Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd...
Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56216] So, 27 Januarie 2002 14:06 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
hier wees.

Wel, hier is jou geleentheid om 'n bydrae te maak tot onse verwelkoming van
die manne in geel en groen wanneer hulle voet aan wal (op die lughawe) sit.

My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê dat
hy glo dat die magdom vlieë uitbroei wanneer die Aussie kriekethelde oopmond
kougom kou. (Ek het hom verwys na die here Ntini en Klusener wat ook die
gewoonte het - hy sê egter dat ons bepaald nie soveel vlieë het nie.)

Voorstelle word ingewag ....
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56277 is 'n antwoord op boodskap #56216] Ma, 28 Januarie 2002 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a32k6j$agb$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
> hier wees.
>
Arrogant of te not - hulle kan darem beter krieket speel as julle. Drie-nul
vertel dit vir my...

> My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê dat
> hy glo dat die magdom vlieë uitbroei wanneer die Aussie kriekethelde oopmond
> kougom kou.

En watter soort bier is dit nou? VB, XXXX, of is dit nog steeds Castle of
Lion? Hoe lank het die Bierman (ek neem aan jy bedoel buurman?) van jou in
Australië gewoon dat hy soveel kennis het van die sg. magdom vlieë? Snaaks,
hier waar ons nou al agt jaar woon, is dan seker 'n uitsondering want hier
is nie juis meer vlieë as dié wat ek in Oos-Londen teëgekom het nie...
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56293 is 'n antwoord op boodskap #56216] Ma, 28 Januarie 2002 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê

Is dit nou die man wat vir jou
bier verskaf, ou Jonas?

Tant Hessie
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56301 is 'n antwoord op boodskap #56293] Ma, 28 Januarie 2002 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie - ek ken die verskil tussen 'n buurman en bierman. Woordspeling
is bepaald nie julle sterkpunt nie - nê?

So vasgevang deur die spelreëls dat jou sin vir humor daarmee heen is ...

skryf in boodskap news:3C554DEB.9010703@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê
>
>
> Is dit nou die man wat vir jou
> bier verskaf, ou Jonas?
>
> Tant Hessie
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56302 is 'n antwoord op boodskap #56277] Ma, 28 Januarie 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby of "Me" - of beide. Ek staan verstom oor jou spelvermoë ...

My bierman sê hy weet van die vlieë vanweë die kurkproppies aan die
hoedens - of is dit hulle telrame?

Hy, my bierman sê net nie XXXX nie - want hy kan skryf ...

Op hul tuisveld het die Aussies, met die 5-dae nogal nie sleg gevaar nie.
Dit het nie die aantal vlieë verminder nie ...

Wat jou voorstel(l)e mbt 'n gepasde slagspreuk?

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:bZ858.81681$HW3.105477@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:a32k6j$agb$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
>> hier wees.
>>
> Arrogant of te not - hulle kan darem beter krieket speel as julle. Drie-nul
> vertel dit vir my...
>
>> My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê
> dat
>> hy glo dat die magdom vlieë uitbroei wanneer die Aussie kriekethelde
> oopmond
>> kougom kou.
>
> En watter soort bier is dit nou? VB, XXXX, of is dit nog steeds Castle of
> Lion? Hoe lank het die Bierman (ek neem aan jy bedoel buurman?) van jou in
> Australië gewoon dat hy soveel kennis het van die sg. magdom vlieë? Snaaks,
> hier waar ons nou al agt jaar woon, is dan seker 'n uitsondering want hier
> is nie juis meer vlieë as dié wat ek in Oos-Londen teëgekom het nie...
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56314 is 'n antwoord op boodskap #56277] Ma, 28 Januarie 2002 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jan 2002 19:43:32 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

>> Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
>> hier wees.

> Arrogant of te not - hulle kan darem beter krieket speel as julle. Drie-nul
> vertel dit vir my...

Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56319 is 'n antwoord op boodskap #56302] Ma, 28 Januarie 2002 23:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a33osn$n05$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bobby of "Me" - of beide. Ek staan verstom oor jou spelvermoë ...

Dankie. Ek staan verstom oor joune ook...

> My bierman sê hy weet van die vlieë vanweë die kurkproppies aan die
> hoedens - of is dit hulle telrame?
>
'n Baie ou marketing technique - sien dit werk nog steeds vir manne wat bier
drink.

> Hy, my bierman sê net nie XXXX nie - want hy kan skryf ...

Miskien kan hy dan ook leer spel? Soos "welcome" met een L? En eendag as
hy dan nou genoeg geld versamel om wel te kan reis, kan hy dalk self kom kyk
hier in Qld of hy die vlieë kan sien, en dan kan hy miskien regte bier kom
proe hier by die XXXX brouery...
>
> Op hul tuisveld het die Aussies, met die 5-dae nogal nie sleg gevaar nie.
> Dit het nie die aantal vlieë verminder nie ...

Waar kom die obsessie met vlieë vandaan? En wat het dit met hul vermoë om
krieket te speel te doen? En ook met die eendagwedstryde teen SA doen hulle
ook nie te sleg nie...
>
> Wat jou voorstel(l)e mbt 'n gepasde slagspreuk?
>
"Thank you for visiting our country. Glad the old days of sporting
apartheid are over and we are now free to compete against all great
cricketing nations like you again - we hope you have a lovely stay in our
beautiful country"

Of miskien wil jy terugkeer na die "goeie ou dae" toe sport boikotte aan die
orde van die dag was?
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56320 is 'n antwoord op boodskap #56314] Ma, 28 Januarie 2002 23:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...

> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>

Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...

Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
m*#@r
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56321 is 'n antwoord op boodskap #56320] Ma, 28 Januarie 2002 23:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Jan 2002 09:51:12 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...

Bloody oath!
:-)
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56343 is 'n antwoord op boodskap #56320] Di, 29 Januarie 2002 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby - jou Afrikaans is nie sleg vir 'n Aussie nie - ek aanvaar dis waar
jou lojaliteit dit nou bevind? Ek hoop dit bly daar - jou lojaliteit
natuurlik ...

Ek luister op die oomblik hoe die "Blackcaps" besig is om die Aussies 'n
goeie drag slae te gee. Hulle arrogansie is dus ietwat misplaasd - nie?

Verduidelik die kurkproppies aan die hoedens - ek is regtig onder die indruk
dat dit ten doel het om die vlieë weg te hou? Help my uit hierdie onkunde ou
maat ...

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:Qnl58.82203$HW3.106621@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...
>
>> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
>> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
>> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>>
>
> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...
>
> Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
> m*#@r
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56346 is 'n antwoord op boodskap #56320] Di, 29 Januarie 2002 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby sê:

>
"Thank you for visiting our country. Glad the old days of sporting
apartheid are over and we are now free to compete against all great
cricketing nations like you again - we hope you have a lovely stay in our
beautiful country"

Wel Bobby - ek sien nie enige van die ware/oorspronklike Australianers in
die span nie ... So miskien het ons die veranderinge reeds gemaak, en nie
die Australianers nie. Dink jy nie ons moet hierdie "issue" verder voer nie
...

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:Qnl58.82203$HW3.106621@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...
>
>> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
>> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
>> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>>
>
> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...
>
> Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
> m*#@r
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56349 is 'n antwoord op boodskap #56320] Di, 29 Januarie 2002 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Om te glo in die vermoëns van jouself en jou span is die begin van sukses in
sport. As dit dan oorkom as 'n raps arrogant, dan is dit maar so. Dit is
deel van die sielkundige samestelling van goeie afrigting en daarvoor gee ek
die Aussies volpunte.

Dit beteken nog nie dat ek hou van die klomp donners nie. Hulle wen ons
teveel!! :-)))))

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:Qnl58.82203$HW3.106621@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Danielle" wrote in message
> news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...
>
>> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
>> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
>> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>>
>
> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...
>
> Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
> m*#@r
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56354 is 'n antwoord op boodskap #56301] Di, 29 Januarie 2002 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf in boodskap news:a33ohl$mr8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Antie Tottie - ek ken die verskil tussen 'n buurman en bierman. Woordspeling
> is bepaald nie julle sterkpunt nie - nê?
>
> So vasgevang deur die spelreëls dat jou sin vir humor daarmee heen is ...
>
>
> skryf in boodskap news:3C554DEB.9010703@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>
>>> My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê
>>
>>
>> Is dit nou die man wat vir jou
>> bier verskaf, ou Jonas?
>>
>> Tant Hessie

Jonas, dit was j��s haar sin vir humor wat haar daardie opmerking laat maak
het. Wens ek het so 'n bierman gehad, ag ek meen buurman. ;))
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56357 is 'n antwoord op boodskap #56349] Di, 29 Januarie 2002 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek en jy verskil nie 'n enkele tree nie Sakkie.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c567488$0$236@hades.is.co.za...
> Om te glo in die vermoëns van jouself en jou span is die begin van sukses in
> sport. As dit dan oorkom as 'n raps arrogant, dan is dit maar so. Dit is
> deel van die sielkundige samestelling van goeie afrigting en daarvoor gee ek
> die Aussies volpunte.
>
> Dit beteken nog nie dat ek hou van die klomp donners nie. Hulle wen ons
> teveel!! :-)))))
>
> "me & bobby magee" wrote in message
> news:Qnl58.82203$HW3.106621@newsfeeds.bigpond.com...
>>
>> "Danielle" wrote in message
>> news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...
>>
>>> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
>>> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
>>> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>>>
>>
>> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...
>>
>> Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
>> m*#@r
>>
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56358 is 'n antwoord op boodskap #56343] Di, 29 Januarie 2002 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bevan het amok gemaak - fantasties!

Watse houvas het die NZ-landers op die Aussies - hulle kriewel in hulle
koppe ...

"Jonas" skryf in boodskap news:a35qka$lma$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Bobby - jou Afrikaans is nie sleg vir 'n Aussie nie - ek aanvaar dis waar
> jou lojaliteit dit nou bevind? Ek hoop dit bly daar - jou lojaliteit
> natuurlik ...
>
> Ek luister op die oomblik hoe die "Blackcaps" besig is om die Aussies 'n
> goeie drag slae te gee. Hulle arrogansie is dus ietwat misplaasd - nie?
>
> Verduidelik die kurkproppies aan die hoedens - ek is regtig onder die indruk
> dat dit ten doel het om die vlieë weg te hou? Help my uit hierdie onkunde ou
> maat ...
>
> "me & bobby magee" wrote in message
> news:Qnl58.82203$HW3.106621@newsfeeds.bigpond.com...
>>
>> "Danielle" wrote in message
>> news:fieb5us3uq0h6albmtpg0np2s424p9phko@4ax.com...
>>
>>> Vertel hom Bobby!! Vertel hom!! :-)
>>> Of wag - gou na my verwysings geloer - jy moes sê: "go on"...
>>> Die alternatief was bietjie...er...rof!! :-)))
>>>
>>
>> Wat van "drongo"? Lyk my dit pas in dié geval...
>>
>> Ek's nou ook al behoorlik siek van Aussie-bashing. Ek strip nou sommer my
>> m*#@r
>>
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56362 is 'n antwoord op boodskap #56343] Di, 29 Januarie 2002 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas,

Die kurkproppies is 'n klassieke voorbeeld van die "bullshit baffles brains"
sindroom. Ons het nou al geleer dat die toutjies met die kurkproppe aan
(deur 'n vlieg se oë gesien) in werklikheid 'n aanloopbaan is. Soos in
Heathrow of een van daai mega lughawens. Meer plek om te land en op te
styg - om 'n sterker aanval te kan loods teen die niksvermoedende hoed
draer.

Ons het meer as ons "share" van die "kafferbudgies" hier in Perth. (Sorrie
vir die term as dit aanstoot gee aan enige iemand, maar die term is well and
alive hier rond.)

Die Suid Afrikaanse miskruier het nogal 'n merkbare verskil gemaak in die
vlieg bevolking hier in Aus nadat so paar van hulle suksesvol aansoek gedoen
het vir 'n visa. Blykbaar vat hierdie ouens nie k@k nie, hulle deel dit uit.
Glo gladnie geiinteriseerd om ou koeie uit te grawe nie, maar heel gewillig
om die stront te begrawe.

Maar daai vlieë is hier - glo my vry. Be afraid, be very afraid.

Hantamkind

"Jonas"

> Verduidelik die kurkproppies aan die hoedens - ek is regtig onder die indruk
> dat dit ten doel het om die vlieë weg te hou? Help my uit hierdie onkunde ou
> maat ...
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56383 is 'n antwoord op boodskap #56343] Wo, 30 Januarie 2002 01:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a35qka$lma$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Bobby - jou Afrikaans is nie sleg vir 'n Aussie nie - ek aanvaar dis waar
> jou lojaliteit dit nou bevind? Ek hoop dit bly daar - jou lojaliteit
> natuurlik ...

Beslis hier, en waarom sal dit iewers anders wil heengaan? Ek woon hier, is
'n landsburger en baie trots daarop. Ons is wêreldkampioene in krieket,
rugby (liga en unie), netbal, pyltjies, het
kampioenswemmers en die nommer een tennisspeler in die wêreld. Baie om op
trots te wees. Ons werk op die oomblik aan rolbal en branderplankry (waarin
ons wel al 'n paar kampioene manlik en vroulik, gehad het).

>
> Ek luister op die oomblik hoe die "Blackcaps" besig is om die Aussies 'n
> goeie drag slae te gee. Hulle arrogansie is dus ietwat misplaasd - nie?

Bietjie te gou gepraat, nê? Moet nooit die Aussies te gou afskryf nie. Die
druk is nou op SA.

>
> Verduidelik die kurkproppies aan die hoedens - ek is regtig onder die indruk
> dat dit ten doel het om die vlieë weg te hou? Help my uit hierdie onkunde ou
> maat ...

Dis 'n baie ou bemarkingstegniek om toeriste mee te vermaak, a la Paul
Hogan. Dis 'n soort van soewenier om huis toe te neem na jou wonderlike
besoek hier en dan met verlange later daaraan terug te dink wanneer jy die
hoed sien. Dien werklik geen nuttige doel nie, behalwe om 'n toeris op 'n
mylafstand uit te ken.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56384 is 'n antwoord op boodskap #56346] Wo, 30 Januarie 2002 01:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a35r26$lo3$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Wel Bobby - ek sien nie enige van die ware/oorspronklike Australianers in
> die span nie ... So miskien het ons die veranderinge reeds gemaak, en nie
> die Australianers nie. Dink jy nie ons moet hierdie "issue" verder voer
nie

Huh? Ek volg nou nie jou poging tot 'n argument so goed nie. Ek het nie
probeer voorgee dat die Australiërs (dis hoe mens iemand vanaf Australië
noem) enige veranderinge teweeg gebring het nie. Bloot dat alle spanne nou
weer SA besoek, en dat hulle dus verdien om vriendelik verwelkom te word,
soos ons met almal doen wat hierheen kom.

As mens nou jou argument volg, sal ek ook seker kan noem dat nie enige van
die oorspronklike Suid-Afrikaners in die krieketspan van vandag is nie. Dis
mos werklik 'n onsinnige argument - ouderdom alleen sal hulle tog
diskwalifiseer? Ek sal met plesier enige saak verder voer, maar die
voorvereiste is altyd dat mens realistiese argumente voer, met feite wat sin
maak.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56385 is 'n antwoord op boodskap #56383] Wo, 30 Januarie 2002 01:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

me & bobby magee wrote:

Ons is wêreldkampioene in krieket,
> rugby

Julle is ook kampioene wanneer dit
kom by die wrede metodes wat julle
gebruik om mense wat in julle land
wil inkom, hok te slaan en uit te
hou. Die geskiedenis is egter teen
julle. Ek voorspel dat aan die einde
van die een-en-twintigste eeu die
hele Australië oorstroom sal wees
met immigrante uit Suidoos-Asië.
Die nageslagte van mense uit Europa
sal verswelg word in die stroom.
Begin noual Vietnamees aanleer, of
ten minste Frans of Portugees wat
as handelstaal deur 'n klomp lande
in Suid-Oos Asië gebruik word.

Tant Hessie van Helsdingen-Billabong
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56387 is 'n antwoord op boodskap #56384] Wo, 30 Januarie 2002 03:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby - jammer maat (of is dit nou "mate") maar die Hantamkind het dit beter
verduidelik as jy.

Is lojaliteit nie juis een van daai dinge wat nie veronderstel is om te
verander nie ... Ek vra maar net.

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:W_H58.83065$HW3.109552@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:a35r26$lo3$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Wel Bobby - ek sien nie enige van die ware/oorspronklike Australianers in
>> die span nie ... So miskien het ons die veranderinge reeds gemaak, en nie
>> die Australianers nie. Dink jy nie ons moet hierdie "issue" verder voer
> nie
>
> Huh? Ek volg nou nie jou poging tot 'n argument so goed nie. Ek het nie
> probeer voorgee dat die Australiërs (dis hoe mens iemand vanaf Australië
> noem) enige veranderinge teweeg gebring het nie. Bloot dat alle spanne nou
> weer SA besoek, en dat hulle dus verdien om vriendelik verwelkom te word,
> soos ons met almal doen wat hierheen kom.
>
> As mens nou jou argument volg, sal ek ook seker kan noem dat nie enige van
> die oorspronklike Suid-Afrikaners in die krieketspan van vandag is nie. Dis
> mos werklik 'n onsinnige argument - ouderdom alleen sal hulle tog
> diskwalifiseer? Ek sal met plesier enige saak verder voer, maar die
> voorvereiste is altyd dat mens realistiese argumente voer, met feite wat sin
> maak.
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56396 is 'n antwoord op boodskap #56387] Wo, 30 Januarie 2002 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a37r1t$489$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Bobby - jammer maat (of is dit nou "mate") maar die Hantamkind het dit beter
> verduidelik as jy.

Beter? Omdat dit inpas by wat jy wil glo?

> Is lojaliteit nie juis een van daai dinge wat nie veronderstel is om te
> verander nie ... Ek vra maar net.

My lojaliteit lê by die land wat my 'n tweede kans gegee het, my met ope
arms hier verwelkom het, en my 'n nuwe lewe aangebied het. Dit lê by die
regering wat ek help verkies het, en wat die land waarin ek woon, goed
bestuur. En lojaliteit in sport verander gereeld - ek ondersteun beslis nie
meer dieselfde spanne as wat ek ondersteun het toe ek 'n tiener was nie.
Mens verloor soms belangstelling, en hoe meer jy grootword en dinge in 'n
ander lig begin sien, hoe meer verander jy.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56397 is 'n antwoord op boodskap #56385] Wo, 30 Januarie 2002 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C57522D.1060002@rogers.com...
>
> Julle is ook kampioene wanneer dit
> kom by die wrede metodes wat julle
> gebruik om mense wat in julle land
> wil inkom, hok te slaan en uit te
> hou.

Yip. En trots daarop ook.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56398 is 'n antwoord op boodskap #56396] Wo, 30 Januarie 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die mens se rasionele vermoë is darem wonderlik nê?

In elk geval veels geluk met jou span se oorwinning oor die Kiwi's gister.
Daardie reeks raak nou interessant ...

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:KkP58.83308$HW3.110730@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:a37r1t$489$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Bobby - jammer maat (of is dit nou "mate") maar die Hantamkind het dit
> beter
>> verduidelik as jy.
>
> Beter? Omdat dit inpas by wat jy wil glo?
>
>> Is lojaliteit nie juis een van daai dinge wat nie veronderstel is om te
>> verander nie ... Ek vra maar net.
>
> My lojaliteit lê by die land wat my 'n tweede kans gegee het, my met ope
> arms hier verwelkom het, en my 'n nuwe lewe aangebied het. Dit lê by die
> regering wat ek help verkies het, en wat die land waarin ek woon, goed
> bestuur. En lojaliteit in sport verander gereeld - ek ondersteun beslis nie
> meer dieselfde spanne as wat ek ondersteun het toe ek 'n tiener was nie.
> Mens verloor soms belangstelling, en hoe meer jy grootword en dinge in 'n
> ander lig begin sien, hoe meer verander jy.
>

Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56400 is 'n antwoord op boodskap #56397] Wo, 30 Januarie 2002 11:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek ook. BAIE trots. Ek het al die bitter trane van teleurstelling gesien van
mense wat wettiglik aansoek gedoen het en baie, baie geld betaal het om hier
in te kom en dan die deur gewys is.

Daar is nie plek vir hierdie mense wat voor in die ry wil indruk en "demand"
nie. Klink soos 'n plek wat ek ken.

Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...

Hantamkind.

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:TlP58.83312$HW3.110155@newsfeeds.bigpond.com...
>
> skryf in boodskap news:3C57522D.1060002@rogers.com...
>>
>> Julle is ook kampioene wanneer dit
>> kom by die wrede metodes wat julle
>> gebruik om mense wat in julle land
>> wil inkom, hok te slaan en uit te
>> hou.
>
> Yip. En trots daarop ook.
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56402 is 'n antwoord op boodskap #56387] Wo, 30 Januarie 2002 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet darem nie Jonas. As mens by die punt verby is waar omdraai 'n opsie
was, en jy het dit nie gedoen nie, dan is die koeël deur die kerk.

As jy burgerskap aanvaar het van 'n nuwe land en die oue neergelê het - dan
moet jou lojaliteit by jou nuwe land le. Nie halfhartig nie - nie so
terloops nie. Dis amper soos om twee gode te wil dien. Ek glo nie mens moet
met jou voete in die een land staan en met jou hart in 'n ander nie. Dan
moet jy liewer weer jou tassies pak...

Hantamkind.

From: "Jonas"
>
> Is lojaliteit nie juis een van daai dinge wat nie veronderstel is om te
> verander nie ... Ek vra maar net.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56405 is 'n antwoord op boodskap #56400] Wo, 30 Januarie 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Interessant dat ons regering ook besig is om die krane toe te draai, hulle
soek nie immigrante nie. En dit sluit beslis (veral?) immigrante uit
Afrikalande in. Namibië het dit al 'n paar jaar gelede gedoen, dis nag om 'n
verblyf- of werkpermit daar te kry.

Wouter

Hantamkind skryf in boodskap news:LvQ58.83401$HW3.111661@newsfeeds.bigpond.com...
Ek ook. BAIE trots. Ek het al die bitter trane van teleurstelling gesien van
mense wat wettiglik aansoek gedoen het en baie, baie geld betaal het om hier
in te kom en dan die deur gewys is.

Daar is nie plek vir hierdie mense wat voor in die ry wil indruk en "demand"
nie. Klink soos 'n plek wat ek ken.

Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...

Hantamkind.

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:TlP58.83312$HW3.110155@newsfeeds.bigpond.com...
>
> skryf in boodskap news:3C57522D.1060002@rogers.com...
>>
>> Julle is ook kampioene wanneer dit
>> kom by die wrede metodes wat julle
>> gebruik om mense wat in julle land
>> wil inkom, hok te slaan en uit te
>> hou.
>
> Yip. En trots daarop ook.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56408 is 'n antwoord op boodskap #56397] Wo, 30 Januarie 2002 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

me & bobby magee wrote:

> skryf in boodskap news:3C57522D.1060002@rogers.com...
>
>> Julle is ook kampioene wanneer dit
>> kom by die wrede metodes wat julle
>> gebruik om mense wat in julle land
>> wil inkom, hok te slaan en uit te
>> hou.

>
> Yip. En trots daarop ook.

Ja-nee. Eers in the auld country
het hulle die swartes probeer hok-
slaan en toe dit nie werk nie, toe
emigreer jy. Nou is jy trots op die
hokslaan daar in jou nuwe land? Trots
op onmenslikheid? Ek neem aan meeste
Australiërs is eintlik skaam, al sien
hulle dit as die enigste uitweg om die
suidoos Asiatiese hordes tydelik uit
"die Paradys" te hou. Maar trots daarop?

Tant Hessie Slamaaier
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56411 is 'n antwoord op boodskap #56400] Wo, 30 Januarie 2002 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
> het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
> ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...

Jy kan verseker wees dat al hierdie dinge in
die koerante en TV gerapporteer word, en dit
laat julle Australiërs baie sleg lyk. Kanada
word ook gedurig oorstroom met mense wat
"onwettig" wil inkom. Hulle kom in bote uit
die Ooste wat amper nie meer op die water kan
ry nie, ensovoorts, ensovoorts. Maar hulle word
menslik behandel, ondersoek en geprosesseer, en
dan uiteindelik teruggestuur as dit moet. Maar
om mense soos diere te behandel?
Lank gelede was daar 'n insident waar 'n
Duitse skip 'n klomp Oosterlinge wat groot geld
betaal het om Kanada toe te kom, vir hulle naby
die strand in die water gelos het en hulle toe
deur die kuswag opgepik is voordat hulle in die
branders omkom. Ek en 'n vriendin van my, wat
'n Maliseet is, staan toe en luister hoe 'n
klomp joggies in die hospitaal waar ons almal
werk, sit en praat oor hoe hulle dink dat die
kuswag die mense maar sommer daar in die golwe
moes laat verdrink het, of hulle moes vertel om
terug te swem Duitsland toe. Hierdie joggies
se voorouers was almal duidelik uit Europa. Toe
sê ek vir hulle: "Julle kan bly wees dat Pat (my
vriendin) se voorouers nie vir julle voorouers
teruggestuur het na Europa toe hulle op bootjies
aangekom het nie." Pat het net meewarig geglimlag.
Die bootmense van Vietnam wat uiteindelik
in die VSA beland het, verryk die mengsel. Nou
kort gelede het so'n Vietnamese kind die VSA se
nasionale spelling bee gewen. En mens sien hulle
kinders oral in die kulturele scene van die VSA
opduik. Miskien sit die waardigste kulturele
juwele agter julle doringdrade, terwyl die setlaars
hulle bier sit en drink en die prawns op die
barbie gooi.

Gloudina
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56416 is 'n antwoord op boodskap #56319] Wo, 30 Januarie 2002 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee wrote:
>

>> Wat jou voorstel(l)e mbt 'n gepasde slagspreuk?
>>
> "Thank you for visiting our country. Glad the old days of sporting
> apartheid are over and we are now free to compete against all great
> cricketing nations like you again - we hope you have a lovely stay in our
> beautiful country"
>
> Of miskien wil jy terugkeer na die "goeie ou dae" toe sport boikotte aan die
> orde van die dag was?

Me & Bob het duidelik sy sin vir humor in SA gelos toe hulle gemigreer
het.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56434 is 'n antwoord op boodskap #56400] Wo, 30 Januarie 2002 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:LvQ58.83401$HW3.111661@newsfeeds.bigpond.com...

> Ek ook. BAIE trots. Ek het al die bitter trane van teleurstelling gesien van
> mense wat wettiglik aansoek gedoen het en baie, baie geld betaal het om hier
> in te kom en dan die deur gewys is.

Ek ken self 'n hele paar mense met wie dit gebeur het. Maak my nog meer de
hoenders in as hierdie queue jumpers dan hier, in hulle air-conditioned
units (en ons het nie lugversorging nie!), waar hulle 'n daaglikse toelae
kry (en selfs op mobile phones met die media kan korrespondeer)en van meer
kos voorsien word as wat hulle in 25 jaar in Afghanistan gekry het, dan nog
die cheek het om alles rondom hulle af te brand en "Visa! Visa!" te skree.
En ons betaal. Dis die mense wat geen dokumente by hulle het nie - baie
verbrand die dokumente voor hulle vertrek uit Indonesië juis om hulle
kriminele rekord te verdoesel); mense wat vals name gee. En dan kla hulle
omdat die proses volgens hulle te lank vat! Snaaks dat hierdie sg. "arm en
honger" mense almal $10 000 kan betaal om op die boot te spring.

>
> Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
> het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
> ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...
>
Glo my, sy weet. Die media is mos 'n baie goeie bron van inligting! So
neutraal ook... Ongelukkig hoor die buiteland net altyd van die klein
minderheid mense wat met die intimidasie metodes saamstem, nie van die
oorgrote meerderheid wat die regering heelhartig ondersteun nie. Mense soos
ons wat glo dat wanneer 'n mens aan sulke onderduimse tegnieke begin toegee,
dan skep alle bankrowers en skakers nuwe moed, en 'n nuwe vlaag van misdaad
word geskep. Want nou word daar mos toegegee aan eise. Sodra mense
kriminaliteit begin goedpraat, dan het die hele wêreld 'n groot probleem.
En weet verseker, hulle is onwettiglik hier, en in my boek is enigiets
onwettig definitief krimineel. En as iemand 'n land op 'n kriminele manier
inkom, wie weet waar hulle kriminaliteit gaan eindig?

En laat ons maar nie vir die Antie hierheen laat kom nie - ons het genoeg
probleme met die spulletjie wat wel hier instroom. Gelukkig lyk dit my ons
beleid is besig om te werk - vir die afgelope twee maande darem nie 'n
bootjie in sig nie. Hulle kry die boodskap, stadig maar seker.

Advance Australia Fair!
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56435 is 'n antwoord op boodskap #56398] Wo, 30 Januarie 2002 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a38hvl$a0j$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Die mens se rasionele vermoë is darem wonderlik nê?
>
As mens rasionele denke besit, is dit beslis 'n goeie ding. Miskien moet jy
dit probeer inspan.

SA het 'n opdraande pad voor hulle - selfs al wen hulle môre, en die Aussies
wen ook op Saterdag, sal dit nog steeds NZ en Australië in die eindstryd
wees, a.g.v SA se swak net run rate.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56437 is 'n antwoord op boodskap #56416] Wo, 30 Januarie 2002 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf in boodskap news:3C580C09.8336B472@lous.zzn.com...
>
> Me & Bob het duidelik sy sin vir humor in SA gelos toe hulle gemigreer
> het.

Niks verkeerd met my sin vir humor nie (en as jy na al my insette kyk, sal
jy dit duidelik kan sien). Ek dink net dis onnodig om afbrekend te wees
teenoor sportspanne wat jou land besoek. Waarom op die negatiewe
konsentreer?
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56443 is 'n antwoord op boodskap #56435] Do, 31 Januarie 2002 04:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby - ek sien genoeg hoe mense se lojaliteite verander. Jeens hulle
werkgewers, hulle vrouens en so ook teenoor hulle land. Maar, solank jy dit
kan regverdig teenoor jouself , soos wat jy tans doen, sê ek - gaan vir goud
ou maat.

Benewens rasionaliteit is daar ook iets soos integriteit - maar later meer
daaroor...

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:Bb_58.83771$HW3.112446@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:a38hvl$a0j$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Die mens se rasionele vermoë is darem wonderlik nê?
>>
> As mens rasionele denke besit, is dit beslis 'n goeie ding. Miskien moet jy
> dit probeer inspan.
>
> SA het 'n opdraande pad voor hulle - selfs al wen hulle môre, en die Aussies
> wen ook op Saterdag, sal dit nog steeds NZ en Australië in die eindstryd
> wees, a.g.v SA se swak net run rate.
>
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56450 is 'n antwoord op boodskap #56437] Do, 31 Januarie 2002 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien - omdat hulel dit doen - onthou pat en die genraaide hoender.
Anyway - dit is alles tong in die kies!

me & bobby magee wrote:
>
> "Lou" wrote in message
> news:3C580C09.8336B472@lous.zzn.com...
>>
>> Me & Bob het duidelik sy sin vir humor in SA gelos toe hulle gemigreer
>> het.
>
> Niks verkeerd met my sin vir humor nie (en as jy na al my insette kyk, sal
> jy dit duidelik kan sien). Ek dink net dis onnodig om afbrekend te wees
> teenoor sportspanne wat jou land besoek. Waarom op die negatiewe
> konsentreer?
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56462 is 'n antwoord op boodskap #56358] Do, 31 Januarie 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
>
> Bevan het amok gemaak - fantasties!
>
> Watse houvas het die NZ-landers op die Aussies - hulle kriewel in hulle
> koppe ...

Ek wonder waar was hansie - een stadium was die Aussies 130 vir 6 -
volgede ding wat ek hoor - besig om die wen lopies te slaan.

ICC - ek dink julle moet gaan kyk wat aangaan :)
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56464 is 'n antwoord op boodskap #56462] Do, 31 Januarie 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Lou, daar is goed soos selfone onthou:)))
Annette

Lou skryf in boodskap news:3C5962F8.75113156@lous.zzn.com...
>
>
> Jonas wrote:
>>
>> Bevan het amok gemaak - fantasties!
>>
>> Watse houvas het die NZ-landers op die Aussies - hulle kriewel in hulle
>> koppe ...
>
> Ek wonder waar was hansie - een stadium was die Aussies 130 vir 6 -
> volgede ding wat ek hoor - besig om die wen lopies te slaan.
>
> ICC - ek dink julle moet gaan kyk wat aangaan :)
Re: Aussie burgerskap kwalifikasie het verander [boodskap #56475 is 'n antwoord op boodskap #56385] Do, 31 Januarie 2002 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina jy moet onthou dat die kwalifikasie dat jy 'n bandiet moet wees om
in Aussie in te kom is al laaaankal iets van die verlede ;-)
~~
het daai wet verval voor of na Me in Aussie aangeland het?
--
@rogers.com sê aan me & bobby magee :
: Julle is ook kampioene wanneer dit
: kom by die wrede metodes wat julle
: gebruik om mense wat in julle land
: wil inkom, hok te slaan en uit te
: hou.
---knip---
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56482 is 'n antwoord op boodskap #56443] Do, 31 Januarie 2002 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a3afvj$m9u$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Maar, solank jy dit
> kan regverdig teenoor jouself , soos wat >jy tans doen, sê ek - gaan vir goud
> ou maat.

Jy slaan die bal baie ver mis as jy hier kan inlees dat ek enigiets teenoor
enigiemand probeer regverdig. Jy het 'n vraag gevra, en omdat die antwoord
jou nie pas nie, verkies jy om dit aan jouself te probeer verduidelik sodat
jy die antwoord kan verwerk. Maar ek weet dat jy 'n probleem het met
objektiwiteit, en ek verstaan jou probleem.

>
> Benewens rasionaliteit is daar ook iets soos integriteit - maar later meer
> daaroor...

Hierdie aanmerking verdien die minagting waarmee ek dit verwerp - dit bewys
net weereens jou gebrek aan rasionele denke en 'n onvermoë om 'n sinvolle
debat te voer. En ek dink die mense wat my in hierdie ng ken, sal moontlik
met jou verskil. Ek weier om na hierdie lae vlak van gespreksvoering te
daal. Daarmee volstaan ek, en onttrek my aan hierdie gesprek.
Re: Aussie burgerskap kwalifikasie het verander [boodskap #56490 is 'n antwoord op boodskap #56475] Vr, 01 Februarie 2002 02:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:a3c3ri$2hq$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Gloudina jy moet onthou dat die kwalifikasie dat jy 'n bandiet moet wees om
> in Aussie in te kom is al laaaankal iets van die verlede ;-)
> ~~
> het daai wet verval voor of na Me in Aussie aangeland het?

Jy soek lekker skoor, nê? Ons het darem net betyds ingeglip, net voor 1866!

Laat my weet wanneer jy weer Jongensfontein toe gaan - ek wil 'n brief
skryf.
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56491 is 'n antwoord op boodskap #56450] Vr, 01 Februarie 2002 02:09 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf in boodskap news:3C592028.F984C10C@lous.zzn.com...
> Miskien - omdat hulel dit doen - onthou pat en die genraaide hoender.
> Anyway - dit is alles tong in die kies!
>
Ten minste was dit gebraai - as dit rou was, kon jy gekla het! Ek het gedog
dit was baie considerate... en Pat het sy waardering gewys deur dit te eet!

Anyway, dis twee heeltemal verskillende sake - jy praat hier van een (of
meer) idiotiese toeskouer/s wat jy oral kry. Nie van 'n sg.
verwelkomingskomitee nie.
Vorige onderwerp: Re: The Rainbow Nation is a publicity myth. The truth must be told.
Volgende onderwerp: Vertaling - asseblief ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 05:45:42 MGT 2024