Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56216] |
So., 27 Januarie 2002 14:06  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel - die Aussies is een van die dae hier. Arrogant of te not - hulle gaan
hier wees.
Wel, hier is jou geleentheid om 'n bydrae te maak tot onse verwelkoming van
die manne in geel en groen wanneer hulle voet aan wal (op die lughawe) sit.
My bierman se voorstel is - "Wellcome Fly Farmers..". Hy (my bierman) sê dat
hy glo dat die magdom vlieë uitbroei wanneer die Aussie kriekethelde oopmond
kougom kou. (Ek het hom verwys na die here Ntini en Klusener wat ook die
gewoonte het - hy sê egter dat ons bepaald nie soveel vlieë het nie.)
Voorstelle word ingewag ....
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56383 is 'n antwoord op boodskap #56343] |
Wo., 30 Januarie 2002 01:28   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:a35qka$lma$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Bobby - jou Afrikaans is nie sleg vir 'n Aussie nie - ek aanvaar dis waar
> jou lojaliteit dit nou bevind? Ek hoop dit bly daar - jou lojaliteit
> natuurlik ...
Beslis hier, en waarom sal dit iewers anders wil heengaan? Ek woon hier, is
'n landsburger en baie trots daarop. Ons is wêreldkampioene in krieket,
rugby (liga en unie), netbal, pyltjies, het
kampioenswemmers en die nommer een tennisspeler in die wêreld. Baie om op
trots te wees. Ons werk op die oomblik aan rolbal en branderplankry (waarin
ons wel al 'n paar kampioene manlik en vroulik, gehad het).
>
> Ek luister op die oomblik hoe die "Blackcaps" besig is om die Aussies 'n
> goeie drag slae te gee. Hulle arrogansie is dus ietwat misplaasd - nie?
Bietjie te gou gepraat, nê? Moet nooit die Aussies te gou afskryf nie. Die
druk is nou op SA.
>
> Verduidelik die kurkproppies aan die hoedens - ek is regtig onder die indruk
> dat dit ten doel het om die vlieë weg te hou? Help my uit hierdie onkunde ou
> maat ...
Dis 'n baie ou bemarkingstegniek om toeriste mee te vermaak, a la Paul
Hogan. Dis 'n soort van soewenier om huis toe te neem na jou wonderlike
besoek hier en dan met verlange later daaraan terug te dink wanneer jy die
hoed sien. Dien werklik geen nuttige doel nie, behalwe om 'n toeris op 'n
mylafstand uit te ken.
|
|
|
|
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56385 is 'n antwoord op boodskap #56383] |
Wo., 30 Januarie 2002 01:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
me & bobby magee wrote:
Ons is wêreldkampioene in krieket,
> rugby
Julle is ook kampioene wanneer dit
kom by die wrede metodes wat julle
gebruik om mense wat in julle land
wil inkom, hok te slaan en uit te
hou. Die geskiedenis is egter teen
julle. Ek voorspel dat aan die einde
van die een-en-twintigste eeu die
hele Australië oorstroom sal wees
met immigrante uit Suidoos-Asië.
Die nageslagte van mense uit Europa
sal verswelg word in die stroom.
Begin noual Vietnamees aanleer, of
ten minste Frans of Portugees wat
as handelstaal deur 'n klomp lande
in Suid-Oos Asië gebruik word.
Tant Hessie van Helsdingen-Billabong
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56408 is 'n antwoord op boodskap #56397] |
Wo., 30 Januarie 2002 13:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
me & bobby magee wrote:
> skryf in boodskap news:3C57522D.1060002@rogers.com...
>
>> Julle is ook kampioene wanneer dit
>> kom by die wrede metodes wat julle
>> gebruik om mense wat in julle land
>> wil inkom, hok te slaan en uit te
>> hou.
>
> Yip. En trots daarop ook.
Ja-nee. Eers in the auld country
het hulle die swartes probeer hok-
slaan en toe dit nie werk nie, toe
emigreer jy. Nou is jy trots op die
hokslaan daar in jou nuwe land? Trots
op onmenslikheid? Ek neem aan meeste
Australiërs is eintlik skaam, al sien
hulle dit as die enigste uitweg om die
suidoos Asiatiese hordes tydelik uit
"die Paradys" te hou. Maar trots daarop?
Tant Hessie Slamaaier
|
|
|
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56411 is 'n antwoord op boodskap #56400] |
Wo., 30 Januarie 2002 13:41   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hantamkind wrote:
> Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
> het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
> ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...
Jy kan verseker wees dat al hierdie dinge in
die koerante en TV gerapporteer word, en dit
laat julle Australiërs baie sleg lyk. Kanada
word ook gedurig oorstroom met mense wat
"onwettig" wil inkom. Hulle kom in bote uit
die Ooste wat amper nie meer op die water kan
ry nie, ensovoorts, ensovoorts. Maar hulle word
menslik behandel, ondersoek en geprosesseer, en
dan uiteindelik teruggestuur as dit moet. Maar
om mense soos diere te behandel?
Lank gelede was daar 'n insident waar 'n
Duitse skip 'n klomp Oosterlinge wat groot geld
betaal het om Kanada toe te kom, vir hulle naby
die strand in die water gelos het en hulle toe
deur die kuswag opgepik is voordat hulle in die
branders omkom. Ek en 'n vriendin van my, wat
'n Maliseet is, staan toe en luister hoe 'n
klomp joggies in die hospitaal waar ons almal
werk, sit en praat oor hoe hulle dink dat die
kuswag die mense maar sommer daar in die golwe
moes laat verdrink het, of hulle moes vertel om
terug te swem Duitsland toe. Hierdie joggies
se voorouers was almal duidelik uit Europa. Toe
sê ek vir hulle: "Julle kan bly wees dat Pat (my
vriendin) se voorouers nie vir julle voorouers
teruggestuur het na Europa toe hulle op bootjies
aangekom het nie." Pat het net meewarig geglimlag.
Die bootmense van Vietnam wat uiteindelik
in die VSA beland het, verryk die mengsel. Nou
kort gelede het so'n Vietnamese kind die VSA se
nasionale spelling bee gewen. En mens sien hulle
kinders oral in die kulturele scene van die VSA
opduik. Miskien sit die waardigste kulturele
juwele agter julle doringdrade, terwyl die setlaars
hulle bier sit en drink en die prawns op die
barbie gooi.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Aussie-verwelkoming - slagspreuk wedstryd... [boodskap #56434 is 'n antwoord op boodskap #56400] |
Wo., 30 Januarie 2002 22:14   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hantamkind" skryf in boodskap news:LvQ58.83401$HW3.111661@newsfeeds.bigpond.com...
> Ek ook. BAIE trots. Ek het al die bitter trane van teleurstelling gesien van
> mense wat wettiglik aansoek gedoen het en baie, baie geld betaal het om hier
> in te kom en dan die deur gewys is.
Ek ken self 'n hele paar mense met wie dit gebeur het. Maak my nog meer de
hoenders in as hierdie queue jumpers dan hier, in hulle air-conditioned
units (en ons het nie lugversorging nie!), waar hulle 'n daaglikse toelae
kry (en selfs op mobile phones met die media kan korrespondeer)en van meer
kos voorsien word as wat hulle in 25 jaar in Afghanistan gekry het, dan nog
die cheek het om alles rondom hulle af te brand en "Visa! Visa!" te skree.
En ons betaal. Dis die mense wat geen dokumente by hulle het nie - baie
verbrand die dokumente voor hulle vertrek uit Indonesië juis om hulle
kriminele rekord te verdoesel); mense wat vals name gee. En dan kla hulle
omdat die proses volgens hulle te lank vat! Snaaks dat hierdie sg. "arm en
honger" mense almal $10 000 kan betaal om op die boot te spring.
>
> Bobby, ek wonder of sy weet van die spul van Kabul wat hul lippe toegewerk
> het (om die duimskroewe op die regering aan te draai.) Ek wonder nou net hoe
> ons 'n bootjie daar van Kanada af kan organise Woomera toe ...
>
Glo my, sy weet. Die media is mos 'n baie goeie bron van inligting! So
neutraal ook... Ongelukkig hoor die buiteland net altyd van die klein
minderheid mense wat met die intimidasie metodes saamstem, nie van die
oorgrote meerderheid wat die regering heelhartig ondersteun nie. Mense soos
ons wat glo dat wanneer 'n mens aan sulke onderduimse tegnieke begin toegee,
dan skep alle bankrowers en skakers nuwe moed, en 'n nuwe vlaag van misdaad
word geskep. Want nou word daar mos toegegee aan eise. Sodra mense
kriminaliteit begin goedpraat, dan het die hele wêreld 'n groot probleem.
En weet verseker, hulle is onwettiglik hier, en in my boek is enigiets
onwettig definitief krimineel. En as iemand 'n land op 'n kriminele manier
inkom, wie weet waar hulle kriminaliteit gaan eindig?
En laat ons maar nie vir die Antie hierheen laat kom nie - ons het genoeg
probleme met die spulletjie wat wel hier instroom. Gelukkig lyk dit my ons
beleid is besig om te werk - vir die afgelope twee maande darem nie 'n
bootjie in sig nie. Hulle kry die boodskap, stadig maar seker.
Advance Australia Fair!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|