Turksvytyd [boodskap #55909] |
Tue, 22 January 2002 07:27  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis turksvytyd hier by ons. Oral sien mens vrouens, oud en jonk, met
emmers en skottels van die goed. Selfs langs die grootpaaie.
Nou het ek 'n vraag: Hoekom turks en hoekom vye? Sover ek weet kom die
goed nie van Turkye af nie en dis defnitief nie vye nie.
Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Turksvytyd [boodskap #55949 is 'n antwoord op boodskap #55939] |
Tue, 22 January 2002 17:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Ouma had eenkeer vertel van mense waarvan die kinders so baie van die
> turksvye geëet het dat hulle se mage regtig verstop het. Heel onder was die
> saak glo een pakkery van turksvy pitte.
Ek kan nie onthou of ek as kind ooit "verstop"
was nie, maar dit moes duidelik 'n ernstige
probleem gewees het. By ons op die eilande van
die Oranje is turksvybome byna eksklusief geplant
op die walle van die groot besproeiings-kanale
(seker om die walle van die kanale te versterk
deur hulle wortels?) Ons kinders wou alryd die
turksvye vroeg in die oggend eet, as dit koud
was na die nag se koelte. (Die Westewind het
amper elke nag koud gewaai van die Atlantiese
Oseaan af en die turksvye was dan yskoud.)
My ma het altyd die reël gemaak dat ons eers
ontbyt moes eet, voordat ons gaan turksvye eet,
anders, het sy gewaarsku, sou ons verstop. Ons
het dan 'n klein stukkie brood gegryp en afgesit
na die grootvoor, wat taamlik ver van ons huis
af was.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vytyd (nie vir sensitiewes nie) [boodskap #56112 is 'n antwoord op boodskap #56083] |
Fri, 25 January 2002 08:07  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos die examinvlaatir:
Voltooi die idioom: Hoe kaler jonker.....
Antwoord: Hoe stouter in die donker...
Thys oppie Bos
"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0201241919.2ff7af46@posting.google.com...
> "Thys de Wet" wrote in message
news:...
>> Kaler K�lstert
>> jou ou hings
>> kyk nou wat
>> maak jy
>> met my se storie
>> oor die vy
>
> Kinky: Ek wonder wat my donkieman sê oor hierdie Kalerige Kolstert
> wat nou ook in rym hier kom pronk? Miskien moet Kolstert daaraan dink
> om n ietsie aan te trek dan sy gedagtes nie so afdwaal wanneer hy
> dinge hier lees nie!
> ;-)
|
|
|