Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings
DS: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings [boodskap #5390] |
Tue, 23 January 1996 00:00  |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 19:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings
Ek was 'n paar jaar lid van 'n tweetalige Toastmastersklub. Die ordemeester,
Phil Coombs, het die gewoonte gehad om 'n kort onderbreking aan te kondig as
"There will now be a wee break" - met 'n betekenisvolle knipoog ter wille
van diegene wat dalk nie die stouterige woordspeling gesnap het nie.
Ek daag hom toe uit om 'n geskikte Afrikaanse ekwivalent te vind. En so
gou soos blits kom dit: "Daar sal nou 'n blaaskansie wees"
Hoe lyk dit met nog voorbeelde van perfekte vertalings van woordspelings?
Dirk
|
|
|
|
|
|
|
Re: DS: [AFRIKAANS:5748] Re: Vertaalde woordspelings [boodskap #5547 is 'n antwoord op boodskap #5440] |
Tue, 30 January 1996 00:00  |
avdm...
Boodskappe: 16 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> ----------
> Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
> Fanie skryf:
>> Dit laat my dink aan die ou mense se "binnevet van die boud" vir
>> "benefit of the doubt". Of dit kan deurgaan as 'n "vertaalde
>> woordspeling" weet ek nie - heelwaarskynlik iets met 'n soort
>> klanknabootsing ook te doen. Groete, Fanie
> "Baie sukkel" vir "bicycle"
> "Duiwel se slypsteen" vir "Theophilus Shepstone"
> ens.
> Maar dis seker nie waarna Dirk op soek is nie.
Ook 'aasvoe"l' vir die Engelse skelwoord "asshole". Dit sê nogal lekker,
veral as een of ander aasvoel"l reg voor jou inswaai sonder om sy flikkers te
gebruik...
andre
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 19:13:26 UTC 2025
|