Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuusies
Nuusies [boodskap #56701] |
Ma., 04 Februarie 2002 11:21  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week daar en
hierdie week hier gewen.
Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
Waugh is vies daaroor.
'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
Laeveld.
Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
maar iemand moet nog aangewys word.
Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
glo nog om 'n span saam te flans .
Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds nie
wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord sindroom
in die naam wat hom totaal gooi.
Annette
|
|
|
|
Re: Nuusies [boodskap #56706 is 'n antwoord op boodskap #56703] |
Ma., 04 Februarie 2002 11:37   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel Jonas, die punt is dat daar 'n punt by betrokke is.
Sy kan haar nie self inpregneer nie - daar word 'n ander party benodig, as
jy verstaan wat ek bedoel?
Hoe dink jy moet sy vir die ander party oortuig om beskerming te gebruik as
hy weier om dit te doen, en haar heelwaarskynlik verkrag het?
Ek dink nog steeds dat alle vrouens wat al klaar Vigs het gesteriliseer
behoort te word..
Annette
Jonas skryf in boodskap news:a3lrbn$qom$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Mbt Vigs-storie die volgende: Ek slaan 'n storie gade op kyknet waar 'n vrou
> en haar baba die teenmiddel in 'n hospitaal ontvang. Die storie gaan egter
> verder. Dieselfde vrou het 'n jaar gelede, volgens haar, haar vorige baba
> aan Vigs verloor. Maw die siel het geweet dat sy positief toets, en steeds
> voortgaan om nog kinders in die wêreld te bring. Help my - is dit nie
> krimineel nie?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a3lqq8$1967t2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week
daar
> en
>> hierdie week hier gewen.
>> Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
>> SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië.
> Steve
>> Waugh is vies daaroor.
>> 'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
>> Laeveld.
>> Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
>> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe
> bokafriter -
>> maar iemand moet nog aangewys word.
>> Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
>> glo nog om 'n span saam te flans .
>> Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds
> nie
>> wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord
> sindroom
>> in die naam wat hom totaal gooi.
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuusies [boodskap #56801 is 'n antwoord op boodskap #56701] |
Di., 05 Februarie 2002 07:43  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
> maar iemand moet nog aangewys word.
In Vrydag se Herald (van Port Elizabeth) was die pos van afrigter
geadverteer, seker vir "deursigtigheid." Een van die vereistes is
"enhanced stress tolerance levels."
En gisteroggend op RSG het ons geliefde sports(!)minister weer net
gepraat van transformasie in rugby. Wens hy wil ophou. Dinge sal
vanself uitwerk nou dat swart kinders na die ou blanke skole gaan en
beter afrigting kry. Kyk maar na Gcobani Bobo, hy is 'n produk van
Dale College.
Moet sê die mini ster praat heel skaflik Afrikaans. Dit het hom darem
so kerfie of twee in my estimasie laat styg.
Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 22:46:18 UTC 2025
|