Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Totsiens
Totsiens [boodskap #54087] |
Wo., 28 November 2001 21:40  |
me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40 Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.
|
|
|
|
|
Re: Totsiens [boodskap #54159 is 'n antwoord op boodskap #54156] |
Do., 29 November 2001 21:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Swart Simon wrote:
> me & bobby magee .
>> Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
>> vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
>> ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.
>
> Mooi so Gloudina! Aanhouer wen.
>
> "A new scientific truth does not triumph by convincing its opponents and
> making them see the light, but rather because its opponents eventually
> die, and a new generation grows up that is familiar with it." - Max Planck
> (1885 - 1947)
Dankie Simon. (Alhoewel ek vir bedekte
sarkasme soek in wat jy sê.) Kan jy ons jou
opinie gee van die rat/rad voor die oë draai-
kwessie? My man is 100% seker dit moet rad
wees (Ek neem alles wat my man sê vir gospel
aan.) Kan dit wees dat mense van my ouderdom
in die veertiger en vyftigerjare nog die idioom
geleer het as "rad voor die oë draai" en dat latere
jare die spelling verander het na "rat" omdat mens
in alle geval die woord uitspreek asof dit "rat" is.
(Mens neem in ag dat die oorspronklike
Nederlands die "rad" vereis.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: TOTSIENS [boodskap #107026 is 'n antwoord op boodskap #54087] |
Ma., 14 November 2005 15:40   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> Ek weet wragtag nie hoek on iemand met jou aanslag in so 'n mooi plek gebore
> gewees het nie. Daar waar jy gebly het, het al die plante seker gevrek.
Jy bedoel al die druiwestokke swaar van die
druiwe, die talle soort perskes ( insluitende
die beroemde Kakamas-perske), die spanspekke
waarvan sommige so groot soos waatlemoene
was. En die waatlemoene. Terwyl die res van
SA daardie ou liggroen- langes met die strepe
ge-eet het, het ons diepgroen koeëlronde
waatlemoene ge-eet, wat tagtig persent pitlose
kroon is. ( Eers toe ek hier in Noord-Amerika
"sugarbabies" raakloop, kleinerig maar ook
diepgroen en koeëlrond en sonder strepe, toe
besef ek dat ons al die tyd sugarbabies daar
op die eilande ge-eet het. Maar hulle was groot.)
In die somer, so teen vieruur, onder die groot
doringboom, dan slag my pa die daaglikse
waatlemoen. En as ons besluit dat hierdie
waatlemoen nou een van die bestes van die
seisoen is, dan maak ons die pitjies bymekaar
en sit dit in die blikkie in die garage, en volgende
jaar gebruik my pa daardie pitte as hy weer
waatlemoene plant.
Gloudina
|
|
|
|
Re: TOTSIENS [boodskap #107039 is 'n antwoord op boodskap #107026] |
Di., 15 November 2005 08:19  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wys jou net, al die lekker vrugte aan die Groot rivier en selfs DIT kon jou
nie beter maak nie?
"@rogers.com" skryf in boodskap news:StednWgJHpgoMOXeRVn-hg@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Ek weet wragtag nie hoek on iemand met jou aanslag in so 'n mooi plek gebore
>> gewees het nie. Daar waar jy gebly het, het al die plante seker gevrek.
>
> Jy bedoel al die druiwestokke swaar van die
> druiwe, die talle soort perskes ( insluitende
> die beroemde Kakamas-perske), die spanspekke
> waarvan sommige so groot soos waatlemoene
> was. En die waatlemoene. Terwyl die res van
> SA daardie ou liggroen- langes met die strepe
> ge-eet het, het ons diepgroen koeëlronde
> waatlemoene ge-eet, wat tagtig persent pitlose
> kroon is. ( Eers toe ek hier in Noord-Amerika
> "sugarbabies" raakloop, kleinerig maar ook
> diepgroen en koeëlrond en sonder strepe, toe
> besef ek dat ons al die tyd sugarbabies daar
> op die eilande ge-eet het. Maar hulle was groot.)
> In die somer, so teen vieruur, onder die groot
> doringboom, dan slag my pa die daaglikse
> waatlemoen. En as ons besluit dat hierdie
> waatlemoen nou een van die bestes van die
> seisoen is, dan maak ons die pitjies bymekaar
> en sit dit in die blikkie in die garage, en volgende
> jaar gebruik my pa daardie pitte as hy weer
> waatlemoene plant.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 07:02:44 UTC 2025
|