Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Nuwe bril
Nuwe bril [boodskap #56271] |
Mon, 28 January 2002 08:35  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.
Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
soms.
En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.
My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))
'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?
Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
|
|
|
|
|
Re: Nuwe bril [boodskap #56276 is 'n antwoord op boodskap #56274] |
Mon, 28 January 2002 09:38   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))) Mens praat van 'n hond laat regmaak:)))
My ma het ook mos die laserbehandeling gekry, omdat sy met die baiefoukels
glad nie trappe of sypaadjies kon hanteer nie.
Na die operasie kom sy toe agter die "vuil" mure waaroor ons gereeld geskel
is , is silwerskoon - en haar bruin trui waarvoor sy so lief is, is eintlik
pers:))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Sakkie skryf in boodskap news:3c551997$0$233@hades.is.co.za...
> Die vrou het vroeër voltyd gebril. Sy't altyd gekla elke keer wanneer sy 'n
> nuwe een gekry het dat haar dieptepersepsie nie dieselfde was nie. Was
> nogal komieklik om haar die eerste paar uur dop te hou soos sy probeer
> aanpas het.
>
> Ek het intussen haar oë laat "regmaak"
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0201280035.26c98b2e@posting.google.com...
>> Laasweek toe kry ek mos toe nou vir die eerste keer 'n bril, een van
>> daai "multi-focal" goed (wil nie sê multi-fokaal nie, dit klink na 'n
>> hoogs-onsedelike persoon) en was dit nie iets nie. Die eerste paar dae
>> het ek die saak meer in my hande gedra as voor my oë.
>>
>> Ek gebruik al jare van daai leesbrilletjies wat mens sommer by die
>> apteek koop en die eerste ding wat ek toe met die nuwe bril doen is om
>> dit laag op my neus te sit en bo-oor te kyk. Doen dit nou nog steeds
>> soms.
>>
>> En trappe! Was bang ek gaan op of af op my elmboë. Nog 'n ding is dat
>> ek vroeër, as ek 'n mooi dame teegekom het, so skuins na haar kon
>> loer. Nou moet ek reguit na haar staar en so-iets kan net tot pyn lei.
>>
>> My rekenaar hier by die werk is ook 'n probleem. Die monitor staan
>> hoog (kan nie anders nie) en om die skerm te kan sien moet ek of na
>> die plafon kyk of die monitor op my skoot hou. Motorbestuur was ook
>> moeilik. Ek het nog nooit met enige soort bril bestuur nie en dit het
>> gevoel asof ek in 'n voëlkoutjie sit. Die voordeel is dat ek nou darem
>> kan sien of dit 'n motor of 'n bus is wat van voor af aankom :))
>>
>> 'n Ruk terug het iemand hier iets gesê van die gemiddelde ouderdom van
>> die mense op hierdie ng, so daar is seker baie brille wat hier gebruik
>> word. Nou wil ek net vra, veroorsaak 'n nuwe bril altyd sulke
>> drastiese veranderings aan mens se lewenspatroon?
>>
>> Groete, Drom (by die werk met sy ou leesbril op sy neus)
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuwe bril [boodskap #56326 is 'n antwoord op boodskap #56309] |
Tue, 29 January 2002 05:54  |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:95ab5uki87bu1fcko46na2ncdhh0p0i1ov@4ax.com...
> On Mon, 28 Jan 2002 11:23:26 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Die vrou het vroeër voltyd gebril.
>
> Ek weet waarvan jy praat Sakkie. Dit was my ondervinding ook verlede
> week een aand toe ek na 'n sake afspraak 2315 by die huis gekom
> het.:-)
Hou hulle ooit op! :-)))))
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:52:23 UTC 2025
|