Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Seekoeivlei
Seekoeivlei [boodskap #56226] |
So., 27 Januarie 2002 18:33  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
gekom het.
Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.
Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!
|
|
|
Re: Seekoeivlei [boodskap #56228 is 'n antwoord op boodskap #56226] |
So., 27 Januarie 2002 18:42   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 27 Jan 2002 10:33:25 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
> Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
> kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
> nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
> gekom het.
>
> Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
> nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
> waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
> vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
> kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
> wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.
>
> Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
> mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!
Dankie vir hierdie mooi, beskrywende boodskap! SA is inderdaad 'n
pragtige land!!
|
|
|
|
|
|
|
|
Laaste woord oor Seekoeivlei [boodskap #56324 is 'n antwoord op boodskap #56251] |
Di., 29 Januarie 2002 04:12  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> nou weet ek watter kleur ek aan jou 'postings' kan heg. iemand wat
> die voëllewe waardeer en opgewonde daarvoor kan gesels soos jy,
> gee ek daai spesiale kleur. :-)
> (and to think names can be so deceiving especially the ones given
> by oneself to oneself)
KinkY: Oor Seekoeivlei naby Memel:
"Seekoeivlei is a declared Ramsar site. (weet iemand wat n Ramsar
site is, of moet ek uitvind?) The Vlei consits of a floodplain with
numerous seasonally flooded ox-bow lakes, drained by the Klip River.
Seekoeivlei is one of the most under-estimated birdwatching
destinations in SA as the vast majority of water birds normally
associated with the grassland biosphere biome are to be found here."
Oor Kinky:
Eendag as ek julle beter ken sal ek vertel van die naam en hoekom ek
dit gekies het vir hierdie ng.
;-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 07:19:20 UTC 2025
|