Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Boggom en Voertsek " deur LOUIS LEIPOLDT
" Boggom en Voertsek " deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #55362] Vr, 11 Januarie 2002 20:16 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Boggom en Voertsek
Louis Leipoldt

Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe
As die wind die biesies stryk.

Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.

Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan :
Sluit ek my oë vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-land hom strek.
Daar's niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.
Re: " Boggom en Voertsek " deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #55366 is 'n antwoord op boodskap #55362] Sa, 12 Januarie 2002 04:46 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina - jy het my dag gemaak!

Hantamkind

skryf in boodskap news:3C3F48DE.7020509@rogers.com...
> Boggom en Voertsek
> Louis Leipoldt
>
> Boggom en Voertsek het saam gelewe
> Waar die Hantam-berge pryk
> En die dun kapok in die naglug swewe
> As die wind die biesies stryk.
Vorige onderwerp: 'n Sterke Rand...
Volgende onderwerp: Verkeersboetes en ander soortgelyke snot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 05:41:24 MGT 2024