Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "om die hoek" deur CHARL DURAND
"om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53681] Ma, 19 November 2001 15:23 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

om die hoek
Charl Durand

kan jy om 'n draai kyk
vertrek die trein te laat
weet jy waarom jy hier is
drink jy tot laat in die aand

soek jy in spieëls en draaiboeke
vergeet jy soms van hierso
weet jy wat die antwoorde is
eindig als as die bybel sê

stop

staan jy voor malheid se deur en skree
eindig als sonder 'n woord
erken jy iemand aan 'n kyk in die oë
gaan jy als laat soos dit hoort

so watter kleur is jou illusies
soek jy onder elke klip in elke kraal
kan jy om 'n draai kyk
begenadig in die soeke wat jou haal
Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53706 is 'n antwoord op boodskap #53681] Di, 20 November 2001 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> om die hoek
> Charl Durand
>
> kan jy om 'n draai kyk
> vertrek die trein te laat
> weet jy waarom jy hier is
> drink jy tot laat in die aand
>
> soek jy in spie?s en draaiboeke
> vergeet jy soms van hierso
> weet jy wat die antwoorde is
> eindig als as die bybel s?
> stop
>
> staan jy voor malheid se deur en skree
> eindig als sonder 'n woord
> erken jy iemand aan 'n kyk in die o?gaan jy als laat soos dit hoort
>
> so watter kleur is jou illusies
> soek jy onder elke klip in elke kraal
> kan jy om 'n draai kyk
> begenadig in die soeke wat jou haal

Mmmm...'n vreemde gevoel.
EK kannie besluit of ek hiervan hou of nie.

Gee my jou meening.
Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53724 is 'n antwoord op boodskap #53681] Di, 20 November 2001 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

> ...
>> om die hoek
>> Charl Durand
>
>
> Mmmm...'n vreemde gevoel.
> EK kannie besluit of ek hiervan hou of nie.
>
> Gee my jou meening.

Ek sal my mening gee. Maar eerstens wil ek weet of die vreemde
gevoel kom oor wát hy sê of oor hoé hy dit
sê.
Ek hou ook nie soveel van hierdie gedig as
van sommige van sy ander nie. Maar dis
meestal gebaseer op die feit dat ek effens
ongemaklik voel oor die vorm van die gedig.
Boonop is hierdie gedig bietjie aggressief
in sy andervraging van die ander een se
motiewe. Een van die sterktes van die inhoud
van Charl Durand se gedigte is dat hy sy eie
emosies ( en dus ook ons s'n) so helder
kan ontleed en uitbeeld.

Gloudina
Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53748 is 'n antwoord op boodskap #53681] Wo, 21 November 2001 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Tinkerbell wrote:
>
>> ...
>>> om die hoek
>>> Charl Durand
>>
>>
>> Mmmm...'n vreemde gevoel.
>> EK kannie besluit of ek hiervan hou of nie.
>>
>> Gee my jou meening.
>
> Ek sal my mening gee. Maar eerstens wil ek weet of die vreemde
> gevoel kom oor w? hy s?of oor ho?hy dit
> s?
> Ek hou ook nie soveel van hierdie gedig as
> van sommige van sy ander nie. Maar dis
> meestal gebaseer op die feit dat ek effens
> ongemaklik voel oor die vorm van die gedig.
> Boonop is hierdie gedig bietjie aggressief
> in sy andervraging van die ander een se
> motiewe. Een van die sterktes van die inhoud
> van Charl Durand se gedigte is dat hy sy eie
> emosies ( en dus ook ons s'n) so helder
> kan ontleed en uitbeeld.
>
> Gloudina

Ek dink ek klim teveel binnein die gedig.
As hy daardie vra aan my moes vra ...as ek dit moet
antwoord...sjoe...dan voel my binnkant woes en leeg...
Het jy al so na die gedig gekyk?
Geprobeer om die vrae te antwoord.
By the way...mag mens dit met 'n gedig doen?

Ek dink ek het besluit dat ek vrek mal is oor die gedig.
Nie oor die vorm,bou,woorde of enige ander fensie goed nie maar oor
daai woes en leeg waarvan ek nou-net gepraat het.
Jy is 100 % reg...die man mag maar kopklim.
Re: "om die hoek" deur CHARL DURAND [boodskap #53774 is 'n antwoord op boodskap #53681] Wo, 21 November 2001 12:40 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

> Ek dink ek klim teveel binnein die gedig.
> As hy daardie vra aan my moes vra ...as ek dit moet
> antwoord...sjoe...dan voel my binnkant woes en leeg...
> Het jy al so na die gedig gekyk?
> Geprobeer om die vrae te antwoord.
> By the way...mag mens dit met 'n gedig doen?
>

Ja, ek dink jy mag enigiets met 'n gedig doen.
Behalwe om vir die digter te vra of wat hy
skryf werklik sy opinies is. Mens mag net na
die woorde op die papier kyk en daarop jou
oordeel baseer.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 17:29:28 MGT 2024