Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lojale verset
Lojale verset [boodskap #5385] |
Di., 23 Januarie 1996 00:00  |
Fanus Johnson
Boodskappe: 2 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek lees in die boek "Lojale Verset" van NP Van Wyk-Louw die volgende :
"Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is
nie gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat
'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."
Hy het dit geskryf in 1938 ( ja dis reg - 1938).
Ek wonder of dit nie presies is wat met ons die afgelope 50 jaar
gebeur het nie. (O ja, die res van die boek is seker net so van
toepassing op vandag -nl is Afrikanerkultuur belangriker as die
Suid-Afrikaanse kultuur).
Waarom sukkel ons mense om betrokke te raak by sake van belang ?
In my hart is ek eerstens Afrikaner, al is ek net so lojaal teenoor die
Nuwe Suid-Afrika ( ek sal nie vlug nie ).
Is dit dan so verkeerd as ek protesteer oor die minagting van Afrikaans
? Ons is nie 'n minderheid nie.(Daar is volgens die Internetbronne 7
miljoen Afrikaanssprekendes in Suider Afrika)
Wat antwoord ek my tweejarige dogter as sy na haar gunsteling TV
programme ky en my vra : "Pa, wanneer is dit weer in Afrikaans" , en ek
probeer nie om iets aan die saak te doen nie.
Nou ja, daarom het ek aan die SAUK geskryf en my ontevredenheid te kenne
gegee en daarom betaal ek nie my TV lisensie nie.
Groetnis
Fanus
|
|
|
|
|
Re: Lojale verset [boodskap #5422 is 'n antwoord op boodskap #5385] |
Wo., 24 Januarie 1996 00:00   |
Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Presies. Daar was vir dekades geen noemenswaardige verset teen
> ernstige menseregte-vergrype nie.
Ag toggie, is jy nou al weer op daardie gebreinspoelde paadjie. Noem tog
nou maar vir ons die "REGTE" wat vergryp is. Was dit nou die Reg van
vryheid tot internasionale sportdeelname, of die Reg tot vryheid van
handel dryf, of die Reg om te vat wat jy wil hê, of die Reg om jou te
disassosieer van sekere mense, of die Reg om te gaan bly in die wêreld
waar jy wil, of ...
Hierdie sogenaamde menseregte-vergrype maak my siek. Ek het nog nooit op
enige iemand anders se regte ingebreuk nie, laat staan nog my vergryp
daaraan. Daarvoor is ek nog te kort in die land. As die skoen jou pas
trek hom aan. My eie REGTE is egter al telkemale deur mense wat net soos
jy praat vertrap. My geld is gesteel as "belasting", my eiendom
is gesteel, my lewe word daagliks bedreig. My waardes en norme word
vertrap, my taal word vertrap in die parlement, my taal word vertrap op
die openbare uitsaaidienste.
Ek dink jy weet wat jy met jou menseREGTE kan maak.
PS: Moenie vergeet om dit dwars te draai nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 11:38:12 UTC 2025
|