Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Raad met rad
Raad met rad [boodskap #54162] Do, 29 November 2001 22:38 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
> Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
> is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
> Methinks the lady doth protest too much...

Gloudina
Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.
Ek vertel toe vir hom die Idiome-boek praat
net van "rat voor die oë draai." Toe sê hy hulle
is verkeerd.

Wouter
Ek het 'n Afrikaanse onderwyseres se opinie gevra. Sy sê jou man dop. Sy het
gaan naslaan en sê die woord "rad"oorleef slegs in enkele taamlik onbekende
frases, soos bv. "galg en rad aanmekaar praat", 'n uitdrukking wat ek nie
ken nie. Wat sou die oorsprong daarvan praat, dit beteken bllykbaar om baie
te praat. Vandag sal ons seker sê "hond uit 'n bos praat"

So dit was blykbaar dekades gelede gangbare Afrikaans gewees, maar dit is
nie meer nie. Dit kwalifiseer nou as 'n gewone spelfout. Die Afrikaanse
woord "rat" het ook die betekenis van 'n outydse martelwieletjie (ook van
radius afgelei?) en dus blykbaar die een wat hulle so voor jou oë draai. Ek
lei af dis rad in Nederlands?

Wat sou die Nederlands vir 'n rat wees, daardie wiel met tande wat in Engels
"gear" genoem word? Interessant, die Duitse woord "rat" spreek hulle raat
uit en dit beteken raad, soos in 'n dorpsraad. Sou dit ook 'n sirkel-afkoms
hê?

Gloudina
En ons Afrikaanse woordeboek het die woord "rad"
maar sê dan mens moet kyk by die woord "rat."

Wouter
Maar wanneer is hy uitgegee?

Gloudina,
of bietjie daar by die Afrikaanse professore rondvra
in Stellenbosch en sien of hulle "rad voor die oë
draai" uit en uit sal verwerp as 'n geldige uitdrukking
in Afrikaans.

Walter
Die dame wat ek gevra het het haar nagraadse studie
daar gedoen. Die antwoord is klaarblyklik ja, die
spelfout sal beslis gekorrigeer word.
Re: Raad met rad [boodskap #54165 is 'n antwoord op boodskap #54162] Do, 29 November 2001 23:41 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Gloudina
> En ons Afrikaanse woordeboek het die woord "rad"
> maar sê dan mens moet kyk by die woord "rat."
>
> Wouter
> Maar wanneer is hy uitgegee?
>
>

Dis Bosman, Van der Merwe en Barnes se"Tweetalige Skool-woordeboek." Ons het
die vyfde druk (1993) van die negende
uitgawe wat in Januarie 1987 verskyn het.
Die oorspronklike Bosman en van der Merwe
is veel ouer as dit. Ek sou tog graag wou weet
wat die taalkunde-professor by die Universiteit
hieroor sal sê. (D.w.s. of hy "'n rad voor die
oë draai" so uit en uit as verkeerde Afrikaans
sou bestempel, wat gekorrigeer moet word.)
En dis in alle geval 'n interessante toestand
van sake - dat ouerige mense nog die uitdrukking
ken in een vorm en die huidige geslag dit nou
skielik as verkeerd beskou. Iemand behoort
die aandag daarop te vestig. Dis 'n stukkie
taalgeskiedenis. Wonder wie het besluit rad
is uit en rat is in? Ek het 'n idee jou Afrikaanse
onderwyseres is maar bietjie dogmaties daaroor.
Ek dink sy behoort ten minste vir haar studente
te vertel dat die woord tot kort gelede nog "rad"
gewees het, soos dit tans ook nog in Nederlands
is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Joe Modise
Volgende onderwerp: Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 19:54:48 MGT 2024