Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Elementaal " deur Henri Laurie
" Elementaal " deur Henri Laurie [boodskap #55060] Di, 01 Januarie 2002 03:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elementaal
Henri Laurie

Waardeer die gees wat wakker word
in aarde en geweld, ontvang die guns
van eenvoud, hoop en waagmoed stort
seëvierend oor jou uit. Die kuns
van alledaagse pronk, van kant
en poeier fyn, word wurm voor
'n helder oog. Dis nie 'n land
bewerkbaar nie, dis oor en oor
die stipte van jou volle self
wat roete maak oor golwe heen
en storms met 'n plan bejeën.
Aanvaar jou krag en broosheid, voel
die tintel in jou ribbes koel
en kokend heet, op loop soos elf.
Vorige onderwerp: " Gunship Blues " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 17:39:05 MGT 2024