bedrywig is, die groot
> sake-instansies traag is om werkskeppend in die land te belê. Politieke
> stabiliteit is onder druk en Westerse beleggers is nie seker in hoe 'n mate
> die SAKP en Cosatu die trom vir die ANC slaan nie en of Suid-Afrika nie dalk
> op die Mugabe-pad is nie.
>
> Wet en orde het opsigtelik die wyk geneem uit die land, saam met die baie
> kundige Suid-Afrikaners wat elders 'n heenkome gaan soek. Hulle sien
> wanbestuur en korrupsie eerder as verstandige en doeltreffende regering. As
> die groot finansiële instansies vergader, die Wêreldbank, die Internasionale
> Monetêre Fonds en die Groot Agt is daar nie langer manne van die formaat van
> 'n Klasie Havenga en 'n Nic Diederichs en hulle vergesellende amptenare wat
> op daardie peil kan meepraat nie. Les bes, daar is nie meer leiers soos 'n
> Daniël Malan, 'n Hans Strijdom of 'n Hendrik Verwoerd wat, ondanks hulle
> verwerpte beleid, Suid-Afrika so kon regeer dat buitelandse beleggers
> oortuig was hulle geld is veilig hier nie.
>
> Dit is hoofsaaklik 'n perspektief op Suid-Afrika se beeld in die Westerse
> wêreld.
>
> Daar is ander wat argumenteer Suid-Afrika is nou ontslae van sy beeld as
> muishond van die wêreld, van sy ongewilde beleid en dat hy as 'n demokrasie
> met 'n navolgingswaardige grondwet beskou word. Hulle wys daarop dat die
> ANC-staatshoof, Thabo Mbeki en sy minister van buitelandse sake, Nkosasana
> Zuma, oral in die wêreld hulle opwagting maak waar daar iets belangriks aan
> die gang is. Mbeki wip die wêreld deur in sy presidensiële straler, dikwels
> met Zuma aan sy sy en word oral ontvang, van Peking tot Washington.
>
> En waar daar probleme is, hetsy konflik of 'n natuurramp soos in Burundi en
> die Kongo, daar maak een of albei van hulle hulle opwagting om te bemiddel
> en om materiële en ander hulp uit Suid-Afrika te lewer, van soldate tot
> komberse.
>
> Ook word Suid-Afrika die sentrum van self-geïnisieerde wêreldkonferensies
> soos dié oor rassisme verlede jaar in Durban en die komende Wêreldberaad vir
> Volhoubare Ontwikkeling in Augustus vanjaar in Johannesburg.
>
> Hierdie is hoofsaaklik 'n Derde Wêreld-gerigte perspektief. Dit is nie 'n
> uitvloeisel van Suid-Afrika se sterk ekonomiese posisie, sy leiersrol op
> navorsingsterreine en tegnologie of die statuur van sy leiers en prestasie
> van sy regering nie. Dit is self-geïnisieer en wat meer is, dis die
> belastingbetaler wat die rekenings moet vereffen.
>
> Dit dreig om ook die geval met die beplande Beraad vir Volhoubare
> Ontwikkeling te wees. Na berig word is binnelandse sakelui en buitelandse
> regerings alles behalwe geneë om hierdie uitstalvenster vir Mbeki se droom
> van 'n Afrika-renaissance te finansier. Dit word as 'n praalgeleentheid
> beplan en kan die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n aardige R550 miljoen
> uit die sak jaag. Maar, soos die Noord-Transvaalse LUR Joe Mangwangyi sê,
> geld is mos daar om gespandeer te word.
>
> Suid-Afrika is allesbehalwe belangrik en groot in die wêreldoë wat die
> beursies en die wêreldpolitiek beheer. Hy het wel 'n grootdoenerige owerheid
> wat soms selfs opdringerig kan wees in die wêreldgeselskap.
>
Vorige onderwerp: Juig!! o, Juig!!
Volgende onderwerp: Die drukkoker-beginsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:12:57 MGT 2024