Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ethekwini??
Ethekwini?? [boodskap #55526] |
Wed, 16 January 2002 09:56  |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.
"Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.
Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55534 is 'n antwoord op boodskap #55526] |
Wed, 16 January 2002 12:57   |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 16 Jan 2002 11:56:11 +0200, "Sakkie" sent the
following message to space station Earth:
> Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
> munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
> hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
> iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
> ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.
>
> "Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.
>
> Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
> ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
>
ek hoor oor die draadloos nou die dag dat hulle wil kyk daarna om van
die provinsies, wat nog nie etniese name het nie, se name te verander.
dis nou goeters met `n windrigting as deel van die naam. vir wat nou
sal net hulle weet. ek wonner ook maar wie nou eintelik hiervoor gaan
betaal, o sorry amper vergeet ek, ons natuurlik. dis dieselfde storie
met die straat name wat almal links en regs verander. plaas daarvan
dat hulle maar vir madiba sy eie splinternuwe paaitjie gee word een
herdoop. dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
regardless.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55539 is 'n antwoord op boodskap #55534] |
Wed, 16 January 2002 14:18   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
dit lyk vir my asof iemand vasbeslote is om die geskiedenis
> te probeer uitwis. geskiedenis is geskiendenis, die goed en die sleg,
> regardless.
Ek neem aan dat jy dink dat Adam en Eva betrokke
was in die benoeming van plekke in Suid-Afrika, en
dat hulle nie vantevore ander name gehad het nie.
Johannesburg was maar altyd Egoli in die "volksmond"
- daardie tagtig persent van die SA bevolking wat
nie "die regte kleur" in die ou dae gehad het nie.
Hoekom is Johannesburg nog Johannesburg vandag? Dis
bloot om die sensibilities van die wit mense in ag
te neem. Terloops, wie was die Johannes in Johannesburg?
Ethekwini is die naam wat Durban in dieselfde
volksmond gehad het. Ek weet. Ek het dertig myl van
Durban af gebly en het mense dit gedurig hoor gebruik.
Hulle maak nou offisieel wat vir baie jare onoffisieel
in die volksmond bestaan het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55546 is 'n antwoord op boodskap #55544] |
Wed, 16 January 2002 15:32   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
> On Wed, 16 Jan 2002 14:18:24 GMT, "@rogers.com" sent the
> following message to space station Earth:
Tot tyd en wyl jy jou pennaam Afrikaans
maak en die res van jou gebrabbel in
Afrikaans skryf, dink ek nie dat ek enig-
sins tyd op jou hoef te verspil nie.
Jy is 'n totale hanskakie, wat dink dis
chic om jou pennaam en al die ander
gebrabbel in Engels te gebruik. Nou veg
jy al vir Durban ook. Weet jy waar kom
daardie naam vandaan? Van 'n Engelse
offisier wie se naam nie Durban was nie,
maar D'Urban. ( En ek neem aan dat hulle
nie die stad se naam verander nie. Net die
groter munisipale omgewing, waar die nie-
blanke bevolking seker meer as 95% van die
inwoners uitmaak.)
Tant Hessie van die strydkomitee teen die
hanskakies wat 'n bedreiging is vir die
welstand van die Derde Republiek wat ontstaan
het na die Derde Vryheidsoorlog.
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55547 is 'n antwoord op boodskap #55545] |
Wed, 16 January 2002 15:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en ek weet
> ons kon die geld beter gebruik het elders.
> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie sensibilities nie.
> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
die ongelooflik baie geld wat daar deur die
apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
tot stand te bring?
En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
andere, " mental or emotional responsiveness
towards something, as the feelings of another."
Tant Hessie D'Urban
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55553 is 'n antwoord op boodskap #55545] |
Wed, 16 January 2002 17:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
Nou hoekom het jy dit oorspronklik met 'n
hoofletter E gespel? Het jy nou skielik
besluit om die sensibiliteite van die Zoeloes
in aanmerking te neem?
Tant Hessie van Helsdingen-Mtuli
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55556 is 'n antwoord op boodskap #55547] |
Wed, 16 January 2002 17:48   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C45A06E.2000705@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
> In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
>> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en ek weet
>> ons kon die geld beter gebruik het elders.
>> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie sensibilities nie.
>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>
>
> Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
> die ongelooflik baie geld wat daar deur die
> apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
> tot stand te bring?
Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit jy in Kanada, Emmy en
andere en gooi net klippe na alles wat blank is in Suid-Afrika. Beskuldig
jy nou nog al wat 'n Duitser is dat hy 'n Nazi is? Maggies Tannie G, wat
gaan jou laat besef dat die dinge waaroor jy ons beskuldig jare gelede agter
die rug is en dat die situasie nie genormaliseer het nie, maar dat dit nou
net mooi die teenoorgestelde situasie is. Ons verdiende loon? Seker maar,
"two wrongs make a right" Al waar ek dit nog sien werk het was in algebra,
maar nou-ja. Ek en jy het al hierdie gesprek voorheen gehad en ons het
nêrens gekom nie. Hoekom sal dit nou anders wees. Jy het jou bronne in
Suid-Afrika. Glo maar wat jy wil.
> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
> andere, " mental or emotional responsiveness
> towards something, as the feelings of another."
>
> Tant Hessie D'Urban
Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
|
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55564 is 'n antwoord op boodskap #55556] |
Wed, 16 January 2002 18:54   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>> andere, " mental or emotional responsiveness
>> towards something, as the feelings of another."
>> Tant Hessie D'Urban
>
> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
Dit sal so 'n goeie idee wees as jy eers
dink, en dan ook nog na jou woordeboek gaan,
voordat jy ander mense kritiseer oor hulle
woordkeurses.
Maar mens verwag noual hierdie soort
kritiek van jou oor alles en nog wat. As dit
nie oor dit is nie, is dit oor dat. Wat skeel
jou? Of is jy maar ook een van die langs-die-
vorige-vleespot-sitters wat nou aanhoudend
kritiseer oor alles en nog wat.
Gloudina
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55565 is 'n antwoord op boodskap #55556] |
Wed, 16 January 2002 18:56   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie - jy praat strooi. Ons het geen verdiende loon om te kry nie.
Annette.
Sakkie skryf in boodskap news:3c45bde7$0$225@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3C45A06E.2000705@rogers.com...
>>
>> Sakkie wrote:
>>
>>
>> In beginsel stem ek heeltemal met jou saam.
>>> My bekommernis is dat hierdie tipe goed ongelooflik baie geld kos en
ek
> weet
>>> ons kon die geld beter gebruik het elders.
>>> Ek dink jy wou "sensitivities" hier bo gebruik het en nie
sensibilities
> nie.
>>> Ek sou ook dink dat jy weet dit is nie Ethekwini nie maar eThekwini.
>>
>>
>> Ek hoop jy (of jou ouers) het geobjekteer teen
>> die ongelooflik baie geld wat daar deur die
>> apartheidsregime uitgegee is om hulle bantustans
>> tot stand te bring?
> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit jy in Kanada, Emmy en
> andere en gooi net klippe na alles wat blank is in Suid-Afrika. Beskuldig
> jy nou nog al wat 'n Duitser is dat hy 'n Nazi is? Maggies Tannie G, wat
> gaan jou laat besef dat die dinge waaroor jy ons beskuldig jare gelede agter
> die rug is en dat die situasie nie genormaliseer het nie, maar dat dit nou
> net mooi die teenoorgestelde situasie is. Ons verdiende loon? Seker maar,
> "two wrongs make a right" Al waar ek dit nog sien werk het was in algebra,
> maar nou-ja. Ek en jy het al hierdie gesprek voorheen gehad en ons het
> nêrens gekom nie. Hoekom sal dit nou anders wees. Jy het jou bronne in
> Suid-Afrika. Glo maar wat jy wil.
>
>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>> andere, " mental or emotional responsiveness
>> towards something, as the feelings of another."
>>
>> Tant Hessie D'Urban
>
> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
>
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55567 is 'n antwoord op boodskap #55556] |
Wed, 16 January 2002 18:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit
Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
vertel ons wat jy daaraan doen?
Tant Hessie van Umbumbulu
|
|
|
|
|
Re: Geen raad met rad [boodskap #55591 is 'n antwoord op boodskap #55580] |
Thu, 17 January 2002 02:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)
My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
jou om en om te draai terwyl ek jou martel. Hoe
lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede
versnelling te kry? Ek wed geen Afrikaanse kind sien
voor hom 'n sirkelvormige ding as hulle die woord "rat"
hoor nie. Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.
Tant Hessie Datsun
|
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55602 is 'n antwoord op boodskap #55567] |
Thu, 17 January 2002 06:02   |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 16 Jan 2002 18:58:39 GMT, "@rogers.com" sent the
following message to space station Earth:
> Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
> voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
> jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
> Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
> vertel ons wat jy daaraan doen?
>
oo veraf stemmetjie in die bose, ag ekke bedoel bosse, die feit dat hy
HIER (check die hoofletters!)[lees suid afrika] bly gee hom seker die
reg om te kritiseer. en die feit dat hy hier bly beteken dat hy
actually iets in hierdie land se ekonomie insit anders as...., laat ek
nou dink, wag, wag ek gaan hom nou kry. ag toemaar. now that's a
thought hey. punt is, jy't die longdrop heeltemal mis gesit. die
objeksie het gegaan oor kostes nie ras of kleur nie. maar be it as it
may ek kan seker vir durbs ook fight aangesien ek HIER [lees suid
afrika] bly. soos van die os op die hanskakie, wat vir `n ding is
rogers. agge nee man kry vir jou `n ordentlike eenekie by `n suid
afrikaanse isp. local is lekker.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
|
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55610 is 'n antwoord op boodskap #55564] |
Thu, 17 January 2002 06:59   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3C45CD30.7090003@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>>> En ek het bedoel om "sensibilities" te gebruik.
>>> Gaan kyk in die woordeboek. Dit beteken, onder
>>> andere, " mental or emotional responsiveness
>>> towards something, as the feelings of another."
>
>>> Tant Hessie D'Urban
>
>>
>> Nuwe een vir my. Ek moet hom onthou.
>
>
> Dit sal so 'n goeie idee wees as jy eers
> dink, en dan ook nog na jou woordeboek gaan,
> voordat jy ander mense kritiseer oor hulle
> woordkeurses.
In alle eerlikheid tannie G, ek het eerlikwaar gedink dat jy onbewustelik 'n
fout gemaak het en ek het nie probeer sarkasties wees in my poging om jou
reg te help nie.
> Maar mens verwag noual hierdie soort
> kritiek van jou oor alles en nog wat. As dit
> nie oor dit is nie, is dit oor dat. Wat skeel
> jou?
Tot hier toe kan ek jou nog heel maklik antwoord. Om foute raak te sien is
deel van my daaglikse werk. Ek beskou myself as besonders goed daarin al
moet ek dit self sê. Verder het ek genoeg karakter om my sê te sê en dan my
standpunt te stel. Nog nie geleer om die seile te span soos die wind waai
nie.
> Of is jy maar ook een van die langs-die-
> vorige-vleespot-sitters wat nou aanhoudend
> kritiseer oor alles en nog wat.
Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n groot
swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan jou nie
antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55611 is 'n antwoord op boodskap #55567] |
Thu, 17 January 2002 07:08   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou goed tannie G.
Om maar een te noem sit ek met 'n land vol aanlegte waar ek op hierdie
oomblik net duskant twee doesyn swart aspirant bestuurders grootmaak vir
posisies wat ek baie maklik met blankes kon gevul het. Ek sê weer
grootmaak, en nie indruk soos wat baie maatskappye maak en dan weet die arme
drommel nie die eerste ding omtrent wat hy in sy nuwe pos behoort te doen
nie. Dink jy ek behoort te bedank en 'n onderwyser word onder die swartes.
Wat doen jy tannie G, behalwe om ons met kranse te bestook. Dink jy nie
Kanada lê bietjie vér om 'n verskil te maak nie.
skryf in boodskap news:3C45CE29.7020808@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>
>> Nee tannie, ons het nie, waarom sou ons. Ons is van kindsbeen af
>> grootgemaak en die hele stelsel was daarop ingestel om ons te laat verstaan
>> dat dit is hoe dinge behoort te wees. Dit is eers later jare wat 'n ou
>> persoonlik met die buiteland kontak gemaak het en daar rondbeweeg dat jy
>> agterkom dinge is mos nie soos dit altyd vir jou voorgehou is nie. Noudat
>> ons ons bes probeer om iets daaromtrent te doen sit
>
>
> Luister, ou Sakkie, jy draai niemand die rad
> voor die oë nie. ( Ja, Wouter, rad.) Wat doen
> jy nou om "iets daaromtrent te probeer doen."
> Jy sit net die hele dag en kritiseer. Komaan,
> vertel ons wat jy daaraan doen?
>
> Tant Hessie van Umbumbulu
>
|
|
|
Re: Geen raad met rad [boodskap #55616 is 'n antwoord op boodskap #55591] |
Thu, 17 January 2002 08:07   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter Plaasvark wrote:
> Jou rad my skat, dis al lankal net rat. :-)
Tant Hessie Datsun
My rad is mooi sirkelvormig, groot genoeg om vir
jou om en om te draai terwyl ek jou martel.
Wouter
Datsun is 'n anachronisme, uit de oude doos, verby.
Nes rad
H
Hoe lyk jou rat? Sukkel jy om dit van eerste na tweede versnelling te kry?
W
'n Rat is 'n ronde dinge met tande. 'n Versnelling is 'n meer
abstrakte begrip, soos 'n verhouding. In sommige kontekste
is hulle uitruilbaar, dikwels nie.
H
Ek wed geen Afrikaanse kind sien voor hom 'n sirkelvormige
ding as hulle die woord "rat" hoor nie.
W
Jy is verkeerd, hoor. Verkeerd. En as hulle die woord rad
sou sien, sal hulle dit glad nie verstaan nie. Die slimmeres sal
dit as 'n spelfout herken.
H
Al wat hulle weet is dat hulle pa die langerige
rat in sy hand vat terwyl hy sy voertuig bestuur.
W
Weer verkeerd, hoor. Dit word nie 'n rat genoem nie, dis
'n rathefboom of ratarm. Of 'n lat.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55636 is 'n antwoord op boodskap #55610] |
Thu, 17 January 2002 12:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> Nou sien jy nou. Hoe op dees aarde antwoord ek jou op hierdie
> stelling/vraag sonder om jou ook te probeer beledig nie. Dit is 'n groot
> swakheid in my karakter, ek draai nie die ander wang nie, so ek gaan jou nie
> antwoord nie. Jy moet maar jou eie opinie opmaak.
Ou Sakkie, bloot deur te begin positief wees
oor baie van die dinge wat om jou aangaan, sal
jy wys dat jy "verander" het. Op die oomblik sit
jy daar in Amanzimtoti en kritiseer alles in
die huidige SA asof die hele nuwe bedeling 'n
katastrofe is. En jy weet eintlik so min van
die land waarin jy lewe, want vir 'n groot deel
van jou lewe het jy blinkers op gehad. Wereld,
jy sit sewe myl van 'n beroemde ou sendingstasie
en skool af, en het nie eens daarvan geweet totdat
ek jou aandag daarop gevestig het nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55639 is 'n antwoord op boodskap #55627] |
Thu, 17 January 2002 12:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> OHOPOHO!!!! Lekker @rogers - wat is jou nick nou weer?
Rogers is die naam van my bediener, ou
Lou.
Tant Hessie van Kandahar en Jallalabad
|
|
|
Re: Ethekwini?? [boodskap #55641 is 'n antwoord op boodskap #55629] |
Thu, 17 January 2002 12:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
Dit is ook die provinsie wat reeds hulle motor registrasie nommer
> plate drie keer in die lasste ses jaar verander het. Dit is die plek om
> 'n registrasie plaat winkel oop te maak!
Of kom na Kanada waar nommerplate sommer elke
hawerklaps verander word. Jy kry nie dieselfde
nommer vir die res van jou karlewe nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:13 UTC 2025
|