Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pasella punte maak nie slimmer
Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55106] |
Do., 03 Januarie 2002 19:36  |
david
Boodskappe: 35 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Pasella punte maak nie slimmer
Op die hakke van die aanvanklike euforie oor die nasionale matriekslaagsyfer
van 61,7 persent, ''n styging van 3,8 persent bo verlede jaar, kom die nou
al amper onvermydelike regstellende waarheid aan die lig. Die hoër
slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
maak.
Natuurlik is daar baie kinders wat werklik goed gedoen het, selfs
buitengewoon gepresteer het. Hulle word werklik meer bevoordeel deur
die outomatiese aanpassing van die jaarpunt met tussen 5 en 10 persent.
Veral swakker kandidate word egter bevoordeel deurdat 'n aansienlike aantal
wat andersinds nie sou slaag nie, deur die pasellapunte oor die slaaglyn
gedruk is.
Voorste onderwyskenners bevraagteken die slaagsyfer. Hulle wys ook tereg
daarop dat dit kwalik as 'n geloofwaardige weerspieëling van die kandidate
se prestasie beskou kan word. Deur hierdie willekeurige opgradering van
punte word die waarde van 'n matrieksertifikaat gedegradeer. Dit weerspieël
nie meer die houer se ware intellektuele vermoëns nie.
Prof Paul Fatti, hoof van die Sertifiseringsraad se statistiekkomitee, het
na berig word toegegee dat onderwysers se onvermoë om jaarpunte te bereken,
Safsert genoop het om die sogenaamde jaarpunt outomaties vas te stel. Die
hoër jaarpunt saam met die eksamenpunt gee 'n hoër eindpunt en dus
slaagsyfer.
Die verwysing na onderwysers se onvermoë om eenvoudige berekenings te doen,
saamgelees met minister Kader Asmal se erkenning dat 'n vyfde van die land
se onderwysers ondergekwalifiseer is, skep 'n onrusbarende beeld van die
gehalte onderwys wat kinders ontvang. Die logiese afleiding sou wees dat
daar rede is om te vermoed dat leerlinge in werklikheid nie beter nie, maar
swakker as verlede jaar kon presteer het.
Ten grondslag van hierdie pasella punte-aksie lê egter 'n veel onrusbarender
denkpatroon. Dit is naamlik dat onaangename en negatiewe werklikhede opsy
geskuif word en vervang word met onjuiste voorgewings wat aanvaarbaarder vir
gemoedsrus is.
Dit beteken die werklikheid van 'n probleem word nie aangespreek nie. Dit
word met valse beeldskepping verdoesel. Sodoende bly die probleem onopgelos
en soos dit met probleme gaan, vererger dit progressief. In die onderwys
beteken dit dat standaarde eenvoudig gedurig verlaag sal word, en daar met
punte gedokter sal word om swak onderwys met 'n valse beeld van prestasie te
verdoesel. Sodoende word die probleem van swak opleiding, van 'n jeug wat
nie toegerus word vir die lewe nie, selfvermenigvuldigend.
Die land word feitlik op alle vlakke geregeer en gedomineer deur die
ANC/SAKP. Dis sy regstellende aanstellings, sy amptenare, sy onderwysers, sy
raadslede en so meer. Daarom kan met reg afgelei word dat hierdie
ongelukkige denkpatroon waarna ons verwys het, verteenwoordigend van dié
organisasie se werklikheidsbenadering is. Trouens, ons ervaar dit dat hoë
amptenare en politieke leiers meen dat hulle die werklikheid kan verander
bloot deur dinge te sê wat gunstiger en vleiender as die werklikheid is.
Wanneer gaan hierdie mense leer dat jy nie die werklikheid met woorde en
foefies kan verander nie, dat ook buitelandse beleggers deur hulle gordyn
van skyn-positiwiteit sien?
Of word ons soos Candide, die karakter van 'n siniese Voltaire wat alles
afmaak as die beste van alle moontlike wêrelde, hoe rampspoedig die
werklikhede ookal die teendeel bewys?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55317 is 'n antwoord op boodskap #55297] |
Vr., 11 Januarie 2002 06:43  |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Seker maklik vir jou want meeste van die tyd het jy geen case nie. :}
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Omdat daar begrekkige opleiding
>
> I rest my case.
>
> Tant Hessie de Meester
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 01:34:24 UTC 2025
|