Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkeersboetes en ander soortgelyke snot
Verkeersboetes en ander soortgelyke snot [boodskap #55384] So, 13 Januarie 2002 06:55 na volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Moet sê, ek was redelik ontsteld toe ek die storie op hierdie nuusgroep
gevolg het. Ek self is diep betrokke by die wêreld van tegnologie en ek het
al van hierdie nonsens gehoor. Het egter nie gedink dit sal so vinnig
toegepas word nie.

Soos altyd word die verbruiker soos 'n lam ter slagting gelei. Betaal al
meer en meer vir al minder en minder. Hoor hulle het die boete-strategie in
Randburg geprivatiseer - almal kry nou 'n "cut". Almal behalwe die arme
lammers. Kameras orals.

Wat is volgende? 'n "Chip" word onder jou voertuig gemonteer. Sodra jy oor
die outomatiese leser ry wat in die pad begrawe is word al jou "pedigree"
vasgestel vir vinnige winsgewende gebruik.

666 hier kom ons - wat gaan ek en jy daaraan doen, veral in die nuwe s.a.
waar ons ou wit velletjies niks meer beteken maar ons ou groen nooitjies die
plek aan die gang hou?
Re: Verkeersboetes en ander soortgelyke snot [boodskap #55388 is 'n antwoord op boodskap #55384] So, 13 Januarie 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir wat kla jy dat hullle maniere probeer uitdink om die jaers te vang en
vas te trek?
Miskien moet jy die nommerplaat metode uitprobeer.
In vandag se Sunday Times was daar 6 verskillende motors van verskillende
make en kleure - almal met presies dieselfde nommerplaat.
Annette

Pete skryf in boodskap news:a1ras9$a2r$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Moet sê, ek was redelik ontsteld toe ek die storie op hierdie nuusgroep
> gevolg het. Ek self is diep betrokke by die wêreld van tegnologie en ek het
> al van hierdie nonsens gehoor. Het egter nie gedink dit sal so vinnig
> toegepas word nie.
>
> Soos altyd word die verbruiker soos 'n lam ter slagting gelei. Betaal al
> meer en meer vir al minder en minder. Hoor hulle het die boete-strategie in
> Randburg geprivatiseer - almal kry nou 'n "cut". Almal behalwe die arme
> lammers. Kameras orals.
>
> Wat is volgende? 'n "Chip" word onder jou voertuig gemonteer. Sodra jy oor
> die outomatiese leser ry wat in die pad begrawe is word al jou "pedigree"
> vasgestel vir vinnige winsgewende gebruik.
>
> 666 hier kom ons - wat gaan ek en jy daaraan doen, veral in die nuwe s.a.
> waar ons ou wit velletjies niks meer beteken maar ons ou groen nooitjies die
> plek aan die gang hou?
>
Re: Verkeersboetes en ander soortgelyke snot [boodskap #55394 is 'n antwoord op boodskap #55388] So, 13 Januarie 2002 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Jaagduiwels vastrek - ek het geen probleem daarmee nie. Maar kyk waarna dit
lei - AVB (onthou jy dit nog?) het begin by 4%. Vandag is dit 14%. Tolpaaie
het begin met alternatiewe roetes, vandag is dit nie meer 'n vereiste nie.

Big brother het met kameras by die robotte, aftasters by die padblokkades
begin, môre is dit.........?

Die hele punt is, my gebreinspoelde (met respek) mede nuusleser, dat niemand
behalwe jy vir jouself en jou nasate sal baklei teen die 666 verskynsel wat
so maklik hier tussen ons inkruip nie.

" Hope the penny dropped".
Re: Verkeersboetes en ander soortgelyke snot [boodskap #55395 is 'n antwoord op boodskap #55394] So, 13 Januarie 2002 17:53 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pete wrote:

die 666 verskynsel

Die computer chip is natuurlik al lankal
in gebruik op veral huishoudelike honde
en katte om informasie te verskaf.
Kwalifiseer dit as deel van die 666
verskynsel?

Tant Hessie Keffertjie
Vorige onderwerp: " Boggom en Voertsek " deur LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: Griekwa Psalms CD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 17:19:57 MGT 2024