Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Krieket
Krieket [boodskap #56669] |
Mon, 04 February 2002 04:40 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat was die uitslag van Saterdag se wedstryd? Is die Aussies deur ?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Krieket [boodskap #56792 is 'n antwoord op boodskap #56783] |
Tue, 05 February 2002 06:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Stadig "my besigheid", van die begin af was NRR nie die bepalende faktor
nie, maar wedstrydpunte en bonuspunte. Dat SA en NZ in die finale is, is
bepaal deur die reëls, of gooi ons nou maar die reëls uit en doen wat ons
dink reg is.
Tweede punt, as jy ooit kompeterende krieket gespeel het sal jy weet dat
daar 'n GROOT verskil in die beplanning van jou laaste 20 beurte is tussen
of jy ???/5 is of ???/7. Ek kan uit ondervinding sê dat hulle nie naby
daardie telling sou kom nie.
wrote in message
news:3c5f44f8_3@news.teranews.com...
>> Die reëls is voor die tyd opgestel, almal het dit geken en daarvolgens
>> gespeel. Die aussies het net hul eie swak begin te blameer.
>
> Ahhhh - dankie dat jy dit so mooi vir ons verduidelik. Dus is SA se
rekord van 1 - 3 teen Aus nie swak nie? En die feit dat hulle die laagste
telling van die reeks aangeteken het, is nie swak nie? En NZ se rekord van
1 - 3 teen SA is nie swak nie? En die feit dat hulle hul laaste drie
wedstryde verloor het, is nie swak nie? Die feit dat Aus die beste NRR van
al drie spanne gehad het, is natuurlik ook maar bra swak, nê?
>
>
>>
>> Ek is baie meer ongelukkig oor die ongelooflike swak beslissings van die
>> skeidsregters. Gister het die aussies die hoogste telling in die reeks
>> gehaal met die hulp van twee van die swakste beslissings wat ek nog gesien
>> het.
>
> SA skeidsregters het natuurlik nog nooit swak beslissings gegee nie. En
wie kan nou werklik sê wat die telling sou gewees het selfs sonder die
"hulp" van die skeidsregters. En al drie skeidsregters was natuurlik
Australiërs, nê?
>
>>
>> Selfs die aussie kommentators
>> kon hulle ore nie glo nie. Ek het niks teen Australiers nie. Die paar wat
>> ek persoonlik ken is heel aangename mense. Hierdie tipe ding is net
>> heeltemal onaanvaarbaar en dit is nie 'n refleksie van Australiers nie, net
>> hul krieketraad.
>>
> Daar was vier kamerahoeke. Channel Nine het nie toegang gehad tot die
vierde een nie - dit behoort aan 'n teenstander. Met die vierde kamerahoek
was dit duidelik sigbaar dat die bal wel net voor Boucher se pinkie geval
het - daarom dat hy self nie seker was nie. Hierdie "tipe ding" word
ongelukkig deur die Internasionale Krieketraad besluit. Swak beslissings
was nog altyd onaanvaarbaar, in watter land dit ook al plaasvind.
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:39:43 UTC 2025
|