| Turksvytyd [boodskap #55909] |
Di., 22 Januarie 2002 07:27  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
Dis turksvytyd hier by ons. Oral sien mens vrouens, oud en jonk, met
emmers en skottels van die goed. Selfs langs die grootpaaie.
Nou het ek 'n vraag: Hoekom turks en hoekom vye? Sover ek weet kom die
goed nie van Turkye af nie en dis defnitief nie vye nie.
Drom
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55912 is 'n antwoord op boodskap #55909] |
Di., 22 Januarie 2002 08:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Drom - kyk of jy iemand kan kry wat dit verkoop teen 1c elk - en kry vir my
100 asseblief.
Ek is vreeslik lief vir troksvye;)))
Om terug te kom na die benaming - ten minste is ons beskrywing nader as die
engelse prickly pear. Baie ver van 'n peer af
Ons s'n is ten minste groen of rooi soos vye, en het ook pitte in soos vye.
Ek dink die Turk het iets te doen met die bybel - Die Turke was mos moeilike
mense:))))
Annette
Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0201212327.7d51afc3@posting.google.com...
> Dis turksvytyd hier by ons. Oral sien mens vrouens, oud en jonk, met
> emmers en skottels van die goed. Selfs langs die grootpaaie.
>
> Nou het ek 'n vraag: Hoekom turks en hoekom vye? Sover ek weet kom die
> goed nie van Turkye af nie en dis defnitief nie vye nie.
>
> Drom
|
|
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55916 is 'n antwoord op boodskap #55915] |
Di., 22 Januarie 2002 09:55   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Ek eet mos nie almal met een slag op nie!! Net so 10 op 'n slag.- die
res word in die yskas gehou.
Mens rek mos 'n lus lank uit;)))
Annette.
Hantamkind skryf in boodskap news:Oia38.77277$HW3.90452@newsfeeds.bigpond.com...
> Genade Annette,
>
> Jy gaan 'n paar lepels van Frikkadel se Engelse sout nodig he na daai vrag
> turksvye!
>
> HK
>
> "Annette" wrote in message
> news:a2j9jc$119aqg$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Drom - kyk of jy iemand kan kry wat dit verkoop teen 1c elk - en kry vir
> my
>> 100 asseblief.
>> Ek is vreeslik lief vir troksvye;)))
>>
>> Om terug te kom na die benaming - ten minste is ons beskrywing nader as
> die
>> engelse prickly pear. Baie ver van 'n peer af
>> Ons s'n is ten minste groen of rooi soos vye, en het ook pitte in soos
> vye.
>> Ek dink die Turk het iets te doen met die bybel - Die Turke was mos
> moeilike
>> mense:))))
>> Annette
>>
>>
>> Drom wrote in message
>> news:1e507c17.0201212327.7d51afc3@posting.google.com...
>>> Dis turksvytyd hier by ons. Oral sien mens vrouens, oud en jonk, met
>>> emmers en skottels van die goed. Selfs langs die grootpaaie.
>>>
>>> Nou het ek 'n vraag: Hoekom turks en hoekom vye? Sover ek weet kom die
>>> goed nie van Turkye af nie en dis defnitief nie vye nie.
>>>
>>> Drom
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55944 is 'n antwoord op boodskap #55939] |
Di., 22 Januarie 2002 16:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mens kan sien jy praat van grend mense.
My pa het pleinweg 'n stokkie gebruik nadat hy gedare was dat hy nie 100
turksvye met een slag kon eet nie.
Hy het.:)))
Annette
Thys de Wet skryf in boodskap news:a2js0d$2lcm$1@news.adamastor.ac.za...
> Ouma had eenkeer vertel van mense waarvan die kinders so baie van die
> turksvye geëet het dat hulle se mage regtig verstop het. Heel onder was die
> saak glo een pakkery van turksvy pitte. Die mamma van die huis had toe maar
> een van daai outydse teelepels met die ronde steel en handvatsel gebruik om
> die "pitprop" toe uit te "spit" sodat die kindertjie weer sy draai normaal
> kon gaan loop.
>
> O turksvy
> jou lekkerding
> steek van buite
> en soet van binne
>
> maar wee jou
> as jy aanhou kou
> daarvan
> word jy verstop
> (van onder en nie van bo)
> en glo vir my
> dis glad nie so verspot
>
> Jy sal maar einde raad
> heel hard moet praat
> Ma! Ek kannie A nie
> En dis nie om te kla nie
> ma ek kannie A nie
>
> die teelepel is jou voorland
> nie van die bloubottel se soort
> of van die em gee es oo vier
> se dosis nie
> maar in die hand
> om pitproppe uit te haal
> sodat jy weer
> kan A
>
> Thys oppie Bos
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55949 is 'n antwoord op boodskap #55939] |
Di., 22 Januarie 2002 17:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Ouma had eenkeer vertel van mense waarvan die kinders so baie van die
> turksvye geëet het dat hulle se mage regtig verstop het. Heel onder was die
> saak glo een pakkery van turksvy pitte.
Ek kan nie onthou of ek as kind ooit "verstop"
was nie, maar dit moes duidelik 'n ernstige
probleem gewees het. By ons op die eilande van
die Oranje is turksvybome byna eksklusief geplant
op die walle van die groot besproeiings-kanale
(seker om die walle van die kanale te versterk
deur hulle wortels?) Ons kinders wou alryd die
turksvye vroeg in die oggend eet, as dit koud
was na die nag se koelte. (Die Westewind het
amper elke nag koud gewaai van die Atlantiese
Oseaan af en die turksvye was dan yskoud.)
My ma het altyd die reël gemaak dat ons eers
ontbyt moes eet, voordat ons gaan turksvye eet,
anders, het sy gewaarsku, sou ons verstop. Ons
het dan 'n klein stukkie brood gegryp en afgesit
na die grootvoor, wat taamlik ver van ons huis
af was.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55956 is 'n antwoord op boodskap #55948] |
Di., 22 Januarie 2002 18:58   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee wat - vir die skoonmaak skrik ek nie - mens het net koerantpapier, 'n
skerp mes en 'n vurk nodig:)
Annette
.
Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0201220948.75ec6bb5@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Drom - kyk of jy iemand kan kry wat dit verkoop teen 1c elk - en kry vir my
>> 100 asseblief.
>
> Geen kans nie. Toe ek na hierdie wêreld toe gekom het was die prys 5c
> vir 14. Hoekom? Hoe sal ek weet. Deesdae is dit R5 vir 'n bakkie so
> groot soos 'n halwe rugbybal. Mooi opgehoop. Dis OK, want dis baie
> harde werk om daai goed bymekaar en skoon te kry.
>
>> Ek is vreeslik lief vir troksvye;)))
>>
>
> Die woord hier rond is torrofia. Dan word daai erre gesê soos jy dit
> glo sê, net nog harder. Die amaXhosa kan mos nie 'n r sê nie.
>
>> Om terug te kom na die benaming - ten minste is ons beskrywing nader as die
>> engelse prickly pear. Baie ver van 'n peer af
>
> Almal behoort tot die genus Opuntia. Skynbaar is daar van hulle wat
> peervormig is. Hulle behoort tot die kaktus familie.
>
>
>> Ek dink die Turk het iets te doen met die bybel - Die Turke was mos moeilike
>> mense:))))
>
> Dalk!
>> Annette
>>
>>
>> Drom wrote in message
>> news:1e507c17.0201212327.7d51afc3@posting.google.com...
>>> Dis turksvytyd hier by ons. Oral sien mens vrouens, oud en jonk, met
>>> emmers en skottels van die goed. Selfs langs die grootpaaie.
>>>
>>> Nou het ek 'n vraag: Hoekom turks en hoekom vye? Sover ek weet kom die
>>> goed nie van Turkye af nie en dis defnitief nie vye nie.
>>>
>>> Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Turksvytyd [boodskap #55987 is 'n antwoord op boodskap #55974] |
Wo., 23 Januarie 2002 07:38   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))) James Cagney ( akteur) het 'n suster gehad met die naam Connie:))
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3c4e4ece$0$236@hades.is.co.za...
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0201220948.75ec6bb5@posting.google.com...
>> [knip} Hulle behoort tot die kaktus familie.
>>
>
> Ek wonder nou of dié naam dalk iets tedoen het met die nagevolge van teveel
> eet :-)))
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vytyd (nie vir sensitiewes nie) [boodskap #56112 is 'n antwoord op boodskap #56083] |
Vr., 25 Januarie 2002 08:07  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Soos die examinvlaatir:
Voltooi die idioom: Hoe kaler jonker.....
Antwoord: Hoe stouter in die donker...
Thys oppie Bos
"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0201241919.2ff7af46@posting.google.com...
> "Thys de Wet" wrote in message
news:...
>> Kaler K�lstert
>> jou ou hings
>> kyk nou wat
>> maak jy
>> met my se storie
>> oor die vy
>
> Kinky: Ek wonder wat my donkieman sê oor hierdie Kalerige Kolstert
> wat nou ook in rym hier kom pronk? Miskien moet Kolstert daaraan dink
> om n ietsie aan te trek dan sy gedagtes nie so afdwaal wanneer hy
> dinge hier lees nie!
> ;-)
|
|
|
|