Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Homoseksualiteit
Homoseksualiteit [boodskap #54788] |
Thu, 20 December 2001 06:53 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir Hilda, Emmy en Gerhard
Ek is regtig jammer vir homos('skuus vir die afkorting) Dit is nie hulle
skuld nie en ek aanvaar dit. Die feit dat nie hulle skuld is nie maak dit
nie reg nie. Om homoseksualiteit te aanvaar as reg en natuurlik sien ek as
geweldige agteruitgang van ons samelewing. Dit is asof die wêreld wil sê:
"Dit is niemand se skuld nie, dit het vanself gebeur so ons moet dit aanvaar
vir wat dit is."
Dit is absolute snert. Geslag word geneties bepaal. Om meer spesifiek te
wees, X en Y kromosome. Sover bekend is daar geen genetiese afwyking wat
homoseksualitiet veroorsaak nie. Dit beteken dat die natuur die persoon
ontwikkel het as 'n spesifieke seks. Enige afwyking daarvan moet dan in
sy/haar denkwyse wees. As dit die geval is, moes iets/iemand dit veroorsaak
het. Ek sê nog as ouers oplettend genoeg is, sal hulle dit vroeg genoeg
optel sodat so 'n kind betyds die regte behandeling kan kry en daarby bedoel
ek sielkundige behandeling. Die oorsaak moet vasgestel word en iets omtrent
gedoen word. Ouers en die samelewing moet ophou om hul hande te probeer was
in onskuld. Homoseksualiteit word veroorsaak. Die blote feit dat homos
self ongemaklik voel oor hul situasie moet tog al klaar sê dat iets nie reg
is nie. Dit is nie 'n natuurlike verskynsel nie. Om dit nou te begin
goedpraat steek net die oorsake nog verder weg en nog meer kinders word
geaffekteer.
Dit is my opinie, my standpunt en deel van my lewenswaardes.
Sakkie
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #54796 is 'n antwoord op boodskap #54788] |
Thu, 20 December 2001 13:12 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c218be7$0$234@hades.is.co.za...
> Vir Hilda, Emmy en Gerhard
>
> Ek sê nog as ouers oplettend genoeg is, sal hulle dit vroeg genoeg
> optel sodat so 'n kind betyds die regte behandeling kan kry en daarby bedoel
> ek sielkundige behandeling. Die oorsaak moet vasgestel word en iets omtrent
> gedoen word.
Maar Sakkie, selfs as ouers sou wil dat hul kind behandel word, is dit
onmoontlik. Daar is g'n behandeling teen homoseksualiteit nie. Dalk bestaan
dit in SA, maar hier bestaan dit nie. Ek veronderstel trouens dat niemand
hier nog dink dat homoseksualiteit kan behandel word nie. Dit is hoekom
hulle nou ook wetlik dieselfde regte kry as heteroseksuele mense.
> Ouers en die samelewing moet ophou om hul hande te probeer was
> in onskuld. Homoseksualiteit word veroorsaak. Die blote feit dat homos
> self ongemaklik voel oor hul situasie moet tog al klaar sê dat iets nie reg
> is nie. Dit is nie 'n natuurlike verskynsel nie.
Homo's voel ongemaklik as hulle hul geaardheid moet wegstop en 'n oëskynlike
"normale" heteroseksuele relasie moet aangaan. As hulle hulself kan wees en
aanvaar word, dan voel hulle nie ongemaklik nie.
> Om dit nou te begin
> goedpraat steek net die oorsake nog verder weg en nog meer kinders word
> geaffekteer.
> Dit is my opinie, my standpunt en deel van my lewenswaardes.
> Sakkie
Wel, my kinders weet dat ek niks teen homoseksuele het nie, maar hulle is
tog heteroseksueel :-). Jy kan dit nie forseer nie, Sakkie, dit is
aangebore.
Groete,
Hilda.
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #54809 is 'n antwoord op boodskap #54796] |
Fri, 21 December 2001 00:05 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Spook
Boodskappe: 76 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Wel ek weet daar in Namakwaland is die laaities gemoer as hulle enigsins 'n
streep weg gehad het. Enigste streep wat daarna oor gebly is die streep van
die riem. Moet glad nie die roede spaar nie. "Spare the rod and spoil the
child" dis mos hoe daai engelse ding gaan. Hoekom is daar deesdae so baie
homo's, vroeër was daar nie so baie nie? Seker omdat daar opgehou is om
mense wat so is te verwerp.Ek weet aanvaar hulle ook maar deesdae soos hulle
solank dit nie my laaitie is nie.
Groete
Spook
Man`s horizons are bounded by his vision.
Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:etlU7.402$a33.134@afrodite.telenet-ops.be...
>
> "Sakkie" schreef in bericht
> news:3c218be7$0$234@hades.is.co.za...
>> Vir Hilda, Emmy en Gerhard
>>
>> Ek sê nog as ouers oplettend genoeg is, sal hulle dit vroeg genoeg
>> optel sodat so 'n kind betyds die regte behandeling kan kry en daarby bedoel
>> ek sielkundige behandeling. Die oorsaak moet vasgestel word en iets omtrent
>> gedoen word.
>
> Maar Sakkie, selfs as ouers sou wil dat hul kind behandel word, is dit
> onmoontlik. Daar is g'n behandeling teen homoseksualiteit nie. Dalk bestaan
> dit in SA, maar hier bestaan dit nie. Ek veronderstel trouens dat niemand
> hier nog dink dat homoseksualiteit kan behandel word nie. Dit is hoekom
> hulle nou ook wetlik dieselfde regte kry as heteroseksuele mense.
>
>> Ouers en die samelewing moet ophou om hul hande te probeer was
>> in onskuld. Homoseksualiteit word veroorsaak. Die blote feit dat homos
>> self ongemaklik voel oor hul situasie moet tog al klaar sê dat iets nie reg
>> is nie. Dit is nie 'n natuurlike verskynsel nie.
>
> Homo's voel ongemaklik as hulle hul geaardheid moet wegstop en 'n oënskynlike
> "normale" heteroseksuele relasie moet aangaan. As hulle hulself kan wees en
> aanvaar word, dan voel hulle nie ongemaklik nie.
>
>> Om dit nou te begin
>> goedpraat steek net die oorsake nog verder weg en nog meer kinders word
>> geaffekteer.
>> Dit is my opinie, my standpunt en deel van my lewenswaardes.
>> Sakkie
>
> Wel, my kinders weet dat ek niks teen homoseksuele het nie, maar hulle is
> tog heteroseksueel :-). Jy kan dit nie forseer nie, Sakkie, dit is
> aangebore.
> Groete,
> Hilda.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55233 is 'n antwoord op boodskap #55190] |
Wed, 09 January 2002 07:37 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Grote Griet, loop hierdie ding nou nog rond. Ek was amper 'n maand op
verlof en word nou nog uitgetrap. Lyk my my standpunt was bietjie sterk vir
party van ons "sagter" deelnemers.
My punt was en is nog altyd dat homoseksualitiet nie natuurlik is nie, dat
dit veroorsaak word deur iets of iemand, dat dit behandelbaar is op 'n vroeë
ouderdom en dat ouers moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se
opvoeding en geestesgesondheid. Het iemand intussen hier 'n reël gemaak dat
jy nie jou standpunt mag stel nie? Omdat ek nie homoseksualitiet goedkeur
nie is ek skielik 'n vroueslaner en pedofiel. Dit is bietjie van 'n kru
veralgemening, maar helaas, dit is weer net my opinie :-)))
Hennie is seker nuut op die groep. Ek onthou nog 'n vurige bespreking oor
vroueslaners en kinderverkragters/mishandeling so drie/vier maande gelede.
Wat het dit in elk geval te doen met homoseksualitiet? Nee ou Hennie, ek is
nie 'n vroueslaner nie, ek is ook nie 'n pedofiel nie. Jy kan maar in die
argiewe gaan oplees wat ons daaroor geskryf het in die verlede. Dit was
snaaks genoeg een van die eerste items waaroor daar eenstemmigheid was op
hierdie groep. Ek dink net dit is gerieflik vir almal om te sê dat
homoseksualiteit natuurlik en sosiaal aanvaarbaar is in plaas van die ware
oorsake vas te stel en die arme kinders te red voor dit te laat is.
Voorspoed vir almal op die groep. Ek hoop julle het een en elk 'n baie
goeie 2002!!! Selfs Ta' G in Kanada
Sakkie
"Jonas" skryf in boodskap news:a1e1ha$15p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So, jy staan agter hom?
> "Andre" wrote in message
> news:3c3a0c13$0$236@hades.is.co.za...
>> Ek ondersteun Hennie een honderd persent!
>>
>> "Hennie Botha" wrote in message
>> news:QwNZ7.1543$Ym.178491@news1.cableinet.net...
>>> Sakkie, ek dink almal is net mooi goed gatvol vir mans soos julle wat julle
>>> manlikheid probeer bewys deur die "moffies" en "sissies" swart te smeer.
>>> Hoekom is dit vir julle so 'n "issue"? Ek het al geleer dat die wat die
>>> meeste protesteer iets het om self weg te steek!
>>>
>>> Hoekom kritiseer julle nie liewer die persone wat baie meer deur hulle
>>> gedrag hul medemens se lewens ondraaglik maak nie bv. pedofiele( byna
>>> uitsluitlik heteroseksueel!) of vroueslaners (altyd die manlike mans).
>>>
>>> Nee, verkragters en vroueslaners is mos ten minste ware mans wat hul voet
>>> (of hand) kan neersit as dit moet! Hul kinders kan ook maar vloek, skel,
>>> mishandel ens. Solank hulle NET NIE MOFFIES IS NIE.
>>>
>>> Ek dink regtig jy moet bietjie gaan sit en nadink oor jou sg. waardes en
>>> prinsiepe en jou Ou Testamentiese beginsels.
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55270 is 'n antwoord op boodskap #55233] |
Thu, 10 January 2002 07:02 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 9 Jan 2002 09:37:48 +0200, "Sakkie" wrote:
> Grote Griet, loop hierdie ding nou nog rond.
Die Yeti?
:-)
> Ek was amper 'n maand op
> verlof en word nou nog uitgetrap. Lyk my my standpunt was bietjie sterk vir
> party van ons "sagter" deelnemers.
Jy is natuurlik heeltemal geregtig op jou standpunt - ten minste het
jy 'n standpunt gemaak. (En ek is nou ook verveeld, so gaan sommer
nou die "talking feather" aanvra en ook gorrel oor hierdie onderwerp)
:-)
Elkgeval - ons weet dat mens deelnemers oor hierdie onderwerp altyd in
2 duidelike groepe/kampe sal kan deel. Die een groep sal belangstel
in wetenskaplike "feite" en nuwe relevante "kennis" oor die onderwerp,
en die ander groep wat meer dogmaties sal wees en voel hulle het
alreeds al die kennis/antwoorde en beskik oor die "waarheid".
> My punt was en is nog altyd dat homoseksualitiet nie natuurlik is nie, dat
Wat presies bedoel jy met hierdie stelling? (Ek is nou nie lus om in
die argiewe te gaan krap om te sien of jy of iemand anders dit dalk al
klaar gevra/beantwoord het nie)
Ek hoor baie keer dat mense hierdie stelling gebruik, en dan gaan dit
gewoonlik ook gepaard met die mite dat seks net vir
voortplantingsdoeleindes gebruik mag word. Foeitog - jy moet erken
dat die mense wat so glo sekerlik BAIE gefrustreerd deur die lewe moet
gaan? Sekerlik tog is seks kognitief, en nie slegs biologies van aard
nie.
Elkgeval, jy is seker bewus van homoseksualiteit in die diereryk. 'n
Uitstekende boek hieroor is Bruce Bagemihl se "Biological Exuberance:
Animal Homosexuality and Natural Diversity" Veral interessant was die
inligting oor die Bonobo Chimpanzee wat heeltemal bi-seksueel is en
dat hulle seks organe biologies aangepas (evolved) is juis vir hierdie
doel.
So paar jaar gelede het 'n gay vriend van my vir my van hierdie boek
vertel, en nadat ek dit gelees het, kan mens nogal verstaan waarom die
outeur gevoel het dat ons 'n nuwe paradigma nodig het om
"seksualiteit" te omskryf.
> dit veroorsaak word deur iets of iemand,
> dat dit behandelbaar is op 'n vroeë
> ouderdom en dat ouers moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se
> opvoeding en geestesgesondheid.
Hierdie is nou sommer 'n groot bak woordslaai! :-)
As dit maar so maklik was...daar is tot op hede nog GEEN maar *GEEN*
kofaktoriale of ander bewyse om jou beweringe te staaf nie.
- Dit kan dalk deur "iets" veroorsaak word. Daar was al beweringe
gemaak dat dit geneties van oorsprong kan wees. Linkshandigheid is
geneties (dit was ook verdoem as sleg/verkeerd/skandelik op 'n stadium
- my hele familie sou verdoem gewees het, aangesien almal 'lefties" is
- maar ek dwaal alweer af)
Het eintlik net probeer verduidelik dat dit lyk asof die statistiese
distribusie van homoseksualisme, baie dieselfde genetiese patroon in
families volg as linkshandigheid.
Dis ook nie altyd "sleg" nie - daar is die bekende en interessante
"berdache" tradisies van die Indiane. ("lhamana" vir die Zuni).
In ons eie westerse kultuur is daar ook tonne voorbeelde van
homoseksualisme. Punt is dat homoseksualisme deel van ons samelewing
is en was van nog altyd af. Die samelewing as entiteit, moet een of
ander biologiese voordeel hieruit kan trek - en dis nie slegs seksuele
diversiteit nie. Dis nou fisies gesproke. Jare gelede het ek die
Kaballah bestudeer, en die teorie van die "tree of life" verduidelik
nogal die psige van die mens baie goed. Carl Jung het verder hierop
uitgebrei in sy teorieë wat handel oor seksualiteit. Ons het almal
"manlik" en "vroulik" en "goddelik" in ons. Get in touch with your
feminine side, Sakkie!! :-))
|
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55277 is 'n antwoord op boodskap #55270] |
Thu, 10 January 2002 07:51 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Danielle:)))
Ons wag net dat ons regering homoseksuele as rassisties verklaar;)))
Gister het die Hindu's te velde getrek - die regering wil die gebruik van
klappers meer reguleer, en die Hindu's het die besluit as rassisties
bestempel:)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:tg4q3uc929h1tmftoqlj7m05dglril8u79@4ax.com...
> On Wed, 9 Jan 2002 09:37:48 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Grote Griet, loop hierdie ding nou nog rond.
>
> Die Yeti?
> :-)
>
>> Ek was amper 'n maand op
>> verlof en word nou nog uitgetrap. Lyk my my standpunt was bietjie sterk vir
>> party van ons "sagter" deelnemers.
>
> Jy is natuurlik heeltemal geregtig op jou standpunt - ten minste het
> jy 'n standpunt gemaak. (En ek is nou ook verveeld, so gaan sommer
> nou die "talking feather" aanvra en ook gorrel oor hierdie onderwerp)
> :-)
>
> Elkgeval - ons weet dat mens deelnemers oor hierdie onderwerp altyd in
> 2 duidelike groepe/kampe sal kan deel. Die een groep sal belangstel
> in wetenskaplike "feite" en nuwe relevante "kennis" oor die onderwerp,
> en die ander groep wat meer dogmaties sal wees en voel hulle het
> alreeds al die kennis/antwoorde en beskik oor die "waarheid".
>
>> My punt was en is nog altyd dat homoseksualitiet nie natuurlik is nie,
dat
>
> Wat presies bedoel jy met hierdie stelling? (Ek is nou nie lus om in
> die argiewe te gaan krap om te sien of jy of iemand anders dit dalk al
> klaar gevra/beantwoord het nie)
> Ek hoor baie keer dat mense hierdie stelling gebruik, en dan gaan dit
> gewoonlik ook gepaard met die mite dat seks net vir
> voortplantingsdoeleindes gebruik mag word. Foeitog - jy moet erken
> dat die mense wat so glo sekerlik BAIE gefrustreerd deur die lewe moet
> gaan? Sekerlik tog is seks kognitief, en nie slegs biologies van aard
> nie.
>
> Elkgeval, jy is seker bewus van homoseksualiteit in die diereryk. 'n
> Uitstekende boek hieroor is Bruce Bagemihl se "Biological Exuberance:
> Animal Homosexuality and Natural Diversity" Veral interessant was die
> inligting oor die Bonobo Chimpanzee wat heeltemal bi-seksueel is en
> dat hulle seks organe biologies aangepas (evolved) is juis vir hierdie
> doel.
> So paar jaar gelede het 'n gay vriend van my vir my van hierdie boek
> vertel, en nadat ek dit gelees het, kan mens nogal verstaan waarom die
> outeur gevoel het dat ons 'n nuwe paradigma nodig het om
> "seksualiteit" te omskryf.
>
>> dit veroorsaak word deur iets of iemand,
>> dat dit behandelbaar is op 'n vroeë
>> ouderdom en dat ouers moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se
>> opvoeding en geestesgesondheid.
>
> Hierdie is nou sommer 'n groot bak woordslaai! :-)
> As dit maar so maklik was...daar is tot op hede nog GEEN maar *GEEN*
> kofaktoriale of ander bewyse om jou beweringe te staaf nie.
>
> - Dit kan dalk deur "iets" veroorsaak word. Daar was al beweringe
> gemaak dat dit geneties van oorsprong kan wees. Linkshandigheid is
> geneties (dit was ook verdoem as sleg/verkeerd/skandelik op 'n stadium
> - my hele familie sou verdoem gewees het, aangesien almal 'lefties" is
> - maar ek dwaal alweer af)
> Het eintlik net probeer verduidelik dat dit lyk asof die statistiese
> distribusie van homoseksualisme, baie dieselfde genetiese patroon in
> families volg as linkshandigheid.
>
> Dis ook nie altyd "sleg" nie - daar is die bekende en interessante
> "berdache" tradisies van die Indiane. ("lhamana" vir die Zuni).
>
> In ons eie westerse kultuur is daar ook tonne voorbeelde van
> homoseksualisme. Punt is dat homoseksualisme deel van ons samelewing
> is en was van nog altyd af. Die samelewing as entiteit, moet een of
> ander biologiese voordeel hieruit kan trek - en dis nie slegs seksuele
> diversiteit nie. Dis nou fisies gesproke. Jare gelede het ek die
> Kaballah bestudeer, en die teorie van die "tree of life" verduidelik
> nogal die psige van die mens baie goed. Carl Jung het verder hierop
> uitgebrei in sy teorieë wat handel oor seksualiteit. Ons het almal
> "manlik" en "vroulik" en "goddelik" in ons. Get in touch with your
> feminine side, Sakkie!! :-))
>
|
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55284 is 'n antwoord op boodskap #55282] |
Thu, 10 January 2002 10:05 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
:-)))))........en ek is baie bly daaroor. Dit los meer asters/ouens vir ons
warmbloediges met 'n oog vir die teenoorgestelde geslag!!! Wat meer is,
hulle haal mekaar twee-twee uit die wedloop uit :-))))
"Annette" skryf in boodskap news:a1jkho$qusp4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie - nie al die seuntjies het 'n bloudruk nie. Sommiges het 'n
> pienkdruk.
> Annette
>
>
> news:3c3d50d7$0$225@hades.is.co.za...
>>
>> "Danielle" wrote in message
>> news:4lfq3uchnm6b6l0e4eadb876kskqoouov9@4ax.com...
>>> On Thu, 10 Jan 2002 08:20:06 +0200, "Sakkie" wrote:
>>>
>>>> Hallo Hantam,
>>>> Die voorval wat jy noem beaam net die punt wat ek gemaak het. Seksuele
>>>> oriëntasie word geneties bepaal. Enige afwyking daarvan is sielkundig.
>>>> Hormoon behandeling kan nie jou genetiese samestelling verander nie.
>>>
>>> Wat en waar is jou inligtingsbron, Sakkie? Jou hormoon samestelling
>>> is wel geneties (m.a.w die hoeveelheid/verhouding androgene en
>>> estrogene ens.). Of jy 'n penis of vagina gaan hê is geneties, maar
>>> dis sover as wat dit (kennis) strek op hierdie stadium. Seksualiteit
>>> is mos baie meer omvattend en behels meer as dit - of nie?
>>>
>>
>> Hallo Danielletjie, hoe gaan dit met jou daar vér in die koue noorde jong.
>> Jy sal baie meer oor die onderwerp weet as ek so help my maar reg waar ek
>> nonsens praat. Hoe ek dit verstaan is dat jou liggaam en jou hormoon
>> vlakke geneties bepaal word. Hormoon behandeling is tydelik en sodra dit gestaak
>> word, of nie behoorlik toegedien word nie, keer die liggaam terug na sy
>> oorspronklike bloudruk.
>>
>
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55286 is 'n antwoord op boodskap #55270] |
Thu, 10 January 2002 10:51 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle" skryf in boodskap news:tg4q3uc929h1tmftoqlj7m05dglril8u79@4ax.com...
> On Wed, 9 Jan 2002 09:37:48 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Grote Griet, loop hierdie ding nou nog rond.
>
> Die Yeti?
> :-)
Yeti?? van wanneer af is jy in China? Ken die Amerikaners dit nie as "Big
Foot" nie?
>> Ek was amper 'n maand op
>> verlof en word nou nog uitgetrap. Lyk my my standpunt was bietjie sterk vir
>> party van ons "sagter" deelnemers.
>
> Jy is natuurlik heeltemal geregtig op jou standpunt
Ek moet sê as ek genoeg hier lees weet ek nie elke dag so lekker nie!
> Elkgeval - ons weet dat mens deelnemers oor hierdie onderwerp altyd in
> 2 duidelike groepe/kampe sal kan deel. Die een groep sal belangstel
> in wetenskaplike "feite" en nuwe relevante "kennis" oor die onderwerp,
> en die ander groep wat meer dogmaties sal wees en voel hulle het
> alreeds al die kennis/antwoorde en beskik oor die "waarheid".
>
Ek kon nog nie agterkom in watter een van die twee ek pas nie. :-)))
>> My punt was en is nog altyd dat homoseksualitiet nie natuurlik is nie, dat
>
> Wat presies bedoel jy met hierdie stelling? (Ek is nou nie lus om in
> die argiewe te gaan krap om te sien of jy of iemand anders dit dalk al
> klaar gevra/beantwoord het nie)
Voor ek jou kan antwoord moet ons eers saamstem oor wat beskou word as
natuurlik. Ek het nou nie die verklarende woordeboek naby nie, maar ek dink
dit is veilig on te sê dat vir iets om beskou te word as "natuurlik" moet
dit vry en algemeen in die natuur voorkom. Homoseksualitiet, sover ek weet,
kom slegs voor in twee spesies. Beide is Primate en bekend vir "gevorderde"
denkvermoëns. As jy dit nou vergelyk met hoeveel ander spesies daar bestaan
op aarde weet ek nie meer of ons dit as natuurlik kan bestempel nie. 'n
Afwyking as gevolg van die vermoë om self te dink? Ek weet nie.
> Ek hoor baie keer dat mense hierdie stelling gebruik, en dan gaan dit
> gewoonlik ook gepaard met die mite dat seks net vir
> voortplantingsdoeleindes gebruik mag word. Foeitog - jy moet erken
> dat die mense wat so glo sekerlik BAIE gefrustreerd deur die lewe moet
> gaan?
Hier stem heelhartig met jou saam. Kan jy jou voorstel dat ek, die Toti van
Amanzimtoti, net twee keer in my hele lewe seks kon geniet het. Magtag man,
julle sou nie kon huishou met my hier nie :-))))........skielik wonder ek
ernstig oor 'n paar van ons ander deelnemers :-))))))))))
> Sekerlik tog is seks kognitief, en nie slegs biologies van aard
> nie.
>
Hier kan ons weer teruggaan na wat natuurlik is of nie. Snaaks genoeg is
dit ook net een sub-spesie van Chimps wat soos die mens seks geniet vir
plesier. Die res doen dit net vir voortplanting :-(((((
> Elkgeval, jy is seker bewus van homoseksualiteit in die diereryk. 'n
> Uitstekende boek hieroor is Bruce Bagemihl se "Biological Exuberance:
> Animal Homosexuality and Natural Diversity" Veral interessant was die
> inligting oor die Bonobo Chimpanzee wat heeltemal bi-seksueel is en
> dat hulle seks organe biologies aangepas (evolved) is juis vir hierdie
> doel.
> So paar jaar gelede het 'n gay vriend van my vir my van hierdie boek
> vertel, en nadat ek dit gelees het, kan mens nogal verstaan waarom die
> outeur gevoel het dat ons 'n nuwe paradigma nodig het om
> "seksualiteit" te omskryf.
>
>> dit veroorsaak word deur iets of iemand,
>> dat dit behandelbaar is op 'n vroeë
>> ouderdom en dat ouers moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se
>> opvoeding en geestesgesondheid.
>
> Hierdie is nou sommer 'n groot bak woordslaai! :-)
> As dit maar so maklik was...daar is tot op hede nog GEEN maar *GEEN*
> kofaktoriale of ander bewyse om jou beweringe te staaf nie.
>
Hoekom sê jy nie sommer jy dink ek praat kak nie:-)) ek sou dit baie
makliker verstaan het
> - Dit kan dalk deur "iets" veroorsaak word. Daar was al beweringe
> gemaak dat dit geneties van oorsprong kan wees. Linkshandigheid is
> geneties (dit was ook verdoem as sleg/verkeerd/skandelik op 'n stadium
> - my hele familie sou verdoem gewees het, aangesien almal 'lefties" is
> - maar ek dwaal alweer af)
> Het eintlik net probeer verduidelik dat dit lyk asof die statistiese
> distribusie van homoseksualisme, baie dieselfde genetiese patroon in
> families volg as linkshandigheid.
>
> Dis ook nie altyd "sleg" nie - daar is die bekende en interessante
> "berdache" tradisies van die Indiane. ("lhamana" vir die Zuni).
>
> In ons eie westerse kultuur is daar ook tonne voorbeelde van
> homoseksualisme. Punt is dat homoseksualisme deel van ons samelewing
> is en was van nog altyd af. Die samelewing as entiteit, moet een of
> ander biologiese voordeel hieruit kan trek - en dis nie slegs seksuele
> diversiteit nie. Dis nou fisies gesproke. Jare gelede het ek die
> Kaballah bestudeer, en die teorie van die "tree of life" verduidelik
> nogal die psige van die mens baie goed. Carl Jung het verder hierop
> uitgebrei in sy teorieë wat handel oor seksualiteit.
> Ons het almal
> "manlik" en "vroulik" en "goddelik" in ons.
Hieroor kan ons alweer heel van voor af 'n baie lang en baie ernstige debat
hou. Veral oor die "goddelike" gedeelte.
> Get in touch with your
> feminine side, Sakkie!! :-))
>
Nee man Danielle, noem my maar outyds, primitief, uit die ouder doos, 'n
fossiel, ens. ens ens., daar is geen manier, hoegenaamd van watter aard of
beskywing ookal dat ek eens kan dink daaraan om intiem te raak met enige
soort van manspersoon nie. Die blote gedagte daaraan walg my tot in my
tone. Sexy vir my beteken intelligent, slank-atleties, humoristies,
smaakvol, maar vér bo alles, 'n ware dame.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55308 is 'n antwoord op boodskap #55280] |
Thu, 10 January 2002 18:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 10 Jan 2002 10:24:53 +0200, "Sakkie" wrote:
> Hallo Danielletjie, hoe gaan dit met jou daar vêr in die koue noorde jong.
Sjoe, bly om te sien dat jy darem nie 'n "h" na die "Dani" ingevoeg
het nie!! :-))
Dis vandag 'n heerlike 65 hier, so gladnie so koud as wat jy mag dink
nie, hoor! Wat is dit in Celcius?
> Jy sal baie meer oor die onderwerp weet as ek so help my maar reg waar ek
> nonsens praat.
Wat bedoel jy of probeer jy hier insinueer hunh? Yikes!!! (Kyk weer
na die onderwerp) :-)))
Nee hoor - ek weet net so min (of veel) van die onderwerp as as jy,
maar ek hou van gorrel en wonner! :-)) En soms wonner ek BAIE! :-))
> Hoe ek dit verstaan is dat jou liggaam en jou hormoon vlakke
> geneties bepaal word. Hormoon behandeling is tydelik en sodra dit gestaak
> word, of nie behoorlik toegedien word nie, keer die liggaam terug na sy
> oorspronklike bloudruk.
Of pienkdruk soos Annette dit so mooi gestel het? :-)) Ja, ek skat jy
is reg met jou verstaning van die saak - *MAAR* ek sou ook so graag
wou hê dat jy net bietjie meer "buigbaar" moet wees, en ook probeer
verstaan dat met die bietjie wetenskaplike/feitlike of watookal kennis
wat tot ons beskikking is, 'n mens die moontlikheid dat "iets anders"
ook bydrae kan lewer tot die "geheel" van die mens en die se seksuele
voorkeure of watookal. Ek bedoel nou nie omgewingsfaktore soos
opvoeding of watookal nie, maar eerder ander genetiese faktore wat ons
nog nie van weet nie.
Sien, soos ek hierdie saak sien/verstaan is hierdie "bloudruk" of
"genetiese faktore" en ander woorde wat ons so maklik rondgooi is nie
stagnante of eenvoudige konsepte nie. Onthou dat daar gereeld en
heeltyd mutasies in gene voorkom. As ons veronderstel dat seksuele
voorkeure 'n genetiese basis het, kan ons mos ook verdere afleidings
maak en sê dat daar moontlike mutasies (punt mutasies) kan voorkom in
die spesifieke reeks gene wat verantwoordelik is vir hierdie
voorkeure? Hierdie mutasies kan dan lei tot 'n hele kaskade van
proteine en ander boodskapper sisteme wat die "normale" neurologiese
paaie in ander rigtings stuur? Terloops, hormone en ander proteine
werk nie altyd net in een rigting nie. Dit kan ook 'n terugvoerende
aksie as sulks uitoefen op selle. Afhangende van die oppervlak
reseptore op spesifieke selle.
Die "bloudruk" of gene kan miskien vergelyk word met iets soos
Mickeysoft se sagteware - dit werk heel goed op my stelsel, maar vir
iemand anders werk dit net nie so lekker nie, en kry hulle gereeld die
BSOD, want die omgewing of spesifieke hardeware kombinasies van hulle
rekenaars het klein deeltjies van die oorspronlike kode verander, of
weet nie lekker hoe om dit te hanteer nie. :-)
Of dink jy ek praat nou strooi? :-)
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55309 is 'n antwoord op boodskap #55286] |
Thu, 10 January 2002 18:55 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 10 Jan 2002 12:51:24 +0200, "Sakkie" wrote:
>>> Grote Griet, loop hierdie ding nou nog rond.
>> Die Yeti?
>> :-)
>
> Yeti?? van wanneer af is jy in China? Ken die Amerikaners dit nie as "Big
> Foot" nie?
Jaaa 'kay man.! Dit was laat in die nag toe ek die stuk geskribbel
het. :-)
>> Jy is natuurlik heeltemal geregtig op jou standpunt
>
> Ek moet sê as ek genoeg hier lees weet ek nie elke dag so lekker nie!
Jy is geregtig op jou standpunt, maar ons is ook geregtig om jou
van jou standpunt te laat wil afsien. :-)
>> Elkgeval - ons weet dat mens deelnemers oor hierdie onderwerp altyd in
>> 2 duidelike groepe/kampe sal kan deel. Die een groep sal belangstel
>> in wetenskaplike "feite" en nuwe relevante "kennis" oor die onderwerp,
>> en die ander groep wat meer dogmaties sal wees en voel hulle het
>> alreeds al die kennis/antwoorde en beskik oor die "waarheid".
> Ek kon nog nie agterkom in watter een van die twee ek pas nie. :-)))
Miskien laasgenoemde - maar dit is *NIE* negatief bedoel nie, hoor!
:-)
>> Hierdie is nou sommer 'n groot bak woordslaai! :-)
>> As dit maar so maklik was...daar is tot op hede nog GEEN maar *GEEN*
>> kofaktoriale of ander bewyse om jou beweringe te staaf nie.
>
> Hoekom sê jy nie sommer jy dink ek praat kak nie:-)) ek sou dit baie
> makliker verstaan het
Want ek het nie BEDOEL om jou te laat dink dat ek dink
jy praat strooi nie. Ek probeer juis sê dat ek dink daar is nog te
min bewyse om enige definitiewe afleidings te kan maak. Ek "voel" in
my binneste dat jy verkeerd is, maar ek mag dit nie sê nie, want ek
het nie die bewyse om die teendeel te staaf nie. Hoop dit maak sin?
(Ek dog toe dat soos 'n bak slaai (vrugteslaai? ) is daar dalk
waarhede gemeng met vooropgestelde valshede ens. ens...
ag jaa....:-)
>> Get in touch with your
>> feminine side, Sakkie!! :-))
> Nee man Danielle, noem my maar outyds, primitief, uit die ouder doos, 'n
> fossiel, ens. ens ens., daar is geen manier, hoegenaamd van watter aard of
> beskywing ookal dat ek eens kan dink daaraan om intiem te raak met enige
> soort van manspersoon nie.
Dis ook nie wat ek bedoel het nie, hoor! :-)
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55323 is 'n antwoord op boodskap #55308] |
Fri, 11 January 2002 07:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle" skryf in boodskap news:22lr3u49mf61ko3svul2ubbu6i1r64m9oc@4ax.com...
> On Thu, 10 Jan 2002 10:24:53 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Hallo Danielletjie, hoe gaan dit met jou daar vér in die koue noorde jong.
>
> Sjoe, bly om te sien dat jy darem nie 'n "h" na die "Dani" ingevoeg
> het nie!! :-))
> Dis vandag 'n heerlike 65 hier, so gladnie so koud as wat jy mag dink
> nie, hoor! Wat is dit in Celcius?
>
Lanklaas daarmee gewerk. As my geheue my nie in die steek laat nie is die
formule iets soos C=(F-32)x5/9 wat jou not los op 18.3 reppiterend. Dit is
nog bleddie koud in Toti taal vir enige tyd van die jaar.
>> Jy sal baie meer oor die onderwerp weet as ek so help my maar reg waar ek
>> nonsens praat.
>
> Wat bedoel jy of probeer jy hier insinueer hunh? Yikes!!! (Kyk weer
> na die onderwerp) :-)))
> Nee hoor - ek weet net so min (of veel) van die onderwerp as as jy,
> maar ek hou van gorrel en wonner! :-)) En soms wonner ek BAIE! :-))
>
>> Hoe ek dit verstaan is dat jou liggaam en jou hormoon vlakke
>> geneties bepaal word. Hormoon behandeling is tydelik en sodra dit gestaak
>> word, of nie behoorlik toegedien word nie, keer die liggaam terug na sy
>> oorspronklike bloudruk.
>
> Of pienkdruk soos Annette dit so mooi gestel het? :-)) Ja, ek skat jy
> is reg met jou verstaning van die saak - *MAAR* ek sou ook so graag
> wou hê dat jy net bietjie meer "buigbaar"........
Wat sê jy nou!!!! Het ek gehoor BUIGBAAR!!! Jy's seker heeltemal laf en van
jou kop af!! Ek staan hier in 'n hoeke met my gat teen die muur en so
pennetjie orent dat dit lyk of jy 'n laaistok in my agterkant opgedruk het.
Ons praat hier van 'n "geen-buk-sone" :-))))))))
moet wees, en ook probeer
> verstaan dat met die bietjie wetenskaplike/feitlike of watookal kennis
> wat tot ons beskikking is, 'n mens die moontlikheid dat "iets anders"
> ook bydrae kan lewer tot die "geheel" van die mens en die se seksuele
> voorkeure of watookal. Ek bedoel nou nie omgewingsfaktore soos
> opvoeding of watookal nie, maar eerder ander genetiese faktore wat ons
> nog nie van weet nie.
>
> Sien, soos ek hierdie saak sien/verstaan is hierdie "bloudruk" of
> "genetiese faktore" en ander woorde wat ons so maklik rondgooi is nie
> stagnante of eenvoudige konsepte nie. Onthou dat daar gereeld en
> heeltyd mutasies in gene voorkom. As ons veronderstel dat seksuele
> voorkeure 'n genetiese basis het, kan ons mos ook verdere afleidings
> maak en sê dat daar moontlike mutasies (punt mutasies) kan voorkom in
> die spesifieke reeks gene wat verantwoordelik is vir hierdie
> voorkeure? Hierdie mutasies kan dan lei tot 'n hele kaskade van
> proteine en ander boodskapper sisteme wat die "normale" neurologiese
> paaie in ander rigtings stuur? Terloops, hormone en ander proteine
> werk nie altyd net in een rigting nie. Dit kan ook 'n terugvoerende
> aksie as sulks uitoefen op selle. Afhangende van die oppervlak
> reseptore op spesifieke selle.
>
> Die "bloudruk" of gene kan miskien vergelyk word met iets soos
> Mickeysoft se sagteware - dit werk heel goed op my stelsel, maar vir
> iemand anders werk dit net nie so lekker nie, en kry hulle gereeld die
> BSOD, want die omgewing of spesifieke hardeware kombinasies van hulle
> rekenaars het klein deeltjies van die oorspronlike kode verander, of
> weet nie lekker hoe om dit te hanteer nie. :-)
>
> Of dink jy ek praat nou strooi? :-)
Nee, ek dink jy het 'n goeie punt beet. Dit is 'n nog een van baie
moontlikhede. Totdat dit met goeie onomstootlike wetenskaplike feite bewys
word, hou ek van my teorie. En ek sê weer, my TEORIE.
|
|
|
|
Hantam [boodskap #55348 is 'n antwoord op boodskap #55272] |
Fri, 11 January 2002 15:09 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: December 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo Danielle,
Jammer vir die laat antwoord. Maar agteros kom ook in die kraal! Hantam is
nou nie juis 'n algemene woord in Afrikaans nie, tensy jy in die Karoo bly.
Die Hantam is 'n streek van die Karoo en jy sal dorpe soos
Calvinia,Carnavron, Brandvlei, Frazerburg, Loeriesfontein, Nieuwoudtville,
Sutherland, Van Wyksvlei en Williston daar kry.
Die woord self is 'n Khoi woord en beteken rofweg : berg waar die rooi
knolblomme groei (mountain where the red bulbs grow). Die berg verwys
natuurlik na die Hantamberg. Die Hantam is bekend vir sy blommeprag in die
lente - dit grens immers aan 'n ander streek van die Karoo - Namakwaland. Al
gehoor van Namakwaland se daisies? Asemrowend mooi - die een plaat blomme op
die ander sover die oog kan sien.
En die Hantamberg was natuurlik ook die tuiste van Boggom en Voertsek. Ek
wens ek kan die gedig weer erens opspoor eendag.
Groetnis uit Perth
Hantam.
> Wat is 'n "hantam"? Ek weet ek is veronderstel om te weet, maar ek
> weet nie meer nie! :-(
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55349 is 'n antwoord op boodskap #55273] |
Fri, 11 January 2002 15:31 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Danielle wrote:
Jou hormoon samestelling
> is wel geneties (m.a.w die hoeveelheid/verhouding androgene en
> estrogene ens.). Of jy 'n penis of vagina gaan hê is geneties, maar
> dis sovêr as wat dit (kennis) strek op hierdie stadium.
Daar is al lankal aanduidings dat die
vis-populasie in die Groot Mere van
Noord-Amerika allerhande afwykings, ook
seksuele afwykings, toon in die afgelope
dekades. Dit word toegeskryf aan die
hoër invloei van skadelike chemikalië
wat geproduseer word veral op die suide-
kant van die mere se hoogs-geindustraliseerde
areas.
Onlangs het ek gelees van 'n ander vrees.
Die geboortebeperkingspille wat in groot
hoeveelhede gebruik word, veroorsaak dat daar
glo groot hoeveelhede hormone in die water beland.
Sulke hormone word nie deur die suiwerings-
prosesse uit die water gehaal nie. Een vrou,
vir wie hierdie proses wetenskaplik belangrik
is, het 'n klein meertjie hier met 'n redelike
vispopulasie onderwerp aan so 'n hormone-soep,
en gevind dat die visse binne die eerste generasie
groteske seksuele afwykings openbaar. Ons het dus
hier nie te doen met natuurlike genetiese
seksuele determinasie nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Homoseksualiteit [boodskap #55356 is 'n antwoord op boodskap #55323] |
Fri, 11 January 2002 19:43 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 11 Jan 2002 09:54:54 +0200, "Sakkie" wrote:
>> Dis vandag 'n heerlike 65 hier, so gladnie so koud as wat jy mag dink
>> nie, hoor! Wat is dit in Celcius?
> Lanklaas daarmee gewerk. As my geheue my nie in die steek laat nie is die
> formule iets soos C=(F-32)x5/9 wat jou not los op 18.3 reppiterend. Dit is
> nog bleddie koud in Toti taal vir enige tyd van die jaar.
Dis die ideale temperatuur vir my. Vandag is die 70! :-(
Dus volgens jou formule is dit nou 21.1 repeterend?
(Dus net so bietjie warmer as kamertemperatuur).
Terloops, is die humiditeit net so hoog daar in Totiland as in Durban?
>> is reg met jou verstaning van die saak - *MAAR* ek sou ook so graag
>> wou hê dat jy net bietjie meer "buigbaar"........
>
> Wat sê jy nou!!!! Het ek gehoor BUIGBAAR!!! Jy's seker heeltemal laf en van
> jou kop af!! Ek staan hier in 'n hoeke met my gat teen die muur en so
> pennetjie orent dat dit lyk of jy 'n laaistok in my agterkant opgedruk het.
> Ons praat hier van 'n "geen-buk-sone" :-))))))))
ROTFL!
Ek wens ek kan daardie artikel weer kry waarin die navorsers beweer
het dat homofobe gewoonlik closet homseksuals is.
Aah wag...(straight from my ol' hometown...) :-))
Is Homophobia Associated With Homosexual Arousal?
Henry E. Adams, Lester W. Wright and Bethany A. Lohr, University of
Georgia.
As reported in the Journal of Abnormal Psychology, 1996, Vol. 105,
No. 3, 440-445.
The authors investigated the rate of homosexual arousal in exclusively
heterosexual men who admitted negative affect toward homosexual
individuals. Participants consisted of a group of homophobic men and a
group of nonhomophobic men. They were assigned to groups on the basis
of their scores on the Index of Homophobia (W. W. Watson and W. A.
Rickets, 1980). The men were exposed to sexually explicit stimuli
consisting of heterosexual, male homosexual and lesbian videotapes,
and changes in penile circumference were monitored. They also
completed an Aggression Questionnaire (A. H. Buss and M. Perry, 1992).
Both groups exhibited increase in penile circumference to the
heterosexual and lesbian videos. Only the homophobic men showed an
increase in penile erection to male homosexual stimuli. The groups did
not differ in aggression. Homophobia is apparently associated with
homosexual arousal that the homophobic individual is either unaware of
or denies.
>> Of dink jy ek praat nou strooi? :-)
>
> Nee, ek dink jy het 'n goeie punt beet.
LOL! Ek kan sien jy is getroud en mooi gekondisioneer, Sakkie.
:-))))
> Dit is 'n nog een van baie
> moontlikhede. Totdat dit met goeie onomstootlike wetenskaplike feite bewys
> word, hou ek van my teorie. En ek sê weer, my TEORIE.
Ja, dis wat ek van jou hou. Jy weet ten minste ook die verskil tussen
teorieë en feite. :-)
|
|
|
|
|
Re: Hantam [boodskap #55360 is 'n antwoord op boodskap #55348] |
Fri, 11 January 2002 19:53 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 11 Jan 2002 23:09:41 +0800, "Hantamkind"
wrote:
Sommer 'n groot dankie vir die mooi verduideliking en beskrywing
Hantamkind. Ek het dit baie geniet om te lees - te heerlik!
Kan jy nog stories en dinge vertel van daardie deel van die wereld?
Wie was Boggom en Voertsek? Ek neem aan Boggom was 'n bobbejaan? En
Voertsek?
> Jammer vir die laat antwoord. Maar agteros kom ook in die kraal! Hantam is
> nou nie juis 'n algemene woord in Afrikaans nie, tensy jy in die Karoo bly.
> Die Hantam is 'n streek van die Karoo en jy sal dorpe soos
> Calvinia,Carnavron, Brandvlei, Frazerburg, Loeriesfontein, Nieuwoudtville,
> Sutherland, Van Wyksvlei en Williston daar kry.
>
> Die woord self is 'n Khoi woord en beteken rofweg : berg waar die rooi
> knolblomme groei (mountain where the red bulbs grow). Die berg verwys
> natuurlik na die Hantamberg. Die Hantam is bekend vir sy blommeprag in die
> lente - dit grens immers aan 'n ander streek van die Karoo - Namakwaland. Al
> gehoor van Namakwaland se daisies? Asemrowend mooi - die een plaat blomme op
> die ander sover die oog kan sien.
>
> En die Hantamberg was natuurlik ook die tuiste van Boggom en Voertsek. Ek
> wens ek kan die gedig weer erens opspoor eendag.
>
> Groetnis uit Perth
> Hantam.
>
>
>> Wat is 'n "hantam"? Ek weet ek is veronderstel om te weet, maar ek
>> weet nie meer nie! :-(
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 03:00:40 UTC 2025
|