Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blou Willem
Blou Willem [boodskap #53981] Ma, 26 November 2001 09:09 na volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Blou Willem gesels elke Maandag in Beeld soos volg:

Ek is so moeg om elke jaar voor Kersfees teen die Engelse te verloor! Nou
moet ekdie feesseisoen binnegaan met al hierie on-Christelike gevoelens oor
die bleekbene, Harry en goed tien van die vyftien kleinletter bokke.
En nou word hulle nogal beloon met hulle jaarlikse Kersuitstappie na Disney
Wêreld.
Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
Goofy-dinge op die veld aangevang het.
Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
bal op die veld geneem het nie.
Hoekom het ons gedink hulle gaan vir ons ook die bal gee om mee te speel?
En dan natuurlik die feit dat die kleinletter-bokke R30 000 betaal word as
hulle wen en net R30 000 as hulle verloor.
So goed ek betaal my tuinman R60 om my gras te sny en as hy vir my lelik wys
en dit nie sny nie, betaal ek hom ook R60. Maar laat ons eerder oor iets
aangenaam soos misdaad gesels.
Ek en my ou maters is nou heeltemal verward. Ons minister van onveiligheid
en onsekerheid, Steve Tshweterig, was die afgelope week omtrent in trane oor
die misdaadsituasie in ons land.
En dit net nadat onse President Thabo die vorige week vir ons in die
nasionale raad gsê het misdaad is nie n probleem nie en dat hulle baie meer
karre in Londen steel as in Suid-Afrika.
Ja en al steel die ouens nou by ons lyke uit doodskiste en verkrag nege
maande oue babtjies, peuter ons darem nie met krieketballe nie. Nee, nie
ons nie! Nooit!
Nadat ek onse president se gerusstelling gehoor het, het ek sommer dié week
die motorwagte wat my kar wou oppas weggejaag. Van daai wat vir jou n
kaartjie uitdeel van " Hands on Security" en dan's die ou se naam "
Confidence" of " Faitful" en dan weet jy nie hoekom jy so "worry" oor
jou motor as jy wegloop nie.
Nee, wat, al het ons landjie nou sy Chippies gehad, is ons hande leliewit.
En so van Chippie gepaat. Groot Paul sê hy hoor die twee Schaik-broers
Chippy en Shabir het nog drie broers in die buiteland. Die een broer is vol
gens Paul n melkboer in Saoedi Arabië, Milk Shaik, terwyl hulle ook n broer
het wat n muisikant in Londen is naamllik Hippy-Hippy Shaik en een wat n
oliebaron in Dubai is, naamlik Shaik Shaik.
Dis nie vir my n verrassing dat daar weer dié week n misdaadberaad gehou is
nie. Ons is mos van berade en konferensies aanmekaargesit. As dit nie n
wêreld- vigskonferensie is nie, is dit n wêreld- rassekonferensie of n
wêreldkonferensie oor die stand van die wêreld. Maar die jongste een dié
week is nou die kersie op dei koek of moet ek eerder sê die " cherry" op die
"lêwwie"?
Dit is naamlik die wêreldtoiletberaad wat in Singapoer gehou word met meer
as 200 afgevaardigdes van oor die hele aardbol. Dit terwyl die wêreld
gehurk gaan onder soveel ander probleme!
Ek kon nie agterkom of daar dalk n Suid-Afrikaanse "longdrop" -taakspan
gestuur is nie maar China stuur 20 afgevaardigdes wat moet kom leer voor die
Olimpiese Spele in 2008.
Die organiseerders van die twakkerige byeenkoms het aangekondig dat ons nou
jaarliks n wêreldtoiletdag gaan hê, dat alle lande sitting sal hê op die
beraad en dat hulle leuse " Druk saam vir wêreldvrede" gaan wees.
By n skou wat in Augustus hier in Johannesburg gehou is, was daar mos n
toilet van R7 000 te sien, kompleet met waterdigte telefoon, afstandbeheer
(hulle sê nie wat jy alles daarmee kan beheer en van watter afstand af nie),
musiek, verhitting en sproeiers wat, glo dit as jy wil, die ondermaanse kan
was, sjampoe en droogblaas.
Nes, n karwas. Jy sit net terug, sit die ou lyf in neutraal en laat die
dinge gebeur. Golf op golf soos n Mexikaanse "wave" . Oom Johnny sê soos
met daai vinnige, goedkoop wasse moet jy net self die kar se vensters blink
vryf.
En watse muskiek die lêwwie speel? Neef Theo sê hy hoor dis "Hoe ry die
Boere, sit-sit so", "Beautiful Brown Eyes" en " Hoor jy die magtige
dreuning".
Re: Blou Willem [boodskap #54010 is 'n antwoord op boodskap #53981] Ma, 26 November 2001 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
dorin...@ananzi.co.za (Doringrosie) skryf in boodskap news:...

Doringtjie

So bietjie na my tyd daar by Bfn se Universiteit was daar 'n Blou
Wullum. Weetjy of hierdie dieselfde is?
Re: Blou Willem [boodskap #54042 is 'n antwoord op boodskap #53981] Di, 27 November 2001 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Doringrosie" skryf in boodskap news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>
> Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
> Goofy-dinge op die veld aangevang het.
> Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
> bal op die veld geneem het nie.

Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
Re: Blou Willem [boodskap #54051 is 'n antwoord op boodskap #54010] Wo, 28 November 2001 03:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) skryf in boodskap news:...
> dorin...@ananzi.co.za (Doringrosie) skryf in boodskap news:...
>
> Doringtjie
>
> So bietjie na my tyd daar by Bfn se Universiteit was daar 'n Blou
> Wullum. Weetjy of hierdie dieselfde is?

DR: Nee, ek weet ongelukkig nie. Ek het al gewonder wie die man kan
wees want sy vertellinge mis ek nie op n Maandag nie! Ek hou van sy
fyn-spot manier van skryf!
Re: Blou Willem [boodskap #54053 is 'n antwoord op boodskap #54042] Wo, 28 November 2001 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld gaan,
sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander spanmaat die
volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
agterlyn uiteindelik beweeg nie.
4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
nie.
As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
Strafskop afgee - R10 000
Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus grond toe
geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en vinger
geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou het hy
sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af sien wat
aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die rukkie wat
hy wel op die veld is.
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>
> "Doringrosie" wrote in message
> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>
>> Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
>> Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>> Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
>> bal op die veld geneem het nie.
>
> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>
Re: Blou Willem [boodskap #54071 is 'n antwoord op boodskap #54053] Wo, 28 November 2001 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.

"Annette" skryf in boodskap news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld gaan,
> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander spanmaat die
> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
> nie.
> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
> Strafskop afgee - R10 000
> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus grond toe
> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en vinger
> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou het hy
> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af sien wat
> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die rukkie wat
> hy wel op die veld is.
> Annette
>
> Sakkie wrote in message
news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>
>> "Doringrosie" wrote in message
>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>
>>> Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
>>> Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>> Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
> ekstra
>>> bal op die veld geneem het nie.
>>
>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54073 is 'n antwoord op boodskap #54071] Wo, 28 November 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het onomwonde
verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld
> gaan,
>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander spanmaat
> die
>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
>> nie.
>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>> Strafskop afgee - R10 000
>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus grond
> toe
>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en
> vinger
>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou het hy
>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af sien
> wat
>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die rukkie
> wat
>> hy wel op die veld is.
>> Annette
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Doringrosie" wrote in message
>>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>>
>>>> Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het
> en
>>>> Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>> ekstra
>>>> bal op die veld geneem het nie.
>>>
>>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54103 is 'n antwoord op boodskap #54073] Do, 29 November 2001 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Understatement of the year!!!!!"

"Annette" skryf in boodskap news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het onomwonde
> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
> Annette
>
>
> Sakkie wrote in message
news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
Re: Blou Willem [boodskap #54105 is 'n antwoord op boodskap #54071] Do, 29 November 2001 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet bittermin van rugby (leer so stadig aan), maar my "commonsence" het
vir my al gesê hulle moes al lankal van hom ontslae geraak het.

As die spelpatrone wat die afrigter hulle leer, keer op keer nie werk nie,
lê die fout óf by die spelers (wat van seisoen tot seisoen wissel- en die
fout dus nie by hulle lê nie) óf by die afrigter (wat steeds dieselfde
persoon is) As 'n afrigter se span nie in die een jaar presteer nie, raak
jy ontslae van die afrigter - klaar. Daar is hoëveel oud spelers wat dit
enige tyd beter sal doen.

Wat ons sokker betref voel ek ons spelers sal in 50 jaar nooit op
wêreldstandaard kom nie. Hulle skop die bal lusteloos op die veld rond en
doen niks. Ek doen nie eens moeite en kyk die hele wedstryd nie. Die
Europese spelers wéét darem wat hulle doen.

Sakkie skryf in boodskap news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld
> gaan,
>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander spanmaat
> die
>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
>> nie.
>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>> Strafskop afgee - R10 000
>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus grond
> toe
>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en
> vinger
>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou het hy
>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af sien
> wat
>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die rukkie
> wat
>> hy wel op die veld is.
>> Annette
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Doringrosie" wrote in message
>>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>>
>>>> Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het
> en
>>>> Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>> ekstra
>>>> bal op die veld geneem het nie.
>>>
>>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54106 is 'n antwoord op boodskap #54073] Do, 29 November 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is darem altyd 'n plesier om na hom te luister, maak nie saak oor watter
onderwerp hy praat nie.

Annette skryf in boodskap news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het onomwonde
> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
> Annette
>
>
> Sakkie wrote in message
news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
>> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
>> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
>> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
>> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
>> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
>> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
>> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
>> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
>> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
>> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
>>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
>>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld
>> gaan,
>>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander
spanmaat
>> die
>>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
>>> nie.
>>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>>> Strafskop afgee - R10 000
>>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus
grond
>> toe
>>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en
>> vinger
>>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou
het
> hy
>>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
>>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af
sien
>> wat
>>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
>>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die
rukkie
>> wat
>>> hy wel op die veld is.
>>> Annette
>>>
>>> Sakkie wrote in message
>> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>>
>>>> "Doringrosie" wrote in message
>>>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>> >
>>>> > Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel
het
>> en
>>>> > Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> > Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>>> ekstra
>>>> > bal op die veld geneem het nie.
>>>>
>>>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>>>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54107 is 'n antwoord op boodskap #54103] Do, 29 November 2001 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou wat kan erger wees, behalwe om te sê die hele lot is lewende lyke?:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c05d3bf$0$235@hades.is.co.za...
> "Understatement of the year!!!!!"
>
> "Annette" wrote in message
> news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het
> onomwonde
>> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
>> Annette
>>
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
>
Re: Blou Willem [boodskap #54109 is 'n antwoord op boodskap #54105] Do, 29 November 2001 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee man Kaatjie, as jy nou gisteraand se wedstryd tussen die Aussies en die
Barbarians in Cardiff gekyk het, dan sou jy gesien het hoe rugby gespeel en
geniet behoort te word.
Daar was 'n hele paar Springbokke in daardie span - en behalwe vir Persie
wat sy gebruiklike flaf of twee aangevang het, het ons ouens goed gespeel -
veral Corne Krige .
Dit is mos 'n duidelike aanduiding - as spelers toegelaat word om hulle
natuurlike spel te speel ( dit is hoe hulle in die eerste plek in die
springbokspan kom) en die wedstryd geniet, dan sien mens aantreklike rugby,
en dan gee mens nie om om te verloor nie.
Om te wen met die tipe spel wat gespeel is teen Italië, is ook nie 'n
aanduiding dat dinge goed gaan nie.
Waar het dinge al begin sleg gaan?
By die toer na die UK einde 1998 - toe ons spelers moeg was, en met swak
spel teen Wallis, Ierland en Skotland gewen het, en toe nie die rekord van
17 agtereenvolgende wentoetse kon doen nie - want toe gaan verloor ons teen
Engeland - hoekom?
Omdat daar toe al klaar teen daardie tyd die kultuur geskep is van speel
soos deur die afrigter voorafbepaal, of verloor jou plek in die span.
Geen meer indivuele, ondernemende spel nie.
Niks meer natuurlike aanvoeling vir die spel word toegelaat nie.
Wat nogal opmerklik is, is hoe WP speel na rustyd, as hulle in die eerste
helfte drooggemaak het. Mens kan sien die afrigter het met hulle gepraat ,
daar is aan oplossings gewerk, en dit word met welslae toegepas.
Ek weet nie eers of Viljoen daar van sy stoeltjie in die pawiljoen afklim om
met die spelers rustyd te praat nie, of hy met die spelers probleme bespreek
wat hy ooglopend nie kan raaksien daar van sy sitplek af nie, of miskien is
hy vas van plan om te bewys dat sy voorafuitgewerkte plan MOET werk.

Nou Sokker - Janee - ek dink ons moet sommer die wortel van die kwaad
aanspreek - die media - hulle laat die spelers dink hulle is sooooo goed,
dat elke keer as SA verloor, dan is dit ongelukkige sameloop van
omstandighede.
Soos jy ook sê - ek dink die kanse dat die SA span in ons leeftyd die sokker
wêreldbeker sal wen, is uiters skraal.
Annette

rugby (leer so stadig aan), maar my "commonsence" het
> vir my al gesê hulle moes al lankal van hom ontslae geraak het.
>
> As die spelpatrone wat die afrigter hulle leer, keer op keer nie werk nie,
> lê die fout óf by die spelers (wat van seisoen tot seisoen wissel- en die
> fout dus nie by hulle lê nie) óf by die afrigter (wat steeds dieselfde
> persoon is) As 'n afrigter se span nie in die een jaar presteer nie, raak
> jy ontslae van die afrigter - klaar. Daar is hoëveel oud spelers wat dit
> enige tyd beter sal doen.
>
> Wat ons sokker betref voel ek ons spelers sal in 50 jaar nooit op
> wêreldstandaard kom nie. Hulle skop die bal lusteloos op die veld rond en
> doen niks. Ek doen nie eens moeite en kyk die hele wedstryd nie. Die
> Europese spelers wéét darem wat hulle doen.
>
> Sakkie wrote in message
news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
>> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
>> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
>> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
>> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
>> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
>> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
>> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
>> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
>> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
>> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
>>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
>>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld
>> gaan,
>>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander
spanmaat
>> die
>>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
>>> nie.
>>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>>> Strafskop afgee - R10 000
>>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus
grond
>> toe
>>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en
>> vinger
>>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou
het
> hy
>>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
>>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af
sien
>> wat
>>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
>>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die
rukkie
>> wat
>>> hy wel op die veld is.
>>> Annette
>>>
>>> Sakkie wrote in message
>> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>>
>>>> "Doringrosie" wrote in message
>>>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>> >
>>>> > Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel
het
>> en
>>>> > Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> > Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>>> ekstra
>>>> > bal op die veld geneem het nie.
>>>>
>>>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>>>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54111 is 'n antwoord op boodskap #54106] Do, 29 November 2001 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, ek hou ook van hom - hy sê ten minste wat hy dink - en snaaks genoeg is
dit ook wat die meeste van ons dink:))
Ek het my hoeka so vervies vir Dan Retief - om te vertel hoe goed ons
verdedig. As hy miskien gaan lees sal hy uitvind dat Rugby hoofsaaklik
bedoel is om punte aan te teken, en tweedens om te keer dat die ander span
punte aanteken.
As sit nie so was nie, sou die reels gewees het dat elke keer as 'n
strafskop oor is, word punte van die ander span afgetrek..
Om net op een deel van die spel te konsentreer - verdediging - maak dat die
spel nie gespeel word soos dit hoort nie.
Annette

--
.

Kekkelbek skryf in boodskap news:3c05e421.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is darem altyd 'n plesier om na hom te luister, maak nie saak oor watter
> onderwerp hy praat nie.
>
> Annette wrote in message
> news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het
> onomwonde
>> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
>> Annette
>>
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
>>> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
>>> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
>>> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
>>> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
>>> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
>>> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
>>> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
>>> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
>>> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
>>> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>>>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan
> wen.
>>>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>>>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend
> het
>>>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>>>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>>>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die
veld
>>> gaan,
>>>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>>>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander
> spanmaat
>>> die
>>>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>>>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>>>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n
> sent
>>>> nie.
>>>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>>>> Strafskop afgee - R10 000
>>>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>>>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>>>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus
> grond
>>> toe
>>>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>>>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>>>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak,
en
>>> vinger
>>>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou
> het
>> hy
>>>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word
> nie.
>>>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af
> sien
>>> wat
>>>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>>>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van
ouds
> as
>>>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die
> rukkie
>>> wat
>>>> hy wel op die veld is.
>>>> Annette
>>>>
>>>> Sakkie wrote in message
>>> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>> >
>>>> > "Doringrosie" wrote in message
>>>> > news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>> > >
>>>> > > Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel
> het
>>> en
>>>> > > Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> > > Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>>>> ekstra
>>>> > > bal op die veld geneem het nie.
>>>> >
>>>> > Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie
> beter
>>>> > vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54118 is 'n antwoord op boodskap #54073] Do, 29 November 2001 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Annete,

Wat sal dit ons in die Wes-Kaap kos om daai ou hier te kry? (John Robbie)
Ons kan hom sommer in die pos van burgemeester 'n premier tergelyk laat
dien.
Hy't lyk my common sense genoeg vir twee! ;-)) :-)) :-o

Thys op die Akker

Word wakker word wakker
gister was swak
maar môre is hul al swakker
@ saterdag is hul twakker
en herrie bly net sê
nee hul speel net die bal al (s)wakker!
swak Piketberg!
flou Ghantouw!

"Annette" skryf in boodskap news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het onomwonde
> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
> Annette
Re: Blou Willem [boodskap #54120 is 'n antwoord op boodskap #54118] Do, 29 November 2001 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem saam met jou, en ek dink ons kan hom maklik hier kry - al wat ons
hoef te doen is om vir hom te vertel hoe lekker ons St. Partrick's Day hier
innie Kaap vier;))
Maar, ek wil hom nie as poltikus hê nie - dan verloor ek my respek vir hom,
en binnekort is hy ook net 'n naprater - nee ek wil hom hier hê as openbare
basuin - op tv, radio en koerante - sodat daardie lot met hul koppe in die
wolke hard en duidelik kan hoor wat al ons gewone mense dink.
Ek was hoeka vies toe hy deur sy radiobase daar bo gedwing was om verskoning
te vra vir iemand wat nie sy vrae wou beantwoord nie.
Ek dink in elk geval dit is 'n onding dat die mense met wie onderhoude
gevoer word, vrae wat gevra gaan word voor die tyd kry, en as die
vraesteller nie daarby hou nie, dan is hy kamstig die skuldige.
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9u4ss8$smn$1@news.adamastor.ac.za...
> Annete,
>
> Wat sal dit ons in die Wes-Kaap kos om daai ou hier te kry? (John Robbie)
> Ons kan hom sommer in die pos van burgemeester 'n premier tergelyk laat
> dien.
> Hy't lyk my common sense genoeg vir twee! ;-)) :-)) :-o
>
> Thys op die Akker
>
> Word wakker word wakker
> gister was swak
> maar môre is hul al swakker
> @ saterdag is hul twakker
> en herrie bly net sê
> nee hul speel net die bal al (s)wakker!
> swak Piketberg!
> flou Ghantouw!
>
> "Annette" wrote in message
> news:9u2t5b$5t441$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> John Robbie het gisteraand die spyker op die kop geslaan - hy het
> onomwonde
>> verklaar Ons Rugbyspelers Is Onnosel:))
>> Annette
>
Re: Blou Willem [boodskap #54127 is 'n antwoord op boodskap #54118] Do, 29 November 2001 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n meer vanpas rympie

Word wakker word wakker
of môre is nog swakker
en al wat 'n bok is
vaar net al kakker

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9u4ss8$smn$1@news.adamastor.ac.za...
> Thys op die Akker
>
> Word wakker word wakker
> gister was swak
> maar môre is hul al swakker
Re: Blou Willem [boodskap #54128 is 'n antwoord op boodskap #54105] Do, 29 November 2001 10:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
As jy bitter min van Rugby weet, wil jy nie ons nuwe afrigter word nie. Met
min kennis doen jy al klaar baie beter as die huidige ou. Hy weet heeltemal
niks!!!

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c05dafb.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet bittermin van rugby (leer so stadig aan), maar my "commonsence" het
> vir my al gesê hulle moes al lankal van hom ontslae geraak het.
>
> As die spelpatrone wat die afrigter hulle leer, keer op keer nie werk nie,
> lê die fout óf by die spelers (wat van seisoen tot seisoen wissel- en die
> fout dus nie by hulle lê nie) óf by die afrigter (wat steeds dieselfde
> persoon is) As 'n afrigter se span nie in die een jaar presteer nie, raak
> jy ontslae van die afrigter - klaar. Daar is hoëveel oud spelers wat dit
> enige tyd beter sal doen.
>
> Wat ons sokker betref voel ek ons spelers sal in 50 jaar nooit op
> wêreldstandaard kom nie. Hulle skop die bal lusteloos op die veld rond en
> doen niks. Ek doen nie eens moeite en kyk die hele wedstryd nie. Die
> Europese spelers wéét darem wat hulle doen.
>
> Sakkie wrote in message
news:3c04f380$0$233@hades.is.co.za...
>> Viljoen is nie 'n internasionale afrigter se gat nie. Die
>> spelpatroon vir Saterdag was so duidelik opgestel vir
>> 'n nat veld. Toe speel ons op 'n pragtige droë veld en
>> ons skop die bal nog altyd veld op waar 'n gevaarlike
>> heelagter dit elke keer met rente terugbring. Niemand
>> dink daaraan dat die patroon nie by die veld en
>> opponente pas nie, niemand verander die patroon nie,
>> en almal lyk of dit die eerste keer is wat hulle 'n rugby
>> bal sien. Ek dink dis skokkend. Viljoen is 'n baie
>> goeie besigheidsman en dit is waar sy talente eindig.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9u1p98$5ju8s$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ag nee wat Sakkie, moet nou nie so naar wees nie.
>>> Ek dink ek het aan 'n paar kitsoplossings gedink, sodat ons wel kan wen.
>>> 1) Daar was mos aan ons manne by hul kenmekaar oefenkamp deur 'n
>>> skeidsregter vertel dat hulle moet oortree om te kan wen. Ooglopend het
>>> Saterdag se skeidsregter nie so gedink nie:))). Dus, blameer ons
>>> skeidsregters dat hulle vir die bokke die verkeerde raad gegee het.
>>> 2) Die bokke moet met 'n bietjie harpuis in die broeksakke op die veld
>> gaan,
>>> sodat hulle ten minste die bal kan vang en vashou.
>>> 3) Indien 'n voorspeler in die agterlyn staan, het enige ander
spanmaat
>> die
>>> volste reg om hom daar te gaan platduik, sodat hy nie deel is as die
>>> agterlyn uiteindelik beweeg nie.
>>> 4) Verander die vergoedingspaket. As hulle verloor kry hulle nie 'n sent
>>> nie.
>>> As hulle wen word die volgende van die wedstrydgeld afgetrek:
>>> Strafskop afgee - R10 000
>>> Bal aanslaan in 'n agterlynbeweging - R 10 000
>>> Bal nie ordentlik uitgee nie - R 5000
>>> Nie intelligent hardloop en die bal uitgee voordat daar doelbewus
grond
>> toe
>>> geduik word of in 'n opponent vasgehardloop word - R10 000.
>>> 5) Dit is nie 'n oplossing nie - maar 'n opmerking.
>>> Toe Vos kaptein was, het Bobby vreeslik gepraat, en planne gemaak, en
>> vinger
>>> geswaai en instruksies gegee - dit is hoekom hy nou kaptein is. Nou
het
> hy
>>> sy kapteinskap, en hoef hy nie meer te vertel hoe dinge gedoen word nie.
>>> Maar nou weet ek hoekom - mens kan mos makliker van die kantlyn af
sien
>> wat
>>> aangaan, en as jy as impakspeler opdraf, dan kan jy vir die ouens mooi
>>> vertel wat hulle verkeerd doen. Dus, miskien moet Bobby soos van ouds as
>>> impakspeler ingespan word, dan is hy kaptein van die span vir die
rukkie
>> wat
>>> hy wel op die veld is.
>>> Annette
>>>
>>> Sakkie wrote in message
>> news:3c03eb17$0$228@hades.is.co.za...
>>>>
>>>> "Doringrosie" wrote in message
>>>> news:1696cc0d.0111260109.6e748b09@posting.google.com...
>>>> >
>>>> > Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel
het
>> en
>>>> > Goofy-dinge op die veld aangevang het.
>>>> > Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n
>>> ekstra
>>>> > bal op die veld geneem het nie.
>>>>
>>>> Ek wonder of daar één bal was tussen al vyftien. Hulle sou baie beter
>>>> vaar met pienk rokkies op 'n ballet vloer!!!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Blou Willem [boodskap #54130 is 'n antwoord op boodskap #54127] Do, 29 November 2001 10:41 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien julle mense het nie gisteraand se goeie wedstryd in Cardiff gesien
nie:)))
Die bokke was die blompotte in daai span:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c060da4$0$229@hades.is.co.za...
> Ek het 'n meer vanpas rympie
>
> Word wakker word wakker
> of môre is nog swakker
> en al wat 'n bok is
> vaar net al kakker
>
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9u4ss8$smn$1@news.adamastor.ac.za...
>> Thys op die Akker
>>
>> Word wakker word wakker
>> gister was swak
>> maar môre is hul al swakker
>
Vorige onderwerp: Kersfees Blues?
Volgende onderwerp: Kaapstad via Duitsland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:27:51 MGT 2024