Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap:
Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53834] Do, 22 November 2001 13:46 na volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies. Ek weet mens
kry 'n suursous resep, maar ek soek 'n souterige ene.

Dankie!
erlewerjies [boodskap #53839 is 'n antwoord op boodskap #53834] Do, 22 November 2001 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kekkelbek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies...

Wouter wonder hoe kry mens die erlewerjies van die hoed af...
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53843 is 'n antwoord op boodskap #53834] Do, 22 November 2001 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat nou - 'n souterige suursous, of 'n suurderige soutsous?
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3bfd01da.0@news1.mweb.co.za...
> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies. Ek weet mens
> kry 'n suursous resep, maar ek soek 'n souterige ene.
>
> Dankie!
>
Re: erlewerjies [boodskap #53846 is 'n antwoord op boodskap #53839] Do, 22 November 2001 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens gooi glo net 'n bietjie sout op die hoed:)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bfd1353.0@news1.mweb.co.za...
>
> Kekkelbek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies...
>
>
> Wouter wonder hoe kry mens die erlewerjies van die hoed af...
>
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53884 is 'n antwoord op boodskap #53843] Vr, 23 November 2001 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
souterig...

en vir Wouter: My vingers is te stadig vir my brein. Ek het probleme om
'hoederlewerjies' te vind en sal dus 'n hoenderlewertjiesresep verkies. ;))

Annette skryf in boodskap news:9tj90t$30kcl$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wat nou - 'n souterige suursous, of 'n suurderige soutsous?
> Annette
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bfd01da.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies. Ek weet
> mens
>> kry 'n suursous resep, maar ek soek 'n souterige ene.
>>
>> Dankie!
>>
>
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53978 is 'n antwoord op boodskap #53834] Ma, 26 November 2001 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:...
> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies.

Kekkel

So ruk gelede het ek 'n erge graad van belusting na tamaties
ontwikkel. Het die goed soos peanuts geeet en tamatiesous op alles
gegooi, net nie pampoen en vrugteslaai nie. Toe kry ek hiedie resep en
dit het selfs vir my so effens te tamatierig gelyk. Probeer dit toe
eendag en dis toe baie lekker.

Wat jy nodig het:
So 400 g pasta van keuse (elmbogies werk goed)
2 x 250 g houers hoenderlewers
2 x 400 g blikke heel tamaties, fyner gesny, hou die sap
1 blikkie tamatiepasta
1 blikkie tamatiesap
1 groterige ui, fyn
3 of 4 vet knoffeltjies, fyn
1 skerp brandrissie, pitte uit, baie fyn
Halwe koffiebeker Tassies
1 gehoopte teelepel origanum
Sout en vars swart peper na smaak
Olie

Wat om te doen:
Braai die lewertjies in olie, beide kante, totaal so 3 - 4 minute
Haal uit, hou eenkant
Braai die ui tot sag, knoffel en rissie by, roerbraai vir so 1 minuut
Smyt nou alles (behalwe die lewertjies) by die ui in die pan en verhit
versigtig tot dit kook
Dan kom die lewertjies by, hou aan kook tot jy dink dis OK (net 'n
paar minute)
Intussen moes die pasta ook al gekook wees soos die pakkie se

Groete
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53982 is 'n antwoord op boodskap #53978] Ma, 26 November 2001 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Klink lekker Drom - maar ek sien jou lus was nie groot genoeg nie:)))
Al ooit tamatiesous met roomys geëet?
Of self oor vrugteslaai?
Annette

Happiness is a state of Mind.

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111260026.7e0500e2@posting.google.com...
> "Kekkelbek" wrote in message
news:...
>> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies.
>
> Kekkel
>
> So ruk gelede het ek 'n erge graad van belusting na tamaties
> ontwikkel. Het die goed soos peanuts geeet en tamatiesous op alles
> gegooi, net nie pampoen en vrugteslaai nie. Toe kry ek hiedie resep en
> dit het selfs vir my so effens te tamatierig gelyk. Probeer dit toe
> eendag en dis toe baie lekker.
>
> Wat jy nodig het:
> So 400 g pasta van keuse (elmbogies werk goed)
> 2 x 250 g houers hoenderlewers
> 2 x 400 g blikke heel tamaties, fyner gesny, hou die sap
> 1 blikkie tamatiepasta
> 1 blikkie tamatiesap
> 1 groterige ui, fyn
> 3 of 4 vet knoffeltjies, fyn
> 1 skerp brandrissie, pitte uit, baie fyn
> Halwe koffiebeker Tassies
> 1 gehoopte teelepel origanum
> Sout en vars swart peper na smaak
> Olie
>
> Wat om te doen:
> Braai die lewertjies in olie, beide kante, totaal so 3 - 4 minute
> Haal uit, hou eenkant
> Braai die ui tot sag, knoffel en rissie by, roerbraai vir so 1 minuut
> Smyt nou alles (behalwe die lewertjies) by die ui in die pan en verhit
> versigtig tot dit kook
> Dan kom die lewertjies by, hou aan kook tot jy dink dis OK (net 'n
> paar minute)
> Intussen moes die pasta ook al gekook wees soos die pakkie se
>
> Groete
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53985 is 'n antwoord op boodskap #53978] Ma, 26 November 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Annette en Drom, ek gaan alles probeer en laat weet hoe dit was.

Tamatiesous op brood met botter is ook lekker as mens baie lus is daarvoor.
As mense jou skeef aankyk, lag maar vir hulle, dis blykbaar goed vir die
prostaat!

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111260026.7e0500e2@posting.google.com...
> "Kekkelbek" wrote in message
news:...
>> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies.
>
> Kekkel
>
> So ruk gelede het ek 'n erge graad van belusting na tamaties
> ontwikkel. Het die goed soos peanuts geeet en tamatiesous op alles
> gegooi, net nie pampoen en vrugteslaai nie. Toe kry ek hiedie resep en
> dit het selfs vir my so effens te tamatierig gelyk. Probeer dit toe
> eendag en dis toe baie lekker.
>
> Wat jy nodig het:
> So 400 g pasta van keuse (elmbogies werk goed)
> 2 x 250 g houers hoenderlewers
> 2 x 400 g blikke heel tamaties, fyner gesny, hou die sap
> 1 blikkie tamatiepasta
> 1 blikkie tamatiesap
> 1 groterige ui, fyn
> 3 of 4 vet knoffeltjies, fyn
> 1 skerp brandrissie, pitte uit, baie fyn
> Halwe koffiebeker Tassies
> 1 gehoopte teelepel origanum
> Sout en vars swart peper na smaak
> Olie
>
> Wat om te doen:
> Braai die lewertjies in olie, beide kante, totaal so 3 - 4 minute
> Haal uit, hou eenkant
> Braai die ui tot sag, knoffel en rissie by, roerbraai vir so 1 minuut
> Smyt nou alles (behalwe die lewertjies) by die ui in die pan en verhit
> versigtig tot dit kook
> Dan kom die lewertjies by, hou aan kook tot jy dink dis OK (net 'n
> paar minute)
> Intussen moes die pasta ook al gekook wees soos die pakkie se
>
> Groete
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53986 is 'n antwoord op boodskap #53985] Ma, 26 November 2001 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja- Tamatiesous op brood met botter is baie lekker, prostaat of te not:)))
En hoekom dink jy sou Drom op sy ouderdom sulke luste kry?:))))
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3c023122.0@news1.mweb.co.za...
> Dankie Annette en Drom, ek gaan alles probeer en laat weet hoe dit was.
>
> Tamatiesous op brood met botter is ook lekker as mens baie lus is daarvoor.
> As mense jou skeef aankyk, lag maar vir hulle, dis blykbaar goed vir die
> prostaat!
>
> Drom wrote in message
> news:1e507c17.0111260026.7e0500e2@posting.google.com...
>> "Kekkelbek" wrote in message
> news:...
>>> Ek soek 'n lekker gereg wat mens kan maak met hoederlewerjies.
>>
>> Kekkel
>>
>> So ruk gelede het ek 'n erge graad van belusting na tamaties
>> ontwikkel. Het die goed soos peanuts geeet en tamatiesous op alles
>> gegooi, net nie pampoen en vrugteslaai nie. Toe kry ek hiedie resep en
>> dit het selfs vir my so effens te tamatierig gelyk. Probeer dit toe
>> eendag en dis toe baie lekker.
>>
>> Wat jy nodig het:
>> So 400 g pasta van keuse (elmbogies werk goed)
>> 2 x 250 g houers hoenderlewers
>> 2 x 400 g blikke heel tamaties, fyner gesny, hou die sap
>> 1 blikkie tamatiepasta
>> 1 blikkie tamatiesap
>> 1 groterige ui, fyn
>> 3 of 4 vet knoffeltjies, fyn
>> 1 skerp brandrissie, pitte uit, baie fyn
>> Halwe koffiebeker Tassies
>> 1 gehoopte teelepel origanum
>> Sout en vars swart peper na smaak
>> Olie
>>
>> Wat om te doen:
>> Braai die lewertjies in olie, beide kante, totaal so 3 - 4 minute
>> Haal uit, hou eenkant
>> Braai die ui tot sag, knoffel en rissie by, roerbraai vir so 1 minuut
>> Smyt nou alles (behalwe die lewertjies) by die ui in die pan en verhit
>> versigtig tot dit kook
>> Dan kom die lewertjies by, hou aan kook tot jy dink dis OK (net 'n
>> paar minute)
>> Intussen moes die pasta ook al gekook wees soos die pakkie se
>>
>> Groete
>
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53989 is 'n antwoord op boodskap #53982] Ma, 26 November 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Agge nee! Selfs nie op my pregnantste het ek ooit so 'n aaklige lus gekry
nie, jig! :-)
Maar hier by ons is groen tamatiesous nou die in ding en ek kan nie vir
julle vertel hoe aaklig dit lyk nie,die kinders kan natuurlik nie genoeg
daarvan kry nie, wat nou nog by vrugteslaai! :-)
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #53995 is 'n antwoord op boodskap #53989] Ma, 26 November 2001 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het hier by ons nou groen en blou mostert.
Mens moet seker maar jou oë toemaak as jy dit eet:)))
Annette

Patricia skryf in boodskap news:SAsM7.12259$8s4.54956@news.indigo.ie...
> Agge nee! Selfs nie op my pregnantste het ek ooit so 'n aaklige lus gekry
> nie, jig! :-)
> Maar hier by ons is groen tamatiesous nou die in ding en ek kan nie vir
> julle vertel hoe aaklig dit lyk nie,die kinders kan natuurlik nie genoeg
> daarvan kry nie, wat nou nog by vrugteslaai! :-)
>
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54009 is 'n antwoord op boodskap #53986] Ma, 26 November 2001 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> En hoekom dink jy sou Drom op sy ouderdom sulke luste kry?:))))
> Annette

Hoekom??? Nie oor prostaatprobleme nie my swiet. Dis oor die likopeen.
Aha, daar het ek een op jou gegooi!

Groetnisse
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54011 is 'n antwoord op boodskap #54009] Ma, 26 November 2001 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

>> En hoekom dink jy sou Drom op sy ouderdom sulke luste kry?:))))
>> Annette
>
> Hoekom??? Nie oor prostaatprobleme nie my swiet. Dis oor die likopeen.
> Aha, daar het ek een op jou gegooi!
>

Ja, likopeen en alles in ag geneem, dit verklaar nog nie
hoekom jy 'n "craving" vir tamatieprodukte het nie. Die
likopeen is goed vir jou hart, goed teen kanker, maar
ek dink nie dit veroorsaak 'n craving nie. Daarvoor
moet jy dieper kyk. Jy herinner my aan myself as ek
verwagtend was, dan was my craving vir tamaties.
Jy het dus 'n craving, wat veroorsaak kan word deur
jou liggaam wat vra vir Vitamieme C of iets dergelyks
wat in jou liggaam aangaan. Ek dink jy moet oplees
daaroor.

Gloudina
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54040 is 'n antwoord op boodskap #53834] Di, 27 November 2001 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Nov 2001 11:15:39 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Soos die een vir sjokalade.
knip
knip
knip
> En sjokelade belowe ek jou, het
> geen noodsaaklike voedingstowwe in nie.

> Drom

Die regte spelling is sjokulade Drom :-)

DD
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54041 is 'n antwoord op boodskap #53834] Di, 27 November 2001 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat Gloudina, geen tekort in my/ons dieet nie. Dis baie vars
vrugte en groente en min rooi vleis (dis te dem duur!). My lewe lank
kry ek al daai soort van cravings. Soos die een vir sjokalade. Ek eet
dit nooit nie, maar so een keer 'n jaar gaan koop ek vir my 'n halwe
kilogram van daai lekkers met die sagte binnekantjies by ons Sentra
(supermark). Dan eet ek dit in een sitting op - rol darem so nou en
dan een vir wyfiemens oor die vloer. En sjokelade belowe ek jou, het
geen noodsaaklike voedingstowwe in nie.

Nou 'n stukkie nuttelose inligting vir jou: Die Noord Kaap (ek het so
gedagte jy kom regtig van die benede-Gariep af) gaan alle donkiekarre
registreer en van chevrons en nommerplate voorsien. Die eienaars is
hoog in hulle skik want dit gee hulle "amptelikheid" en gaan hulle
niks kos nie.

Nou 'n vraag: Hierdie @home, is dit nou @rogers? Ek het 'n oud-kollega
in Iowa wat so 'n adres gehad het. Hy het my niks laat weet nie.
Soveel vir langafstand vriendskap ne.

Drom
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54044 is 'n antwoord op boodskap #53834] Di, 27 November 2001 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> van chevrons en nommerplate voorsien.

Hier in Kanada is chevrons sulke tekens op die paaie wat karlengtes
aandui. Hulle vertel dan vir jou om twee
chevrons agter die kar voor jou te ry. Wat is die
betekenis van jou "chevrons" hierbo?

Gloudina
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54045 is 'n antwoord op boodskap #53834] Di, 27 November 2001 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Nou 'n vraag: Hierdie @home, is dit nou @rogers? Ek het 'n oud-kollega
> in Iowa wat so 'n adres gehad het. Hy het my niks laat weet nie.
> Soveel vir langafstand vriendskap ne.

Wel, ons epos-adres is nou @rogers, maar as ek hier opdie nuusgroep pos,
kom dit nog op as @home. Ek weet
nie of dit tydelik nog werk en later sal verdwyn nie, van daar
is 'n grasie-periode wanneer albei eposadresse nog gaan
werk ( ek dink tot 30 November.) Maar elke maatskappy
wat van die bankrotspelende Excite@home gebruik maak,
vind seker sy eie weg uit die gemors. Ons bediener Rogers
is nog van die wat nog nie sy bande geheel en al met
Excite verbreek het nie.

Gloudina

>
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54049 is 'n antwoord op boodskap #53834] Wo, 28 November 2001 02:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die
> betekenis van jou "chevrons" hierbo?
>
> Gloudina

Jong, dalk is ek verkeerd met die naam, maar ek dink dis so bord met
skuins (45 grade) weerkaatsende strepe (rooi en geel) wat lorries en
busse op hulle agterkante moet he. Dit kom ook by T aansluitings op
die grootpaaie. Dis nou waar 'n vriend van my en 'n kennis van hom een
nag op 'n T aansluiting afstorm in die vriend se Ouma se Mercedes.
Beide hewig inebriated en die kennis bestuur. Sien hy toe die saak in
die ligte van die kar en vra, "Wa's dit?" Se my vriend toe, "Aag man,
dis 'n bus, gaan net verby."

Groete
Re: Aan Annette wat 'n oplossing het vir elke resep-vraag, behalwe vir Rico en sy pap: [boodskap #54057 is 'n antwoord op boodskap #54041] Wo, 28 November 2001 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom, jy is hopeloos verkeerd omtrent sjokolade en voedingswaarde.
Dit is die beste voedsel vir salige geluk.
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111271115.9f56539@posting.google.com...
> Nee wat Gloudina, geen tekort in my/ons dieet nie. Dis baie vars
> vrugte en groente en min rooi vleis (dis te dem duur!). My lewe lank
> kry ek al daai soort van cravings. Soos die een vir sjokalade. Ek eet
> dit nooit nie, maar so een keer 'n jaar gaan koop ek vir my 'n halwe
> kilogram van daai lekkers met die sagte binnekantjies by ons Sentra
> (supermark). Dan eet ek dit in een sitting op - rol darem so nou en
> dan een vir wyfiemens oor die vloer. En sjokelade belowe ek jou, het
> geen noodsaaklike voedingstowwe in nie.
>
> Nou 'n stukkie nuttelose inligting vir jou: Die Noord Kaap (ek het so
> gedagte jy kom regtig van die benede-Gariep af) gaan alle donkiekarre
> registreer en van chevrons en nommerplate voorsien. Die eienaars is
> hoog in hulle skik want dit gee hulle "amptelikheid" en gaan hulle
> niks kos nie.
>
> Nou 'n vraag: Hierdie @home, is dit nou @rogers? Ek het 'n oud-kollega
> in Iowa wat so 'n adres gehad het. Hy het my niks laat weet nie.
> Soveel vir langafstand vriendskap ne.
>
> Drom
Re: Cravings [boodskap #54066 is 'n antwoord op boodskap #54041] Wo, 28 November 2001 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo mos my hele lewe deur êrens loop daar 'n tweeling broer of suster van
my rond. Lyk my ek het jou gekry!

Ek koop so een keer in 'n jaar vir my die grootste "slab" sjokolade wat ek
kan kry en eet hom binne een middag op. (sonder om siek te word!) Dan is ek
genees vir maande. Ek het nou begin om meer gereeld kleiner hoeveelhede te
eet, nou kry ek nie meer die "cravings" nie. Ek sou die gereelde eet nie
aanbeveel nie, want niks is so lekker soos daai "craving" en die eet tot die
soet tot reg agter jou ore strek nie. My nuutste is hou op jul
asems...beet! Beetslaai in skywe, gerasper, enige vorm, met of sonder sous.

Ek kry gedurig "cravings" vir spesifieke geregte en my arme gesin ly
daaronder.
Gelukkig ek maak die kos en hulle moet maar net eet! As hulle kla, dreig ek
dat hulle maar self kan kosmaak. (wat hulle dan ook doen. 'n Lekker
"treat" vir my)

Hulle sê sjokolade wek ander 'belustinge' op...

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111271115.9f56539@posting.google.com...
> Nee wat Gloudina, geen tekort in my/ons dieet nie. Dis baie vars
> vrugte en groente en min rooi vleis (dis te dem duur!). My lewe lank
> kry ek al daai soort van cravings. Soos die een vir sjokalade. Ek eet
> dit nooit nie, maar so een keer 'n jaar gaan koop ek vir my 'n halwe
> kilogram van daai lekkers met die sagte binnekantjies by ons Sentra
> (supermark). Dan eet ek dit in een sitting op - rol darem so nou en
> dan een vir wyfiemens oor die vloer. En sjokelade belowe ek jou, het
> geen noodsaaklike voedingstowwe in nie.
>
> Nou 'n stukkie nuttelose inligting vir jou: Die Noord Kaap (ek het so
> gedagte jy kom regtig van die benede-Gariep af) gaan alle donkiekarre
> registreer en van chevrons en nommerplate voorsien. Die eienaars is
> hoog in hulle skik want dit gee hulle "amptelikheid" en gaan hulle
> niks kos nie.
>
> Nou 'n vraag: Hierdie @home, is dit nou @rogers? Ek het 'n oud-kollega
> in Iowa wat so 'n adres gehad het. Hy het my niks laat weet nie.
> Soveel vir langafstand vriendskap ne.
>
> Drom
Re: Cravings [boodskap #54069 is 'n antwoord op boodskap #54066] Wo, 28 November 2001 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee man - moenie sjokolade 'n slegte naam gee nie!!
Dit is nou een ding wat mens kan noem 'n grootmens se fopspeen:)))
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3c04da2f.0@news1.mweb.co.za...
> Ek glo mos my hele lewe deur êrens loop daar 'n tweeling broer of suster van
> my rond. Lyk my ek het jou gekry!
>
> Ek koop so een keer in 'n jaar vir my die grootste "slab" sjokolade wat ek
> kan kry en eet hom binne een middag op. (sonder om siek te word!) Dan is ek
> genees vir maande. Ek het nou begin om meer gereeld kleiner hoeveelhede te
> eet, nou kry ek nie meer die "cravings" nie. Ek sou die gereelde eet nie
> aanbeveel nie, want niks is so lekker soos daai "craving" en die eet tot die
> soet tot reg agter jou ore strek nie. My nuutste is hou op jul
> asems...beet! Beetslaai in skywe, gerasper, enige vorm, met of sonder sous.
>
> Ek kry gedurig "cravings" vir spesifieke geregte en my arme gesin ly
> daaronder.
> Gelukkig ek maak die kos en hulle moet maar net eet! As hulle kla, dreig ek
> dat hulle maar self kan kosmaak. (wat hulle dan ook doen. 'n Lekker
> "treat" vir my)
>
> Hulle sê sjokolade wek ander 'belustinge' op...
>
> Drom wrote in message
> news:1e507c17.0111271115.9f56539@posting.google.com...
>> Nee wat Gloudina, geen tekort in my/ons dieet nie. Dis baie vars
>> vrugte en groente en min rooi vleis (dis te dem duur!). My lewe lank
>> kry ek al daai soort van cravings. Soos die een vir sjokalade. Ek eet
>> dit nooit nie, maar so een keer 'n jaar gaan koop ek vir my 'n halwe
>> kilogram van daai lekkers met die sagte binnekantjies by ons Sentra
>> (supermark). Dan eet ek dit in een sitting op - rol darem so nou en
>> dan een vir wyfiemens oor die vloer. En sjokelade belowe ek jou, het
>> geen noodsaaklike voedingstowwe in nie.
>>
>> Nou 'n stukkie nuttelose inligting vir jou: Die Noord Kaap (ek het so
>> gedagte jy kom regtig van die benede-Gariep af) gaan alle donkiekarre
>> registreer en van chevrons en nommerplate voorsien. Die eienaars is
>> hoog in hulle skik want dit gee hulle "amptelikheid" en gaan hulle
>> niks kos nie.
>>
>> Nou 'n vraag: Hierdie @home, is dit nou @rogers? Ek het 'n oud-kollega
>> in Iowa wat so 'n adres gehad het. Hy het my niks laat weet nie.
>> Soveel vir langafstand vriendskap ne.
>>
>> Drom
>
Spelling [boodskap #54086 is 'n antwoord op boodskap #54040] Wo, 28 November 2001 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Nov 2001 21:07:56 +0200, Davie Davis
wrote:

>> Drom sê : Soos die een vir sjokalade.

En DD sê
> Die regte spelling is sjokulade Drom :-)

Altwee verkeerd hoor. Dis tjoklits!!!
Re: Spelling [boodskap #54092 is 'n antwoord op boodskap #54086] Wo, 28 November 2001 23:12 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Nov 2001 20:59:06 GMT, Danielle wrote:

>
> Altwee verkeerd hoor. Dis tjoklits!!!

Ek stim... dit klink so reg! :-)

DD
Vorige onderwerp: Diary of a Fetus
Volgende onderwerp: Die toekoms van Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 18:59:55 MGT 2024