Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Eland" deur WILMA STOCKENSTROM
"Die Eland" deur WILMA STOCKENSTROM [boodskap #11577] Do, 27 November 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE ELAND
Wilma Stockenström

Dat die klein-klein handjie se aanraak
die eland raak opspring en rooi en vaal draf
dit is die wonder wat hom voltrek in die grot

geel vinger rooi klei dit is die wonder
die eland lewend geraak op die wand van klip
die groot geel mensie en die klein bruin eland

die groot oker dier staan op uit die stof
en bekyk die lewe gelate geverf
uit die bek van die grot by die bak ghwarriebos

menseskepsel loop uit uit die bakkrans
uit na die vaal trop doer teen die vlak
om die wind te skep en die kort pyl te skiet

om die bok te skep met die horings swart
en die buik so vaalrooiskurf teen die vaalplatklip
en die sterk pote en die stomp stert en die riffelkwakkie

dit is die wonder wat hom voltrek as die pyl
in die hand wat hand bly kwas word
hand wat die klip laat leef

hand wat laat leef lewende hand
doop in slang en gifbol se gif die pyl
en span die boog breed soos die horison

na die teiken geteken teen die groot-groot lug.
Re: Die Eland" deur WILMA STOCKENSTRÖM [boodskap #53961 is 'n antwoord op boodskap #11577] So, 25 November 2001 22:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inga Van Meerbergen V[1]  is tans af-lyn  Inga Van Meerbergen V[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Junie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dit maak maar net sin wanneer die klein-klein handjie die eland LAAT
opspring en rooi en vaal draf!

schreef in bericht news:3C011E37.A92A6158@home.com...
DIE ELAND
Wilma Stockenström

Dat die klein-klein handjie se aanraak
die eland raak opspring en rooi en vaal draf
dit is die wonder wat hom voltrek in die grot

geel vinger rooi klei dit is die wonder
die eland lewend geraak op die wand van klip
die groot geel mensie en die klein bruin eland

die groot oker dier staan op uit die stof
en bekyk die lewe gelate geverf
uit die bek van die grot by die bak ghwarriebos

menseskepsel loop uit uit die bakkrans
uit na die vaal trop doer teen die vlak
om die wind te skep en die kort pyl te skiet

om die bok te skep met die horings swart
en die buik so vaalrooiskurf teen die vaalplatklip
en die sterk pote en die stomp stert en die riffelkwakkie

dit is die wonder wat hom voltrek as die pyl
in die hand wat hand bly kwas word
hand wat die klip laat leef

hand wat laat leef lewende hand
doop in slang en gifbol se gif die pyl
en span die boog breed soos die horison

na die teiken geteken teen die groot-groot lug.
Re: Die Eland" deur WILMA STOCKENSTRÖM [boodskap #53965 is 'n antwoord op boodskap #11577] Ma, 26 November 2001 01:53 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Inga Verreet wrote:

> Dit maak maar net sin wanneer die klein-klein handjie die eland LAAT
> opspring en rooi en vaal draf!
>
>
> DIE ELAND
> Wilma Stockenström
>
> Dat die klein-klein handjie se aanraak
> die eland raak opspring en rooi en vaal draf
> dit is die wonder wat hom voltrek in die grot
>
> geel vinger rooi klei dit is die wonder
> die eland lewend geraak op die wand van klip
> die groot geel mensie en die klein bruin eland
>

Ja, op die oog af lyk dit asof Stockenström 'n
taalfout maak, nè? Maar sy bring weer "raak"
in in die tweede strofe, dus dink ek sy wil, deur
"raak" tweekeer in die eerste strofe te gebruik,
en kort daarna weer in die tweede strofe, vir
ons te sein dat sy aandag wil vestig op wat sy
"wil sê." Nou wat wil sy sê? Miskien dat daar
'n direkte verband is tussen die boesman se aanraak
van die rots en die lewend word van die dier wat
hy probeer teken.

Gloudina
Vorige onderwerp: Uit "Gebed om die Gebeente" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Gunship Blues" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 15:20:16 MGT 2024