Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Danielle en die Parallelle
Danielle en die Parallelle [boodskap #55955] |
Tue, 22 January 2002 18:47  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 19 Jan 2002 16:23:43 -0500, Danielle wrote:
>
> Vir die wat dalk sou belangstel. Hier is solank 'n lysie met sommige
> van die Jesus-parallelle . Hoofsaaklik Roger Viklund se werk, en
> daarom gaan ek dit in Engels hou.
>
>
> Sleutels:
> H=Hercules
> D=Dionysos
> Ap=Apollionios of Tyana
> As= Asklepios
> M=Mithra/Mithras
> B=Buddha
> K=Krishna
>
Danielle, eintlik het jy die soort vraag gevra wat enige redelike mens
diep laat dink. Die soort vraag wat somtyds en enige redelike mens
se gedagtes kom, maar so maklik weggeveeg word want jy is slegs
aan jou self 'n antwoord verskuldig en sal later weer daaroor dink.
Die soort vraag waaroor jy somtyds 'n paar dae moet tob voor jy
antwoord. En dan steeds in jou antwoord sê 'ek het nie alle
antwoorde in pag nie maar dit is hoe ék dit sien'.
Vanmiddag in my kar op pad na Westgate het ek met myself hieroor
geredeneer en gemedditeer en tot dié slotsom gekom (wat ek op my
eie manier vir jou in woorde omsit en daarvan kan jy natuurlik kan
maak net wat jy wil, maar vir my is dit bevredigend):
'n Landmeter wat besig was om die weg aan te wys vir 'n nuwe hoofpad
deur 'n onderontwikkelde staat, het sowat ses weke voor die span
werkers beweeg. Die gevolg was dat hy weke op dieselfde plek in die
gramadoelas in 'n tent gewoon het.
Op 'n stadium het die landmeter tydens sy baie vrye tyd geinteresseerd
geraak in die bou van 'n miershoop. 'n Kollosale miershoop wat in
aanbou was deur 'n massa miere wat vir geen oomblik ophou werk het nie
maar asof totaal en al besield met die werk, slegs gebou en gebou en
gebou het.
Alles dit was vreeslik interessant en leersaam behalwe vir die
hartseer situasie dat die miershoop presies in die pad van die komende
pad was. Dat die miershoop ses weke later gelyk met die grond gevee
sou word met alles daarin. Landmeter wou so graag aan die miere
beduie dat hulle hul werksaamhede slegs een honderd tree moes skuif.
Dat hulle in die pad van 'n gewisse vernietiging is as hulle bly waar
hulle is. Landmeter kon dit nie doen nie TENSY HY IN 'N MIER KON
VERANDER EN BINNE IN DIE MIERSHOOP GAAN. EEN VAN HULLE
WORD EN PERSOONLIK IN HULLE TAAL MET HULLE PRAAT.
Hulle waarsku en hulle wys in watter rigting hulle moes beweeg. Al hoe
hy dit kon doen was om in 'n mier te verander en een van hulle te
word. En hy wou dit sò graag doen want in sy baie vrye tyd het hy
somtyds lank by die nes gesit en die bedrywighede dopgehou.
Gefasineerd geraak met die manier waarop hulle gebou het. Gebou het
aan 'n kasteel wat in die pad van 'n staalmonster was.
Dink nou bietjie aan die feit dat die landmeter reg langs die
miershoop gestaan het sonder dat hulle hom raak gesien het. Sonder dat
hulle bewus was van die yslike wese wat oor hulle getoring het. Nooit
het een van hulle vir 'n oomblik gaan staan en opkyk na bo nie. Gesien
dat hulle van bo af dop gehou word deur iemand wat hulle graag wou
help en raadgee.
Parallelle Danielle? Daar was ander miershope wat net buite die
gevaarsone gebou het. Twee of drie van hulle die landmeter gesien. En
toe die padskrapers daar deur beweeg het vyf van hulle gesien dat 'n
mens dit bestuur. Drie van die vyf was ander as dié wat die landmeter
gesien het. Hulle het op die ander se beskrywing gegaan en beskuit dat
dit die landmeter is wat die miershoop vernietig het. Die ander twee
het gesien dat dit iemand anders was en hulle storie was weer kompleet
anders.
Padskrapers het hulle nie geken nie so hulle het vertel dat dit 'n
verskriklike groot miskruier was. Ander het gesê nee, dit was 'n tor.
Ander weer het gesê dat dit 'n onbekende sandvreter was.
ALLE STORIES HET DIESELFDE WARE OORSPRONG GEHAD
maar is gesien deur miere uit verskillende posisies en dié wat nie
vriende was met daardie miere wat se huis plat getrap is nie, het weer
vertel dat die sandvreter kwaade was omdsat hulle sy sand gesteel het.
Alles in parallel omdat dit 'n werklike gebeurtenis as bron het maar
deur verskillende oë gesien is.
(En moet nou nie vir my vra of dit in werklikheid 'n miskruier, tor,
sandvreter of padskraper was nie want dit is nie waaroor jou vraag
gaan nie. Jou vraag was oor die parallelligeit in die verskillende
stories.)
DD
|
|
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56019 is 'n antwoord op boodskap #56017] |
Wed, 23 January 2002 20:39   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 23 Jan 2002 21:02:59 +0200, DD wrote:
>> Verstaan ek reg dat jy sou wou sê dat hierdie landmeter god is?
>
> Natuurlik nié. Baie beslis verstaan jy totaal en al verkeerd. God het
> in die miershoop ingegaan; en die miere se taal gepraat, besef jy dit
> dan nie?
Iets wat gereeld voor my gegooi was, is bybelse aanhalings soos:
"niemand is so blind as die wat nie wil sien, of so doof as die wat
nie wil hoor nie". So, don't bother om my op daai manier te probeer
boelie om dinge te verstaan soos jy nie. Been there, done that soos
Hantamkind sou sê
(Ek dink nie dis wat jy probeer doen nie, maar ek bespeur wel 'n
tikkie frustrasie in jou woorde. Of is ek verkeerd?)
Maar WIE is die landmeter dan in jou storie?
DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
|
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56023 is 'n antwoord op boodskap #56020] |
Wed, 23 January 2002 22:09   |
me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:ef7u4uk42g41fqeg81sohmntnhvdb90cab@4ax.com...
> Dit is in elk geval ook my antwoord aan jou Danielle. Die groot mense
> het vir my gesê (toe ek 'n kind was) dat dit te veel vir die menslike
> verstand is om te verstaan. Ek is nie ingestel om om so 'n antwoord te
> aanvaar of te verwerk nie. Nêrens in die bybel kry ek iets wat teen
> dit wat ek glo praat nie. Ek glo dat dit drie verskillende Goddelike
> Wesens is. Indien ek verkeerd is sondig ek tog nie. Ek het net vir
> myself 'n deur oopgemaak.
>
> DD
Jinne, hier gaan darem nou 'n vreeslike ontleding aan op verskillende vlakke
en onder verskillende onderwerpe. Ek dink regtig nie geloof is iets wat
mens uitmekaar moet trek om te probeer verstaan nie - vir my beteken geloof
juis dat jy aanvaar wat jy hoor en GLO. Jy hoef nie alles wat in die Bybel
gesê word, te verstaan nie of te probeer ontleed nie. Dit sal juis tot
allerhande twyfel lei, wat dan jou geloof gaan ondermyn - en soos jy sê,
Didi, alles is nie daar vir die mens se verstand om te verstaan nie. Ons
kan God nooit verstaan nie, want dit is ons nie beskore nie; dieselfde met
die Drie Eenheid. Wetenskaplikes het natuurlik allerhande soort verklarings
vir alles onder die son, wat die meeste dinge in die Bybel teenspreek en
alles logies probeer verklaar. Mens moet aanvaar dat nie alles in die Bybel
logies verklaarbaar is nie. Glod soos kinders glo, hulle bevraagteken nie
alles nie, maar aanvaar grootmense se woord redelik maklik. Net so moet ons
God se Woord aanvaar.
En soos Annette glo ek ook dat dinge vir ons almal vooruitbestem is, maar
dat die krag van Gebed wel 'n paadjie kan verander, want God is nie
onwrikbaar of ongenaakbaar hardkoppig soos ons nie. Ek dink juis dit is ons
almal se probleem: ons dink God is soos ons, met al ons simpelgeit en
foute.
Ek is maar seker baie eenvoudig, maar ek dink nie mens moet te veel krap
nie - dan maak mens 'n miernes oop en raak sommer lekker verdwaald. Ek glo
wat die Bybel sê (kan nie meer so lekker alles onthou nie, maar nou ja) en
leef volgens 'n eenvoudige metode: Doen aan ander soos wat jy aan jouself
gedoen wil hê, wees lief vir almal om jou (of probeer hard ten minste), en
lei 'n "skoon" lewe tot eer van God. En ek het nie verskillende kerke nodig
of verskillende priesters en dominees om dit vir my te verduidelik nie.
That's all, Folks.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56065 is 'n antwoord op boodskap #56024] |
Thu, 24 January 2002 20:32   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 23 Jan 2002 18:07:15 -0500, Danielle wrote:
> On Wed, 23 Jan 2002 22:57:08 +0200, DD wrote:
>
>> lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
>> Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }
>
> HEY! Moenie woorde in my mond lê nie! :-)
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
>>>> >>> Ek kon nog nooit saamleef met 'n
>>>> >>>verduideliking soos 'dit is te hoog vir die menslike verstand om te
>>>> >>>verstaan, so aanvaar dit net' nie.{ En ek het so idee dat ek jou taal
>>>> >>>praat nou, Jy en ek het heelwat smake wat ons deel. Lief vir browsing
>>>> >>>lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
>>>> >>>Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }
Toe ek die woorde hierbo gesê het Danielle, was dit 'n stelling op sy
eie, maw ek het nie bedoel dat jy met alles wat ek in die brief gesê
saamstem nie, maar slegs wat ek in dié parragraaf gesê het! :-)))
Oor een dingetjie het ek wel gelieg en ek glo nie dat dit oor browsing
is nie. Albei van ons is beslis ook lief vir kreatiewe programme
:-))))
>
> Ek wens Reisiger wil ook sy bydrae maak - ek sou so graag sy sieninge
> wou lees.
>
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56067 is 'n antwoord op boodskap #56062] |
Thu, 24 January 2002 20:43   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 24 Jan 2002 14:57:47 -0500, Danielle wrote:
> On Thu, 24 Jan 2002 21:40:27 +0200, DD wrote:
>
>> Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
>> is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek
>
> Kyk hoe praat ons alweer dieselfde taal in verskillende woorde! :-)
>
>> en later wanneer hulle sê 'O'
>> Kom hulle agter jy is steeds bo
>
> Maar hier verskil ons.
Hoegenaamd nie! Ons praat steeds dieselfde taal in verskillende woorde
en steeds het ons dieselfde klaarheid
want dit wat jy hieronder sê is absoluut die waarheid
Dit wat ek wou sê het geweldig gekwyn
net terwille daarvan om te rym!
> Ek sien nie 'n gesprekvoering as "kompetisie"
> nie - maar eerlikwaar eerder net 'n proses van gedagtes uitruil. Dis
> hierin waarin die plesier van gesels met verskillende mense uit
> verskillende agtergronde, vir my lê.
>
> (Buitendien is om die heeltyd bo te wees sommer vervelig, of nie?)
> :-))))
>
> Iets HEEL anders - is dit net ek, of is julle ook so - as ek iets
> BELANGRIKS moet klaarmaak (met 'n deadline en all), vind ek myself
> besig hou met ALLERANDE ander goed BEHALWE dit wat ek moet doen! :-(((
> Soos om kort kort hier in te loer om te sien wie het wat te sê gehad.
> :-)
Absoluut! Dis asof jy staak, asof jy nie jou regtig wol bind aan die
tyd wanneer dit moet klaar wees. En skielik het jy soveel dinge wat
ook belangrik is!
|
|
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56073 is 'n antwoord op boodskap #56019] |
Thu, 24 January 2002 21:00   |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle"
: DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
~~~~~~~~~
Uit die boek "I dared to call Him Father" geskryf deur Bilquis Sheikh.
Jesus explained the Trinity in a vision to Sadhu Sundar Singh, a devout Sikh
in the following manner. "Just as in the sun there are both heat and light,
but the light is not heat and the heat is not light, but both are one,
though in their manifestation the have different forms, so I and the Holy
Spirit, proceeding from the Father, bring light and heat to the world ...
Yet WE are not three but One, just as the sun is but one."
--
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56106 is 'n antwoord op boodskap #56096] |
Fri, 25 January 2002 07:36   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle skryf in boodskap news:05v15u8ip4sh88pblukogkfv0ip6dqtlka@4ax.com...
> On Fri, 25 Jan 2002 07:58:40 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek hou van redeneer, maar sommige mense beskik totaal nie oor die vermoë om
>> jou kant in te sien nie. Ek bedoel nie dat hulle moet oortuig wees van jou
>> siening nie. Dis net hulle moet kan verstaan hoë jy die saak sien.
>
> Aah, ja - ek verstaan wat jy bedoel. Ek verstaan maar te goed. :-)
Iets wat my grensloos kan irriteer is as mense sê: 'Ek hoor wat jy sê,
maar.....' Hulle moet nie hul sielkunde op my gebruik nie, ek sien
dwarsdeur dit. Wat hulle eintlik sê is, hulle wil steeds met hul voorstel
voortgaan. (val in dieselfde klas mens as die wat glo hulle is NOOIT
verkeerd nie)
>
>> Dis ook in dié geval wat ek meestal vind dat daardie tipe persone 'n saak
>> nes jy sien, maar dit in ander woorde uitdruk, maar nie oor die vermoë
>> beskik om te kan sien: 'dat julle dieselfde taal praat, maar in verskillende
>> woorde sê'.
>
> Ek ondervind hierdie probleem nogal veral wanneer ek in Afrikaans
> probeer kommunikeer. Maar ek vermoed dis omdat my "afrikaanse brein"
> nie altyd so lekker werk nie. :-)
>
>> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>
>
>
>> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
>> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>
> O sure....pull the other one...:-)
Sien en daar 'lees' jy my nou werklik verkeerd. Ek het in alle erns bedoel
dat ek dit nie teen iemand in die groep mik nie. Ek het aan mense wat ek
persoonlik ken, gedink toe ek die opmerkings gemaak het. ......fluister: en
aan die einde besef hoeveel op die groep ook agter die deur staan :)
|
|
|
|
|
|
|
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56149 is 'n antwoord op boodskap #56097] |
Fri, 25 January 2002 18:39   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:
> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>
>
Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
tòg so bietje meer sense het, die Gloudina's hulle baie nice hou en
skiélik, o sò skielik en onverwags slaan die distrik ses maniere weer
deur, die Australiese Onnies wanneer hulle lekker dik raak vir ons,
sommer by die deur uitstorm vir 'n paar dae, die Kekkelbekke dieselfde
tyd wat Me by die deur uitstorm haar 'Sherrif' badge gryp en vassteek
sodat ons darem 'n vrederegter het, Die Danielle's om een of ander
rede gefrustreerd by die huis raak en dit of op my of op Kinky, of op
die arme vreedsame Gloudina uithaal, die Annette's wat vir almal oor
die rand glimlag met die rooiwyn glinstering in haar oë, die
Hantamkinders wat wonder hoe op aarde 'n onbeskaafde klomp soos ons op
usenet toegelaat word, Die Kinky's wat gereed is om heel skerp
enigiets kan omsit in iets om oor te glimlag, die Thys'se wat in die
bos wegkruip tot 'n klip werklik naby hom val en dan daar uitstorm,
die Jonas'se wat vir Kinky sê :ek hoor wat jy sê, maar..."
(Hi...ek het jou nie vergeet nie, ek probeer jou net êrens plaas!)
|
|
|
|
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56153 is 'n antwoord op boodskap #56073] |
Fri, 25 January 2002 19:12   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 24 Jan 2002 23:00:27 +0200, "Tobie"
On Thu, 24 Jan 2002 23:00:27 +0200, "Tobie" wrote:
> "Danielle"
> : DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
> ~~~~~~~~~
> .........Yet WE are not three but One, just as the sun is but one."
Dit is so snaaks dat niemand anders hier 'n byvoeging wil maak nie
Tobie, selfs nie eens Danielle wat die tema aangevoor het nie.
Na aanleiding van wat jy hier aanhaal, is dit nou weer die praktiese
sy in my wat vir my siening van drie individuele Wesens ondersteuning
kry in die feit dat Jesus op 'n stadium 'n suigeling was, en steeds
het die Grootheid regeer.
|
|
|
|
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56242 is 'n antwoord op boodskap #56149] |
Mon, 28 January 2002 06:40   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DD wrote:
>
> On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
>> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
>> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>>
>>
> Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
> leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
> miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
> neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
> assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
> tòg so bietje meer sense het,
Ohopoho!! Wat jy waar kry? Ek dink dat vroue die meeste van die tyd
beter weet :) - en ek het my vrou se toestemming om so te sê. Natuurlik
sê sy ook dat
ek mag sê dat jy pleinweg - bollie praat.
Jou rumour val natuurlik in by ander lae hou redenasies wat soorgelyk is
soos -
- dat jy stééds jou vrou slaan erkenning aan my vriend Ferdi) , met
kinders lol, te veel suip, die werk se skryfbehoetes steel, 'n
apartheidsvark is :) etc. Onmoontlik om te verdedig - want jy het glad
nie die hou sien kom nie - en teen die tyd wat jy wil terug slaan hol
die aanvaller reeds doer ver oor die bult.
Om jou te tipeer - een van daai klein outjies wat in die agterlyn speel,
dan die een keer wat hy naby aan die skrum kom skelm iemand se hare trek
an dan die res van die wedstryd enige kontak vermy :}
|
|
|
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56245 is 'n antwoord op boodskap #56149] |
Mon, 28 January 2002 06:57   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor wat jy sê maar,....:-))))) Ek wonder nog altyd. Een ding is baie
seker. 'n Persoon se ware karakter kom makliker hier deur. Dit gee ek jou
toe.
"DD" skryf in boodskap news:sp735u0r7gm4h1u2m9in3nm6btrprmj7pi@4ax.com...
> On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>
>> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
>> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
>> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>>
>>
> Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
> leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
> miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
> neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
> assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
> tóg so bietje meer sense het, die Gloudina's hulle baie nice hou en
> ski�lik, o sê skielik en onverwags slaan die distrik ses maniere weer
> deur, die Australiese Onnies wanneer hulle lekker dik raak vir ons,
> sommer by die deur uitstorm vir 'n paar dae, die Kekkelbekke dieselfde
> tyd wat Me by die deur uitstorm haar 'Sherrif' badge gryp en vassteek
> sodat ons darem 'n vrederegter het, Die Danielle's om een of ander
> rede gefrustreerd by die huis raak en dit of op my of op Kinky, of op
> die arme vreedsame Gloudina uithaal, die Annette's wat vir almal oor
> die rand glimlag met die rooiwyn glinstering in haar oë, die
> Hantamkinders wat wonder hoe op aarde 'n onbeskaafde klomp soos ons op
> usenet toegelaat word, Die Kinky's wat gereed is om heel skerp
> enigiets kan omsit in iets om oor te glimlag, die Thys'se wat in die
> bos wegkruip tot 'n klip werklik naby hom val en dan daar uitstorm,
> die Jonas'se wat vir Kinky sê :ek hoor wat jy sê, maar..."
>
> (Hi...ek het jou nie vergeet nie, ek probeer jou net êrens plaas!)
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:52:25 UTC 2025
|